>> Ek deel jou gevoelens oor die ouetehuise en kleuterskole, maar ek
>> kan nie insien hoe 'n verbod op private diskriminasie juis sake
>> verbeter nie.
>
> Wel, as Isak Viljee nie 'n "afrikaanse ouetehuis" kan kry om in te
> gaan woon nie, sal hy dit miskien oorweeg om 'n "granny flat" by die
> kinders in te rig.
Miskien - totdat die staat besluit dat dit ook nie aanvaarbaar is nie.
Vergesog? Ek glo nie. Kyk wat kan in 'n "beskaafde, demokratiese"
land soos Swede gebeur.
>> Ek sien eerder groot geleendheid vir die misbruik van
>> mag deur die staat. Kom ons kyk byvoorbeeld na Swede. Die
>> hoofideoloe van die Sosiale Demokrate, Gunnar en Sofie Myrdal, het
>> verklaar dat vroue wat nie werk nie, bloot "lui of dom" is.
>
> Wel, vroue wat nie werk nie is, net soos mans wat nie werk nie,
> inderdaad lui. Vroue wat as tuisteskeppers werk en toelaat dat mense
> van hulle praat as "vroue wat nie werk nie" is inderdaad dom.
Touché - ek het dit swak gestel - maar ek dink jy weet wat ek bedoel
:-)
>> Daar is
>> dus geweldige druk deur die staat op vroue toegepas om uit te gaan
>> om te werk (mans en vroue was volgens die staatsideologie "gelyk",
>> en moes die "huisvrou" of "huismoeder" gedagte dus afgetakel word),
>
> Dit loop maar by ons ook sterk - dis waarna Penny Enslin verwys as
> sy praat van "families that instill highly differentiated gender
> roles". 'n Knap boekie oor die onderwerp gaan onder die titel "what
> is a smart woman like you doing at home". Die boek kom uit die VSA,
> maar die titel bevestig dat dieselfde vooroordele wat in Swede
> voorkom, daar ook bestaan.
Om nou na die ander kant oor te hel, sal jy dalk Francis Kendall se
"The SeXY Factor" geniet. Sy som die nuutste navorsingsresultate op,
wat wys wat ons maar altyd vermoed het :-). Die twee geslagte is so
radikaal anders, dat hulle maar liewers as twee verskillende subspesies
geklassifiseer moet word - 'n uiters polities onkorrekte
gevolgtrekking. Om maar 'n enkele voorbeeld te gebruik - daar is
ongeveer 15 manlike hotpote vir elke vroulike (ek is nou nie seker van
die presiese syfers nie), en talle ander aanduidings dat die manlike en
vroulike geslag die twee hemisfere van die brein verskillend benut.
Dit het ook 'n effek op die verstandelike vermoëns van die
geslagte. En voordat ek deur feministe aangeval word - dit bepaal nie
dat vrouens dom, en mans slim is nie (eerder andersom, volgens my
ervaring :-)). Dit bepaal slegs dat hulle 'anders' is.
>> en hul kinders in staatsbeheerde kindersorgsentrums te plaas, waar
>> hulle "goeie sosiale gewoontes" geleer is. Die ouers se reg tot
>> vrye keuse (m.a.w. private diskriminasie) is deur die staat
>> afgetakel, alles in die naam van grootse ideale.
>
> Ek dink jy sal sukkel om 'n hof te kry om die term "private
> diskriminasie" so wyd te lees dat 'n vrou (of man) nie die keuse mag
> uitoefen om te verkies om tuis te bly en die huishouding en gesin te
> versorg nie.
Die arme Sweedse gesinne wat onder die staat se welsynspolisie
deurgeloop het, moes hulle na die Europese Hof vir Menseregte in Den
Haag wend, en dit nadat hul gesinslewens deur die staat verwoes was.
Sal ons dit ook moet doen? Hoeveel mense sal dit kan bekostig? Sal
die Suid-Afrikaanse regering hom aan die hof se uitsprake steur?
Ondervinding het gewys dat ons nie te optimisties hieroor moet wees
nie.
>> Die Amerikaanse staat se pogings om, sedert die instelling van die
>> Burgerregtewet in die sestigerjare, private diskriminasie te
>> verbied, word deur talle skrywers, o.a. Thomas Sowell en Walter
>> Williams, verantwoordelik gehou vir die agteruitgang van die swart
>> en Indiaanse gemeenskappe in daardie land.
>>
>> Deur in private diskriminasie in te meng, kry die staat die reg om
>> mense se motiewe te bevraagteken, en die reg om morele waardes voor
>> te skryf.
>
> Ek stem saam - regerings wil dit graag doen, en dit is ysingwekkend.
> Die enigste beskerming hierteen is om die staat te beperk tot die
> voorskryf van gedrag.
Myns insiens moet die staat beperk word tot die handhawing van die
gemenereg. Maar nou ja, ek gee toe dis miskien ietwat idealisties :-)
>> Myns insiens word morele waardes beter deur ouers en
>> sosiale instellings soos kerke bevorder, nie die staat nie.
>
> Dis net net 'n kwessie van graad nie. Die staat het daar niks mee te
> doen nie.
Selfs beter gestel.
>> Die
>> probleme van ouetehuise en kleutertuine sal waarskynlik eerder
>> vererger word as die staat moet begin bepaal hoe ons ons oues van
>> dae en klein kinders moet versorg.
>
> Dit was ook nie my voorstel nie - my argument is bloot dat so 'n
> situasie vir die meeste mense so onaanvaarbaar sal wees, dat hulle
> sal verkies om self die versorging te doen - en daaroor is ek bly.
Sien my kommentaar hieronder.
[knip]
> Ek dink jy behoort kennis te neem dat "die Nasionaliste" hoofsaaklik
> deur "die Afrikaner" aan bewind gebring en gehou is. Dit sou dus
> redelik wees om te aanvaar dat "die Afrikaner" hom die
> "volksideologie" laat welgeval het. Soos jy ook aantoon is die
> betrokke verskuiwing van verantwoordelikheid vanaf die gesin na die
> staat nie tot die Afrikaner beperk nie. Dit was 'n redelik algemene
> verskynsel in die gei"ndustrialiseerde gemeenskappe.
Dis 'n verskynsel wat veral in die 20ste eeu, saam met groot,
gesentraliseerde regerings, ontstaan het. Dis interessant dat, in
post-industriële samelewings waar daar weer klem op desentralisasie
is, die teenoorgestelde tendens nou te bespeur is. Mense neem nou weer
verantwoordelikheid vir hul gemeenskappe - sien Kendall se "The Heart
of the Nation", en ander werke wat sy daarin aanhaal. Die
"volksideologie" is veral ook te vinde by enige nasie (of eerder, die
nasie se intellektueles) wat hom tot 'n grootse taak geroepe voel -
Imperiale Brittanje, Nazi Duitsland, Kommunistiese Rusland en Sjina,
ens. Hieroor het W. A. de Klerk baie interessante dinge geskryf. Sien
ook Hayek se "The Road to Serfdom".
>> Enige poging deur die staat om dit namens ons te doen, sal sekerlik
>> nie sake verbeter nie. Dit ontneem ons maar net weer ons
>> verantwoordelikhede
>
> My argument is dat, hierdie keer, pogings deur die staat om dit te
> doen waarskynlik wel sake sal verbeter. Ek dink mense sal hulle
> daarteen verset. Hulle sal daardeur wel gedwing word om ons
> waarstelsel te heroorweeg.
Hmmm - 'n soort 'reductio ad absurdum'. Miskien het jy gelyk - as ons
voldoende onderdruk word, sal ons in opstand kom. Nie juis 'n goeie
resep vir regverdige regering nie - eerder 'n resep vir revolusie. :-)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Hierdie boodskap het op ons universiteit se netwerk verskyn. Miskien
is daar poslyslede by universiteite of technikons wat 'n bydrae wil
lewer. Stuur asseblief bydraes direk aan Anthea Johnson
(john...@pro.und.ac.za), en nie aan my nie.
------------------------------------------------------------ -------
> NOTICE TO GO OUT ON ALL LANS, DURBAN, PMB, MEDICAL SCHOOL
>
> 12 February 1996
>
>
> MAIL & GUARDIAN SUPPLEMENT ON RESEARCH
>
> Philippa Garson, Education Editor of the Mail & Guardian, is compiling a
> supplement on Research, which will appear around 7 March. She is
> looking for unusual, exciting, off-beat research, or relevant research.
>
> If you have a research project which would fit in or can offer information
> or views on the issues listed below, can you e-mail
> (john...@pro.und.ac.za) or fax (ext. 3265) to me before 20 February,
> so that I can collate material for her.
>
> Some of the issues she hopes to tackle are :
>
> # Is pure research justified in our country, given the educational
> backlog?
> # How does our research fare in terms of international standards?
> # Are there controversies around funding for research purposes?
> # Is research the domain of the historically privileged formerly white
> universities or are the historically black universities and technikons
> beginning to carve a niche for themselves in this regard?
> # What research is being done that will improve the lives of South
> Africans?
> # What research is being done that could catapult our universities into
> the international spotlight?
> # What seemingly bizarre, even funny, research is being conducted?
> # Are research assistants performing a thankless task in doing all the
> work while the academics in charge get all the accolades?
>
> If you could keep responses brief and give me a contact name and
> number I would be very grateful.
>
> Thank you for your help.
>
> ANTHEA JOHNSTON
> Communication & Publicity
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Wanneer ons in hierdie nuusgroep met mekaar praat,
argumenteer, mekaar beinvloed, dan beweeg ons in
die Noosfeer.
Dan is daar ook die Biosfeer : vol plante en insekte,
voels en klein en groot diere. Laasgenoemde sluit in ons,
homo sapiens, dierbare goed wat op hul agterpote loop
(behalwe as hulle baie klein is) en wat soms so tragi-komies
hulle gebiedsruimtes wil probeer merk en beskerm.
En dan is daar die Atmosfeer : waar weerstelsels regeer
en waar daar soms geliefde en soms vreesinboesemende
winde waai. Kom ons maak 'n katalogus van sulke winde.
DIE WESTEWIND VAN DIE NOORDKAAP
So tussen nege en elf uur op meeste somersaande begin
'n koel wind uit die weste waai oor die noordelike dele van
Kaapland. Dit waai van die koue Atlantiese Oseaan na die
warmer landsgebied. Dit waai diep in die binneland in, tot
daar waar ek grootgeword het op die eilande in die Oranje-
rivier, ver meer as 500 kilometers van die see af.
Omdat dit so warm is, slaap meeste mense daar buite onder
die sterre op spesiale beddens, hulle skoene veilig ingesteek
onder die matras sodat die skerpioene nie daarin kan klim nie.
Gewoonlik is dit te warm om jou toe te maak, maar as ons die
westewind hoor aankom, dan het ons geweet dit is tyd om op
te hou sterre kyk, ons toe te maak en te gaan slaap. (Nou, hier
in Kanada, waar elke deur en venster met muskietdraad beskerm
moet word, dink ek soms : hoekom het die muskiete ons nie
weggedra nie? En dan besluit ek : daar is baie minder insekte
in Suid-Afrika as in Kanada.)
Sommige aande het die westewind nie gekom nie. Dan kon
jy weet dat dit die volgende dag abnormaal warm sou wees en
dat donderwolke sou opbou uit die noorde en uiteindelik die
verskriklikste storms sou kom wat vir ure en ure op dieselfde
plek sou staan en donder en blits.
Maar dit het nie baie gebeur nie. Die gemiddelde reenval
van die Noordkaap is maar omtrent 30 centimeters, en al
daardie reen het gewoonlik op my pa se druiwe geval as hy
dit wou droog vir rosyntjies.
Net somtyds, in die winter, wanneer die winterreens
van die Boland verder noord gereik het as gewoonlik, het
ons 'n landsreen gekry wat twee of drie dae kon duur. Dan
het ons geweet dat die veld die volgende lente vol klein
veldblommetjies sou wees, dat die driedoring sou blom en
dat selfs die aalwyne en die bokkloutjies en ander vetplante
geiler as gewoonlik sou staan.
Gloudina
Robert Wagenaar wrote:
>
> Ek het enige dage terug 'n klein beriggie gelees in die koerant oor
> die universiteit van Wes-Kaapland. Hulle sê dat die universiteit
> gesloten is als gevolg van wanbetaling en onluste door studente?
>
> Wat is die hele verhaal? Ek denk dat dit 'n baie groot verlies is,
> as die enige (oorspronklik) nie-blanke Afrikaanssprekende universiteit
> gesloten sou word.
>
UWK - Afrikaans ? Die probleem is dat die meeste studente daar
regtig nie veel geld het nie. Hulle het tot een of ander vergelyk
gekom met die universiteitsowerheid.
> Nu zijn de scherpe kantje er dus wat van af, maar voor de generatie van=
> mijn ouders en grootouders was het heel wat ernstiger: het ging over je=
> job, je welvaart, je maatschappelijke status: geen spelletjes dus. Na
> jarenlange politieke strijd zijn veel van de Vlaamse eisen inzake respe= kt
> voor onze taal en kultuur echter ingewilligd en het is niet langer een
> schande of een maatschappelijk nadeel om Nederlandstalig te zijn
> (integendeel!).
> Daarbij ligt de algemene welvaart hier nu stukken hoger, en dan reagere= n de
> mensen sowieso al wat minder fanatiek. Als het in Belgie of in Vlaander= en
> ekonomisch heel slecht zou gaan zouden de gemoederen al sneller verhit
> kunnen geraken. Dan zou het terug om brood gaan in plaats van de spelen=
=2E
Dit was inderdaad ook hier die geval in die "stryd tussen Boer en
Brit", asook die "stryd tussen wit en swart". Die Angel-saksers het,
veral in die vroeër helfte van die eeu, ekonomies die botoon gevoer.
Afrikaners het veral in die politiek en staatsdiens in die tweede
helfte van die eeu die oorhand begin kry, alhoewel vooruitgang op
ekonomiese gebied ook stelselmatig gemaak is. Nou het swart
Suid-Afrikaners (en hier is daar ook klas- en etniese aksente wat nie
geringskat moet word nie) in die politiek en staatsdiens die hef in die
hand.
> Een andere faktor is dat men hier overgestapt is van unitaire,
> gemeenschappelijke staatsinstellingen en heeft gekozen voor het opsplit= sen
> van die instellingen naargelang de verschillende taal-groepen. Zo heb j= e
> minder konflikten omdat je niet langer de verschillende groepen laat
> vechten voor rechtmatige vertegenwoordiging in 1 en dezelfde instelling= =2E
> Als ik die geschiedenis van de SAUK zie, doet het me wel eens denken aa= n
> het Belgie van 20 jaar geleden: wij hadden toen ook nog veel
> staatsinstellingen die, zogezegd, tweetalig waren maar waar in de prakt= ijk
> 1 van de gemeenschappen een overwicht had verworven of probeerde te
> verwerven. Langzamerhand is men beginnen in te zien dat je die instelli= ngen
> moet splitsen naar taalgroep om zo de konflikten te verminderen. De
> staatstelevisie, de politieke partijen, de adminstratie, de universitei= ten
> enz. zijn nu allemaal opgesplitst in onafhankelijke Nederlandstalige e= n
> Franstalige delen. Dat heet dan pacifikatie: je minimaliseert de kansen= op
> 'kontakt' om de kansen op konflikt te verminderen.
> Het resultaat is wel een beetje duurder en bovendien groeien de twee
> bevolkingsgroepen erg snel uit elkaar, elk opgesloten in hun twee
> gescheiden 'werelden'.
Hierdie beskrywing pas ook die ervaring in Switserland, alhoewel hulle
daar nooit werklik deur 'n unitëre stadium gegaan het nie - altans
nie in dieselfde mate as baie ander lande nie. Die uitmekaar-
groeiproses is blykbaar daar ook nie so 'n ernstige probleem nie. Hier
het die redelikheid van outonomie vir verskeie landstreke nog nie tot
ons politici deurgedring nie. 'n Meesterplan vir die ganse Suid-Afrika
klink tog soveel aanlokliker. Gesonde verstand sal seker eers heelwat
later kom.
> Zou er in Zuid-Afrika geen Afrikaanse SAUK en een Engelse SAUK, als twe= e
> gescheiden entiteiten, kunnen opgericht worden zoals wij de RTBf (Radio=
> Television Belge Francophone) en BRTn (Belgische Radio en Televisie-
> Nederlands) hebben? Is dat geen beter idee dan te vechten voor de
> gelijkberechtiging van het Afrikaans op die 'SABC'?
Die situasie is meer ingewikkeld as gevolg van aansienlik meer tale,
waarvan elk aanspraak maak op 'n aandeel in die uitsaaiwese. Jy het
egter gelyk in die sin dat die probleem deels by die bestaan van 'n
sentrale staats- of openbare uitsaaier lê.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
> Die Suid-Afrikaanse demokrasie word amptelik gekwalifiseer as 'n
> "open democratic society, based on freedom and equality". Daar is
> heelwat mense wat "equality" verwar met "uniformity", maar ek dink
> nie die Grondwetlike Hof sal maklik daardie fout laat deurglip nie.
Laat my dink aan Lord Acton se stelling:
"One of the finest opportunities in history was lost because the
passion for equality made vain the hope for freedom".
Ek kan nie juis die konteks in herinnering roep nie - dit klink egter
uiters geskik vir die situasie in ons land. Hierdie strewe na
"equality" was altyd voorop in Fasciste en Sosialiste se dogma.
> 'n Argument wat ek gebruik is dat "freedom and equality" sekerlik ook
> beteken "equally free". M.a.w. die individu moet net so vry wees om
> 'n keuse te maak wat verskil van die keuse wat die meerderheid maak,
> as wat hy/sy vry is om dieselfde keuse te maak as die meerderheid -
> anders is daar ongelykheid in die vryhede wat die meerderheid geniet
> teenoor die vryhede wat individue geniet wat nie lede van die
> meerderheid is nie.
As jy die nuwe voorgestelde klousules in die grondwet sien, wat
*private* diskriminasie in die ban probeer doen, weet ek nie of die
grondwetlike hof veel hond haaraf gaan maak nie. Hoe die edelagbare
regters dit teen die reg tot vryheid van assosiasie gaan opweeg, moet
nog gesien word. Sal die individu vry wees om 'n "rassis" te wees (ons
veronderstel hier dat die hof klinkklare definisies van rassisme kan
gee)? Een van die grondwetlike regters, Albie Sachs, maak in sy boek
oor "menseregte" uitsprake wat myns insiens rassisties is. Sal sy boek
verbied word volgens die voorgestelde klousule wat "racist and hate
speech" verbied? Ek twyfel. Aangesien definisies van rassisme en
haatspraak uiters buigbaar is, kan ons verwag dat slegs die staat se
vyande gemuilband sal word, terwyl die staat rustig sal kan voortgaan
met sy eie amptelike, polities-korrekte rassisme. Regters wat te veel
moeilikheid maak, sal aanvanklik 'n probleem skep, maar kan ook
geleidelik vervang word met mense wat "korrekte" uitsprake lewer, soos
nou in die VSA se Hooggeregshof gebeur - Roosevelt het hierdie tradisie
begin deur regters aan te stel wat sy "New Deal" goedgesind was.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Daar is baie plekke wat ek graag weer wil sien, of wat ek gesien het en interesant
gevind het. Een plek is iewers in nou Mpumalanga (reg gespel?). As jy van Hoedspruit
oos ry tot iewers in die - soos my Oupa gese het : gramadoelas - kom jy op 'n klein
verlate en seker nou nog meer spook dorp af. Blykbaar was daar vroee"r
jare florerende diamant delwerye. Daar het ek afgekom op 'n - ek dink - Maroela boom
waarvan die stam se omtrek so groot is, dat daar 'n klein kroegie in was. Die
kroegie bestaan nie meer nie (hulle bedien nou net spook bier en spook asem), maar
die tekens is nog daar.
> Oor (1) is daar nie twyfel nie. Die blote eentalige naam van die
> "openbare" uitsaaier (Es Ei Bee Sie) se alles. Ek het hoeka vanaand ewe=
> pateties (Dins) 'n afspraak met die TV, want die program lees: "20:00
> News (in Afrikaans)" (nogal). Terloops: as hulle aan die Quebecers doen=
> wat nou aan die Afrikaner gedoen word, was daar sweerlik 'n rewolusie
> in Quebec. Hulle het volle outonomie; Frans verplig in skole; ens en
> nogtans voel hulle so verdruk dat hulle so te se stem vir afskeiding.
Ek lees nou koerante en tydskrifte wat 'n Vlaamse vriend gestuur het
(lees je mee, Willem?) en dit lyk asof die Vlaams-Waalse stryd daar ook
redelik fel kan wees, maar mens kry ook die gevoel dis 'n speletjie
vergeleke met wat hier gebeur. Miskien kan die Vlaamse intekenaars op
die lys meer hieroor uitwy.
> Oor (2): Myns insiens was daar 'n verbetering in die programme, veral o= p
> NNTV (SABC3). Ek het laaste paar aande na hoogs interessante
> programme oor Joegoe-Slawie, Jung, ens ens gekyk, al sy dit dan in
> Ingels. Herinner aan beste intellektuele TV wat 'n mens by die BBC kry= =2E
> (Die term "intellektuele TV" is natuurlik 'n contradictio in terminis i= n die
> VSA, ten minste op die netwerke; hulle PBS het darem pit.)
> =
> So, wees eerlik: is die SABC se programinhoud werklik so power?
Nee, die SABC3 - die bietjie waarna ek al gekyk het - het inderdaad 'n
aantal goeie programme - ek het ook die Jung-program geniet - oorle' ma
was 'n groot Jung bewonderaar (moet dit nog klaarkyk - dis op video
opgeneem). Die SABC1 en 2 se Engels is suiwer snert - Tot dusver het
ek slegs Amerikaanse sitcoms gesien, en maar gou die dêm ding
afgeskakel. Ek moet nog ontdek wanneer Afrikaans glad en geheel te
sien is.
Gelukkig verleer ek nou gou enige neiging om na TV te kyk, en verdiep
my maar in leesstof, goeie musiek en so af en toe, radio. Daar is 'n
goeie artikel in vandeesweek se 'Insig' oor televisie. Die artikel
haal 'n Amerikaanse kommunikasiekundige aan, wat al my voorbehoude
en vooroordele oor televisie (die nuwe westerse altaar?) bevestig.
Gelukkig het ek ook nou genoeg Vlaamse leesstof om my vir 'n week
of meer besig te hou! :-)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Ek sien nou die dag 'n verwysing na Fanie Olivier se _Die Mooiste
Afrikaanse Liefdesgedigte_. Is die bundel nog beskikbaar?
Een van die mooi gedigte is *Kamer* deur Ronnie Belcher:
Jy't saggies die gordyne diggetrek,
en toe jy omdraai en jou kleed afgly
het ek die hand begerig uitgestrek
na sagte ronding van jou bors en dy.
Teen myne was jou liggaam diep, jong grond
wat oorgee aan die ploeg se diep insteek
en tussen ruigsels hare was jou mond
'n pruim wat in die somer soet oopbreek.
Seisoene het die nag verbygegaan
van ek en jy en sterre wit gesaai,
en voordag het 'n vroeë hoenderhaan
êrens op 'n werf vergeefs gekraai.
Na my mening is dit een van ons mooiste erotiese-gedigte. Graag wil ek
weet van andere Afrikaanse ,,Walt Whitmans''.