Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Lorette?

So., 13 Julie 2003 18:11

> DD, moenie my naam verander nie, ek is nie'n Lorrette nie (tensy jy
> natuurlik van iemand anders praat). My identiteit is set in stone (om
> my nek...:-)

> Lorinda - sonder die ette!



On Sun, 13 Jul 2003 09:12:10 -0400, Katryn

> Speedy: As jy dit ooit weer sê, vertel ek vir Lorrette hoe jy, op die
>
> Danielle: Maar wie is hierdie Lorette dan nou, DD? Hoeveel girls HET
> jy in jou harem? :-)))
>


Ek sien dit ook nou! Dit kon nie my fout gewees het nie.
Iemand was nice genoeg om 'n briefbom af te lewer
en toe formateer ek my hardeskyf, om daarvan
ontlae te raak. Dit moes 'n microsoft error
gewees het wat ingesluip het tydens
daardie proses. Alles kan
nie altyd my skuld wees
nie.


du plessis
alweer kop omlaag en met daardie regter groottoon boren in die sand!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Oor manne en muise..:-)

So., 13 Julie 2003 18:04

On Sun, 13 Jul 2003 09:06:40 -0400, Katryn wrote:
>
> LOL!! Schmuck!!
> NEEEEeeeeeeeeeeeee, ek onthou dit gladnie, maar die mind boggels!!
> :-))))
>
> Danielle - die vreeslike
> :-)))

En ek dink dat ek een moerske groot fout gemaak het.
Ek het uit herinnering gepraat, en as ek verkeerd is,
kan ek nie onthou van wie ek gepraat het nie.
Ek dink ek moet miskien vir Tobie vra wie
dit was. Onthou jy toe Gloudina so hard
probeer het om uit te vind van waar jy
pos? En jy vertel het van jou kat?

Speedy

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog voorwinterlike reens

So., 13 Julie 2003 15:25

Ek sien my pos verskyn so stuk stuk, so ek sal maar 'n bietjie wag om
te sien of die ander ook aankom voor ek dit alles oorskryf:-)

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Voorwinterlike reens

So., 13 Julie 2003 15:00

Katryn wrote:

>
> Speedy, jy moet meer vriende gaan soek vir hierdie NG. Ons is bietjie
> min op die oomblik? En nou is Rico en Andries *EN* Lorinda ook sommer
> tjoepstil.
>
> Ek het gebad julle ouens - RERIG!!
> :-))
>

Ek was hier, en het op heelwat van jou pos geantwoord Katryn, en nie
een van hulle het op die nuusgroep verskyn nie. Sug. Nou wil ek maar
kyk of hierdie een daar uitkom.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Lo(n)rinda(on)

Vr., 11 Julie 2003 11:36

Ek wonner maar net, of jy naby London bly en of jy hierdie naweek nog die
Ukasie gaan besoek??

Ek is nie daar nie, my agenda het dit nie toegelaat nie, ek is baie jammer
daaroor.

GrRico

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

koffie

Do., 10 Julie 2003 22:16

Oukai, ek sal dit meedeel.

Daar is baie manier vir koffie te sit.

hoofdlyne!!

!, jy moet koffie neem
2, water
3, maak die water heet
4, doen koffie in 'n koffiefilterzakje
5, giet water op en laat dit sak
6, 1 lepel koffie vir 2 koppies, 'n groot lepel

Jy kan dit ook almal in jou koffiemasjien neuk en dan gaan dit vanself.

Maar nuut is, Senseo koffie, mmmmmmmmmmmmm

die apparaat is van Philips, is Nederlands, maar made in 'n arm land, deur
kinders, en Douwe Egberts, die beste koffie in Nederland.

en nooi julle almal, vir my koffie met skuim en as jy wil gekookte melk.
En ook Nederlands, jy gee net 1 koekie by!!

http://www.senseo.com/frames.html

Rico

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Reën in die voorwinter

Do., 10 Julie 2003 19:35

Reën in die voorwinter

Vier mure teen die Suidewind -
my swartoogvrou, my blondhaarkind.

Kareehoutstompe in die vuur,
ketel en kaggel brons geskuur.

My bont koei lê op koringstrooi,
my swart haan roep die dagbreek rooi.

Soet deur die lang nag sing die reën;
moflammers sal ek vroeg-Mei speen.

Die wendam stoot sy uitloop oor -
blink breek my ploeg die middelvoor ...

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Re: Hallo almal :-)

Do., 10 Julie 2003 17:42

On Thu, 10 Jul 2003 09:57:06 -0400, Katryn wrote:
> My diensverskaffer het toe die daad gedoen, en hier is ek!! :-)
> Gesels later. Moet nou eers gou hardloop en aan die gang kom met die
> dag. Dankie vir die uitnodiging, Speedy!
>
> Streepmuis
> :-)

Streepmuis...! Laat Veldmuis die eeerste wees om jou welkom te heet.
Dit is lekker om jou hier te hê: En jou diensverskaffer (baie mooi
Atteense woord - in Afrikaans is dit 'n Service Provider:-))) verdien
'n kompliment.

Veldmuis

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

die skim.

Do., 10 Julie 2003 08:46

Hallo julle! Het ek iets gemis?? :-)))
--
Powered By Mandrake Linux 9.0

Koeitjies & kalfies | 34 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1712  1713  1714  1715  1716  1717  1718  1719  1720  1721  1722  1723  1724  1725  1726  1727    »]
Tyd nou: Vr. Jun. 05 18:13:19 UTC 2026