Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » DIE LAND VAN WOL EN HARE - W. O. Kühne
DIE LAND VAN WOL EN HARE - W. O. Kühne [boodskap #100703] Do, 16 Desember 2004 09:16 na volgende boodskap
Die Gemaskerde Donder[1]  is tans af-lyn  Die Gemaskerde Donder[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
DIE LAND VAN WOL EN HARE

Die wêreld is 'n ronde bol,
van binne is hy hol.
En in die middel, vol gevare,
lê die Land van Wol en Hare !

Onder is bo
en agter voor -
dit is alles baie snaaks.
Ons het dit al verander,
en dit bly nog altyd so
in die Land van Wol en Hare.

Die son skyn snags
- die maan bedags,
raak is altyd mis.
Laag is hoog en
kom is gaan -
En as jy loop
dan bly jy staan
in die Land van Wol en Hare.

Verkeerd is reg,
goed is sleg
en soet is baie bitter,
maar swart is wit
en swarter baie witter.
As jy opstaan, bly jy sit
in die Land van Wol en Hare.

Jonk is oud,
warm is koud
en 'n myl is twee myl lank.
Die waens is sonder wiele
en die huise is van plank
in die Land van Wol en Hare.

Die mense kan wel lag en sing
en hulle dans te mooi in pare.
Maar niemand sê 'n woord nie -
hulle gesels net met gebare
in die Land van Wol en Hare.

Die mense speel kalbaskitare
en werk in die akkers met houtploegskare.
Hulle eet net
pap -, sop -, waternat beetblare
in die Land van Wol en Hare.

Die seuns werk stekies met tolbosgare,
en af en toe met wol.
Die meisies draai tabaksigare
van ou verlepte taaibosblare
en saans speel hulle tol
in die Land van Wol en Hare.

W. O. Kühne
Re: DIE LAND VAN WOL EN HARE - W. O. Kühne [boodskap #100731 is 'n antwoord op boodskap #100703] Sa, 18 Desember 2004 00:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Die Gemaskerde Donder"

> DIE LAND VAN WOL EN HARE

Bly jy in Port Elizabeth, jou gemaskerde
donder?

Penkop van Happy Valley
Re: DIE LAND VAN WOL EN HARE - W. O. Kühne [boodskap #100747 is 'n antwoord op boodskap #100731] Di, 21 Desember 2004 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Gemaskerde Donder[1]  is tans af-lyn  Die Gemaskerde Donder[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 17 Dec 2004 19:44:12 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
>
> Bly jy in Port Elizabeth, jou gemaskerde
> donder?

Nee tannie, seker al 40 jaar nie meer nie
Re: DIE LAND VAN WOL EN HARE - W. O. Kühne [boodskap #100749 is 'n antwoord op boodskap #100747] Di, 21 Desember 2004 12:11 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Die Gemaskerde Donder"

>> Bly jy in Port Elizabeth, jou gemaskerde
>> donder?
>
> Nee tannie, seker al 40 jaar nie meer nie

Bly jy net buite Port Elizabeth?

Tant Hessie
Vorige onderwerp: " Inkosi Jesu " deur RAE TOMLIN
Volgende onderwerp: " Kersfees in die Ouetehuis " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:14:25 MGT 2024