Ek sien vandag op TV dat honde kan glo ruik as mens kanker het. Die vraag
kom natuurlik op waar ruik hulle, en hoe vertel hulle aan die kundiges waar
die kanker is?
Die afgelope week is hier 'n Nigeriese-geldmaakfoefie in omloop in Nam.
Mense skryf 'n brief wat sê dis Al-Queda wat geld insamel vir hul heilige
oorlog en dat hulle van jou persoonlik $5000 vra om die beweging te help.
Hulle reken hulle weet jy kan dit bekostig en hulle weet presies wie jy is,
want hulle vul op die vorm jou naam, ID-nommer, ens in. Dan sê hulle ook
as jy nie vir hulle die geld gee nie, gaan hulle jou familie en jou huis
vernietig.
Nampol het vasgestel dat dit maar nog net een van die string Nigeriese
419-pogings is.......
Ons almal het op Sky die storie gesien oor die mense wat gevange gehou word
en die eis om die twee vroumense los te laat, so nie waai die Brit se kop
soos wat hulle reeds die Amerikaner op TV onthoof het. Die beskaafde mens
het te goed geraak. Hulle moet die twee Irakese vroumense waaroor die hele
storie gaan, ook laat kniel voor 'n TV kamera en die beeld die wêreld
instuur. Dan vir die spul mooi laat verstaan, waai 'n kop van een van hul
gyselaars, dan waai die vroumense se koppe ook. Dit sal een keer gebeur
dat jy vuur met vuur beveg en die spul sal besef dat hierdie manier nie 'n
'bargain' is nie.......
Blykbaar het Suidwester se Sam aangekondig dat hy volgende jaar April gaan
uittree. Hy het egter versoek dat die VN moet verander as 'n spesiale guns
vir sy opoffering:))
--
Groetnis
Annette
Hello almal en jammer dat ek met so 'n uiterse makabere onderwerp begroet...
Ek het sopas een van daardie gerugte, en uiters grusame video's bekyk
waarin 'n ene Eugene Armstrong onthoof is. My waarskuwing aan mense is
om geensins enige van hierdie video's te kyk nie - al is jy *hoe*
nuuskierig daaroor - want 'n mens het net eenvoudig nie nodig om aan
sulke goed blootgestel te word nie. Die arme man se laaste oomblike was
bitter pynlik en vernederend. Daar is absoluut niks wat jy daaruit kan
kry om van jouself 'n beter of sterker mens te kan maak nie. In elk
geval, doen jou deel vir die samelewing deur daardie breksels die kyk
van hul propaganda te ontgun, en toon jou respek aan die slagoffers deur
nie van hul moorde 'n spektakel te maak nie. Ek het al *baie* erg dinge
in my lewe gesien, maar hierdie een het skade gedoen.