Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Die hele vis

So., 24 Maart 1996 00:00

Frank Snyckers wrote:

wegstoot en begin wonder of 'n bietjie waarheid uit die geskiedenis nie[/color]
> tog vir 'n paar van ons mense nodig is nie. Binnekort sal mense begin
> volhou dat die wetstoepassing in die ou dae nooit wreed en rassisties was
> nie.>>>

Ek stem so saam met jou.
Die siekte hier in Suid-Afrika op die oomblik is 'n negering van ons
verlede.
Ek haat mense wat derms uitryg, in die grond rol en gil van die smart
en die verdriet en self-beskuldiging, maar ek haat ook mense wat nie
die verantwoordelikheid van hul verlede kan aanvaar nie.
En daardie verantwoordelikheid is eintlik maar net die sin: "Ja, ons
het opgefok. Dit was verkeerd. Ons is jammer en ons moet nou almal
begin werk daaraan dat niemand dit weer doen nie."
Maar hier, op die oomblik, wel; daar is mos net een mens in
Suid-Afrika wat ooit Nasionaal gestem het en dis Jaap Marais.
(En o ja, dis die Engelse wat apartheid uitgedink en ingestel het, die
Boere het mos niks daarmee te doen gehad nie, skuld le^ mos by die
Engelse...)
'n Mens se mond hang oop as jy hoor watter publikasies en mense
deesdae verklaar dat hulle eintlik vir jare die stryd teen apartheid
gevoer het. Sommige glo van so vroeg soos die sestigs.
Die waarheidskommissie gaan goed vir ons wees. Dis nou as ons die guts
gaan he om aan te hoor wat daar gese word en te erken dat dit wel
gebeur het.
En in nuusgroepe soos hierdie daaroor kan praat.
In plaas van weer begin met negering wat eindig met of 'n
swartsmeerdery van die Waarheidskommissie, 'n selektiewe gekraai elke
keer as "bewys van 'n sameswering teen die Afrikaner" raakgesien word
- en uiteindelik waarskynlik 'n toesluit van alle deure en venster en
'n maniese fokus op "kultuursake" wat dankievader niks met iets te
doen het wat by die Waarheidskommissie gese word nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vrede Uit OZ

Vr., 22 Maart 1996 00:00

> As die "gatsitalternatief" vereis dat jy in elk geval, in jou eie
> land in mid-loopbaan onder moet begin (die geval met Hoepel, soos ek
> verstaan - en die voorland van baie van ons) verval jou argument,
> Julius.
>
> Groete, Leendert


Nou ja, ek moet askies sê want dit was woede wat gepraat het!

Ek het ook baie ouens omgekrap met die kras taal - maar ek was regtig moerig
(of is dit mou moerrig ?)

"Die Ysterkoei Moet Sweet" het litire^re pryse in die 60's gekry - en die
taal was krasser.

Hier in OZ is die plaaslike Engelssprekendes heel verbaas as ek "thunder" en
"lightning" as kragwoorde gebruik. Hulle dink dis baie mak.

Nouja - vrede.

Laat staan die veroordeling.
Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Selfbeskikkingreg.

Vr., 22 Maart 1996 00:00

Antonie skryf oor Bosniese dinge, en oor erkenning van state deur die
wêreldgemeenskap, en beslis dat daar huigelagtige standaarde toegepas
word as dit by selfbeskikking kom. Antonie het reg. Maar daar is 'n
verskil, 'n bietjie hoender-en-eier, maar tog deurslaggewend, wat hierdie
sakie betref. Die erkenning van state was maar altyd 'n snaakse ding, wat
op feitelike toestande en regtelike beginsels gerus het. Dikwels kan die
volkegemeenskap net nie anders as om aan 'n nuwe staat erkenning te gee
nie, bloot omdat die ding so groot daar sit, en niemand hom kan miskyk
nie. Net so dikwels kom die gemeenskap se aand- en m^orepraatjies nie
ooreen wat die erkenningsvoorvereistes betref nie. Die Europese
gemeenskap het bv besluit om geen nuwe state te erken as hulle nie
demokratiese grondwette het nie, en toe gaan erken Duitsland vir Kroasi"e
voor iemand nog kon sê "pay-back time". Maar, behalwe as die volkstaters
beplan om 'n oorlog te voer, te wen, en die ashoop wat oorbly in 'n min
of meer erkenbare hoekie van die land in te vee en daarop te gaan sit,
sal daar van sulke "mosterd na die maal"-erkenning geen sprake wees nie.
En ek hoop nie dis wat hulle beplan nie; dit sal miskien net die Zoeloes
laat besluit hierdie bloedbad-storie is dalk glad nie so 'n slegte
idee nie. Of ek dan nog sal praat van "soorte guts" is ook weer 'n ander
vraag.

alweerbaai
Frank

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Emigrante en immigrante

Vr., 22 Maart 1996 00:00

> oorgedra word na Afrikaans? Sal die van ons wat nie meer in SA woon nie dalk
> later 'n "Hoogs" Afrikaans praat soos Hoogs Hollands teenoor 'n meer moderne
> Afrikaans?
> Groete,
> Paul van der Merwe.

Ja Paul, ons het Russiese bure en gesels lekker met hulle. Jy sal verbaas
wees hoeveel woorde Afrikaans en Russies reeds in gemeen het of amper
dieselfde is. Bv hulle praat van "reklame" as hulle na advertensies verwys.
Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die vierkleur

Vr., 22 Maart 1996 00:00

Die vierkleur van ons dierbaar land dit waai weer oor Transvaal,
En weg die godvergete hand wat dit wil weer neer haal!


Kom op ke^rels waarom so swaarmoedig? Laat ons 'n bietjie sterker wees
teen die oppositie, ons is Afrikaners, ons het die magtigste ryk ter
wêreld geveg, teen alle waanhoop en nou hoor ek net klae en seur.Ek wil
nie trug na die ou dae nie, dat kan nie wees nie....maar ek sal ook g'n
hensopper word nie en voor die Almagtig sê ek hier dat die dag wanneer
ek terugkom in S.A. sal ek nie voor die dwingelande kauwtauw nie!

Kom laat ons 'n bietjie gees sien.


ag ek verskoning vra maar ek voel my net 'n bietjie pissig teen die
wêreld vandag, 'n bietjie patriotisme he? En as iemand 'n sekere Pierre
Burger van Rondebosch in die Kaap ken dan jammer, hy's 'n pissie!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Helden

Vr., 22 Maart 1996 00:00

WAT EEN HELDHAFTIGE AFRIKANERS!
-------------------------------

Het gaat me niets aan, maar toch word ik pisnijdig als
ik zo'n brief van zo'n Austra-Afrikaner lees. Zo'n
apartheid-diehard, die nog steeds met de zijnen de
wereld laat weten dat "Ons zal leven, ons zal sterven,
ons voor jou Zuid-Afrika", maar dan wel in Australi-e.
De helden. Ooit heb ik hier in Holland gepleit om toch
wat begrip voor hen te hebben.
En in plaats van enige deemoed te betrachten, enig
inzicht in eigen politiek falen te tonen, denken ze dat
ze in Perth en soortgelijke steden een eigen Afrikaans
thuisland kunnen stichten. Emigreren, en de apartheid
meenemen. Nou, dat zal hen opbreken.
Iedere Nederlander heeft wel familie of kennissen in
Australi-e, ook ik. En Australi-e is een gastvrij land,
maar je moet wel Australi-er worden als je je daar wilt
vestigen. En anders kun je het wel vergeten. Dag
Afrikaners!
En dat geldt mutatis mutandis natuurlijk ook voor jou,
Franky Sneakers met je Engelse eega in Oxford.

Bernhard Bezemer

--------------------------------------------
Hij is genade waert, die zyne schult bekent"
(Joost van den Vondel, 1587-1679).
--------------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Afrikaner emigrant: Perpektief

Vr., 22 Maart 1996 00:00

At 04:34 PM 21/03/96 SAT, you wrote:
> Joop is ongeletterd! :
>> Aan Julius en Paul en almal in hierdie "thread":
>> =20
>> Verander asseblief my (beskaafde naam) uit die "subject" van hierdie
> Ek bedoel natuurlik "Verwyder" ...
>
>
>> uiters onplesierige, ongeskikte, onbeskaafde en deels ongeletterde
>> agterbuurt-skellery.
>> =20
>> By voorbaat dankie,
>> =20
>> Joop
>> =20
>> _________________________________
>> Franz Dullaart (021) 650 3053
>> J...@ITS.UCT.AC.ZA
>> http://www-jfd.its.uct.ac.za/
>> _________________________________
>> Consultant: Knows all the positions
>> but no women ...

Ek het eers gelag maar stem nou saam dat dinge nou begin handuit ruk, vir my
aandeel daar in vra ek omverskoning!
Daar moet egter met perspektief oor feite uit die stryd getreë word.
Eerstens Joop na aanleiding van vele tirades oor lafhartigheid en weghol het
sekere van jou argumente my oortuig dat jy geskryf het sonder enige insig in
die die groot stryd van 'n persoon wat besluit om te emigreer, veral ook nie
mbt die Australiese beleid aangaande "Multiculturism" nie, waar in daar baie
gedoen word juis vir die behoud van 'n mens se "Roots". Dit is hierdie
waarneming wat aanleiding gegee het tot die hoof: Joop benodig inligting. Ek
is ernstig as ek sê dat ek graag die en ander inligting sal weergee en
beantwoord as iemand vra.
Hoepel jou moerse boere ens kommentaar het aanleiding gegee tot die
verduideliking van persoonlikke standpunte, weereens is ek bereid, en sal
dit geniet, om gedagtes hier oor uit te ruil.
Ek wil egter sê dat die aanhoudende verkleineerende en neerhalende
kommentaar op die van ons wat ge-emigreer het sit nie maklik aan 'n mens se
baadjie van menswees nie! Ek sou dit waardeer indien daar wedersydse respek
vir sienings, opinies en wyse van operandi getoon word.
Die aantyging van "..uiters onplesierige, ongeskikte, onbeskaafde en deels
ongeletterde agterbuurt-skellery.." was nie eensydig nie. Indien jy Joop die
kommentaar op my gemik het en voel dat ek skuldig is aan ongeletterheid en
agterbuurt-skelery vra ek nederig omverskoning.
Wanneer ons oor emigrasie, Boere, Afrikaners ens praat, laat ons liewer
respek toon vir die kommentaar van ander en argumenteer liewer oor hoe dinge
soos Emigrasie, Imigrasie, Die bly in SA, Boer en Afrikaner ons
gemeenskaplike liefde, Afrikaans, beinvloed!
O ja Joop die weer vir die staptog gaan heerlike Kaapse herfsweer wees :)))
Groete,
Paul van der Merwe. =20

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: "Pay-back time"

Vr., 22 Maart 1996 00:00

Antonie skryf:

> Ongelukkig is ons in die middel van 'n bose kringloop. Agv die
> "brain-drain" gaan die land se ekonomie skade lei. Die ekonomie gaan dan
> nie groei soos wat dit kon nie. Dit beteken meer werkloosheid, meer
> misdaad, stakings en geweld en dan...... nog meer mense wat die land
> verlaat.
>
> Al hoe dit gestop kan word is as die regering hierdie "pay-back time"
> baie omsigtig benader en hanteer. As mens so na die skole kwessie en die
> behandeling van Afrikaans kyk (soos by die SABC), dan gebeur dit nie en
> so vervreem die regering net nog meer mense van die nuwe bestel.

Antonie, ek wil een ding opklaar: my verwysing na "pay-back time" was 'n
beroep op 'n innere gesindheid aan die kant van Afrikaners (en ander
blanke Suid-Afrikaners), nie, en nogmaals nie, op aksie van die regering se
kant om hierdie gesindheid te kweek of te "verwesenlik" nie.

Daar is 'n groot verskil, en 'n ho"e muur, tussen dit wat ek
eties verplig is om te doen, en dit wat die staat my strafregtelik of
andersins mag dwing om te doen. Baie mense maak die fout om te dink dat,
as A 'n morele verpligting het om x vir B te doen, B hom juistelik op die
staat kan beroep om A te dwing om x te doen. Selfs die popul^ere idee dat
'n morele plig wat op A rus om x vir B te doen noodwendig 'n
dienooreenkomstige reg aan B verleen om x van A te ontvang, ignoreer die
verskil tussen die gereg (van wette) en morele plig. Maar dis weer 'n ander
storie.

Myns insiens is die konsep van regstellende aksie 'n edele poging om die
onmoontlike deur middel van die onwenslike te vermag. Maar, waar mens
nie net met Machiavelliaanse "realpolitik" te make het nie, maar ook met
die onbetwisbare feit van redelik spesifiek vasstelbare nadele en onregte
wat sekere mense weens apartheid moes sluk, en waarvan die gevolge nog
deur hierdie spesifieke individue gedra word, is daar geen regverdigbare
argument teen regstellende aksie vir sulke mense nie. Meer eenvoudig: as die
sosio-ekonomiese verhoudings in ons samelewing bly soos wat hulle
huidiglik is, sal die druk op die regering om te konfiskeer te groot
word, en die langtermyn voordele van gesonde ekonomiese beleide net nie
genoeg wees om die massas te bly paai nie. En as mens so 'n draai of wat
in Alexandra of Soweto gooi, dan besef jy dat daardie massas miskien wel
iets het om oor te kla. En, ja, dit is so dat die "brain drain" 'n bose
kringloop is - dis soos 'n effektebeursineenstorting: die gesindheid is
alles. Maar op die oomblik lyk die syfers van ons ou beursie nie te sleg
nie, en die bulle kan maklik by die bere oorneem, as hulle maar net wil.

Intussen moet ons bly hoop die verstommende vrymarkneigings van die
huidige regering bly groei, en dat hierdie neigings (deur "pay-back"?)
beloon kan word, sodat ons nie die nuwe People's Republic of Azania word nie.

Laterweer'nkeeroftwee
Frank

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Soorte "guts"

Do., 21 Maart 1996 00:00

On Thu, 21 Mar 1996, Paul van der Merwe wrote:

> DAAR IS NET TWEE SOORTE GUTS: Hy wat Staan vir wat syne is en een wat
> emmigreer en weer van vooraf begin. BESLIS NIE DIE DRAADSITTERS NIE!
> Glo my Hoepel Emmigrasie glo ek is naas die dood van 'n geliefde, die mees
> traumatiese stap wat mens kan onderneem, maar om binne in 'n brandende huis
> te sit en wag om te verkool en nie uit te spring en te lewe nie DIT IS
> BREINLOOS!

[geknip]

> Brain Drain? Indien dit slim is om raak te sien dat daar groot fout is en
> dat die getalle oormag net te groot is dan ondergaan die NSA 'n brain drain.
> Nie omdat wel belese profesionele mense en Sakemanne besluit om elders hul
> heenkome te vind nie.

Nee, Paul, daar is baie soorte "guts". Een soort wat Suid-Afrika bitter
nodig het, is die soort wat "wel belese professionele mense en sakemanne"
sal laat besef dis tyd om met 'n bietjie barmhartigheid en baie werk iets
vir die samelewing te gee waaruit hulle soveel voorregte ontvang het; die
soort wat Afrikaners sal laat sluk en wil bewys dat een geslag op sy manier
kan regmaak waar 'n ander geslag drooggemaak het; die soort wat veral
jongmense soos ek, wat niks gedoen het om hulle voorregte te verdien nie,
en bg voorregte heerlik geniet het terwyl hulle medeburgers soms
liederlik gely het, te laat erken: "My people, it is pay-back time".

Ek weet julle ouens, en ander soos julle, het 'n pynlike ervaring agter
die rug (wat ook nooit sal ophou seermaak nie) wat julle met oseane vol
vlugtelinge, bannelinge, uitgewekenes en wandelaars deur die eeue heen
deel, en wat nie benydenswaardig is nie. Niemand neem so 'n besluit
ligtelik nie, en sulke besluite word gewoonlik vir die ontwil van mens se
kinders of geliefdes geneem, om die beste vir hulle te gee. Ek wens julle
alle sterkte toe.

Maar daar is tog 'n soort "guts" wat ons land nodig het, wat nie sal
saamstem dat "die getalle oormag te groot is" en dat die "groot fout" nie
verdien om herstelpogings van die mees bekwame burgers van die land te
geniet nie.

Baai
Frank.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Joop benodig inligting

Do., 21 Maart 1996 00:00

Hoepel skryf:
> Hallo, Paul. As jy dan so 'n moerse "Boer" is, wat soek jy in OZ? Was
(is?) jy deel van die "brain drain", of dalk deel van die outydse "chicken
run"? Deesdae glo die "ware" Boere daaraan om hier (dis nou in die NSA) te
bly en hul eie toekoms hier te bepaal -- op watter manier ookal. Ek sou nie
omgee om te gaan kyk hoe lyk OZ (veral die Perth-omgewing) nie, maar hier
bly sal ek bly. Dieselfde fout as wat van my vrou se (vroee"re) familie
gemaak het (sy is 'n Weppenaar, goeie ou Hollandse van!), om na
> OZ en ook Nieu-Seeland "uit te wyk" net om daar te gaan verengels, sal ek
nie maak nie -- ek dink na' nege geslagte van Suid-Afrikaner-wees hoort die
Scheeperse beslis in Suid-Afrika.
>
> Die aangepaste "gesegde" lui mos: If you can't beat them, join them and fight the rot from inside ....
>
> Groetnis
> Hoepel

Dagsê Hoepel, Moerse Boer/ Moerse Afrikaner/ Moerse wat nog?
Nee Hoepel ek is niks van die bg nie. Toe ek die RSA verlaat het was daar
erkenning van die feit dat die Afrikaner se hart 'n warm polsende Boere-hart
was. Ek twyfel of jy ooit die gasvryheid, behulpsaamheid en soveel meer mooi
dinge, van die Boere Tannie op die Boereplaas ooit enige plek in die wêrel=
d
sal kan ewenaar.
Dit lyk my dat daar toe 'n gogga gekom het wat die Afrikaner-boerevolk
verdeel het om hom te verswak. Nou sit die NSA met 'n klompie "Van my Beste
Vriende was swart - ek was altyd maar ANC" Afrikaners (Die regte Chickens)
deur na die Boere gemeeskap, wat deur soveel mense as 'n regse fanatieke
politiese vleuel beskou word. Alles, in my opinie, ook 'n klomp snert.
Die Afrikaner was altyd 95% anti swart en konserwatief, vanwaar hierdie
skielike verandering as dit nie vrees gedrewe is nie. Praat van Psigose.....
Wie is die "Chicken" Hoepel, hy wat verskonings kan uitdink vir nie alleen
sy eie fisieke verval in omstandigheid nie maar ook die van sy taal en
kultuur? Hy wat nou toelaat dat die sg Swartgevaar nou maar oor hom spoel
omdat hy te bang, of is die Emgels te Chicken, om veranderings in sy lewe
teweeg te bring? Is dit nie een van julle huidige politieke leiers wat graag
sou wou sien dat alle blankes padgee nie? Dieselfde persoon as wat geskreeu
het one Boer one Bullet..
DAAR IS NET TWEE SOORTE GUTS: Hy wat Staan vir wat syne is en een wat
emmigreer en weer van vooraf begin. BESLIS NIE DIE DRAADSITTERS NIE!
Glo my Hoepel Emmigrasie glo ek is naas die dood van 'n geliefde, die mees
traumatiese stap wat mens kan onderneem, maar om binne in 'n brandende huis
te sit en wag om te verkool en nie uit te spring en te lewe nie DIT IS
BREINLOOS!
Ja die besluit om te emmigreer is polities. Dit gaan egter nie oor die Ras
van die regering nie maar eerder oor sy vermoë om REGVERDIG te regeer. Toe
ek in my lewe die vraag moes beantwoord, om te besluit oor ons toekoms, glo
ek ek was reg!
Jy praat van verengels......? Kyk om jou en sien wat aan die gebeur is, dit
is op jou drumpel!
Taal is nie Kultuur nie! So verskil die Engelse Taal en kultuur van land tot
land. Amerika, Oz,NZ en Engeland. Praat nie eers van die kultuur verskille
tussen die Kaapse Afrikaners en die TVL se Afrikaners nie.Min Kapenaars eet
Pap en wors en ewemin Transvalers eet Bokkoms! Ons sal sekerlik met tyd 'n
Aussie-afrikaner-boer kultuur verkry wie weet!
Waar lei dit heen "Rather 'n live chicken than a dead duck"
Brain Drain? Indien dit slim is om raak te sien dat daar groot fout is en
dat die getalle oormag net te groot is dan ondergaan die NSA 'n brain drain.
Nie omdat wel belese profesionele mense en Sakemanne besluit om elders hul
heenkome te vind nie.
Ek is trots op my Afrikaner-Boerskap want dit sê alles van my herkoms en=
hou
my hart op die regte plek in my verhoudings met my naaste.
Hoepel kom kyk gerus na Oz, waarlik'n prag plek met goeie "Boeremense" van
alle kleure skakerings, tale en kulture EN DIE VRYHEID VIR ALMAL, OM DIT WAT
NA IS AAN HOM TE BEHOU , verskans nie net in die wette van die land nie maar
in die harte van die mense.
Indien daar nog 'n probleem is skryf net, ek antwoord graag.
Dankie vir die geselsie,
Paul

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1634  1635  1636  1637  1638  1639  1640  1641  1642  1643  1644  1645  1646  1647  1648  1649    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 07:21:44 UTC 2026