Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Julle is almal familie

Ma., 20 September 2004 09:52

Uit vandag se Beeld.

----------------------------------------------

Een groot familie
Neels Jackson

Oudpres. Nelson Mandela is langs sy direkte moederlike voorsatelyn van
Koisan-afkoms - nes me. Hannelie de Beer, 'n jong, wit Afrikanervrou
van Pretoria.

Dit is van die verrassende bevindings van genetiese toetse wat
Sondagaand oor M-Net bekend gemaak is in die dokumentêre program So,
where do we come from? wat oor Carte blanche uitgesaai is.

Dit beteken dat Mandela en De Beer moontlik so ver terug as 100 000
jaar gelede dieselfde vroulike voorsaat gehad het.

Verskeie bekende en ander Suid-Afrikaners is onderwerp aan genetiese
toetse en die resultate krap stereotiepe beskouings oor
Suid-Afrikaners se afkoms lelik deurmekaar.

Dit laat ook verskeie vrae oor die kwessie van identiteit ontstaan.

Wetenskaplikes het al vroeër aangetoon dat die hele mensdom verwant is
aan en afstam van 'n groepie mense wat sowat 150 000 jaar gelede in
Afrika gewoon het.

Die genetiese toets het getoon die satirikus Pieter-Dirk Uys se
direkte moederlike lyn loop terug na Sentraal-Afrika. Die komediant
Marc Lottering se direkte moederlike en vaderlike lyne kan teruggevoer
word na Europa, terwyl Tim Modise, aanbieder van die program, se
vaderlike lyn teruggevoer kan word na 'n genegroep wat in Europa
gekonsentreerd is en in Asië inloop.

Die genetiese toetse waarop dié bevindings berus, word gedoen aan die
hand van twee soorte DNS. Die een is die mitochondriese DNS wat slegs
deur ma's aan hul kinders oorgedra word en waardeur eienskappe van
iemand se direkte moederlike lyn van voorsate bepaal kan word.

Daarby word Y-chromosome getoets wat deur pa's aan hul seuns oorgedra
word. 'n Man se Y-chromosoom kan eienskappe verklap van sy voorsatelyn
wat deur sy pa, oupa en verder terug telkens deur die manlike voorsaat
loop.

Die reaksies van die mense wat getoets is, was uiteenlopend.

Mandela het dadelik verwys na "Herrie die strandloper" en gesê sy
regte naam was eintlik Autshumao en dat hy die eerste vryheidsvegter
was wat op Robbeneiland beland het.

De Beer het gesê haar ma het iets gesê van Koisan-voorsate, maar sy
het dit nietemin as " 'n bietjie van 'n skok bestempel".

Die sokkerbaas Irvin Khoza het sy hande triomfantelik die lug
ingesteek oor die nuus oor sý Koisan-gene en gesê: "Ek is deel van die
oorspronklike mense!"

Uys, wat voor die toetse gespot het dat hy 'n Matabele-prinses as
tante sou wou opspoor, was uit die veld geslaan toe hy hoor dat sy
voorsate langs die direkte moederlike lyn inderdaad teruggaan na
Afrika.

Hy het gesê dit is lekker nuus: "Ek is 'n Afrikaan!"

David Kramer was klaarblyklik teleurgesteld omdat sy DNS net op 'n
Europese herkoms dui en hy tevrede moet wees om "net nog 'n common wit
man" te wees.

Naas Botha, wie se DNS ook net op Europese herkoms dui, het gespot hy
het nou geen kans om eendag minister van sport te word nie.

Modise was verbaas dat sy gene 'n Europese oeroupa uitgewys het.

Hy was nietemin op sy gemak daarmee en het gesê hy het die mensdom nog
altyd beskou as 'n groot, rusiemakende familie.

Resultate van bekendes se genetiese herkomstoetse:

  1. Baby Jake Matlala (bokser): Koisan-moederlyn
  2. Irvin Khoza (sokkerbaas): Koisan-moederlyn
  3. Wendy Lehube (Vodacom-voorsitter): Koisan-moederlyn
  4. Patricia de Lille (politikus): Koisan-moederlyn
  5. Ruda Landman (TV-aanbieder): Europese moederlyn
  6. PJ Powers (sangeres): Europese moederlyn
  7. William Kentridge (kunstenaar): Vaderlyn uit Midde-Ooste
  8. Essop Pahad (minister): Eurasiese vaderlyn; moederlyn uit Suidoos-Asië met swaartepunt in Viëtnam
  9. Paul Adams (krieketspeler): Koisan-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
  10. Pieter-Dirk Uys (satirikus): Eurasiese vaderlyn; Afrika-moederlyn
  11. Marc Lottering (komediant): Europese moederlyn, Eurasiese vaderlyn
  12. Tim Modise (TV-aanbieder): Afrika-moederlyn; Eurasiese vaderlyn
  13. Nelson Mandela: Afrika-vaderlyn; Koisan-moederlyn
  14. Elana Afrika (TV-aanbieder): Koisan-moederlyn

Genealogie & famieliesake | 57 kommentare

Paratlete?

Ma., 20 September 2004 07:54

Wat word atlete wat aan die Paralimpiese Spele in Athene deelneem
genoem? Paratlete?

Ons AmaKrokoKroko (ek glo nie dis reg gespel nie) het al twee goues en
een silwer gewen; Natalie du Toit in die 100 m vlinderslag en Fanie
Lombaard in gewigstoot, beide met wêrelrekords. Iemand het ook 'n
silwer in 'n swem item vir gesigsgestremdes gewen. Ongelukkig het ek
nie sy naam gehoor nie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Stroop van wild...

Ma., 20 September 2004 06:47

'n Boer van Gobabis, Namibië is onlangs oorlede in 'n motorongeluk en sy
jong weduwee sukkel nog om die slag te verwerk en terselfdertyd die boerdery
op hul twee plase aan die gang te hou. 'n Buurvrou ry by die een plaas
verby en sien 'n kleinerige kar by 'n hek inry wat veronderstel is om
gesluit te wees. Heel wys, ipv om te stop en ondersoek in te stel, laat
weet sy op hul gemeenskapsradio die boere in die ongewing dat iemand by die
plaas lol. Hulle stel vas dat die weduwee op die ander plaas is en niks
weet van iemand op daai plaas nie. Die boere van tot sover as 200km ver
wat die radioboodskap gehoor het, mobiliseer, skraap die polisie saam en
gaan na die plaas toe. Wat sal hulle vind? 'n Slatery van ongeveer 60
gemsbokke wat met draadstrikke oral in die veld gevang word om dood te
versmoor en dan maak hulle soutlose gedroogde biltong wat hulle dan met
taxi's vervoer na 'n plakkerskamp so 'n klompie kilometers weg waar die
vleis verkoop word.
Die waarde? Seker so R1500 per bok as dit gejag sou word = R90 000.
Die hoofkrimineel dreig die weduwee toe hy gearresteer word dat hy weet waar
sy bly en dat hy haar sal terugkry!
Dit, Gloudina, is die Afrika wat jy nie in jou teorieboek kan vind
nie............................

Koeitjies & kalfies | 36 kommentare

Atletiek

Ma., 20 September 2004 06:36

Dis darem nie van vandag af wat ek die mooi bene en lywe van die
atletiekmeisies op TV bewonder nie. Gister en eergister was dan ook die
wêreldfinaal by Monaco. Gisteraand beeldsend hulle die onthaal na die tyd
en is hierdie perfekte beeld van die atletiekskoonhede vir my hoofsaaklik in
sy moer in. Op die atletiekbaan met hul atletiekklere aan, is die lywe
perfek, die beentjies pragtig. Dan lyk gespierde arms en bene pragtig.
By die onthaal, was daai spiere in gewone klere en lyk die spiere en
knopkuite eenvouding aaklig. Die slimmer meisies dra die regte klere wat
die spiere en nou mansheupe verberg, maar dan kom ander en dra kaal arms en
'n hipster en lyk presies soos........'n seun met spiere!
Niks kom egter naby ou Serena Williams met haar boep-stêre en die kort
rokkies nie..............

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Krieket.

Ma., 20 September 2004 05:59

Noudat Herschelle gister sy kant gebring het, wie se skuld is dit dat ons
verloor het?
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Carte Blanche

Ma., 20 September 2004 05:14

Wie het gisteraand se Carte Blanche bygebring? Wat is gesê.?
Ek kon nie die program kyk nie.

--
Groetnis
Annette

TV, flieks & vermaak | 15 kommentare

Tradisionele Genesers

Ma., 20 September 2004 05:13

Daar was blykbaar 'n besprekingsprogram op RSG gisteraand waar die besluit
om tradidionele genesers se medisyne ook van mediese fondse te eis besing
is.
Te midde van die gejuig dink ek nie die mutimakers is bewus van die lat wat
vir hulle gepluk is nie. Ek vermoed hulle was nog nooit sterk op
administrasie nie.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: knuppelen maar

So., 19 September 2004 02:17

"E" wrote in
news:nQ53d.10206$g%5.1...@news2.e.nsc.no:

>
> "Cor" wrote in message
> news:ciguu0$594$1@reader10.wxs.nl...

>> "Willem-Jan Markerink" schreef in bericht
>> news:Xns95682A2FAA903wjmarkerinka1nl@130.133.1.4...
>>> "E" wrote in news:12F2d.9995$g%5.121187
>>> @news2.e.nsc.no:
>>>
>>>> Uit www.nu.nl:
>>>>
>>>> DEN HAAG - Een 14-jarige jongen uit Den Haag heeft donderdagmiddag
>>>> een 12-jarig plaatsgenootje bijna doodgeknuppeld op straat. De
>>>> jongen was vrijdagmorgen pas buiten levensgevaar, na behandeling in
>>>> twee ziekenhuizen
>>>> in Den Haag en Utrecht. De dader is aangehouden en heeft inmiddels bekend,
>>>> meldde een woordvoerder van de politie vrijdag.
>>>>
>>>> Het slachtoffer werd kort na drie uur 's middags in de
>>>> Hertzogstraat in de
>>>> wijk Transvaal in elkaar geslagen door de 14-jarige. De aanleiding
>>>> is volgens de politie niet geheel duidelijk.
>>>>
>>>>
>>>> Weliswaar is misschien de aan leiding niet helemaal duidelijk, maar
>>>> de oorzaak wel. Allochtoon zijn van de dader
>>>>
>>>>
>>>>
>>>
>>> Vroeger was dat een gok die hoon en spot genereerde.
>>> Nu is dat een zekerheid groter dan de Nederlandse Bank (niet dat dat
>>> moeilijker is geworden in de loop der jaren).
>>>

>> suggereerd dat elke allochtoon een misdadiger is. Riekt naar racisme.
>> Dit hebben we al eens meegemaakt met joden, de negers in Amerika, de zwarte in
>> Zuid-Afrika en wat we ervan geleerd hebben is, dat het erg dom is en
>> dat je
>> verliest.

> Heb je mij iets horen zeggen over joden, negers in amerika of de zwarte
> in zuid afrika?
>
> Sinds wanneer is het noemen van een feit racistisch

En inmiddels is 'Zuid-Afrika' al door de feiten achterhaald....het
vliegveld in Johannesburg staat op het punt om opgegeven te worden door de
grote luchtvaartmaatschappijen wbt waardetransporten....zo lek als een
mandje, en passagiers lopen niet minder gevaar tav rovende bendes (maar
goed, dat aspekt ziet de politie op schiphol ook graag door de vingers).

Enfin, de bananenrepubliek aldaar komt met rasse schreden dichterbij.
Slechts uitgesteld/vertraagd tov andere voorgaande bananenrepublieken omdat
de blanken er zo'n uitgebreide infrastructuur hebben achtergelaten....maar
komen zal die puinhoop, bij gebrek aan onderhoud, zoals inherent aan alle
bananenrepublieken die nog enige tijd konden teren op blanke verworvenheden
(danwel dat de infrastructuur tot op het laatste schroefje ontmanteld en
gestolen wordt, van rails tot electriciteitsleidingen)

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

" Taalkadastraal " deur T.T. CLOETE

So., 19 September 2004 00:16

TAALKADASTRAAL
T. T. Cloete

ons het elke klip lief van die land

elke plek, ons het hom vol geurige name geplant
soet waatlemoen suursout hondepisbos.langs die beesklou
lê ons spoor versigtig getrap. In die Nossob van Kousant
oor Kij-kij na Kameelsleep en Dikbaardskolk

loop ons spoor. daar is 'n mooi manier van verbrou

die kerkoomhot die sonkyker is 'n ouvolk

ander name is ryk opgeneuk
tot in die see se gekreukelde alikreuk

vindingryk is Riemvasmaak vasgemaak, die katstert
is raak mimiek en die aantelerige trassiebos. die
hartbeeshuis
is 'n onderhoudende fout. die kameelperd
is 'n fout en die muishond, die ystervark en volstruis

daar is regte maniere van verspreek
Onseepkans. van Beenbreek

het ons met ons tong en hand
aan alles gevat
van bo tot onder van die geliefde land
tot in die wortel van die witgat

daar is die mooiste taalverhaal
van die malgas en tarentaal
en die klein swart bittersoet nastergal
my land se kadastraal
is gekleim in my taal

ons het die grond met ons speeksel en sweet bewerk

soos die bok en renoster het ons dit gemerk
met ons urine. soos die voël en katdier
hulle leefruim merk met drek en anale klier
so het ons hom met ons taal bewerk

hy ruik na ons skatoon

in die drolpeer en dassiepis bewoon
ons die land

ons sit diep in hom vas
diep en vas soos 'n kiestand

in sy kas

ons hou hom in stand
met sy fontein en woestynsand

ons klim op uit die kloof na die bergkam
en woon tot waar die horison die vlaktes opdam

ons wat deur mond
en voet en hand
met die wind en water en grond
'n verwantskap het en 'n verband
met die planeet deur ons onvervreembare land

in 'n onuitroeibare goddelike taalverbond

ons sit soos klitsgras
aan hom vas

sy kadastraal
is afgesteek in my taal

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: 'There is a ghost talking to me on the phone'

Sa., 18 September 2004 20:48

"DD" skryf

> Dane Squires was late for his own funeral.
>
> At least it seemed that way after people gathered on Thursday at a
> Toronto funeral home to mourn the retired welder from Newfoundland,
> whom they believed had been hit by a train.

En hoekom verkies jy nou om hierdie stukkie skuim
op die Afrikaanse nuusgroep IN ENGELS te pos?
Selfs nie eens hier in Ontario vind mense die storie
baie snaaks nie. En wat het dit met SA of SA kultuur
te doen? Jy is nog een wat dink dis so chic om Engels
te praat en Engels aan te haal. Dis mense soos jy
wat sal sorg dat Afrikaans uitsterf.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Bladsye (1835): [ «    360  361  362  363  364  365  366  367  368  369  370  371  372  373  374  375    »]
Tyd nou: Wo. Jun. 10 15:11:56 UTC 2026