Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Wat van Ettienne se swart bloed" deur FERDI GREYLING ( Beeld Forum)

Do., 04 November 2004 15:19

Beeld-forum:
Wat van Ettienne se swart bloed?
Ferdi Greyling

Daar word lank reeds baie gepraat en verklarings gedoen oor kwotas en
transformasie in sport, maar hoe meer daar verduidelik word, hoe
onduideliker word dinge.

Dit lyk soms of 'n mens dit soos volg kan opsom: Daar is nie meer kwotas nie
en net meriete geld. Maar daar is nou transformasie en transformasie beteken
daar moet swart spelers in die span wees.

Dit lyk of die verskil eintlik maar is dat daar met kwotas 'n vasgestelde
aantal swart spelers in die span moes wees, maar dat die aantal spelers nie
met transformasie vasgestel is nie.

Die hele struktuur is natuurlik op ras gebou en niemand het klaarblyklik nog
aan die betrokke mense gesê dat daar nie meer 'n wet op rasseklassifikasie
in Suid-Afrika is nie.

Ons word nie meer deur die staat as dié of daai ras geklassifiseer nie en
dit beteken eksklusiewe regte kan nie meer vandag volgens wet aan ras
gekoppel word nie.

Dit laat 'n mens vra wat dan gebruik kan word om ras te bepaal in die
afwesigheid van 'n wet wat rassegroepe omskryf en sê waaraan iemand moet
beantwoord om as deel van dié of daardie rassegroep geklassifiseer te word.

Omstandighede seker. Ek het die geval Ettienne Botha gevat. Hy is die Blou
Bulle se uitstekende binne-senter wat nie die Bok-span gehaal het nie.

Alles dui daarop dat hy die span sou gehaal het as hy swart was.

Ek het my gewend na die proefskrif Groep sonder grense wat in die jare 80
verskyn het. Dit is 'n studiestuk deur H.F. Heese wat gaan kyk het watter
huwelike tussen sogenaamde wittes en slawe tussen 1652 en 1795 amptelik in
die Kaap aangeteken is.

Die rekords toon dat vyf Bothas in daardie tyd amptelik huwelike met mense
wat vandag swart genoem word, aangegaan het.

Dit is seker goeie omstandigheidsgetuienis dat Ettienne Botha waarskynlik
swart bloed in sy are het, soos die meeste van ons.

As sodanig kan hy dan seker vir die Bokke gekies word as 'n
transformasie-speler.

Die doel van dié gespottery is eintlik om by die volgende punt uit te kom:
Ek vermoed as iemand die transformasie/kwota-kwessie na die konstitusionele
hof neem, 'n interessante saak sal volg.

My gesonde verstand sê die hof sal dalk beslis dat as daar 'n sekere aantal
swart spelers in die span moet wees, 'n mens regtens moet kan bepaal wie
swart is.

Dit sal vereis dat die eienskappe van 'n sekere rassegroep amptelik omskryf
sal moet word sodat mense daaraan gemeet kan word. Dan is ons natuurlik
terug by een van die dinge waarteen daar in opstand gekom is deur die einste
ANC wat nou die proses dryf - rasseklassifikasie aan die hand van
regulasies.

Miskien kan die moderne DNS-toetse gebruik word, maar wie weet wat dit gaan
oplewer?

Vir 'n onlangse M-Net-program is 'n reeks Suid-Afrikaners op dié manier
getoets om hul herkoms te bepaal. Die wit Afrikaner Pieter-Dirk Uys het
deels 'n swart Afrika-agtergrond en die bruin vermaaklikheidster Marc
Lottering se vasstelbare wortels was almal in Europa!

As dié soort toetse gebruik word, sal Uys dus 'n transformasie-speler in die
Bok-span kan wees terwyl Lottering uitgelaat sal moet word.

Moet 'n mens dalk net op velkleur oordeel? Wat dan van albino's? Uit
ervaring weet ek ook dat "wittes" se velkleur dikwels 'n effens dieper bruin
kan wees as "bruin mense" se velkleur.

Wat kan nog gebruik word? Die vorm van neuse? Kyk 'n bietjie om jou rond,
dit sal ook nie werk nie.

Die punt is dat die wet op rasseklassifikasie met sy potlood-toetse en lawwe
etikette een van die snaakser, maar ook tragieser aspekte van apartheid was
en dat ons weer in so 'n situasie is - dié keer genadiglik sonder die wet.

Die onsekerheid wat dit meebring, skep sy eie absurditeite.

Sekere groepe in die land is in die verlede sleg afgeskeep en daar moet
toegesien word dat geleenthede en deure vir hulle oopgaan en oopbly en dat
daardie deure dan vir almal ewe oop bly. Daarmee het niemand seker 'n saak
nie. Wesenlik is dit egter 'n klasse-ding en nie 'n rasse-ding nie. Klasse
is in die verlede gerieflik op ras geoordeel, maar dit vervaag nou.

Dis tyd dat iemand in die kwessie gesonde verstand begin gebruik en die land
heeltemal en finaal uit sy ronddwalery in die ras-doolhof probeer haal.
Begin met helder verduidelikings oor alle aspekte van transformasie.

Ook die einddoel, hoe die einddoel gemeet word en dan veral die situasie
nadat die einddoel gemeet is.

Prosa & poësie | 15 kommentare

Teacher gets public whipping

Wo., 03 November 2004 19:34

So stukkie uit vandag se nuus
om weer daarop te wys hoe
die moslems is.

RIYADH: Police in Saudi Arabia administered 10 lashes to a Filipina
teacher in front of her students for striking a schoolgirl, a
newspaper said yesterday.

The Saudi Gazette said Lucia Evangalista was punished for hitting
14-year-old Zena Maria Thirwall with a high-heeled shoe during an
argument with the girl's Brittish father at the
International-Phillipine-School in the Gulf city of Al-Khobar last
December.

The father filed a police complaint and insisted the punishment be
carried out in public, the paper said. - Reuters

Dailynews.co.za - 3 November 2004

**************

'n Besigheidsgroep wat voertuie invoer huur al 'n paar jaar 'n
woonstel by my. 'n Pakistani wat deur hulle ingevoer is hierheen,
het 'n Afrikaanssprekende meisie in hierdie Engelse stad ontmoet,
en sy het by hom ingetrek, in my woonstel. Baie oulike meisiekind
en ons het al lang paaie saamgesels.

Haar broers en susters wil niks met haar te doen hê nie, en haar ma
het uit Holland by haar kom kuier. Toe jaag ek hulle uit die woonstel
omdat hy (blykbaar aanpassingsprobleme in Suid Afrika gehad het?, en)
probleme met inwoners in die blok gehad het. Die motorhawe eienaar en
sy sekretaresse het mooi met my gepraat en baie beloftes gedoen, en ek
het hulle weer toegelaat in die woonstel. Nou is hulle kwaliteit
inwoners daar.

Die ma het terug gevlieg Holland toe, na waar haar Duitse man gewag
het, en skakel gereeld daarvandaan.

Nou het hulle 'n baba saam, en sy het 'n paar maande gelede vir my
gesê dat sy ook Moslem gaan word. Met hom gaan trou en saam Pakistan
toe gaan. Op my vraag hoe sy, wat met 'n Godsdiens grootgeword het
waar Jesus die hoofrol speel, nou skielik 'n godsdiens aanvaar sonder
Jesus, het sy erken dat dit die eerste keer is wat sy daaraan dink.

Ek wys vir haar dié tipe artikels. Ek wys haar daarop dat sy haar in
'n huwelik wil begewe waar 'n vrou NIKS is nie. Dat sy in Pakistan
heelwaarskynlik 'n sluier gaan dra. En ek sien dat sy daaroor
bekommerd is, maar steeds met die moslem wil trou.

Dit lyk vir my dat vele westerse vroue geen kennis dra van die
minderwaardige rol wat 'n vrou by die moslem groepe beklee nie.

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Viva Oom George!!!

Wo., 03 November 2004 18:11

Gelukwensings aan George Bush kan hier aangeheg word:..............

Besware kan... (ag daar sal erens 'n site wees daarvoor:-(

DD

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

High Energy 80's

Wo., 03 November 2004 13:00

Hi almal

Die mense hier wat soos ek in die jare 80 gejol het behoort die High Energy
musiek reeks dalk te kan onthou. Ek dink dit het doodgeloop met volume 12.

Indien hier iemand is wat die reeks het, laat weet my asb.

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Twee vrae

Wo., 03 November 2004 10:28

1. Is dit reg dat die VSA lande wat halstarrig ondemokraties is en
menseregte vertrap bom tot hulle demokraties raak - of hulle selfs
inval om demokrasie te vestig?

2. Moes die VSA dus Pretoria en Kaapstad gebom het tydens John Vorster
en PW Botha se heerskappye?

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Net vir die Fun

Wo., 03 November 2004 06:23

http://netscan.research.microsoft.com/Static/reportcard.asp? timespan=y&searchfor=soc.culture.south-africa.afrikaans& amp;searchdate=1%2F1%2F2004

Gloudina is die Nr 1 user op die nuusgroep, gevolg deur Annette en
Suidwester

Ek kon slegs die 22 ste plek haal.

Volg die link vir die volle verslag

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Nokia - Check out http://ww.ezbuy.co.za

Di., 02 November 2004 13:02

Dom fokker sit en spam, maar hy kan nie eers www spel nie!!!

Dink seker ww staan vir "wille weste"!

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Venter sleepwa

Di., 02 November 2004 11:24

Hallo almal

Weet iemand dalk van 'n plek waar jy 'n Venter tipe sleepwaentjie in
Pretoria kan huur en dit by 'n tak in Durban "teruggee" soos wat mens kan
maak met 'n huurmotor.

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Michael Moorer se storie

Di., 02 November 2004 05:49

Gisteraand op Mnet het hulle die man se eensydige dokumentêr gewys waarin hy
sy bes probeer om Bush te 'vermoor' en dit het my met die volgende gedagtes
gelaat:

1. Dis altyd makliker om ná die wedstryd gespeel is, om die spel te
analiseer en dan vir mense te vertel wat hulle eintlik moes gedoen het.
2. Die probleem met Bin Laden en sy groep kom veel langer terug as die tyd
wat Bush aan bewind was. Gedurende Clinton se bewind het nasionale
sekuriteit sleg tweede gekom in die VSA en wat in NY gebeur het op September
11 was direk die gevolg van die slapgatgeid van die Demokratiese bewind.
3. Moorer beskuldig Bush dat hy die situasie plooi vir besigheid en geld
maak, maar wat doen Moorer homself? Presies dieselfde! Hy gebruik die
situasie om 'n dokumentêr te maak wat vir hom miljoene dollars gemaak het en
ek het nie gehoor dat hy bereid is om al daai geld te skenk vir die lyers
van die Bush-beleid of vir armes nie. Hy eien hom die reg toe om presies
dit te doen waarvan hy die ander beskuldig.
4. As daar mense is wat hierdie drek glo in die VSA, dan is die VSA se
mense dalk nie so gesofistikeerd en gevorderd as wat hulle aan die wêreld
wil voorhou nie?

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Nog net 2 maande

Di., 02 November 2004 05:46

Afrikaanse midi's is skaars soos hoendetande ...

Sluit aan by die klub voor Januarie 2005 ...

www.midiboer.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    344  345  346  347  348  349  350  351  352  353  354  355  356  357  358  359    »]
Tyd nou: Do. Mei 14 00:12:59 UTC 2026