Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

[AFRIKAANS:6149] Private geld stelsels

Ma., 19 Februarie 1996 00:00

Na aanleiding van die onlangse beprekings oor die geroformeerde kerk
en privatisering van die geldstelsel:

Die naweek kom ek by ons plaaslike biblioteek af op materiaal oor
geld "note" wat deur 'n paar gemeentes (heel moontlik doppers)
in die ZAR uitgereik is.

Groete
arius

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Olympics, Atlanta

Ma., 19 Februarie 1996 00:00

I am wish to correspond with an AfriKaans Family who is coming
to the Olympics in Atlanta, especially is your coming to the
soccor games.
Louis

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onlangse Afrikaanse boeke

Ma., 19 Februarie 1996 00:00

Onlangse Afrikaanse boeke:

http://www-jfd.its.uct.ac.za/

Daar is nou 'n alfabetiese lys van skrywers met hulle boeke wat op die
lys verskyn, sowel as 'n soekmeganisme wat alle titels gee wat 'n gegewe
woord of frase bevat.

--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
/ trappe van vergelyking: /
/ min; minder; minister /
_________________________________

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

plekbeskrywing: OTTAWA IN DIE WINTER

So., 18 Februarie 1996 00:00

Dis 'n helder sonskyndag vandag. As ek op die sewentiende
vloer deur ons woonstel se glasdeure kyk, sien ek die wye
Ottawa-rivier. Dit is nou hier naby ons heeltemal bevore.
Aan ons kant van die rivier loop daar iemand met sy hond
op die ys. Aan die anderkant staan daar 'n paar voertuie
geparkeer op die ys, nogal taamlik ver van die oewer af.
Hulle is besig met "ice fishing." Hulle sny 'n gat in die ys,
rig so 'n soort skerm om hulle op teen die wind, sit op iets,
en sit en wag dan geduldig vir die vis om te byt. (Tussen die
man op ons kant van die rivier en die vissermanne op die
anderkant, is daar egter 'n groot skeiding. In die middel van
die rivier loop die grens tussen Ontario en Quebec. Die man
aan hierdie kant word gedek deur Ontario se Medicare, betaal
belasting aan Ontario, en sy regstelsel is gebaseer op die
Britse "common law." Die mense oorkant die rivier is
in Quebec en hulle regstelsel van Siviele Wet is gebaseer op
die Franse patroon, wat ek aanneem 'n bietjie is soos die
Romeins-Hollandse reg wat (nog?) in Suid-Afrika gebruik word.)

Al is dit -20 C buitekant leef ons in 'n eweredige sub-tropiese
klimaat binnekant van om en by +20 C. In die groot "mall"
komplekse is daar volop winkels, eetplekke, soms klubs waar
mense gaan swem en hardloop binneshuis. (Ons het ons eie
verwarmde swembad in ons gebou.) 'n Mens kry dus nooit
eintlik koud nie, behalwe as jy van die verwarmde kar na die
verwarmde geboue stap. En daarvoor het jy deeglik-warm klere
en goeie "boots."

aar die mense in Ottawa lewe darem nou nie altyd binnenshuis
nie. Hierdie week hou hulle byvoorbeeld "Winterlude." Daar
is verskillende dinge wat jy saam met ander mense kan doen.
aar die wonderlikste is die "ice sculptures" wat in verskillende
parke verskyn. Groepe wedywer vir pryse. Vanjaar was daar
selfs persone uit Sjina wat kom deelneem het aan die
kompetisie. En dis net eenvoudig asemberowend om verby 'n
parkie in die stad te ry en 'n groot voel te sien, vier of vyf voet hoog met
uitgestrekte vlerke, alles in ys wat in die sonlig met
die kleure van die reënboog vonkel.

Ons is egter baie bly dit is al Februarie. Ons son gaan nou half-
ses in die aande onder in plaas van halfvyf, soos in laat Desember.
En die son is merkbaar sterker. Ons weet dus dat die ou aarde se
inklinasie in ons guns begin werk, en dat dit oor 'n maand of
twee ons beurt sal wees om nader aan die son te wees as die
inwoners van die suidelike halfrond. En dit maak ons baie
bly. Totdat die warm somerweer daar is, en ons vir mekaar
begin te fluister dat ons nie sal omgee as dit weer wil kom
sneeu nie. Wanneer mense hier my vra hoe iemand, gebore in
Afrika, die koue kan staan, dan antwoord ek dat ek van die
winters hier hou; dis die somers wat ek nie kan vat nie.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

[AFRIKAANS:6136] Re: Klip in die bos?

So., 18 Februarie 1996 00:00

Hoor hoor! Die "geestes wetenskappe" werk op die beginsel: as jy vanuit
een boek kopieer, is dit plagiaat. As jy baie boeke kopieer is dit navorsing!

Groot waarheid nommer 2: Vakgebiede wat die woord "wetenskap" in die naam
dra, is nie wetensakppe nie - by Politieke Wetenskap, Sosiale Wetenskap,
Geestens Wetenskap.

============================================================ ================
At 09:30 PM 18/2/96 SAT, you wrote:
> Beste poslyslede
>
> Die jaar-of-wat wat ek nou al ingeskryf is by hierdie poslys, het 'n
betreklik gevestigde "vermoede" wat ek al van varsity-dae af het,
herbevestig: dat "akademici" (op die breedste moontlike definisie van
daardie begrip) nie vir hulself kan dink nie. Vra hulle om 'n mening (let
wel: 'n *mening*, nie 'n "opklaring" van 'n vakgebonde punt nie) en hulle
sal onverwyld 'n verskeidenheid outeurs oor die' besondere onderwerp aanhaal
om "hul" punt te staaf -- selfs van outeurs wat nie juis op die besondere
vakgebied erken word as "kundiges" nie...
Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Afrikaans prayers

So., 18 Februarie 1996 00:00

Hi,

I was wondering if anyone knows any Afrikaans prayers of graces
could they please post them.

Baie Dankie,
Andrew

--------------------------------------SPRINGBOKS RULE THE WORLD-------
) /
ANDREW HARWOOD .oooO (_/
Environmental Engineering ( )
Carleton University \ (
\_) Oooo.
Email: ahar...@chat.carleton.ca ( )
OR har...@engsoc.carleton.ca ) /
Postal: 7 Weatherwood Cres.; Nepean, .oooO (_/
Ontario; K2E 7C5; Canada ( )
\ (
-------------------------------------WALKING OVER THE COMPETITION-----

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: [AFRIKAANS:6125] Wie stel belang?

Vr., 16 Februarie 1996 00:00

Johannes...@sandwich.pfizer.com wrote:

> The Pan-Aryan Resource Center is a site dedicated to the rebirth of
> the Aryan peoples, and Aryan Nationalism. This site includes relevant
> articles, and links to other racialist sites on the world-wide web.>>

As jy Boere-Nazi's wil werf, moet jy Afrikaans praat, swaer....

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

[AFRIKAANS:6155] Nuus oor Switzerland

Ma., 19 Februarie 1996 00:00

Ek het gehoor van 'n groot probleem in Rusland. Iemand hed die uitslae van
volgende jaar se eleksie gestaal.

Martin

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

[AFRIKAANS:6128] Rachelle B in Holland

Vr., 16 Februarie 1996 00:00

Rachelle ek hoop jy sien die boodskap, ons het jou internet adr. verloor en
wil graag vir jou skryf, stuur asb vir ons dit weer aan.
Groete,
Paul

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Katalogus van WINDE: die MISTRAL

Vr., 16 Februarie 1996 00:00

DIE MISTRAL
van die suide van Frankryk

In Provence word die warmte van die somer versteur
deur die mistrals wat in die herfs begin waai. Die winde
is nie so sterk waar dit begin in die Massif Central nie,
maar hulle word sterker en sterker soos hulle met die Rhone
vallei afwaai. Teen die tyd dat hulle by die meer suidelike
dorp Arles kom, kan hulle nie meer geignoreer word nie.
Lateraan moet die toeriste-winkeltjies hulle ware inbring
van buite af, waar hulle die hele somer uitgestal was.

Baie van die toeriste-ware in Arles het te doen met een
van hul mees beroemde inwoners : Vincent van Gogh.
En daar is diegene wat dink dat wanneer 'n mens na sekere
skilderye van Van Gogh kyk, jy altyd die teenwoordigheid
van die Mistral in aanmerking moet neem. Wanneer die
winde waai, word die mense in Arles effens "sauvage."
Dit kan dus die emosionele en artistieke uiterstes van
Van Gogh se lewe verklaar. En wanneer 'n mens na 'n
hele klomp van sy landskappe kyk, sien jy die effek van die
istral in die windverwaaide oppervlaktes gras en die
bewegende takke van die olyfbome.

Gelukkig het Vincent van Gogh nie net in die herfs en
onder die invloed van die Mistrals geskilder nie. Wanneer
jy in die Van Gogh Museum in Amsterdam op 'n hele saal
afkom met skilderye van boorde vol lentebloeisels, dan
weet jy in jou hart : Vincent was somtyds diep gelukkig
en glad nie "sauvage" nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1644  1645  1646  1647  1648  1649  1650  1651  1652  1653  1654  1655  1656  1657  1658  1659    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 11:10:48 UTC 2026