Wys:
Vandag se boodskappe
:: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings
:: Navigasie
PolitiekFri, 22 January 2021 08:26'n Blinde haas loop 'n blinde slang tee. Die Afrikaanse Wikipedia - 20 jaar laterSat, 16 January 2021 18:55Wikipedia word vanjaar 20 jaar oud. Die aanlynensiklopedie is in 2001 begin, maar daardie jaar het slegs 'n enkele gebruiker 'n handvol Afrikaanse artikels geskep. Dié baanbreker was Michel Clasquin van Unisa se Departement Godsdienswetenskap (gebruiker Clasqm) wat op 16 November 2001 artikels soos "Wikipedia:Hoe om ’n nuwe bladsy te skep", "Hindoeïsme" en "Godsdiens" opgelaai het. BLADSY GEBRUIKER DATUM Ego Clasqm 2001-11-20 19:30:08 Super-Ego Clasqm 2001-11-20 19:29:49 Id Clasqm 2001-11-20 19:28:54 Sigmund_Freud Clasqm 2001-11-20 19:26:27 Psigiatrie Clasqm 2001-11-20 19:17:47 Sielkunde Clasqm 2001-11-20 19:11:14 Opera Clasqm 2001-11-19 18:07:05 Uitvoerende_kunste Clasqm 2001-11-16 23:05:14 Beeldende_kunste Clasqm 2001-11-16 23:00:54 Biologie Clasqm 2001-11-16 22:57:18 Clasqm Clasqm 2001-11-16 22:50:40 Recentchanges Clasqm 2001-11-16 22:48:32 Godsdiens Clasqm 2001-11-16 22:31:40 Hindoeïsme Clasqm 2001-11-16 22:30:18 Redigeringsinstruksies Clasqm 2001-11-16 21:01:29 Hoe_om_’n_nuwe_bladsy_te_skep Clasqm 2001-11-16 20:56:30 Die daaropvolgende jaar, in 2002, is ± 82 Afrikaanse artikels bygevoeg. Die aktiefste gebruiker was Jak wat ongeveer 40 artikels geskep het. Die res van die artikels is deur anonieme gebruikers opgelaai. In 2003 het die Afrikaanse Wikipedia begin vlamvat en is daar meer as 700 ekstra artikels geskep. Die sterre van die jaar was gebruikers Rob Hooft, Brion VIBBER en Andre Engels. Dit is ook die jaar wat gebruikers Jcwf en Greenman aangesluit het, wat later legendes in eie reg sou word. In 2004 word die 1000-kerf verbygesteek. Gebruiker Alias skep 453 artikels, Faresh 201, Dewet 178, Renier Maritz 103, en die lys gaan so aan. In 2005 sien ons die eerste wysiging van gebruiker Voyageur en in 2006 word die 5000ste artikel geskep. Die res is redelik goed gedokumenteer. Vandag beskik die Afrikaanse Wikipedia oor meer as 95 000 artikels en is dit die 71ste grootste Wikipedia volgens die getal artikels. Daar word tans hard gewerk om die 100 000ste artikel voor 15 November, die wiki se 20ste verjaarsdag, te bereik. Afrikaans, ons taal | 0 kommentare Argivering van Afrikaanse inligtingMon, 14 December 2020 12:14Indien u oor Afrikaanse inligting beskik wat geargiveer moet word, laat ons asseblief weet. Of dit nou 'n ou boek, artikels of besprekings is, ons sal graag wil help om dit op die Internet te bewaar. Dit geld veral vir inligting wat nog nie op die Internet beskikbaar is nie, asook inligting op bestaande webtuistes wat die eienaar nie meer kan of wil onderhou nie. E-boekeAflaai van e-boeke; Thu, 10 December 2020 16:30Hoe gaan ek te werk as ek e-boeke wil aflaai? Boeke, tydskrifte & koerante | 1 kommentaarAfrikaanse vertaling vir "mileage". . . Sien onderwerp; Thu, 10 December 2020 14:35Goeiedag Nuwe gratis e-boekeOm boeke in te stuur vir plasing by gratis boeke; Tue, 08 December 2020 10:55Ek het 'n paar boeke geskryf. Ek wil verneem of ek van hulle (3) kan instuur om by die gratis boeke ingesluit kan word. Indien wel, sal ek wil weet hoe om te werk te gaan en wat die adres sal wees. Boeke, tydskrifte & koerante | 2 kommentareKen Jy Die LandTue, 01 December 2020 11:54Ken Jy Die Land (Kennst du das Land) Gatte van VergelykingSat, 07 November 2020 09:10My oupa is 'n kromgat. omverskoningom verskoning; Thu, 29 October 2020 11:11As jy hier uitgekom het, is jy uitgevang! Karmenaaitjie, karbonaaitjie, karnaaitjieSun, 04 October 2020 07:06Kan iemand help om die verskille in bg. woorde uit te lig. Of is hulle eintlik dieselfde ding? SupertaalKom praat saam!Nuutste boodskappeBeste beoordeelBladsye (1838): [ « ‹ 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 › »] Tyd nou: Sun Dec 22 03:48:21 UTC 2024
|