Ek's terug
Ma., 06 September 2004 08:28
Ek's bly om te sien niks het verander nie :) Ek het my week langs die see
so geniet dat ons het besluit ons trek so gou as wat ons kan Suidkus toe.
Ons het 'n hele klompie vriende daar, en hulle soek net vir ons besigheid
sodat ons 'n verskoning het om meer gereeld af te gaan. Die ontwikkelinge
daaronder is iets ongeloofliks, die eiendomsmark floreer en eiendomspryse
het die hoogte in geskiet. Om nou 'n plekkie daaronder te koop sal 'n mens
'n arm en 'n been kos. Daar so baie toeriste dat hulle begin het om Port
Shepstone te ontwikkel (voorheen nie 'n vreeslike groot toeriste
aantreklikheid nie), en hulle behoort voor die einde van die jaar, vir die
heel eerste keer, haainette te kry :)
Ek haal my hoed af vir al die "beach committee's" en natuurbewaring, hulle
het die strande mooi skoongemaak (met die uitsondering van een of twee
kleintjies), groot gedeeltes is tot beskermingsgebiede verklaar, die see is
mooi skoon, en hulle doen moeite om die dolfyne en walvisse te beskerm. Net
11 mense langs die Hibiscus kus af het permitte gekry om "whale and dolphin
watching" toere te doen. Ag ek gaan sommer terug....
Elaine
Koeitjies & kalfies |
12 kommentare
Nasietrots
So., 05 September 2004 18:02
In vandag se Sunday Times:
Die mense van Zimbabwe is vreeslik trots op hul Olimpiese swemmer, Kirsty
Coventry, en dit is te sien aan die name van pasgebore babas in Harare: o.a:
Kirsty Moyo; Athens Phiri; Kristee Koventree Kavamba; Backstroke Banda;
Kirsty Coventry Mapurisana; Individual Medley Mbofana; Goldmedal Zulu; Gold
Silver Bronze Ndlovu; Butterfly Masocha; Swimmingpool Nhanga; Freestyle
Zuze; Coventry Mabhena; Breaststroke Musendame; Goldwinner Mambo en
Swimmington Nyamuzuwe.
--
Groetnis
Annette
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
Dis Lente Innie Kaap
Vr., 03 September 2004 14:15
Vandag het ons gaan blomme kyk in die Waterfront. Daar was 'n kompetisie
waar deelnemers van blomme juweliersware moes maak - wonderlike kreatiewe
mense wat deelgeneem het.
Buitekant speel daardie slams met sy trompet en orkessie so lekker, mense
kon nie help om sommer daar in die pad 'n paar binnebouddraaie langarm te
vat nie:)))
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Vraag aan SuidWester
Vr., 03 September 2004 13:31
Suidtjie,
Ek weet nou nie hoe oud jy is nie, maar ek is opsoek na 'n histories
akkurate opinie oor die houding van mense wat in SWA geleef het
gedurende die Tweede Wereld Oorlog. EK het onlangs gelees dat
Afrikaans sprekendes in die destydse SWA "notorious" was omdat hulle
die Nazi U-Boats verskaf het met verversings.
Is dit waar?
Ek hoor ook dat tot vandag toe, sekere mense daar, Hitler se
geboortedag jaarliks herdenk met 'n makietie.
Is dit waar?
Ta
Koeitjies & kalfies |
6 kommentare
"Pionier " deur DONALD RIEKERT
Vr., 03 September 2004 13:17
PIONIER
Donald Riekert
Jy het nie sommer net
hier gebly nie
sommer net gelewe nie
met jou kort vingers
het jy takke van die
kameeldoring gebuig
en die vaalblou peul gepluk
met jou eie hande gemaal
en gesif as kos vir die bees
in die halfwoestyn
sodat ons wat kinders was
die melk kon drink
met die snaakse peulsmaak
Prosa & poësie |
0 kommentare
Ons gaan Die Prez teikens haal!
Vr., 03 September 2004 07:31
Die oogmerk verklaar was dat teen die einde van 2005 moet daar glad nie meer
leerlinge wees wat skool gaan onder 'n boom nie. Daar is toe bevind dat die
teiken nie gehaal sal word nie, maar om te kan sê dat daar geen leerling
meer onder 'n boom skoolgaan nie, gaan die bome betyds afgekap word:))
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
Koeitjies & kalfies |
27 kommentare