Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Antwoord ASB

Sa., 18 Februarie 2006 07:49

"Anonymous" skryf in boodskap news:HMTVCT1X38765.9748958333@anonymous...
> Hello,
>
> I've been away for a while and am only now starting to catch up with the
> news.
>
> Is the boer war over yet? .. and if so, who won?

Weet nie, maar jy is die 1e aasvoël wat hier opdaag?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

What has Afrikanerdom learned?

Sa., 18 Februarie 2006 04:49

My Dear Friends,

Hmmmmm ... I've just been to visit the websites of Orania and the
so-called "Freedom Front." Self-determination in autonomous
territories?" Sounds a bit like "bantustans" doesn't it? Is this all
that Afrikanerdom has learned from its three-and-one half centuries of
existence?

Well, not to worry, my little blondies: those who suffered under the
brutal, murderous pigmentocracy of your spiritual forbears have no
intention of letting you get your Hitlerian little hands on the reins
of power ever - ever! - again!

Oh, we'll let you speak Afrikaans to your heart's content (actually
it's a rather nice language). We'll even allow you to eat boerewors on
special occasions and consume whatever other limp, vinegary sausages
tickle your fancy.

You can even keep your Voortrekker monument and celebrate the Day of
the Covenant once a year.

And, to prove our magnanimity and tolerance, we'll even allow you to
live in little enclaves (like, say, Orania, only preferably further out
from major metropolitan areas). There, happily developing separately
from the rest of humankind, you can have your braai's, talk die Taal to
each other and faithfully attend your Kerk on Sunday.

We can even set up a completely separate educational system for you
wherein you can apply the principles of Christian National Education: I
can just see it now, "Johannes Gerhardus Strijdom College." Has a nice
sound, no?

Then, after a few generations, through the miracle of inbreeding, I
suspect that if Afrikanerdom doesn't cease to exist entirely, its
pitiful remnant will be comprised of proto-hominids barely capable of
using hand tools or scratching signs in the mud with sticks.

Hopefully, your descendents will not be too genetically degraded to
train to work some menial tasks in the wonderful vineyards of the Cape.

Well, what can I say? I do hope your God looks out for you - but I
really have my doubts. People (and Peoples) tend to get what they
deserve.

Oh, and by the way: Thank You ever so much for sending US Charlize
Theron!

Yours Faithfully,

(Prof. Adv.) W.A.M. Coorsen
Founder-Director,
Organisation for the Promotion of Afrikaner Voluntary Sterilisation
(OPAVS);
Holder of the Demitri Tsafendas Chair in Afrikaans Language &
Literature, University of New Sodom (USA)

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Die waarskynlikheid dat Jim Again en ons almal nie-blanke voorouers het.

Vr., 17 Februarie 2006 14:20

Hi almal,

In gesluit 'n eenvoudige tabel om die waarskynlikheid dat ons êrens
nie-blanke voorouers het, te demonstreer - baie spesiaal vir Jim Again se
plesier.

Die eerste kolom behoort selfs vir hom duidelik te wees. Die tweede kolom
verteenwoordig die aantal persone vir daardie generasie en die laaste kolom
die totale aantal voorouers ter sprake. Die tabel is gebasseer op twaalf
generasies. Ek het van die veronderstelling uitgegaan dat die gemiddelde
ouderdom 30 was toe die ouers hulle kinders gehad het (Die werklike
gemiddelde ouderdom was waarskynlik nader aan twintig). 350 (jaar) gedeel
deur 30 gee 11.66, benader tot 12.

Ouers 2 = 2
Groot-ouers 4 = 6
Oor-grootouers 8 = 14
Oor-oor-grootouers 16 = 30
Oor-oor-oor-grootouers 32 = 62
Oor-oor-oor-oor-grootouers 64 = 126
Oor-oor-oor-oor-oor-grootouers 128 = 254
Oor-oor-oor-oor-oor-oor-grootouers 256 = 510
Oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-grootouers 512 = 1022
Oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-grootouers 1024 = 2046
Oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-oor-grootouers 2048 = 4094

Soos uit die tabel gesien kan word is 'n totaal van 4094 voorouers ter
sprake. Natuurlik was daar 'n duplisering van voorouers. 'n Mens kan die
totale aantal gemaklik deur twee deel, selfs deur vier, om vir duplisering
van voorouers voorsiening te maak, dan sit jy steeds met meer as 1000
voorouers!!!

Die Wet op Verbod van Gemengde Huwelike en die Ontugwet was net vir sowat 40
van die 350 jaar daar om wit en swart te probeer keer om mekaar lief te hê -
met klem op die "probeer", want dit het nie die mense gestop wat dit wou
doen nie! Selfs in die hooggety van apartheid is genetiese afkoms nie
gebruik as kriterium vir blank-wees nie, maar die kriterium was "as iemand
tussen blankes woon en deur blankes as 'n blanke aanvaar word, is hy 'n
blanke". Met daardie definisie het baie sg. Kleurlinge selfs in die
apartheidsjare "blankes" geword. (Ek dink nou aan die film "Katrina" waar
hierdie aspek van apartheid nogal prominent onderstreep is). Daar was oor
'n tydperk van 300 jaar nie eintlik kontrole oor rassevermening nie. Die
eerste blanke setlaars het beslis nie "hang-ups" oor rasse-vermenging gehad
nie - die bewys: meer as 3 miljoen Kleurlinge!

Jy sien dus, Jim Again, die kanse dat jy nie-blanke voorouers het, is meer
as 1000 teen 1. Op oorwig van waarskynlikheid sou ek sê: Dis afdoende
bewys!!!

Torreke

Koeitjies & kalfies | 51 kommentare

Re: "Snot-Neus" deur CHARLES HERMAN BOESMAN

Vr., 17 Februarie 2006 14:03

Hoe kan 'n ma haar kind Turdman doop?

On 16 Feb 2006 22:40:47 -0000, Tudman Todmorden wrote:

> The snotty nosed child at play in the sun
> Oh now look he's crapped in his bum
>
> The dirty little bugger is covered in grudge
> Now see him eat a mouthful of fudge
>
> His nanny has come to take him home
> Where her misses is playing with the boys big bone
>
> Oh how the delights of childhood continue grow
> Like a bunch of dutchmen all stupid and slow.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jim Again jou kru taalgebruik verraai jou!

Vr., 17 Februarie 2006 05:30

Jim,

Terwyl jy die man speel ...

Jou veelvuldige gebruik van krutaal, is oorgenoeg bewys van jou gebrek aan
opvoeding. Die soort taal wat jy gebruik, bv die drieletter "k..." woord
vir menslike ontlasting is barbaars!! Jy gaan aan oor jou hoë
beskawingspeil - net die woord "gat" is al onaanvaarbaar in opgevoede
swartes se geselskap.

Ek sou dink beskawing gaan nie in die eerste plek oor die gebruik van die
alfabet, wiel en boukuns nie, maar oor die beheersing van die tong!

Torreke

NS. Dieselfde geld vir Riaan

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Watter dorp is die mooiste in SA?

Do., 16 Februarie 2006 23:29

Ek vra nou nie watter die mooiste stad in SA is
nie. Watter dorp is die mooiste.?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

"Pieter Groenewoud" se manier van dink

Do., 16 Februarie 2006 14:19

Ek wag nog dat jy my oorspronklike pos - dis nou die een waarop jy
reageer - pos sodat ons kan sien wat die "aanval" was wat jy se ek
geloods het.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Infrastruktuur

Do., 16 Februarie 2006 10:36

Dit is maklik om aannames te maak rakende wie vir wat
in Suid Afrika verantwoordelik is, Afrikaners meen hulle
het die land gebou, sy vyande glo goedkoop arbeid en
slawerny het dit gebou, sekere Britte glo dat hul krediet
verdien vir enige teken van beskawing en infrastruktuur
oor die wereld. Die logiese antwoord is 'bietjie van al
die' maar wat is die waarheid ?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Zuma-sirkus

Wo., 15 Februarie 2006 06:06

Ai Tog, Miskien moet Zuma en sy regspan 'n lys indien van alle regters teen
wie hulle kwansuis 'n probleem sou wou hê.
Ook sommer 'n lys van alle ampsdraers op alle vlakke met wie hy, dmv van
vaderskap, 'n "biologiese verbintenis" sou hê.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

oor Herman Charles Bosman

Di., 14 Februarie 2006 23:45

Resensie van Herman Charles Bosman - Between the lines deur Valerie
Rosenberg
Jaco Fouché


Dit moet dalk kommerwekkend wees hoeveel mense nie net daaraan dink om
hulle op die een of ander manier aan 'n kunsvorm toe te wy nie, maar
inderdaad tot die stap oorgaan en die wilde en gekke ding doen - die
woonstel verkoop, die kar inruil op 'n ouer model, die wye wêreld
aandurf in die hardkoppige geloof dat die boheemse leefwyse sy eie
beloning is en dat die opofferinge nie hóéf te lei tot grootsheid en
aansien en geld in die bank nie. Sekerlik is menige hart al gebreek
deur die obsessionele gesukkel van 'n geliefde om aan die kloue van
toewyding, matrimonie en burgerlikheid te ontkom, net om tog maar
afhanklik (en nie net finansieel nie) te bly van wat daardie
burgerlikheid bied - sekuriteit, geldelike ondersteuning, selfs net
'n gehoor.

Want dis die kunssinnige burgerlikheid wat die kunswaansinniges
onderhou, maak nie 'n fout nie. En die kunswaansinniges sal dalk 'n
tikkie verstandigheid openbaar deur op goeie voet met hulle publiek te
bly. Bosman het nie altyd nie, en Valerie Rosenberg se boek is nie net
'n storie van moord, prisonierskap, aborsie en verguising nie, maar
ook van verwaandheid (Bosman het George Bernard Shaw as 'n
"intellectual poseur" afgemaak, en van Roy Campbell se "sterile
wit" gepraat) en 'n meestal onwrikbare geloof in die "life of the
poet" ("I can't speak as a man in the street. I can speak only as
an artist").

Die storie sal sekerlik goed aan sommiges bekend wees, ook omdat
Rosenberg self al oor Bosman geskryf het, maar vir mense wat nog moet
hoor van die moord op Bosman se stiefbroer (hy het hom doodgeskiet),
tronkstraf en verblyf in Groot Marico en die tyd in Europa, asook
Bosman se liefdesverhoudings, is hier heelwat intrigerende materiaal.

Een van hierdie liefdesverhoudings was met Helena Stegmann, 'n
onderwyseres wat Bosman, wat toe met 'n ander vrou getroud was,
ontmoet het toe hy in Pietersburg gewerk het. Daar was die verwagte
vonke. Daar was gevolge. Stappe moes gedoen word met betrekking tot
ongewenste lewe. Bosman het 'n plan gemaak en Helena het in die sorg
beland van 'n distriksgeneesheer wat 'n wrok teen Bosman gehad het
en hom aanspreeklik wou hou. Aanvanklik het sy haar minnaar beskerm,
maar die feite het uitgekom en Bosman moes uiteindelik sy werk as
redakteur agterlaat en teruggaan Johannesburg toe, hoewel hy darem
weldra Helena sy vrou kon noem.

Daar was ook vriendskappe. Bosman was Lionel Abrahams, vir wie hy
agtien maande lank as privaat onderwyser klas gegee het, se mentor. Oor
kuns het Bosman een keer in Abrahams se teenwoordigheid gekonstateer:
"We don't want to be judged on merit. We want to be judged on
genius." Hy het aan Abrahams gesê dat dit noodsaaklik is om slegs
dit te skryf wat 'n mens vir seker wéét van die lewe. Maar tesame
met 'n realistiese benadering tot die lewe het hy natuurlik ook gewys
op die belangrikheid van humor in 'n stuk werk. Abrahams het later sy
skuld betaal deur literêre eksekuteur en eerste postume redakteur van
Bosman te wees, asook sekerlik deur die blote feit dat hy self 'n
skrywer geword het.

Gordon Vorster was 'n ander student, en gou groot vriend en
drinkebroer. Rosenberg haal hom aan: "... we hated each other as
well, because I was brash and he had the wisdom of many
disillusionments. I believed in people and with some reservations, had
stars in my eyes about them; he accepted people unreservedly, with all
the muck."

Bosman het die lewe van 'n boheem geleef, of dan die naaste ding
daaraan. Daar was verskeie werke en soms onwyse besluite, soos om in
die veertigerjare Kaapstad toe te trek waar hy klassieke literêre werk
vir 'n onderneming met die naam Die Afrikaanse Kulturele Leserskring
sou vertaal en verkoop, maar gou was die problematiek van die stap
duidelik en was sy en Helena se posisie benard. Hy het darem so ver
gekom om Omar Khayyam in Afrikaans te vertaal, maar daar was geen
vooruitsigte in en vir die onderneming nie. Nadat hy op die koop toe sy
eerste hartaanval beleef het, is hulle terug Johannesburg toe.

'n Mens lees van karton wat hy gebruik het om sy skoensole langer te
laat hou, van swaarkry in Londen, van uitsetting en skrynende oordeel
- en gedurig die finansiële probleme by die ander krisisse. Tog was
sy gesindheid, soos hy aan Helena in Pietersburg verduidelik het, dat
'n ander deur vir 'n mens oopgaan sodra jy een toemaak.

Die laaste deur om vir Bosman toe te gaan, het so gemaak toe hy 46 was.
Wat kon hy wys vir daardie vier dekades en 'n bietjie? Drie vroue,
van wie Helena miskien die groot liefde was, en die drie boeke wat in
sy leeftyd gepubliseer is (die eerste toe hy 42 was), en natuurlik die
nalatenskap van die romans en karakters soos oom Schalk Lourens.

Maar die man was dalk groter as sy werk, of is ten minste
ononderskeibaar daarvan. "A poet is no small thing," het hy
geskryf, maar bygevoeg: "Before embarking on what sounds like the
start of a fanfare, I should like to point out that a poet is also a
fool."

Dis 'n boek vir aficionado's en belangstellendes, maar ook
kunsdissipels, wannabe's en has-beens kan maar kennis neem van
hierdie leesbare lewensbeskrywing.

Nadat Mafeking Road verskyn het, het die Sunday Times-resensent haar
soos volg uitgelaat oor die boek en Bosman: " ... after reading a few
of the stories in bed that night, I felt a strange elation. Here, I
realised, was no amateur author but a writer of genius."

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    228  229  230  231  232  233  234  235  236  237  238  239  240  241  242  243    »]
Tyd nou: Do. Mei 14 18:23:45 UTC 2026