Rubriek in Beeld van die ekonoom JP Landman
------------------------------------------------------------ ------------------------
Beeld-forum:
Oor tien Kersfese kan SA beter lyk
JP Landman
Oktober is dalk die mooiste, mooiste maand, maar Augustus het
opwindende politiek-ekonomiese nuus gebring. Nie dat ons daaroor praat
nie - die Olimpiese Spele en Travelgate sorg vir baie sappiger
geselskap.
Eers was daar 'n aardskuddende verslag wat omtrent geen aandag in die
media gekry het nie. Dit was Statistieke Suid-Afrika se verslag oor
bevolkingsgroei.
Die land se bevolkingsgroei is nou sowat 1,3% per jaar. Heelwat minder
as die 2% per jaar wat tot nou toe aanvaar is. Demograwe is al geruime
tyd skepties oor die 2%-syfer en die 1,3% stem ooreen met die meeste
demograwe se somme.
Voordat ons sê dis alles toe te skryf aan vigs, dit is nie. Die
verslag toon aan hoe die vrugbaarheidskoers afgeneem het van 5,7
kinders in 1970 tot 2,7 in 2004. (Die gelykbreekpunt waar die
bevolking nóg groei nóg krimp is omtrent 2,1). Die afname in
vrugbaarheid is toe te skryf aan verskeie faktore waarvan die
vernaamste twee verstedeliking en 'n verandering in die sosiale status
van vroue is.
Baie mense kyk na die groter wordende plakkerskampe om ons stede en
dorpe, skud hul koppe bekommerd en wroeg oor hoë bevolkingsgroei. Maar
plakkerskampe vertel ons meer van migrasie as van bevolkingsgroei.
Die verandering in vroue se posisie is al 'n dekade of meer aan die
gang. Tog is dit interessant dat pres. Thabo Mbeki voortdurend daarop
hamer. Hy het dit as nasionale prioriteit gestel in sy intreerede op
27 April, opgevolg met talle vroueaanstellings in openbare ampte en op
Vrouedag het hy selfs swartbemagtigingsmaatskappye gepak wat nie
genoeg doen om vroue te laat deel in hul oes nie.
Laer bevolkingsgroei verander alles. Die prentjie van te veel mense en
te min werkgeleenthede, te veel armoede en te min bronne, is nie meer
so oorweldigend nie. As die bevolking groei teen 1,3% per jaar is 'n
ekonomiese groei van 3% nie so trietsig nie. Per capita-inkomstes styg
en daar is meer welvaart om in te deel en om te verdeel.
Terloops, omtrent 'n maand nadat Statistieke SA se verslag uitgereik
is, gebruik twee dagblaaie steeds die 2%-syfer om in hul hoofartikels
te kla dat die ekonomie nie vinnig genoeg groei nie. Dis onvergeeflik!
Vooruitgang en modernisering begin wanneer mense en bronne in balans
begin kom. Dit lyk my Suid-Afrika het dié punt bereik. Wat die land
nie teen Kersfees gaan verander nie, maar wat dit wraggies oor tien
Kersfese gaan doen.
Die ander goeie nuus in Augustus is alles aangekondig in een week
tussen 20 en 27 Augustus.
Eers het Maria Ramos 'n drastiese nuwe strategie vir Transnet
aangekondig. Gelees saam met ander aankondigings is die bottom line
dat alle nie-kernsake verkoop gaan word (privatisering); dat dié geld
gebruik kan word om broodnodige infrastruktuur te verbeter
(investering); dat die private sektor in die bedryf van hawens
ingebring gaan word (deregulering); dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens
waarskynlik op pad is na privatesektorstatus (hoewel Alec Erwin dit
nog ontken); en dat daar 'n sigbare klem op doeltreffendheid is.
Daarna gooi die minister van telekommunikasiewese in 'n big
bang-aankondiging die hele telekombedryf oop. Agt jaar van Jay
Naidoo-denke word by die venster uitgegooi. Dis nou moontlik om meer
investering, meer werkgeleenthede en meer ekonomiese aktiwiteite te
genereer. Dan was daar 'n paar klein aankondigings ook: die
Lughawensmaatskappy maak bekend dat hy maniere soek om te noteer; 'n
voorgestelde wetswysiging in die parlement bring ons 'n stap nader aan
die deregulering van die brandstofbedryf. Alles tekens van 'n oper
ekonomie.
Hierdie stappe kon nie sonder baie sterk politieke rugsteun
aangekondig word nie. Trouens, die Transnet- en telekom- aankondigings
kom regstreeks uit die prioriteite wat Mbeki tydens sy staatsrede ná
die verkiesing gestel het. In daardie rede het Mbeki sy regering tot
85 spesifieke aksies verbind, 28 van hulle oor ekonomiese groei. 'n
Paar van hulle is in Augustus nagekom.
Die resultaat is 'n oper ekonomie, groter produktiwiteit, meer
investering. Dit werk die negatiewe impak van vigs en misdaad teë en
gaan die groeikoers bo 3% help.
Met 'n bevolking wat groei teen 1,3% en 'n oper ekonomie het die land
beter vooruitsigte as toe die goudprys $850, die ekonomie geslote en
bevolkingsgroei 2,5% was. Voeg by 'n beter verspreiding van welvaart
weens demokrasie en 'n mens kan die lente in die lug ruik. Geniet die
mooiste, mooiste maande.
Tans program op e-tv wat gaan oor swart moeders in VSA wat hulle dogters
aanmoedig om wit mans te soek omdat hulle dink swart mans is sleg vir
hulle...
'n Bietjie plaaslike inligting vir julle wat daar ver sit en dalk nie
daarvan weet nie. RSG het die laaste tien dae of so 'n ding aan die
gang gehad waar hulle luisteraars gevra het om hulle te SMS met
voorstelle oor die dorp waar hulle Monitor en Spektrum (twee
aktualiteits programme) se dertigste en tiende verjaarsdae,
onderskeidelik, wil vier.
Graaf Reinet het loshande gewen, gevolg deur Kathu en Colesberg. Die
mense kon nie 'n beter keuse maak nie. Graaff Reinet is een van die
oudste dorpe in die land (derde of vierde) en propvol geskiedenis, van
die Voortrekker en Britse soort.
Kathu was 'n groot verrassing. Nog 'n groter verrassing was dat De
Rust vyfde of sesde gekom het.
Al probleem war ek persoonlik met die viering het is dat onse Niekie
van dEN Berg (hy spreek altyd sy van uit met klem op die DEN) dit gaan
aanbied. Ek sal nie eers na my agterplaas toe loop om hom te sien of
hoor nie. Dalk sal Annette met my saamstem :-) Ek het 'n geheue soos
'n ofilant :-)))
Mooi is die land se tuine
in die maand van mane en van reën
maar my dae is droef soos winterreën
en die wind kom aangewiel
soos 'n koets oor die heuwels
gelaai met blomme en saad
tollende vinne van bloekomblare
wat speek deur die lug oor die pad
die smal pad
waarin ek gekreukel loop
mooi is lemoene
in sakkies of kissies of in bome
altyd mooi soos oop monde son
maar in my skoene skuur en skaaf
die growwe sand
en ek loop gekreukel soos 'n kind
met verlange na my enigste ma
waar lugkastele nie meer nodig is nie
en haar vel die geur van koeltes dra
want sy roep die getye bymekaar
sy beskerm die muise en miere teen aasvoëls
sy is leeu se kind 'n ma koningin
sy is die oersee wat 'n ogie
oor skeepswrakke hou
wat haar huis verander in 'n baarmoeder
as ek so wil of 'n oor of 'n wieg
vir moeë ledemate as ek so wil
sy is die koel septembervywer
in die binneland van elke kind
On Fri, 10 Sep 2004 23:43:38 -0400, "Cyberman"
wrote:
> Dear Newsgroup Users,
>
> I have just read and signed the online petition:
>
> "Justice for Victims of Agent Orange"
>
> hosted on the web by PetitionOnline.com, the free online petition
> service, at:
>
> http://www.PetitionOnline.com/AOVN/
>
> I personally agree with what this petition says, and I think you might
> agree, too. If you can spare a moment, please take a look, and consider
> signing yourself.
>
> Best wishes,
>
>
whois sê vir my die skrywer van die brief se van is kerrie
Ek het êrens gelees in Pietersburg is 'n berg waarop wit houtkruise
staan as simbool vir ieder Afrikaanse boer wat vermoor is sedert die
afskaffing van die Apartheid..
Het enig iemand van hierdie nuusgroep hieroor meer informasie?
Webbladsy? Foto's?
Groot nuus in Namibië op die oomblik is die arbeidsmisbruik deur die
Ramatex-fabriek in Windhoek. As agtergrond, die fabriek vervaardig
sportklere en skoene in Windhoek en ek is nie seker onder watter handelsname
alles nie, maar ek dink Nike is een van hulle. Die kledingstukke word dan
uitgevoer na wêreldmarkte toe. Die inisiatief is Koreaans en die regering
van Nam en Stadt Windhoek het agteroor gebuig om die fabriek te akkommodeer.
Dis goedkoop en gratis persele, lae tariewe en sekerlik dinge soos
belastinginisiatiewe ook. Daarmee kan eintlik nie fout gevind word nie
want om so 'n aanleg te kry in kompetisie met plekke soos SA, was seker maar
moeilik. Beloftes van werkgeleenthede vir duisende Namibiërs was een van
die dryfvere.
Op kolle het die verhoudings al begin krap tussen die Munisipaliteit en
die Staat ivm eise wat die Koreane stel vir nog meer gratis grond en water
en dreigemente dat hulle die fabriek na 'n ander land sal vat as Namibië nie
meer tegemoedkomend is nie. Ook die feit dat werkers uit die Ooste
ingevoer word en maar omtrent net so 'n 5-600 Namibiërs daar werk het, sit
nie lekker aan die nerf van die staat nie.
Gister tref dit die pers: Ongeveer 420 Koreane wat in 'n enkel
5-slaapkamer huis gehuisves word! 'n Baster van Rehoboth word deur Ramatex
blykbaar N$220 000 per MAAND betaal om vir die mense behuising te gee en hy
betaal huur vir die betrokke huis van net R5000 per maand. Die kos wat hy
verskaf is maar kakkerig, die toilets is gate in die grond waaroor hulle
moet hurk en hulle slaap op matrasse op die vloere ingeryg soos sardiens.
Logies stink die plek verskriklik en reken die mense dit is veel erger as
die ou Owambo enkelkwartiere in Katutura van destyds.
...............maar Afrika boer vooruit, sê ons pêl in Kanada en word beaam
uit Hillbrow!
Geld genoeg, maar te weinig personeel voor aidsproject in Zuid-Afrika
,,Weet je wat zo fantastisch is: dat aidspatiënten die hier
binnenkwamen als levende geraamten, er nu weer gezond uitzien.'' De
Vlaamse Els Standaert is zo enthousiast over haar gezondheidswerk in
Zuid-Afrika, dat ze een dringende oproep richt tot Vlaamse huisartsen
om ook de stap te wagen. ,,Een dokter kan hier superwerk
verrichten.''door Wim DEPOORTERE
In onze praktijk boeken we enorme successen. Levende geraamten gaan er
weer gezond uitzien''
Els Standaert (27)
vindt Vlaamse arts
Het kan raar lopen. Na haar studies in Gent, wou de Lennikse Els
Standaert (27) een jaartje proeven van de wereld. Het werd Zuid-Afrika,
als au pair bij een Nederlandse dokter. Toen het jaar om was, vroeg
dokter Tempelman of ze niet aan de slag wou in zijn gezondheidsproject,
de Ndlovu Medical Trust, in de township Elandsdoorn en op het
platteland rond het dorp Groblersdal, een regio die bijzonder zwaar
door aids is getroffen.
En zo begon het. Els volgde de ene opleiding na de andere, van
management tot thuisgezondheidszorg, en is vandaag de enthousiaste
projectmanager van Medical Trust. Vijf jaar na haar aankomst heet ze
mevrouw Botha Standaert, en voorlopig denkt ze niet aan verhuizen.
Want werk is er te over in de streek, zo'n 150 kilometer ten
noordoosten van Pretoria. Aids heeft hier een verschrikkelijke ravage
aangericht. ,,Het is immens erg'', zegt Els Standaert. ,,Onze wachtzaal
in de huisartsenpraktijk zit continu vol levende skeletten. De toestand
is rampzalig in heel Zuid-Afrika, want één volwassene op de vijf is
seropositief. Maar hier, bij arme werklozen die het moeten stellen
zonder lopend water of elektriciteit, is 35 tot 40 procent besmet met
het hiv-virus.''
In het gezondheidscentrum kunnen patiënten terecht voor een behandeling
met aidsremmers. Maar helaas niet alle patiënten. ,,Hier leven wel
6.000 seropositieven die dringend een behandeling nodig hebben, terwijl
wij er maar 500 aankunnen. Dat betekent dat je moet selecteren. Mensen
moeten al zwaar te lijden hebben van aids voor ze in aanmerking komen.
Dat zijn heel harde beslissingen. Vooral als je bij kindjes moet
zeggen: sorry, maar dit is een hopeloze zaak, we kunnen niet meer
helpen.''
De regering-Mbeki pakt de aidsepidemie veel te traag aan, beaamt ze.
,,Cynisch genoeg heeft hij volgens sommigen politiek goed gehandeld:
hij heeft een oplossing gevonden voor een land waar in bepaalde delen
65 procent van de mensen werkloos is. De regering begon pas dit jaar
met een aidsprogramma, zodat je nog niet veel beterschap ziet. Wat niet
wil zeggen dat we in onze praktijk geen immense successen boeken.
Mensen die hier vel over been binnenkomen, zien er nu weer kerngezond
uit. Fantastisch toch?''
Rijdende kliniek
Aan projecten ontbreekt het dokter Tempelman niet, aan sponsors
evenmin. Alleen naar dokters is het zoeken. ,,Nochtans zijn er genoeg
Zuid-Afrikaanse dokters'', zegt Els Standaert. ,,Maar ze gaan liever
naar Australië of Canada, waar ze veel meer kunnen verdienen. Vandaar
deze oproep aan Vlaamse dokters. Ze kunnen hier superwerk verrichten,
en ook bijzonder uitdagend en interessant werk doen met tbc- en
aidspatiënten. Welke dokter in België kan dat zeggen?''
Ervaring met bevallingen is ook meegenomen, want sinds 5 jaar runt het
project een kraamkliniek met zestien bedden. En vanaf oktober zal een
rijdende consultatiekamer de boerderijen in de streek aandoen.
De Ndlovu Medical Trust beperkt zich niet tot gezondheidszorg. Els
Standaert: ,,We leren kinderen en hun moeders hoe ze een groentetuin
moeten aanleggen, we wijzen hen op het belang van hygiëne, we leren de
mensen wat een bankkaart is. Er is hier zoveel prachtig werk te doen.''
De ,,Ndlovu Medical Trust'' zoekt bij voorkeur huisartsen die zich
minstens twee-drie jaar willen engageren. Uitvalsbasis is het dorp
Groblersdal. De jaarvergoeding bedraagt 360.000 rand (45.000 euro).
Meer info bij Els Standaert, e...@ndlovumc.org