Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Weermag is noodsaaklik

Vr., 10 September 2004 09:48

Hierbo het ons lang argumente gegooi oor die SA Weermag en sy rol in die
politieke bestel van SA en destydse SWA. Daar is die neiging onder die
meer liberale gesindes onder ons om die weermag van 'n land af te maak as 'n
onnodige organisasie wat net die publiek se belastinggeld mors, ens.ens.
In my opinie is dié houding totaal verkeerd. Hoekom?
1. 'n Land se weermag is nie net offensief nie, maar ook defensief. Om
in enige van die twee effektief te wees, moet jy op hoogte bly van nuwe
wapentegnologie, die ontwikkeling en die maak daarvan. Dis nie goed wat in
een dag besluit en gemaak word nie. Net om 'n idee te gee, die 'stealth'
vliegtuie van die VSA wat nou so wonderlik is, was reeds in die 1950's op
die tekenbord! Vlieënde pierings is al gedurende die WW2 deur die Duitsers
probeer, ens. Om 'n enkel geweer te ontwikkel, kan maklik 5 - 10 jaar vat
voor die eindproduk in 'n soldaat se hand kom.
Dan is daar natuurlik die navorsing wat nodig word in so 'n groot
staatsorganisasie, soos bv. mediese dienste. Nie net alleen gewone mediese
dienste moet gelewer word nie, maar ook rekonstruktiewe geneeskunde moet
bedryf word en baie, baie vordering is gemaak uit militêre hospitale en
klinieke wat tot goed van die breë publiek aangewend kan word. Klaar
gestudeerde dokters in sy dienspligtydperk lewer 'n waardevolle bydrae tot
die gemeenskap. mens dink aan die navorsing wat gedoen is deur die
Sentrum vir Lugvaartgeneeskunde in Pretoria.
2. 'n Weermag het in die proses om beide te kan aanval en verdedig
verskeie vaardighede nodig en vele van daardie vaardighede en toerusting
word ook vir siviele doeleindes aangewend. 'n Goeie voorbeeld hier is die
helikopter en sy rampreddingsvermoë in 'n vloed soos in Mosambiek 'n klompie
jare gelede. Of wat van humantêre rampe wat gebeur en daar met groot spoed
tente, beddens, komberse en klere benodig word. Net een organisasie is
gerat daarvoor: 'n Effektiewe weermag.
3. Nasietrots en welwillendheid: 'n Effektiewe trotse weermag van 'n la
nd kweek 'n welwillendheids en beskermde gevoel onder sy burgers en
natuurlik uitvloeiend hieruit is die verskeie orkeste en kore en ander
uitvoerende funksies van die weermag wat kan optree op publieke
aangeleenthede.
4. Sosiale funksie: 'n Dienspligstelsel gee vir die staat 'n goeie
gebruik van sy jong mense vir 'n jaar of twee teen 'n billike tarief. Aan
die een kant word die jong mense blootgestel aan volwasse dissipline en oor
die algemeen gee hulle 'n groot tree vorentoe na verantwoordelike
volwassendheid en aan die anderkant kan verskeie dienste gesteun word deur
toepaslik opgeleide dienspligtiges. Mens dink bv. aan die hospitale, ens.
5. Werkskepping: Nie alle mense is professionele materiaal nie en nie
almal is entrepeneurs nie. Vir 'n feit verkies meeste mense om vir 'n
beroep met salaris, goeie byvoordele en 'n goeie pensioen te werk. Daar is
die tipe mens wat die dissipline en georganiseerdgeid van 'n weermag perfek
vind omdat dit sy persoonlikheid pas en vir die mense is die weermag 'n
wonderlike beroepsgeleentheid. Baie mense dink so oor die duim geskat dat
'n weermag net gaan oor skiet en oorlog, maar min besef dat om 'n enkele
soldaat in die veld te plaas, is daar tussen 14 en 18 mense agter hom nodig
wat nooit 'n slagveld sal sien nie, net om daai een soldaat vry te stel om
operasioneel te wees. Dis nou die ouens wat sorg dat hy kos kry, sy
vervoer reg is, sy wapens effektief is, wat hom regmaak as hy seerkry, sy
salaris betaal, sy klere verskaf, sy behuising verskaf, ens, ens.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Salaris?

Vr., 10 September 2004 09:42

Hello almal,

My werkgewer het 'n kantoor in JHB. 'n Posisie waarvoor ek kan aansoek
doen, materialiseer dalk daar. Ek is nou al 11 jaar in Europa en het,
na verwagting, geen meer idee van lewens standaarde in SA nie.

Wat ek wil weet is:
Wat is 'n "goeie" salaris per maand deesdae?

Met "goeie" bedoel ek:
1) Post tax/bring home pay.
2) Met geen Kinders
3) In JHB

Ek verstaan dat dit 'n subjektiewe vraag is, maar as iemand my 'n
rowwe idee kan gee van waar die veiligste woonbuurte in Gauteng is
deesdae, gemiddelde rente, gemiddelde kruideniersware koste.

Wat van Affirmative Action? My vrou is wit, maar nie 'n Suid Afrikaner
nie, staan sy enige kans om werk te kry?

Dankie

Ekonomie & geldsake | 41 kommentare

Vakansie Innie Kaap

Vr., 10 September 2004 08:14

Ian se niggie kom volgende maand kuier, en ek kry toe 'n pamflet van 'n nuwe
bemarkingsding by die Waterfront.
Ek gaan definitief van dit gebruik maak.
Gaan kyk by:
www.thecapetownpass.co.za

--
Groetnis
Annette

Reis & vakansie | 8 kommentare

Aan die Einde van die Reënboog

Vr., 10 September 2004 05:28

Rainbow Communications, die beeldpoetser van Mpumalanga, wat verlede jaar
met 'n kontrak vir twee jaar aangestel is, is summier uitgeskop.
Die liegende vorige redakteur van City Press was ook glo by die poetsery
betrokke.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toordokters en die ANC

Do., 09 September 2004 17:48

Weer het die ANC bewys dat hulle die minder gegoede klas
ophef. Dit moet waardeer word. Vir 'n werker sal dit ook nie
meer moeilik wees om siekverlof te kry nie, want toordokters
word nou erken as geneeshere en so word sertifikate deur
hulle uigereik aanvaar, en hulle mag selfs van 'n mediese
fonds eis:-)))

Frikkie, die mense is besig met opheffingswerk! Waaroor kla
jy? As die toordokter se dolosse sê dat jy 'n week verlof kan
kry, gaan jy met vakansie, my maat:-)))

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

LuiTone nou nr 1 verdiener vir sommige musikante

Do., 09 September 2004 14:39

Net so terloops. Die Selfoon LuiToon (verskoon Wikiskrif) industrie
verdien jaarliks $15miljard en die gewone musiek industrie maar net
$9miljard per jaar. Kunstenaars soos USHER kry meer uit die regte vir
LuiTone van sy musiek as sy musiek self...

Groete
Plato

Musiek & liriek | 0 kommentare

Radio Stasies oppie Net

Do., 09 September 2004 13:45

Ek sien www.classicfm.co.za is ook weer terug.

:-)

TJ

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Alkoholsindroomdag

Do., 09 September 2004 07:06

Dis nou vandag - om ouers daarvan bewus te maak dat verwagtende moeders glad
nie tydens swangerskap alkohol gebruik nie.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

" Kanniebos " deur DONALD RIEKERT

Do., 09 September 2004 01:04

KANNIEBOS
Donald Riekert

As ek jou eendag moet neerlê
sal dit in Bitterfontein se los sand wees
Stof tot stof sal jou nie raak nie
maar son en maan sal in die swartklip
oor jou gaan Die kannieblom se roesrooi
sal jou wang se gloed bewaar
en die sout sal teen jou vasslaan
jou lyf teer gebalsem hou

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    364  365  366  367  368  369  370  371  372  373  374  375  376  377  378  379    »]
Tyd nou: Wo. Jun. 10 16:28:31 UTC 2026