Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Bou brûe oor onoorbrugbare " deur Henry Jeffreys ( uit Beeld)

Di., 14 Februarie 2006 18:18

Bou brûe oor onoorbrugbare

Henry Jeffreys

Dit behoort nie, maar dit verbaas my steeds dat die aard van die debat
oor Afrikaans te dikwels verval in skerp verdelende twiste wat dalk
baie doen vir die deelnemers se ego's, maar bitter min vir die
vrugtevolle oplossing van vele probleme wat die taal werklik
konfronteer.

'n Groot probleem of gebrekkigheid in die aard van die diskoers is dat
byna geen sinvolle gesprek tussen die twee oorheersende dele van die
Afrikaanse taalgemeenskap - die bruines en wittes - bestaan nie.

Baie word gepraat en gedebatteer, maar dis 'n inwaartse proses wat
agter die grense van die verlede rondspoel en van tyd tot tyd uitbars
in 'n vingerwysende bekgeveg wat dalk goeie kopie vir koerante oplewer,
maar eintlik weinig toereikende waarde tot die oplossing van die
problematiek van die taal toevoeg.

Neem as voorbeeld die onlangse herrie oor die ANC se "positiewe"
beheptheid met Afrikaans ten tyde van die taal se 130ste verjaardag, 'n
onderwerp wat ek in September verlede jaar behandel het in 'n rubriek
in Beeld en Die Burger.

Uit Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, het mnr.
Smuts Ngonyama, hoofwoordvoerder, die volgende te sê gehad: "Die
ontwikkeling van Afrikaans die afgelope 130 jaar tot 'n volwaardige
wetenskaplike taal dien as inspirasie vir die ontwikkeling van
Suid-Afrika se ander inheemse tale."

Ngonyama het Afrikaans onder meer 'n "inheemse Afrika- taal" genoem.
Afrikaans het ook warm verjaardagwense van die ANC in die parlement
ontvang. Ek het toe daarop gewys dat dié soort lof afkomstig van 'n
sterk ingegrawe meerderheidsparty nie te versmaai is nie.

Prof. Jonathan Jansen, 'n goeie vriend en ongetwyfeld 'n vriend van en
by tye selfs kampvegter vir Afrikaans (as deel van 'n groter stryd om
meertaligheid), het baie sinies op die ANC se oënskynlike toenadering
tot Afrikaans gereageer.

Hy het twee standpunte daaroor gestel waarvan baie van ons nie sal hou
nie, maar waaroor ek glo ons moet besin as deel van die manier waarop
ons met mekaar gesprek voer oor die toekoms van Afrikaans.

Eerstens, het Jansen gesê, onderskat Afrikaners die bitterheid onder
swart Suid-Afrikaners oor Afrikaans se eertydse rol as "die taal van
die onderdrukker".

Tweedens, meen hy, sal die regering nie sonder meer buitensporig belê
in Afrikaans, wat, saam met Engels, steeds die taallandskap in die land
oorheers, sonder om ook in verwaarloosde ander Afrika-tale te belê
nie.

Laasgenoemde is natuurlik die partytjie waaroor die regering baie te
sê het, maar bitter min saakmakend oor optree.

My eie probleem met die ANC se benadering tot die kwessie van Afrikaans
is dat die party dit klaarblyklik beskou as 'n Afrikaner-kwessie,
eerder as een wat vir die hele taalgemeenskap van belang is. Die
probleme wat die res van die Afrikaans sprekende gemeenskap dalk met
die hantering van hul taal het, word nie raakgesien of oor gepraat nie
omdat die ANC klaarblyklik dié gemeenskap as deel van die groter swart
gemeenskap beskou.

En hier moet ons in die oorwegend bruin deel van die Afrikaanse
taalgemeenskap en veral dié wat na aan of in die ANC- dampkring
beweeg, die hand in eie boesem steek en skerp vrae aan eie adres rig
oor waarom ons passiewe toeskouers eerder as aktiewe deelnemers is in
prosesse wat die taal betref.

'n Deel van die antwoord lê waarskynlik in ons verdeelde verlede en
hoe dit ons aan weerskante van die taalskeidslyn laat beland het, en
die klaarblyklike onvermoë aan albei kante van die skeidslyn om mekaar
te vind as genote in die Afrikaanse stryd.

Die twee standpunte wat Jansen in sy reaksie op die ANC se skielike
beheptheid met Afrikaans ingeneem het, sal dalk vir sommige van ons as
kras oorkom en ervaar word.

Maar as ons hoop om 'n sinvolle en uiteindelik betekenisvolle diskoers
oor Afrikaans en sy plek in dié wonderlik diverse land te vestig, sal
ons die ongemaklike realiteite móét konfronteer - nes die
onderhandelaars van die nuwe Suid-Afrika die ongemaklike realiteite van
bevrydingstryd en onderdrukking moes konfronteer en uiteindelik oorbrug
het om geboorte te gee aan die reënboognasie wat ons almal nou so
koester.

In die deel van die taalgemeenskap waaruit ek kom, is daar - die
versoeking is groot om te sê uiteindelik! - groeiende onrustigheid oor
die impak van die noodwendige makrovlakveranderings wat die demokrasie
vir ons as taalgemeenskap meegebring het.

Die demografiese verskuiwings wat die voormalige bruin gemeenskappe die
afgelope dekade of twee ondergaan het, het 'n besliste uitwerking op
Afri kaanssprekende kinders se voorheen relatief onbevange toegang tot
onderrig in hul moedertaal.

Dié waarneming moenie beskou word as 'n hunkering na die ou
rasgegronde woongebiede of skole nie. Allermins. Dit bly egter 'n
uitdaging wat aangepak moet word op maniere wat nie verval in 'n soort
bruin neonasionalisme wat verdere vervreemding van ons wit taal- en
swart landgenote in die hand kan werk nie. Dit sal waarskynlik eers 'n
bruin-bruin-gesprek verg.

Die resultaat van die veranderde omstandighede is dat skole en
onderwysers in voormalig bruin woongebiede onder geweldige druk is om
ook in die legitieme behoeftes te voorsien van ander taalsprekers wat
nou deel is van 'n inklusiewer gemeenskap.

Die doeltreffende mediasie van dié problematiek is nie voor die
handliggend nie, maar dit mag nie weens die kompleksiteit daarvan gelos
word om te smeul nie.

Dit is 'n uitdaging vir die betrokke gemeenskappe, die regering en,
meen ek, ook vir die Afrikaanse taalgemeenskap in sy geheel.

Om dié soort uitdagings suksesvol te pak, blyk 'n volhoubare dialoog
tussen die onderskeie Afrikaanse taalgemeenskappe 'n al hoe dringender
noodsaaklikheid te wees.

Maar dan moet ons bereid wees om eers die satans uit die verlede wat so
erg verdelend in die diskoers neerslag vind, te besweer.

Op makropolitieke terrein het ons as Suid-Afrikaners die wêreld
verstom gelaat oor die vermoë van ons leiers en mense om die
onoorbrugbare te oorbrug. Sekerlik behoort ons dit ook te kan doen ter
wille van die taal wat ons koester.

In die boek Kruispad: Die toekoms van Afrikaans as openbare taal (met
proff. Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer as redakteurs) wys dr.
Neville Alexander daarop dat die geskiedenis "op paradoksale wyse vir
Afrikaanssprekendes geleentheid (bied) om met bepaalde inisiatiewe op
'n grootse manier eenheid in die diversiteit van die Suid-Afrikaanse
samelewing te versterk en te onderskraag".

Hy maak ook die baie geldige punt dat die debat oor Afrikaans baie meer
baat sal vind as deel van die groter debat oor meertaligheid en die
ontwikkeling van ander inheemse tale.

Dít is na my mening die korrekte klem en uitdaging vir ons as
taalgemeenskap:

Om die legitieme, grondwetlik verskanste posisie van Afrikaans op alle
vlakke en in alle sektore van die samelewing na te streef, te beskerm
en te verdedig op 'n manier wat nie net passiewe erkentlikheid gee aan
die noodsaaklikheid van 'n meertalige kultuur en die ontwikkeling van
agtergeblewe inheemse tale nie, maar dit aktief met die taalgemeenskap
se ingeboude histo riese ontwikkelingsvaardighede en hulpbronne te
onderskraag.

Dít word reeds op vele vlakke gedoen, soos Alexander in sy
Kruispad-bydrae uitwys, maar baie meer kan gedoen word.

En 'n goeie plek om te begin is in die agtergeblewe dele van ons eie
taalgemeenskap. Dís waar die twee dele van die Afrikaanse
taalgemeenskap mekaar kan vind en waar die grondslag gelê kan word vir
dinamiese en inklusiewe taalaksie - vir Afrikaans en vir die land.

Dit is waar ek meen die nasionale taaldiskoers behoort te wees.

Die vraag is wie van die leiers in die twee taalgemeenskappe die visie,
moed van oortuiging en ondernemingsgees aan die dag gaan lê om die
grense waaragter ons as taalgemeenskap skuil, te verwyder, en om dít
wat na die onoorbrugbare lyk, oorbrugbaar te maak.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Blair by Hammanskraal

Di., 14 Februarie 2006 03:11

Ons sien gister vir Blair praat oor die Engelse soldate
wat slegte dinge in Irak doen. Dit lyk of hy en ander
onder die bome buite sit en met die pers gesels.
Sover ek kan onthou, is Hammanskraal naby aan
Pretoria. As ek reg het, is dit die plek waarheen hulle
die swart kosskool wat in die vroeë sestigerjare in
Pretoria was, uitgeskuif het toe swart kinders nie
meer in 'n wit gebied kon skoolgaan nie. Dit is die
laaste plek waar ek skoolgehou het. 'n Lieflike
plek, langs die Botaniese tuine. 'n Plek waar die
kinders naby kultuurdinge was. Maar nee, toe
maak Bantoe-Onderwys dit onmoontlik vir swart
kinders om in beskaafde omgewings te woon,
en word hulle uitgeskuif na 'n skool wat vir hulle
gebou word op die kaal haai vlakte. Heelwaarskynlik
omdat Hammanskraal in daardie dae deel van
Bophutswana uitgemaak het.
Maar wat soek Blair nou daar?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 133 kommentare

Wat sien my oë?

Ma., 13 Februarie 2006 19:03

Wat sien my oë? Hierdie nuusgroep (soc.culture.south-africa.afrikaans)
word stukkend gemaak deur my eie landgenote en die Hollanders? Kom
daar nog by 'n groep van mense wat slegs Engels wil praat?
Ek had dit al lank al voorsien en ek het daarvoor al 'n paar jare
gelede gewaarskuw, ook op hierdie nuusgroep. Afrikaans kan nie oorlewe
nie. Eers verloor die Afrikaners hulle politieke regte in hulle eie
land en in die toekoms gaan hulle ook hulle besittings verloor. (Plase
wat onteien word). Mondialisering, nuwe tegnologie en Internet doen
die res. Selfs Nederlands kry dit moeilik teenwoordig.
..Wie se brood 'n mens eet, diè se woord 'n mens spreek.
Hm, sou dit daarom wees dat hier so baie Nederlands gepraat word: die
horlosie vir my noontjie, wat deur die posdiewe van Suid-Afrika
gesteel is, het ek in Vlaandere gekoop?..
Binnekort steel die swartmense van Suid-Afrika nog die Afrikaners
hulle taal!
Ek sal hierdie artikel maar gelyktydig op be.politics en nl.politiek
plaas. Sodoende sal meer mense van hierdie onreg ingelig word. Die
inwoners van Nederland en Vlaandere moet die Afrikaans bystaan in sy
stryd om die lewe!

Norbert die strandkruier (vroeër: Sterrenkijker)
uit Vlaandere

INWONERS VAN NEDERLAND, VLAANDERE & SURINAME: TEKEN IN OP
SOC.CULTURE.SOUTH-AFRICA.AFRIKAANS EN STEUN DIE AFRIKAANS!!!

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Skakels / Links

Sa., 11 Februarie 2006 13:09

http://www.afrikalinks.nl/ heeft veel links mbt Afrika

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Bulle! Bulle!

Sa., 11 Februarie 2006 08:32

Die wraak was soet!

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Re: Bulle! Bulle!

Sa., 11 Februarie 2006 06:58

Die eindtelling het hulle bietjie gepaai - maar dat was mooi om uiteindelik
'n SA span te sien wat tot die laaste sekonde nog wil speel.

Eintlik was hierdie verloordery van die Cheetahs net die regte medisyne op
die regte tyd.
Geen kompetisie word in die eerste rondte al gewen nie.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:1rCdnUu1DLTPGXDenZ2dnUVZ_t2dnZ2d@is.co.za...
> Die wraak was soet!
>

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Mohamed spotprente

Do., 09 Februarie 2006 16:26

Is daar enige plek waar 'n mens die 'verskriklike' spotprente kan sien?

Ek wonder net hoveel Jesus spotprente was daar al gewees?

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Ferdi Greyling se nie bestaande kinders

Do., 09 Februarie 2006 14:43

Wel Ferdi my ou maat, die brein kannie meer so goed onthou nie of wat?

Ek self het nog nie kinders nie - miskien omdat ek nog self een is,
maar is seker as ek die sou gehad het dat ek dit ten minste sou
onthou...

Het jy nie die pos benede geskryf nie?

> Ferdi Greyling
> Apr 8 2003, 11:05 am show options
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> From: NoS...@tome.com (Ferdi Greyling) - Find messages by this author
> Date: Tue, 08 Apr 2003 10:02:53 GMT
> Local: Tues, Apr 8 2003 11:02 am
> Subject: Re: Wat voel julle

> Goeie ding dat geen skool 'n "amptelike" godsdiens beoefen waaraan al
> die kinders moet deelneem nie.
> My kinders was in 'n skool waarin Moslem-kinders ook was en hulle moes
> almal een keer 'n week Christelike godsdiens in die saal beoefen.
> So iets moet vrywillig wees.

Kan sweer dat jy hier se jou kinders is saam met moslem kinders opskool
gewees....

Kan net een ding beteken. Jou kinders is nie in afrikaans onderrig
nie!

So waar val jy uit die boom om iemand aan te val, wat in Australia
woon, omdat sy kinders in engels onderrig word?

Nog erger wat gaan jou kinders nie dink as hulle uitvind jy ontken
hulle?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Steun Jyllands-Posten door hier te tekenen:

Do., 09 Februarie 2006 09:29

"Annette" schrieb im Newsbeitrag
news:8KGdnf2QAca8bXfeRVn-og@is.co.za...
> Jampie, ek dink jy is te onnosel om op nuusgroepe deel te neem.
> Wat verstaan jy van "moenie kruispos" nie?

Wat bedoel je met 'moenie kruispos nie'? Bij het internet gaat het om 'no
limits' - ooit gehoord?

Tjongejonge, wat zijn jullie boeren bekrompen daar beneden. Of ben je
missschien geen?

--
> .)

Unter blinden ist der einäugige kónig.

http://worldimprover.net/

Mohammed-karikaturen: http://cryptome.org/muhammad.htm

Mehr Mohammed-karikaturen: http://retecool.com/comments.php?id=13539_0_1_0_C

Der demaskierte islam (englisch):
http://www.chronwatch.com/content/contentDisplay.asp?aid=193 81&catcode=13

Worte eines ex-mohammedaners (englisch):
http://www.faithfreedom.org/comics/introduction.htm

Die förderer der migration (englisch):
http://en.wikipedia.org/wiki/Kevin_B._MacDonald#Jewish_role_ in_facilitating_mass_immigration

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Taliban-beloning: 100 kilo goud voor profeet-tekenaars

Wo., 08 Februarie 2006 22:12

http://politiken.dk/VisArtikel.iasp?PageID=437371

De Taliban in Afghanistan beloven 100 kilo goud voor de vermoording van de
aansprakelijke voor de Mohammed-prenten.

Hoe ver kan de godsdienstige waanzin nog gaan?

--
> .)

Unter blinden ist der einäugige kónig.

http://worldimprover.net/

Mohammed-karikaturen: http://cryptome.org/muhammad.htm

Mehr Mohammed-karikaturen: http://retecool.com/comments.php?id=13539_0_1_0_C

Der demaskierte islam (englisch):
http://www.chronwatch.com/content/contentDisplay.asp?aid=193 81&catcode=13

Worte eines ex-mohammedaners (englisch):
http://www.faithfreedom.org/comics/introduction.htm

Die f�rderer der migration (englisch):
http://en.wikipedia.org/wiki/Kevin_B._MacDonald#Jewish_role_ in_facilitating_mass_immigration

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bladsye (1835): [ «    229  230  231  232  233  234  235  236  237  238  239  240  241  242  243  244    »]
Tyd nou: Do. Mei 14 18:22:47 UTC 2026