> Ek het tuis 'n goeie artikel oor hoe 'n vrou kompetisie by die
> werk ervaar. As iemand belangstel kan ek die presiese gegewens plaas.
> Dit stel dat vrouens graag almal in die werk plek as gelyk wil sien.
> Daarom sal sy nie graag meriete voordeel aanvaar wat aan haar
> toegeken word. Of andersins bitter omgekrap word as iemand anders dit
> kry. Dit is merkwaardig dat die groot beweging vir gelykheid in die
> politiek saam val met die vrou se toetrede tot die politiek. Is dit
> dalk so dat dit juis vir die vrou moeilik is om die andersheid in die
> rol van die man en die vrou te aanvaar?
Een van die dinge wat Kendall noem, is die verskillende patrone waarop
manlik-oorheersde organisasies en vroulik-oorheersde sosiale strukture
ontwikkel. Manlike organisasies toon gewoonlik 'n sterk hiërargiese
struktuur, terwyl vroulike organisasies 'n platter, netwerk-tipe
struktuur het. Selfs die feministiese organisasies was geneig om op
klein, ondersteuningsgroepstrukture gebaseer te wees met geen bepaalde
leiersfiguur nie, en het nie die hiërargiese strukture van manlike
organisasies ontwikkel nie.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Ek is 'n verdwaalde boeremeisie wat baie lank laas in Afikaans geskryf
het. Ek is agt jaar gelede vir 'n jaar Europa toe, en 'n verkeerede
draai gevat het en op die ou einde in Amerika beland het, na 'n jaar en
'n half in die Ooste. Die rondlopery van my maak my familie mal, maar
hulle is maar net te bly om van my te hoor.
Die rede hoekom ek skryf is om te smeek vir hulp. Ek draf klass by die
enigste univesiteit in Amerika wat Afikaans offer. Dit is wonderlik om
Afikaans te praat met Suid-Afikaaners, en Amerikaaners wat vir 'n paar
jaar in Suid-Afrika gebly het. Daar is 35 studente van Suid Afrika hier
en ons is redelik georganiseer. Ons het 'n familie wat boerewors,
biltong en droewors maak. Ons maak land en sand melktert, en daar is 'n
winkel wat Vegemite en Horlicks invoer van Australie af. BYU het een van
die beste rugby spanne in Amerika en dit is heerlik om bietjie te gaan
kyk hoe die manne speel. (Ek hoe baie van Amerikaanse Voetball nou
dat ek dit verstaan maar ek dink hulle is te veel beskermed in
vergelyking met rugby).
Om weer terug te kom oor hoekom ek skryf. Ek neem nou 'n Afikaanse klass
waarin ons 'n 8 blaadsy papier moet skryf oor een of ander opsig van
Afikaanse kultuur. Ek is al so lank laas uit Suid-Afirka weg dat ek het
nie 'n baie goeie idea oor wat alles aan gaan nie. Ek sal EENIGE opinies
waardeer.
Jul kan anwoorde hier pos, of my kontak by de...@cougarnet.byu.edu.
Baie dankie vir die moeite.
>>
>> Ons kan ons ook gerus afvra of die aftakeling van ons gesinslewe en
>> waardestelsels, wat jy so goed uitgebeeld het, nie ook sterk verband
>> hou met die Nasionaliste se staatsideologie nie. Kyk hoe het die
>> trekarbeiderstelsel en Bantoe-Onderwys swartmense se gesinslewe en
>> morele standaarde afgetakel - hulle reg tot vrye assosiasie, en die
>> private diskriminasie wat dit behels, is ernstig aangetas.
>> Afrikaners is ook onderwerp aan die "volksideologie" wat ons
>> vertroue van gesin na staat/volk verplaas het. Individuele
>> verantwoordelikheid teenoor die oues en kinders in die gesin is
>> stelselmatig afgebreek - die staat sal mos vir hulle sorg.
>
> Ek dink jy behoort kennis te neem dat "die Nasionaliste" hoofsaaklik
> deur "die Afrikaner" aan bewind gebring en gehou is. Dit sou dus
> redelik wees om te aanvaar dat "die Afrikaner" hom die
> "volksideologie" laat welgeval het. Soos jy ook aantoon is die
> betrokke verskuiwing van verantwoordelikheid vanaf die gesin na die
> staat nie tot die Afrikaner beperk nie. Dit was 'n redelik algemene
> verskynsel in die gei"ndustrialiseerde gemeenskappe.
>
>
>>
>> Sal private diskriminasie beteken dat mense keuses uitoefen waarmee
>> ek nie saamstem nie? Natuurlik. Maar as ek my vryheid wil he, moet
>> ek dit aan andere gun. Die feit dat mense dwase keuses maak, of dat
>> daar armes en rykes is, dien, soos Hayek ook al gese het, 'n
>> belangrike sosiale funksie. Dit verskaf voorbeelde van wat ons nie
>> moet doen nie, of wat ons wel moet doen, en so maak die samelewing
>> vordering. Die tragiese lot van ons oues van dae en kleuters moet
>> as aansporing dien om ons waardestelsels in hero"enskou te neem.
>
> AMEN!
>
>> Enige poging deur die staat om dit namens ons te doen, sal sekerlik
>> nie sake verbeter nie. Dit ontneem ons maar net weer ons
>> verantwoordelikhede
>
> Om nou na die ander kant oor te hel, sal jy dalk Francis Kendall se
> "The SeXY Factor" geniet. Sy som die nuutste navorsingsresultate op,
> wat wys wat ons maar altyd vermoed het :-). Die twee geslagte is so
> radikaal anders, dat hulle maar liewers as twee verskillende subspesies
> geklassifiseer moet word - 'n uiters polities onkorrekte
> gevolgtrekking. Om maar 'n enkele voorbeeld te gebruik - daar is
> ongeveer 15 manlike hotpote vir elke vroulike (ek is nou nie seker van
> die presiese syfers nie), en talle ander aanduidings dat die manlike en
> vroulike geslag die twee hemisfere van die brein verskillend benut.
> Dit het ook 'n effek op die verstandelike vermoeëns van die
> geslagte. En voordat ek deur feministe aangeval word - dit bepaal nie
> dat vrouens dom, en mans slim is nie (eerder andersom, volgens my
> ervaring :-)). Dit bepaal slegs dat hulle 'anders' is.
Ek het tuis 'n goeie artikel oor hoe 'n vrou kompetisie by die
werk ervaar. As iemand belangstel kan ek die presiese gegewens plaas.
Dit stel dat vrouens graag almal in die werk plek as gelyk wil sien.
Daarom sal sy nie graag meriete voordeel aanvaar wat aan haar
toegeken word. Of andersins bitter omgekrap word as iemand anders dit
kry. Dit is merkwaardig dat die groot beweging vir gelykheid in die
politiek saam val met die vrou se toetrede tot die politiek. Is dit
dalk so dat dit juis vir die vrou moeilik is om die andersheid in die
rol van die man en die vrou te aanvaar?
- die eerste gedeelte van die Afrikaanse volkslied
- Christelik-Wetenskaplikes literatuur in Afrikaans
- Een blanke uit Zoeloeland (met dank aan Marco van het Hoog)
- die alternatiewe Afrikaanse woordeboek
> Ek deel jou besorgdheid. Ek sal net graag (wanneer ek kans kry :-) 'n
> bietjie die Sweedse grondwet met ons s'n vergelyk. Ek dink daar is
> nog veel wat ons kan doen om te kyk watter beskerming ons uit ons
> grondwet kan haal (onthou, dis gebaseer op die Kanadese - nie die
> Sweedse nie). 'n Voorbeeld:
Dit slaan my nog steeds dronk dat Kanada - 'n land wat gedurige
grondwetlike konflik ondervind - as model gebruik was. Daar was immers
veel beter modelle.
[knip]
>> Die arme Sweedse gesinne wat onder die staat se welsynspolisie
>> deurgeloop het, moes hulle na die Europese Hof vir Menseregte in Den
>> Haag wend, en dit nadat hul gesinslewens deur die staat verwoes was.
>
> Ek sal nog steeds graag 'n verwysing hierna in die hande kry - het
> die Readers Digest vir die afgelope vier jaar vergeefs deurgesoek. So
> 'n verwysing, in 'n vroee" stadium aangehaal, kan ons help om
> dieselfde situasie te voorkom. Jy kan egter gerus na die Amerikaanse
> literatuur kyk - dis daar ewe erg. In 'n onlangse hofsaak
> (Massachusetts, dink ek) is getuienis gelewer dat iets soos 60% van
> die gevalle waar kinders uit hul huise verwyder is onregmatig was.
Ek sal kyk of ek die oorspronklike artikel kan opspoor. Laas het ek
dit nog - van alle plekke - in my tandarts se spreekkamer gelees :-(
Ek is amper oortuig dit was 'n September uitgawe, maar ek kan nie die
jaar onthou nie. Dit kan selfs so ver terug as 1989 wees. Die artikel
se titel was "The country that tried to buy happiness". National
Geographic het ook 'n paar jaar gelede 'n artikel oor Swede gehad.
[knip]
>> Sal
>> die Suid-Afrikaanse regering hom aan die hof se uitsprake steur?
>
> Menseregte is 'n kwesbare punt vir die regering - hy het hom
> internasionaal groot daaroor uitgelaat, en dit die "hoeksteen van sy
> buitelandse beleid" gemaak.
Onthou, die Sweedse regering het ook hoog opgegaan oor hoe hy 'n
internasionale speler is rakende besorgdheid oor menseregte.
Dit is immers ook die land van Wallenberg, die Nobelpryse, ens., ens.
*Hulle* sal nie menseregte skend nie. Gmmmf!
>> Ondervinding het gewys dat ons nie te optimisties hieroor moet wees
>> nie.
>
> Watter ondervinding?
As ek reg onthou, het die vorige regering hom nie juis veel aan
internasionale hofuitsprake gesteur nie.
[knip]
>> Hmmm - 'n soort 'reductio ad absurdum'. Miskien het jy gelyk - as
>> ons voldoende onderdruk word, sal ons in opstand kom. Nie juis 'n
>> goeie resep vir regverdige regering nie - eerder 'n resep vir
>> revolusie. :-)
>
> Nee verset is nie noodwendig gewapend of revolusione^r nie. Verset
> deur ongehoorsaamheid aan onregmatige wetgewing, en deur uitdagings
> aan die regering in die howe kan geweldig vrugbaar wees om die
> ontwikkeling van die regstaat en die "common South African culture"
> te bevorder. En dis lekker maklik om internasionale simpatie op te
> wek vir onderdrukte menseregte :-)))
Ek stem saam - ek het doelbewus oordryf :-) Lees gerus Jill
Wentzel se "The Liberal Slideaway" rakende die wyse waarop die
geleidelike benadering tot die aftakeling van apartheid deur die
bevrydingsbewegings en die intellektueles by sommige universiteite in
die jare tagtig afgewys is, en die tragiese gevolge vir ons land,
waarmee ons nou nog moet saamleef.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Dis Padang hier. Waar die hibiskus ophou,
daar word die veld 'n wilde wereld, vol
met fyn-geblaarde bossies, vyf duim hoog,
die hele helling van die berge op
tot boontoe. Snaakse bossies, hierdie, snaaks --
want as jy net 'n blaartjie aanraak, tril’t
die hele helling van die berge op,
en elke blaartjie vou hom toe en slaap,
om na 'n rukkie wakker weer te word
en weerom toe te gaan as jy hom raak.
Ek wonder, is dit net so met die land
en met sy mense? Moet jy vrinde maak
versigtig en geduldig -- nie te stoor
die fyngevoeligheid van elke vent
voordat jy hom kan hand gee as 'n vrind?
Dis Padang hier, en kruidjie-roer-my-nie
die hele helling van die berge op.
I am wondering if anyone knows of any internet search
engines, either active or under development, which are
Afrikaans language-specific.
I am researching non-English speaking versions of
Lycos, Yahoo and similar search engines/directories
which allow the submission of URL's (world wide web
addresses).
If you know of search engines in other non-English
speaking languages besides Afrikaans, I'd greatly
appreciate information on these as well.
Please respond directly via email, and to the newsgroup
if you feel it's worthy of discussion.
> Daar is ouens wat hoog opgee oor die gevare van die "world government"
> - dan word die VN en new age en wat ookal bygesleep. Persoonlik is ek
> besonder dankbaar vir die internasionalistiese dimensie in die Grondwet
> - wat vereis dat die hof rekening hou met die internasionale
> instrumente van menseregte, en ook aan regspraak in ander lander oor
> menseregte. Daar is natuurlik ook die grondwetlike beginsel wat bepaal
> dat enige reg wat universeel erken word, ook in die SA Grondwet erken
> sal word.
>
> My indruk is dat die internasionale instrumente van menseregte - en die
> internasionale regspraak - heelwat meer konserwatief is as bepalings
> soos die waarna jy hierbo verwys - en die neiging is op die oomblik
> _meer_ konservatief. Dit neig in die rigting van minderheidsregte, die
> gesin as draer van regte, ens. Tot dusver is die "African Charter"
> (waaraan ons gebonde is, as lede van die OAU) byvoorbeeld die enigste
> instrument wat die gesin identifiseer as 'n draer van regte - maar die
> Oosterse en Afrika-lande maak geluide dat hulle die afwesigheid daarvan
> sien as 'n leemte in die "westerse" dokumente van die VN.
Hmmm - ek het maar my bedenkinge oor die internasionale invloed, maar
ek sal toegee dat dit nog 'n bietjie vroeg is om nou al uitspraak
hieroor te lewer. Die VN se Verklaring van Universele Menseregte bevat
ook heelwat "sloppy thinking", om Hayek se woorde te gebruik - sien sy
kritiek daarop in "The Mirage of Social Justice". Of dit werklik enige
vooruitgang vir die mensdom beteken sal die geskiedenis nog moet leer.
> Ek vermoed dat hierdie tendens, saam met die neiging in ons grondwet
> tot nie-diskriminasie sal neig om die "volksbewegings" waarvoor ons so
> lief is te verswak ten gunste van die versterking van die gesin en die
> uitgebreide gesin. Enersyds is dit in lyn met die post-moderne sosiale
> ontwikkelinge. Andersyds kan dit, op die lang duur, net 'n positiewe
> uitwerking he^ op die Afrikaanse volks "huishouding". Ons het gans te
> lief geraak daarvoor om die basiese funksies van die gesin en die
> familie op die "volk" af te skuif.
[knip gedeelte oor ouetehuise en kleuterskole]
> Daar is 'n Afrika-gesegde dat elke oumens wat doodgaan 'n biblioteek
> is wat afbrand. As 'n verbod op "private diskriminasie" veroorsaak
> dat hierdie verskynsels verdwyn of verminder sal ek juig! Ek hoop net
> dit gebeur voordat die kultuuroordrag 'n permanente knak gekry het -
> as dit nie reeds gebeur het nie.
Ek deel jou gevoelens oor die ouetehuise en kleuterskole, maar ek kan
nie insien hoe 'n verbod op private diskriminasie juis sake verbeter
nie. Ek sien eerder groot geleendheid vir die misbruik van mag deur
die staat. Kom ons kyk byvoorbeeld na Swede. Die hoofideoloë van
die Sosiale Demokrate, Gunnar en Sofie Myrdal, het verklaar dat vroue
wat nie werk nie, bloot "lui of dom" is. Daar is dus geweldige druk
deur die staat op vroue toegepas om uit te gaan om te werk (mans en
vroue was volgens die staatsideologie "gelyk", en moes die "huisvrou"
of "huismoeder" gedagte dus afgetakel word), en hul kinders in
staatsbeheerde kindersorgsentrums te plaas, waar hulle "goeie sosiale
gewoontes" geleer is. Die ouers se reg tot vrye keuse (m.a.w. private
diskriminasie) is deur die staat afgetakel, alles in die naam van
grootse ideale.
Die Amerikaanse staat se pogings om, sedert die instelling van die
Burgerregtewet in die sestigerjare, private diskriminasie te verbied,
word deur talle skrywers, o.a. Thomas Sowell en Walter Williams,
verantwoordelik gehou vir die agteruitgang van die swart en Indiaanse
gemeenskappe in daardie land.
Deur in private diskriminasie in te meng, kry die staat die reg om
mense se motiewe te bevraagteken, en die reg om morele waardes voor te
skryf. Myns insiens word morele waardes beter deur ouers en sosiale
instellings soos kerke bevorder, nie die staat nie. Die probleme van
ouetehuise en kleutertuine sal waarskynlik eerder vererger word as die
staat moet begin bepaal hoe ons ons oues van dae en klein kinders moet
versorg.
Ons kan ons ook gerus afvra of die aftakeling van ons gesinslewe en
waardestelsels, wat jy so goed uitgebeeld het, nie ook sterk verband
hou met die Nasionaliste se staatsideologie nie. Kyk hoe het die
trekarbeiderstelsel en Bantoe-Onderwys swartmense se gesinslewe en
morele standaarde afgetakel - hulle reg tot vrye assosiasie, en die
private diskriminasie wat dit behels, is ernstig aangetas. Afrikaners
is ook onderwerp aan die "volksideologie" wat ons vertroue van gesin na
staat/volk verplaas het. Individuele verantwoordelikheid teenoor die
oues en kinders in die gesin is stelselmatig afgebreek - die staat sal
mos vir hulle sorg.
Sal private diskriminasie beteken dat mense keuses uitoefen waarmee ek
nie saamstem nie? Natuurlik. Maar as ek my vryheid wil hê, moet ek
dit aan andere gun. Die feit dat mense dwase keuses maak, of dat daar
armes en rykes is, dien, soos Hayek ook al gesê het, 'n belangrike
sosiale funksie. Dit verskaf voorbeelde van wat ons nie moet doen nie,
of wat ons wel moet doen, en so maak die samelewing vordering. Die
tragiese lot van ons oues van dae en kleuters moet as aansporing dien
om ons waardestelsels in hero"ënskou te neem. Enige poging deur die
staat om dit namens ons te doen, sal sekerlik nie sake verbeter nie.
Dit ontneem ons maar net weer ons verantwoordelikhede.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven