By Dullstroom is daar 'n area wat bekend staan as Tonteldoos, bestaande uit
80 klein plase.
Die mense daar sit nou met 'n dilemma: Hulle kan baie geld maak deur hul
eiendom te verkoop aan besighede wat graniet myn - omdat die graniet daar
van besonder hoë gehalte is, en ook 'n skaars soort is,wat veral in die
Ooste in die boubedryf gesog is.
Die ander sy van die saak is dat die area ook oor ernstige bedreigde spesies
plante beskik, 391 soorte voëls kom daar voor, asook uites skaars soorte
skoenlappers.
Sodra die mynbedrywighede op groot skaal begin, sal die waarde van die
eiendom van die oorblywende eienaars drasties verminder.
Vanaf 'n ander kol:
'n Krismis message vir al my brasse
MERRIE KRISMIS
Merrie krismis
Heppie nuwejaar
Suip versigtag
En hou jou hare bymekaar
Groetnis byrrie hys
Hou lekka paartie
En braaivleis,
Groetnis virrie taanie
en al die laities
Se vi ma '' I love u"
En vi derra the message is vi hom oek
Se vi coussie,ons stiek
Soes masels yt
Om die big days te celebrate
En , kykie ,
Loep wys jou gavriet byrrie kerk
Doen tog 'n slag
Die Jirre se werk
Se virrie Father,
"Thenk U" virrie jaar
Want jou lewe is darem nog bymekaar!!
En loep koep die prasentjies in tyd
Anners soek djy net moellegeit
Moetie te veel suipie
dat djy moet hystoe krypie
En as die mew klop
Skink vi my oek n dop
Hou jou dinges in jou broek
voordat djy moellegeit soek
Merrie Krismis en Groetnis
Hou lekka paarties ,
Pieknieks en braaivleis
En iet jou poeding byrrie hys
Ok Goebaai
Ons Ko maak Krismis 'n draai!!!
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za
O dapper kindjie van jare heen,
het julle ook Kersfees gevier?
Met bonte blomme en sterre-reën
'n wilde klein boompie versier?
Vanuit die laer klink daar 'n lied;
eerbiedig kniel hul neer.
O Heer, laat hier u wil geskied,
skenk liefde en vrede hul weer.
O kinders van die veld so wyd,
wat het jul vir Kersfees gekry?
'n Lap-pop mooi met kappie wat tuit,
'n waentjie met ossies van klei.
Vir Jesus sal julle dit graag wou skenk,
maar skenk jul lewens teer.
Met Kerstyd wil ons dan gedenk,
jul offers met liefde waardeer.
Lees dat die statistieke wys dat die kans dat 'n blanke vrou se bloed met
Vigs besmet is, 3 kanse uit 'n 100 000 is. Blanke mans is iets soos 9
kanse uit 'n 100 000 en dat die gebruik van swart mense se bloed die kanse
dat jy Vigs daardeur gaan optel dit opstoot na 65 kanse uit 'n 100 000. Sê
mos die heeltyd dat hierdie bloot 'n praktiese probleem is wat niks te doene
het met die politiek of rassisme nie. 'n Dokter het 'n eed gesweer om die
beste vir sy pasiënte te doen en as daai beste beteken net om lae
risiko-bloed te gebruik, dan is dit so.
Boer sê vir Jonas: Ai Jonas, jy werk stadig, jy eet stadig, jy
loop stadig,
is daar iets wat jy vinnig doen??
Jonas sê: Ish ek word vinnig moeg ...
--
Groetnis
Annette
'n Vrind van my se bejaarde moeder is op soek na Vera Lynn se "Somewhere in
France with you" - ek soek al 10 dae en 10 nagte daarna - sonder sukses.
fana...@hotmail.com
Wat gemaak met 'n rekenaarsleutelbord wat met/in Coke gedoop is - behalwe
om dit weg te gooi. Enige skoonmaakwenke sal op prys gestel word.
www.artistdirect.com/nad/store/artist/album/0,,1621443,00.ht ml
Jy kan daar luister ...
... en hier koop:
www.amazon.com/exec/obidos/tg/detail/-/B00000K25A/102-220193 4-6507335?v=glance
Ek kon dit nie in SA opspoor nie, maar probeer gerus een van die meer
spesialis CD winkels ...
Sleutelborde is goedkoop deesdae - "spoil yourself for Christmas" met een
van daai draadlose tipes met al die knoppies - die dinge kan amper selfs
koffie maak, maar sal ook nie van Coke hou nie.
Jy kan probeer oopmaak, met water spoel en goed droogmaak, maar die
suikerwater (Coke) is 'n probleem veral as daar elektronika in die
sleutelbord is wat ook geCoke is. Op die plaas het ons geroeste moere met
Coke losgemaak en opblaas koeie (agv bloekom boom se blare) afgeblaas. Sterk
maar lekker.
"Jonas" skryf in boodskap news:cp8q8g$4kn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Vrind van my se bejaarde moeder is op soek na Vera Lynn se "Somewhere in
> France with you" - ek soek al 10 dae en 10 nagte daarna - sonder sukses.
> fana...@hotmail.com
>
> Wat gemaak met 'n rekenaarsleutelbord wat met/in Coke gedoop is - behalwe
> om dit weg te gooi. Enige skoonmaakwenke sal op prys gestel word.
>