Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Beskrywing van plekke - Gloudina se idee

Di., 13 Februarie 1996 00:00

Daar is baie plekke wat ek graag weer wil sien, of wat ek gesien het en interesant
gevind het. Een plek is iewers in nou Mpumalanga (reg gespel?). As jy van Hoedspruit
oos ry tot iewers in die - soos my Oupa gese het : gramadoelas - kom jy op 'n klein
verlate en seker nou nog meer spook dorp af. Blykbaar was daar vroee"r
jare florerende diamant delwerye. Daar het ek afgekom op 'n - ek dink - Maroela boom
waarvan die stam se omtrek so groot is, dat daar 'n klein kroegie in was. Die
kroegie bestaan nie meer nie (hulle bedien nou net spook bier en spook asem), maar
die tekens is nog daar.

Wie weet van nog sulke plekke ?

Groetnis
Martin ;-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

E-Posbom aan SAUK

Di., 13 Februarie 1996 00:00

Chris Claassen skryf:

> Oor (1) is daar nie twyfel nie. Die blote eentalige naam van die
> "openbare" uitsaaier (Es Ei Bee Sie) se alles. Ek het hoeka vanaand ewe=

> pateties (Dins) 'n afspraak met die TV, want die program lees: "20:00
> News (in Afrikaans)" (nogal). Terloops: as hulle aan die Quebecers doen=

> wat nou aan die Afrikaner gedoen word, was daar sweerlik 'n rewolusie
> in Quebec. Hulle het volle outonomie; Frans verplig in skole; ens en
> nogtans voel hulle so verdruk dat hulle so te se stem vir afskeiding.

Ek lees nou koerante en tydskrifte wat 'n Vlaamse vriend gestuur het
(lees je mee, Willem?) en dit lyk asof die Vlaams-Waalse stryd daar ook
redelik fel kan wees, maar mens kry ook die gevoel dis 'n speletjie
vergeleke met wat hier gebeur. Miskien kan die Vlaamse intekenaars op
die lys meer hieroor uitwy.

> Oor (2): Myns insiens was daar 'n verbetering in die programme, veral o= p
> NNTV (SABC3). Ek het laaste paar aande na hoogs interessante
> programme oor Joegoe-Slawie, Jung, ens ens gekyk, al sy dit dan in
> Ingels. Herinner aan beste intellektuele TV wat 'n mens by die BBC kry= =2E
> (Die term "intellektuele TV" is natuurlik 'n contradictio in terminis i= n die
> VSA, ten minste op die netwerke; hulle PBS het darem pit.)
> =

> So, wees eerlik: is die SABC se programinhoud werklik so power?

Nee, die SABC3 - die bietjie waarna ek al gekyk het - het inderdaad 'n
aantal goeie programme - ek het ook die Jung-program geniet - oorle' ma
was 'n groot Jung bewonderaar (moet dit nog klaarkyk - dis op video
opgeneem). Die SABC1 en 2 se Engels is suiwer snert - Tot dusver het
ek slegs Amerikaanse sitcoms gesien, en maar gou die dêm ding
afgeskakel. Ek moet nog ontdek wanneer Afrikaans glad en geheel te
sien is.

Gelukkig verleer ek nou gou enige neiging om na TV te kyk, en verdiep
my maar in leesstof, goeie musiek en so af en toe, radio. Daar is 'n
goeie artikel in vandeesweek se 'Insig' oor televisie. Die artikel
haal 'n Amerikaanse kommunikasiekundige aan, wat al my voorbehoude
en vooroordele oor televisie (die nuwe westerse altaar?) bevestig.

Gelukkig het ek ook nou genoeg Vlaamse leesstof om my vir 'n week
of meer besig te hou! :-)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

TV, flieks & vermaak | 4 kommentare

Valenteinsdag: Liefdesgedigte

Di., 13 Februarie 1996 00:00

Ek sien nou die dag 'n verwysing na Fanie Olivier se _Die Mooiste
Afrikaanse Liefdesgedigte_. Is die bundel nog beskikbaar?

Een van die mooi gedigte is *Kamer* deur Ronnie Belcher:

Jy't saggies die gordyne diggetrek,
en toe jy omdraai en jou kleed afgly
het ek die hand begerig uitgestrek
na sagte ronding van jou bors en dy.
Teen myne was jou liggaam diep, jong grond
wat oorgee aan die ploeg se diep insteek
en tussen ruigsels hare was jou mond
'n pruim wat in die somer soet oopbreek.
Seisoene het die nag verbygegaan
van ek en jy en sterre wit gesaai,
en voordag het 'n vroeë hoenderhaan
êrens op 'n werf vergeefs gekraai.

Na my mening is dit een van ons mooiste erotiese-gedigte. Graag wil ek
weet van andere Afrikaanse ,,Walt Whitmans''.

Colin Garvie
gar...@iafrica.com

Prosa & poësie | 0 kommentare

Visie van die Swartberge

Ma., 12 Februarie 1996 00:00

Vir 'n persoonlik visie van die Swartberge naby Oudtshoorn en foto's,
gaan na die web site http://www.icon.co.za/~ferdig

...en moontlik een van die eerste private publikasies in kuberruimte
van "iets" in Afrikaans?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Antwoord vir Koos oor sy mening van nuwe parlement skilderye en nog ander

Ma., 12 Februarie 1996 00:00

Jy skryf oor die martleing van Biko en dies meer. Die huidige regering is net so
skuldig aan dieselfde misdade as waarvan die ou regering nou so beskuldig word.
Hoeveel mense wat nie saamgestem het met hulle, is vermoor nie? Die ou regering het
sy "teestanders uitgewis", hy het nie die mense vir wie hy baklei het, uitgewis nie.
Dis hoekom ek gese het, ek kan van links en regs kritiek kry. Die huidige is net so
skuldig soos die vorige. Ook 'n baie goeie rede hoekom ek dink die sogenaamde
"waarheids komisie" is in werklikheid 'n klug. Die huidige wil probeer om homself
goed te laat lyk ten koste van die vorige. Dieselfde taktiek as die vorige ?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

[AFRIKAANS:6098] Vlaamse berig oor Boesak

Ma., 12 Februarie 1996 00:00

'n Vlaamse vriend het so pas vir my 'n spul Vlaamse koerante gestuur.
In die beeldstormende "'t Pallieterke", verskyn hierdie beriggie:

Dominee Boesak
--------------

Het Deense blad Jyllands Posten van 17 Januari (wat lezen wij niét?)
meldt dat het gerechtelijk onderzoek in de Ds. Boesak-affaire is
afgesloten.

De Zuidafrikaanse politie heeft het onderzoek beéindigd in verband
met de zwendel door Ds. Allan Boesak van bijstandsgelden geschonken
door de Noordse landen. Dit onderzoek startte naar aanleiding van een
klacht van het Deense Folkekirkens N=F8dhjaelp en andere Skandinavische
hulporganizaties.

Gebleken was dat het fonds voor Vrede en Rechtvaardigheid geleid door
Ds. Allan Boesak aan 7 medewerkers van het fonds in het totaal
ca. 24 miljoen frank had , waarvan niet minder dan
9 miljoen frank aan direkteur Ds. Allan Boesak zelf.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wav's in Afrikaans wanted

Ma., 12 Februarie 1996 00:00

Hello,

My sister is a school-teacher and wants to do a project on her school
about South Africa and Afrikaans.
Text and image-material won't be a problem. But it would be nice to
have some sounds in Afrikaans too.
Does anyone know any sites where you can download wav-files with
speach in Afrikaans? Short stories, poetry, children-songs?

Baaie dankie,

Peter Mouton, Holland

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Hoe zit het met het afrikaans in Zuid-Afrika

So., 11 Februarie 1996 00:00

Kan iemand me zeggen hoe het zit met de toekomst van het Afrikaans in
Zuid-Afrika?

Nudat die apartheid afgeschaft is, is er nog een toekomst voor het
Afrikaans, of rukt ook bij jullie het Engels sterk op?

et Vlaamse groeten,


Tom.


PS. Ik zou ook graag weten hoeveel moeite Afrikaanssprekenden hebben
met het Nederlands. Kunnen jullie dit berichtje zonder veel problemen
lezen? Ikzelf begrijp het Zuidafrikaans redelijk goed, alhoewel het
mij opvalt dat jullie woordenschat soms uitgebreider is.

wij nemen vb. veel engelse termen over (tot mijn spijt), terwijl
jullie er een eigen woord voor hebben.

Het woord 'mailing list' waarvoor jullie poslys gebruiken bijvoorbeeld
(als ik het goed voorheb tenminste).




Tom Van Overbeke - Driesstraat 52 - 8790 Waregem - Vlaanderen, Belgie.
Fido: 2:291/1501.1
E-mail: tvan...@texas.knooppunt.be

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: [AFRIKAANS:6091] Huldiging aan Robert

So., 11 Februarie 1996 00:00

Jeffery Zucker schreef:

> Leendert skryf:
>
>> Is dit nie tyd dat die Akademie, Rapportryers of iemand vir Robert 'n
>> toekenning gee vir sy toegewyde werk aan Afrikaans op die internet
>> nie?
>>
>> Voorlopig : 'n Mosie van dank en hulde aan Robert - sekondante?

Dankie vir die dank :-), ek is bly julle waardeer my besighede. Dis
beslis meer waard dan 'n erkenning deur 'n of andere organisasie,
nog onafhanklik van die vra of ek met so 'n organisasie geassosieer
wil word.

Robert.
--

Robert se Afrikaanse bladsy: http://www.xs4all.nl/~wagenaar

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nuwe WWW-bladsy (in aanbouw)

Sa., 10 Februarie 1996 00:00

Ek het 'n eerste versie gemaak van my WWW-thuisblad.

Daar is:

- 'n (nu nog korte) lys met Afrikaanse thuisblade
- 'n lys met Afrikaanse speltoetsers
- 'n *VOORLOPIGE* versie van die s.c.s-a(.a)-FAQ (in Afrikaans)
- enkele Afrikaanse grappies (die julle al ken)

Robert.
--

Robert se Afrikaanse bladsy: http://www.xs4all.nl/~wagenaar

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1646  1647  1648  1649  1650  1651  1652  1653  1654  1655  1656  1657  1658  1659  1660  1661    »]
Tyd nou: Di. Jul. 28 04:12:42 UTC 2026