Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Natalie du Toit

Do., 28 Oktober 2004 08:39

Ek dink ons kan almal iets gaan leer by die wonderlikke mens. Sy het soveel
deursettings vermoë en is sommer net pragtig. Elke keer wanneer sy op die
poduim staam om 'n medalje te kry swel my hart so en voel ek sommer so trots
op haar.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Interessante

Wo., 27 Oktober 2004 12:19

Water ander interessante Newsgroups is daar wat die moeite werd is om by aan
te sluit ?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Vuurwapens

Wo., 27 Oktober 2004 06:00

Is daar 'n uitvoermark (vanaf SA) vir veral hand (vuur)wapens?

So baie mense wil dan nou ontslae raak van die pistool onder die kopkussing
en die rollie (rewolwer) in die hangkas. "Never mind" die goed in die kluis.

Handig dit in by SAPD en die kriminele kry dit weer voor vernietiging -
dan's jy jou geld, en dalk ander mense hul lewens kwyt.

Daar is baie goeie vuurwapens vir beide polisie en militere gebruik in
privaatbesit wat nou aangekoop (goedkoper) kan word en plaaslik of
internasionaal gebruik word.

Is dit 'n goeie idee?

TJ

Veiligheid & wapens | 5 kommentare

Kortbroek

Di., 26 Oktober 2004 18:38

wie van julle het 3rd Degree gekyk vanaand?

DD

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Webtuistes

Di., 26 Oktober 2004 13:21

Ek wil nou vir julle as gerespekteerde internet gebruikers iet vra.

Ek het 'n webtuiste wat ek nie meer kan onderhou nie, aangesien ek nou al
langer as 'n jaar sit sonder ordentelikke inkomste. Wat kan ek doen om
inkomste uit my webblad te kry sodat hy self onderhoudend is?

Myself het ek 'n kleintjie dood daaraan as ek 'n webtuiste besoek en ek moet
iets betaal om te sien wat alles op daardie webtuiste is. Hier dink ek aan
food24 se webtuiste. Om een resep af te laai moet jy of R3 of R 5 betaal. As
ek so iets raakloop dan gaan ek nie weer na daardie tuiste toe nie.

Die ander ding wat ek sien sy kop so deesdae uitsteek is dat op baie
webtuistes daar so 'n donate knoppie is. Jy kan dan geld skenk aan die blad.
Vir my persoonlik voel dit nie reg nie.

'n nader manier wat ek ook probeer het is om advertensies vir Kalahari.net
ook op die site te sit. Maar die mense is traag om deur my site by kalahari
iets te koop.

Wat kan ek doen? Ek kry meer as genoeg vingers na my site +- 120 per dag.

Julle insette en hulp word opreg waardeer

Rekenaars & selfone | 70 kommentare

Bulle

Di., 26 Oktober 2004 12:57

Jammer Chris
EK het net nie so mooi gelees nie, maar ek stem 100% saam met jou.

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Resepte

Di., 26 Oktober 2004 10:51

As julle vinnige 'n resep soek vir vanaand se ete gaan kyk gerus hier :

http://www.resepte.za.cx

Kos & resepte | 1 kommentaar

ASP

Di., 26 Oktober 2004 08:41

As jy my meer specs kan gee, kan ek dit vir jou doen. As jy my net so 'n dag
of twee gee.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bulle

Di., 26 Oktober 2004 08:34

Chris as jy op my tweede psoting gaan kyk sal jy sien ek het gese
"Nog een laaste punt. As die prentjie omgekeer was en die Cheetas het die
beker op so 'n wyse gewen sou hierdie posting van my ook hier gewees het"

Sport & ontspanning | 3 kommentare

Ek dink Elaine kan my help, maar wil sy...?

Di., 26 Oktober 2004 08:26

Elaine, ek wil 'n laptop verkoop. Ek wil hom opveil! Nou wil ek op ons
intranet 'n asp'tjie neersit, hy mag sy data skryf in 'n database of iets.

Mense moet met Internet Explorer op die blaai kan gaan, hulle naam en aanbod
invoer. Die laaste aanbod moet direk op die bladsy staan.

Ek's seker ek is nie die enigste mens wat ooit so 'n bladsy wou maak nie...
Miskien het julle die kode vir my...

Dankie, by voorbaat.
Max

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1835): [ «    347  348  349  350  351  352  353  354  355  356  357  358  359  360  361  362    »]
Tyd nou: Do. Mei 14 00:05:31 UTC 2026