Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: staatsinmenging

Ma., 25 Maart 1996 00:00

On Mon, 25 Mar 1996, Leendert van Oostrum wrote:

>
> Ek lei af jy is _nie_ entoesiasties oor staatsinmenging nie. Geld
> dit net vir die ekonomie, of trek jy die kring wyer?
>
> Ek sou te vinde wees vir 'n gesprek oor staatsinmenging in die
> onderwys en gesinslewe onder die nuwe regering, as jy tyd en trek
> daarvoor het :-))
>

Ek is nie veronderstel om tyd daarvoor te hê nie, weens die klomp dinge
wat ek eintlik aan moet peuter, maar trek het ek altyd.

Ja, inmenging en ek is glad nie vriendjies nie. O, nee. My idees ry so
bietjie branderplank op die oomblik, maar vryheidsgesind sal ek seker bly
tot die dag dat ek nie meer die walms van onse planeet inasem nie. Ek het
lang en bloedige argumente met menige welsyn-entoesiaste hier op Oxford
en op Wits gevoer, en ek besef dat my teenkanting teen staatsinmenging
praktiese en ander probleme behels. Een probleem is die presedent van
suksesvolle inmenging. Almal is daaraan gewoond om die staat toe te laat
om derduisende dinge wat hulle wil sien gebeur, te laat gebeur, en dink
nie twee keer aan die vryheidsverliese wat daardeur gely word nie. En so aan.

Onderwys is 'n probleem. Groot probleem. Die mens is eers vatbaar vir
outonomie nadat hy deur andere soos 'n stukkie klei gevorm is. Nou wil my
hart vir my vertel die ouers van die kind is die enigstes wat kan besluit
waar gedruk word en watter klei toegevoeg word, of ten minste nie die
staat se burokrate nie. Maar dieselfde hart, en die hoof daarby, ken
kinders wat eerder maar myle ver van hulle ouers moes gebly het. Ek het
groot bedenkinge oor die idee dat sekere waardes deur die staat aan
kinders gevoer moet word, en dat ouers wetlik verplig moet wees om
hierdie maaltyd te ondersteun, of dit nou is wat hulle wil eet of nie.
Maar my afsku vir 'n sentrale waardeskeppende industrie kry dit nie reg
om onomwonde voor te stel dat staatsonderwys 'n verkeerde idee is nie.
Die probleem duik natuurlik op deurdat die staat strafregtelik belasting
hef om die skole op te rig en die onderwys te betaal, en dan nog die
inhoud van die onderrig bepaal. Diegene wat eerder hulle eie waardes aan
hulle kinders wil oordra, en nie vir die staat se waardes wil betaal nie,
moet maar die vyandige waardesisteem subsidieer. En hulle voorgestelde
vorm van skoolopleiding moet ook eers deur die staat aanvaar word, voor
dit kan geld as nakoming van die onderrigsplig. Die welsynmanne voeg dan
dadelik by dat die demokratiese proses veronderstel is om sulke probleme
op te los. Die probleem is natuurlik dat diegene wat nie met die staat se
waardes saamstem nie, kan stem tot hulle blou in die gesig is, hulle sal
steeds maar moet opdok vir wat die meerderheid wil h^e, totdat hulle die
dag genoeg mense kan oorreed om saam te stem, en dan weer die
andersdenkendes op hulle beurt strafregtelik onderdruk. Ja, groot
probleem. Want as mens dit nie doen nie, dan skryf mens 'n hele geslag se
armsalige kinders af, omdat hulle ouers of andere nie kan of wil betaal
vir goeie onderwys vir hierdie kinders nie.

Die enigste halwe uitweg is vir die staat om so ver weg as moontlik te
bly van waardes wat omstrede is. Makliker geseg as gedaan. Die
Amerikaanse Jefferson-muur idee het ook al dikwels absurde resultate
gehad. En alle waardes is ook maar iewers omstrede.

Wat ekonomiese inmenging betref, neig ek in die rigting van Hayek en Von
Mises wat voel hoe minder hoe beter. Maar die probleem is dat mens in
elke ekonomie van die wêreld sit met 'n ding wat al deurmekaargepeuter
is. As mens net oornag loslaat, dan "meng" jy maar op 'n sekere manier
heftig in. As mens byvoorbeeld 'n ekosisteem vir 100 jaar op allerhande
maniere kunsmatig ondersteun het, dan kan jy nie sommer besluit
ondersteuning hou nou op nie. Daar's dinge wat dan ongedaan gemaak moet
word. En sekere doelwitte, soos byvoorbeeld omgewingsbewaring, is amper
onmoontlik om aan 'n vrymark oor te laat sonder drastiese katastrofes.
Sodra mens sekere bepaalde doelwitte as waardevol beskou, begin inmenging
na die enigste moontlikheid lyk.

Hoe dit alles ookal sy, ek sou baie beter voel as meer mense hulleself
sou afvra of mens hoegenaamd inmenging moet h^e, voor hulle vra watter
soort inmenging mens vandag vir 'n bepaalde probleem moet beoefen. Want
hoe meer die staat gesien word as iets wat mens mag gebruik om jou morele
kruistogte mee uit te voer, hoe meer aantreklik word die magsetel, en hoe
groter die versoeking van korrupsie. En, tot iemand my die dag kan
oortuig dat die grootste rede vir die begeerte om te regeer NIE brute mag
is nie, sal ek so min mag as moontlik in die hande van die staat wou
sien. Die staat is 'n noodsaaklike euwel, nie 'n waardevolle instrument
nie. Vir sulke idees word mens gewoonlik as "rabidly right wing"
gekritiseer. Miskien is Jan se houding teenoor Kinder TV die beste
houding teenoor wat alles in die demokratiese proses aangaan.

Binnekort sal die enigste boewe op die TV "Mean Mr Sexist" en "Nasty Mr
Racist" wees, en die enigste helde en heldinne die PC brigades.

As hulle dan nog nie die klassieke werke verban of verbrand het nie, sal
vrydenkende ouers maar self moet sien klaarkom met die meesterstukke van
ouds as "anti-PC" teenvoeter.

Geen sensuur hoegenaamd op die internet nie!!! (viva, viva...)

Frank

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Mensliewendheid

Ma., 25 Maart 1996 00:00

On Mon, 25 Mar 1996, Abi Coetzee wrote:
>
[siteer my beskrywings van breedvoerige en gewelddadige rassisme wat ek
onder menige Afrikaners te"egekom het]

> Frank , hierdie is 'n baie eensydige beskouing van wat jy onder die siek
> krimineele elemente waargeneem het. Netso kan kan ek vir jou ook 'n
> paar verhale vertel.

[gaan voort en vertel van verskriklike wreedhede wat swartmense op
blankes uitgevoer het]

> Ek sal dus voorstel dat jy die prentjie van byde kante af bekyk. Geensins praat
> ek die dade goed nie. 'n Mens moet net oppas dat dit nie vir politieke gewin na
> die een kant toe opgeblaas word nie.

Abie, ek het nie probeer om 'n volledige prentjie te skets nie. Ek het
net Paul se stelling dat die Afrikaner "mensliewend" is, van nader
beskou. Sien my boodskap "die hele vis". Politieke gewin het ek ook beslis
nie in gedagte nie.

"Democracy: running the circus from the monkey cage" - HL Mencken.

Frank

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wind van die tyd

Ma., 25 Maart 1996 00:00

Nuwe klein toevoeging tot my web-blad by www.icon.co.za/~ferdig

.......sê hy nederig......

(eintlik 'n groot windgat...)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die Koolstof-14 ouderdomstoets

Ma., 25 Maart 1996 00:00

In article "Abi Coetzee" writes:
> From: "Abi Coetzee"
> Subject: Die Koolstof-14 ouderdomstoets
> Date: 22 Mar 1996 16:34:50 +0200

>> Abi verwys seker na die koolstof-14 ouderdomsbepaling. Vertel ons meer hoe
>> dat dit nou "plat" is, en nie meer 'n geldige metode is nie?

> Johan , ek het 'n artikel in die verband gelees. Ek kan ongelukkig nie al die
> gegewens onthou nie , maar ek sal gaan soek na dit. Ek kan ook onthou dat
> daar 'n uitsending op TV was wat iemand opgeneem en vir my gewys het. Sodra
> ek die inligting het sal ek dit deurgee , ek het dit baie insigewend gevind.

> Abi Coetzee
> Suid-Afrika
Die koolstof-14 toets is nog steeds geldig en baie akkuraat, mits dit soos
alle toetse, korrek aangewend word. As jy sulke wilde bewerings wil maak oor
'n uitstekend gefundeered wtenskaplike beginsel stel ek voor dat jy dit doen
op grond van meer as 'n televisie-program en artikel waarvan jy die
besonderhede nie eers kan onthou nie. Beide die items waarna jy verwys is
waarskynlik die werk van kreasioniste.
Leon Retief, Bellville

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Davis blues

Ma., 25 Maart 1996 00:00

On Mon, 25 Mar 1996 Antonie wrote:

> Onthou net, wat vir jou eties is is nie noodwendig vir 'n ander persoon
> eties nie.

Beslis waar. En dis hoekom ek baie benoud word as mense wetgewing op
etiese gronde verdedig. My "etiese beroep" was 'n persoonlike gevoel, wat
geensins op algemene geldigheid aanspraak gemaak het nie.

Antonie skryf verder oor Dennis Davis se onderonsie met Barney Pityana en
die Makgoba-storie by Wits as voorbeelde van onregverdige en
kommerwekkende antagonisme teenoor blankes wat die land groot skade sal kos.

Ek moet weer met hom saamstem. Ek ken vir Davis goed. Ek verskil met hom
wat ideologie betref (hy's redelik entoesiasties oor staatsinmenging,
soos Antonie sê), maar het groot respek veral vir sy onafhanklike denke. Hy
sal nie skroom om enige iemand te kritiseer as hy nie met daardie persoon
saamstem nie. Die insident is uiters kommerwekkend. Net so kommerwekkend
is die hele Makgoba-sage. Mense aan die Wits regsfakulteit vir wie ek net
respek en bewondering het, is ontsaglik sleg behandel, en as rassiste
uitgekryt, wat belaglik is. Hulle het bloot hulle professionele plig
gedoen, en is redelik verpletter deur wat gebeur het.

Ja, daar's probleme. En mens kan nie verwag almal moet die huidige
situasie en mense se relatiewe posisies met 'n gebalanseerde houding
aanskou nie. Die mensdom is nie so nie. Ek het nie die Davis-storie
gevolg nie (ek kyk elke nou en dan na die SA koerante op die internet),
maar ek kan my kop op 'n blok sit dat die oorweldigende reaksie (in
invloedryke kringe) op Petyana se "rassis"-beskuldigings in Davis se guns
was, en is. Nes die denkende oordeel beslis het die Witsdekane was nie
"rassiste" nie. Mens kan net hoop dat die belaglike gebruik van die
"raskaart" die wenslikheid om hierdie troef altyd te speel sal verminder,
eerder as om presedente te skep vir verdere belaglike gebruik. So lank
ons persvryheid en vryheid van spraak geniet (wat deesdae groter is as
ooit onder apartheid), is daar hoop vir kritiek om die regte mense te
beinvloed. Sien, onse Dennis het 'n goeie ding gedoen om die moontlike
ernstige gevolge van sulke onnoselheid aan die pers te verklaar. Want hy
gee om vir die land. En sy uitsprake beteken soveel meer, weens sy
onmiskenbare simpatieke houdings in die verlede.

Wat staan ons dus te doen?
1) Aanvaar ons sit met 'n plofbare situasie, wat net met moeite op die
regte pad gehou kan word, maar wat moes kom, omdat apartheid moes weg, en
wat 'n miljoen keer beter is as wat omtrent almal verwag het.
2) Verwerp die situasie en maak oorlog of emigreer.

Ek voel keuse nommer een verdien nog 'n kansie of wat.

Baai
Frank

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

watter mentaliteit is dit?

So., 24 Maart 1996 00:00

Hello almal in die nuusgroep.
Ek volg nou die gesprekke vir 5 maande en kry nog steeds die indruk dat
die groepie deur 'n kliek pseudo-intellektuele gefrustreerdes aan die
gang gehou word.
Het ek toevallig by 'n private kringetjie beland wat net in inteelt
geinterresseerd is?
Is daar iemand anders wat ook so voel?
Bobby

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Politieke menings van Afrikaners

So., 24 Maart 1996 00:00

zuc...@maccs.mcmaster.ca (Jeffery Zucker) wrote:
Oor:
<<
>> Die Afrikaner was altyd 95% anti swart en konserwatief, vanwaar hierdie
> ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^

> Dan waar het al die "ja" stemme im die referendum vandaan gekom?>>>

Die 95 persent is oordrewe.

Maar aan die ander kant: Daar is vandag mos net een witmense in SA wat
ooit apartheid ondersteun het en dis Jaap Marais!
Die res het mos al die jare teen apartheid baklei!
Hel! Iemand soos Piet Koornhof het dan selfs by die NP aangesluit
sodat hy soveel beter TEEN apartheid kon balkei!!
Dan is daar die ander wat gese het apartheid moes uigeprobeer gewees
het. So al asof ons knersend op die tande die ding maar deurgesien het
joewel ons hele wese daarteen geskreeu het!!

Dit het my soms gelyk asof Afrikaners wel vreemde kontradiksies
uitgeleef het.
Hulle was nie altyd so erg anti-swart nie.
Maar terselfdertyd was hulle beslis baie pro-apartheid.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat Wals is vals is

So., 24 Maart 1996 00:00

Wat Wals is vals is
-------------------

At 12:14 22-03-96 SAT, Franky Sneakers wrote:

> ...
> Hoe't jy geweet dat my
> van so uitgespreek word? Dis 'n Frans-belgiese van. Maklikste is om vir
> mense te sê: "like the chocolate bar, but with a 'y'". ... etc.
------------------------------------------------------------ ------------

Hier begrijp ik nou echt helemaal niets van.

Bernhard Bezemer

P.S. Frans-Belgisch kennen wij hier niet. Wel Waals. Uit de
geschiedenis kennen we de oorlogskreet: "Wat Wals is vals is,
sla dood!"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: benodig inligting

So., 24 Maart 1996 00:00

> As jy die boodskappe weer lees sal jy opmerk dat ons geen probleem met die argumente
> het wat in die debat na vore gekom het nie , dit is slegs die skeltaal wat gebruik word om
> julle manlikheid te bewys wat onvanpas is.

Abi Coetzee
Suid-Afrika

Groete Abi,

Man, die kras woorde wat ek gebruik het was geensins n poging om
"manlik" of "macho" of "breker" te klink nie. Dit is bloot n
uidrukking van waling deur die gebruik van ewe walglike woorde. As
ek manlik wou klink sou ek nie vir jou vertel het ek huil vir my mense
nie. Wat n soort breker is dit dan tog ?

Maar as ek vir jou sê ek walg in die "suffer for the struggle" dan is
daar min woorde wat die walging duideliker kan stel nie.

Breker, aikona; maar chicken, nog minder. Net mens man, net mens.

Groete,
Julius
jbe...@onthenet.com.au
http://www.onthenet.com.au/~jbergh
32 Koola Dr, Nerang QLD 4211 Australia
Phone: 61 7 55960462

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

De nieuwe Grote Trek

So., 24 Maart 1996 00:00

DE NIEUWE GROTE TREK
--------------------

> ...
> Daar is
> baie van ons "Austra-Afrikaners" soos jy sê, so ook baie=20
> "Austra.... Nederlanders, Duitsers, Pole ens. Baie met eie
> talige skole kerke en meer. ... etc.
> Paul van der Merwe
------------------------------------------------------------ --
Vals
----

In mijn e-mail 'Helden' scheef ik dat iedereen in Nederland
wel familie of kennissen in Australi-e heeft. Dat moeten er
inmiddels honderdduizenden zijn, misschien wel een of twee
miljoen. Mensen die ooit met steun van de regering vertrokken
(zoals ook naar Canada), omdat de overheid overbevolking
vreesde. In hun plaats hebben we nu zo'n drie miljoen of meer
allochtonen. Regelmatig besteden kranten en tijdschriften hier
aandacht aan het wel en wee van Nederlandse emigranten in
Australi-e en Canada.
Mijn kennis van mijn voormalige landgenoten berust dus niet
alleen maar op informatie uit brieven en verhalen. Jouw
voorstelling van zaken, dat er in Australi-e allemaal aparte
gemeenschappen zijn van diverse taal-/landgenoten met hun
eigen 'roots', is _vals_. Dat durf ik te stellen!
En ik vind het ongelooflijk dat je durft te beweren, dat
dit ook overheidspolitiek zou zijn. Dus Australi-e voert een
gemitigeerde vorm van apartheids-politiek! Dat zou ik maar
niet aan een journalist vertellen, als ik jou was. Je zou
na publicatie tot de ontdekking kunnen komen, dat je als
ongewenste vreemdeling Australi-e moet verlaten.

Voortrekkers
------------

Natuurlijk, er zijn clubs van ex-Nederlanders, ex-Duitsers,
enzovoort, maar de hoofdboodschap van mijn voormalige
landgenoten in Australi-e is toch wel: "WIJ ZIJN AUSTRALI-ERS
ET DE AUSTRALI-ERS, en wie die instelling niet heeft, kan
maar beter vertrekken, want die zal hier altijd buiten de
gemeenschap blijven staan".
Dus Austra-Nederlanders bestaan NIET. Nederlandse
immigranten in Australi-e zijn Australi-ers. En dat willen
ze ook zijn.
Als ik jou goed begrijp, willen jij en je volksgenoten een
Afrikaans 'thuisland' in Australi-e scheppen. En met de
uitdrukking 'het nieuwe land' bedoel je dan ook het nieuwe land
voor Afrikaners. Nou, dat land is er niet en zal er nooit komen
ook!
Jullie doen voorkomen of je emigratie een soort nieuwe
'Grote Trek' is. En dat jullie, Austra-Afrikaners, of moet ik
er meteen maar 'Austrafrikaners' van maken?, dat jullie dus
geen (welgestelde) vluchtelingen zijn, maar moderne
Voortrekkers, die Nieuwe Afrikaanse Geschiedenis in het Nieuwe
Land aan het schrijven zijn.
Ja, ja ..! Jullie zouden er goed aan doen het boek 'De Fatale
Kust'* van Robert Hughes te lezen. Dat zou je misschien je eigen,
minimale, of beter, non-plaatsje in Australi-e leren kennen.

Outcasts
--------

Ooit had ik op de universiteit het bijvak Inleiding
Sociologie. Daarvan herinner ik mij onder meer de begrippen
'Waarden en normen'. Op waarden en normen berust het menselijk
'Gedrag', sociologisch gezien. Een groep mensen met dezelfde
waarden en normen hebben dus ook eenzelfde soort gedrag. (En dat
is heel prettig, want daardoor weten wij ongeveer wat wij van
een ander kunnen verwachten. De conditio sine qua non voor het
functioneren een gemeenschap).
Dat gemeenschappelijke gedrag van een groep is op zijn beurt weer
de basis voor de 'Cultuur' van die groep. Het zal daarbij duidelijk
zijn, dat hoe groter de groep in omvang en/of geologische spreiding
wordt, hoe algemener, minder specifiek de gemeenschappelijke
cultuur wordt. Je krijgt dan een piramide van sub-culturen.
Uiteraard is taal (met z'n dialecten en vari-eteiten) daarbij van
groot belang. Maar niet belangrijker dan de factoren: Cultuur,
Gedrag, Waarden en normen.
De Australische waarden en normen (en zo verder) moeten jullie,
ex-Afrikaners, je zo spoedig mogelijk eigen maken, willen jullie
niet zeer snel outcasts in je 'nieuwe land' worden.

Bernhard Bezemer

* Robert Hughes: De Fatale Kust, het epos van Australi-e 1788/1868
(The Fatal Shore), tweede druk. Amsterdam: Balans bv, 1988. New York:
Knopf, Inc., 1986.

------------------------------------------------------------ -----
"Ook wanneer een volk terugwaarts gaat, loopt het achter een
ideaal aan. Het gelooft altijd aan een voorwaarts.
Auch wenn ein Volk rueckwaerts geht, laeuft es einem Ideale nach.
Es glaubt immer an ein Vorwaerts."
Friedrich Nietzsche.
------------------------------------------------------------ -----

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1633  1634  1635  1636  1637  1638  1639  1640  1641  1642  1643  1644  1645  1646  1647  1648    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 02:50:26 UTC 2026