Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Boere wat "weghol"

Do., 21 Maart 1996 00:00

Paul,

> DAAR IS NET TWEE SOORTE GUTS: Hy wat Staan vir wat syne is en een wat
> emmigreer en weer van vooraf begin. BESLIS NIE DIE DRAADSITTERS NIE!
> Glo my Hoepel Emmigrasie glo ek is naas die dood van 'n geliefde, die mees
> traumatiese stap wat mens kan onderneem, maar om binne in 'n brandende huis
> te sit en wag om te verkool en nie uit te spring en te lewe nie DIT IS
> BREINLOOS!


Hoor hoor man! Jou bek verdien Jam!

Emigrasie is soos doodgaan - jy weet dat jy baie van jou mense nie
weer gaan sien nie. Dit is nie n lekker ding nie. Om n ou te hoor
sê dat dit lafhartig is, maak my bitter kwaad.

Hier in Queensland het ons onlangs n verandering in regereing gekry
nadat die sittende arbeiders party n tussenverkiesing verloor het.
Hulle en die konserwatiewe koalisie het n gelyke aantal setels gehad.
Die magsbalaans was in die hande van n onafhanklike politikus. Sy
kondig haar ondersteuning aan vir die konserwatiewe partye en dit was
die einde van die regering.

Wat het die dame laat besluit om die regering tot n val te bring ?
Wel, sê sy, die hoe"rskool word nie gebou nie en die hospitaal se
dak lek al jare. Die regering dien nie die mense nie.

Suid Afrika het amper 50jaar van Nasionale party regering gehad. Maak
nie saak hoe erg hulle opneuk nie, elke verkiessing skree hulle net
"kaffer" en al die ander misdrywe en selfs gruwels word vergeet. Die
boer, engelse en immegrante trek laer en stem vir oorlewing.

Nou gaan ons 50 jaar van ANC regering kry - met min of meer dieselfde
resultaat.

Vanoggend oor die nuus hoor ons Nelson sê ta ta vir Winnie. Hy het
glo $17,000,000 op sy naam na net n paar jaar en het al $1,000,000 aan
Winnie gespandeer. Die regter sê dis genoeg. Sy kry nie meer nie.

Intussen is daar menige hoe"rskole wat nie gebou word nie en baie
hospitale se dakke lek. Maar Nelson "suffer for the struggle". Hier
kom 50 jaar van leiers wat gaan "suffer" vir hulle mense. Selfde kak.
Net ander kleur. Die halftyd fluitjie het geblaas. Die kante het
omgeruil maar die selfde spel gaan voort.

Oz is n lekker plek.

Ek huil vir my Pa.
Ek huil vir my Ma.
Ek huil vir my Broer.

Ek wil nie hoor van Chickens nie. Dom donders.

jbe...@onthenet.com.au
http://www.onthenet.com.au/~jbergh
32 Koola Dr, Nerang QLD 4211 Australia
Phone: 61 7 55960462

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Mense sonder standpunte

Do., 21 Maart 1996 00:00

On Wed, 20 Mar 1996, Freek Eek wrote:

> Seker nie gelees wat ek geskryf het nie. Of dalk dit nie verstaan
> nie.
>
> Dit herinner my aan 'n kleuter wat nie iets wil hoor nie, en dan maar
> 'n liedjie sing sodat hy dit nie hoef te hoor nie.
>
> Franck, ek gee jou die geleentheid om die Afrikaner te definieer in
> algemeen aanvaarde volkekundige of etnologiese terme, sodanig dat dit
> strook met die geskiedenis en geskiedkundige beskrywings van die
> Afrikaner, wat verskil van myne. In plaas daarvan om allerhande
> duistere motiewe aan my siening toe te ken, gee my jou beskrywing dat
> ons dit kan toets teen die werklikheid (let wel nie teen droomideale
> nie, maar die werklikheid).

Freek, ek wil nie weer vir eeue aangaan nie, maar 'n paar dinge moet seker
maar geseg word, wat plek in beslag gaan neem.

Eerstens is daar nie eintlik "algemeen aanvaarde volkekundige of
etnologiese" definisies van 'n volk, nasie of kultuur nie
(as daar was, sou daar nie soveel ruimte gewees het vir boeke vol debatte
omtrent wat dit nou eintlik beteken om 'n "kultuur" of "gemeenskap" of
"volk" te wees nie). Tweedens het hierdie juiste kwessie, wat die
Afrikaner betref, 'n sekere patroon gevolg wat met politieke nasionalisme en
rassisme so' nou saamgebind was dat die ontknopingstaak een te veel vir
enige gesonde verstand is. Ek gee toe dat die "Afrikaner" in 'n redelik
duidelik definieerbare kernkonsep ontwikkel het, wat sterk "etnies" - in
die sin van die woord wat jy gebruik - en ook rasgebonde, is (mense wat
dit ontken, kyk 'n deel van die geskiedenis mis). Lidmaadskap van 'n
"kultuur" of 'n volk blyk beslis om (watookal andersins) om
persoonlike identifikasie met 'n sekere begrip en 'n beeld te wentel. En
daardie beeld het vir verskeie redes ontwikkel in wat meeste mense
deesdae as "Die Afrikaner" beskou.

Maar daardie beeld het in sy vormingsjare tot 'n asemrowende mate sterk 'n
suiwer ideologies-rassistiese, en selfbewus volgehoude, poging bevat om die
begrip op Blankwees te baseer, en om die groot bruin gemeenskap, wat
sterk die taal se wortels beinvloed het, uit te sluit. Dit was een van
die wonderbaarlike suksesse van die Nasionaliste dat hulle so vinnig 'n
komiteebesluit-agtige konsep van kunsmatigheid kon beroof en 'n
identiteit om die taal (vinnig omskep in 'n "Standaardvorm", met 'n
woordeskatskeppende industrie om die amptelikheid van die taal dag en nag
te heg en te timmer) en die Blankweesbeeld te bou. Die Mynstakings, die
Ossewa Brandwag, en Apartheid het elkeen hewig op hierdie perdjie gery -
met alle mag en krag moes die Blankwees van die Afrikaneridentiteit
verskans word, totdat die verskansingsproses finaal afgehandel is, en dit
vir almal baie moeilik was om die Afrikanerkultuur van die
"Afrikaner"-politiek te skei - in 'n sekere sin 'n onmoontlikheid.

Noudat die hele spul in sy maai is, ondervind die beeld en identiteit
weer druk om homself te herdefinieer. Daar's neurotiese pogings om die
Blankweesproses op ander maniere te behou - bv deur 'n volkstaat te skep,
wat op ras ook gebaseer is. (Dis miskien werklik nie 'n slegte idee
nie, as dit kon klaarkom sonder 'n soort rasgebaseerde
apartheidstelsel.) Daar's andere wat probeer voorhou dat die
Afrikanerkultuur nog nooit 'n polities-eksklusiewe ideologiese element as
grondpilaar bevat het nie. En so aan. Nou waar pas jy in? Ek het jou
boodskappe van Februarie af gelees, en (miskien verkeerdelik) 'n
eksklusiwiteitsindroom by jou bespeur. Die poslysgesprekke het eers om
genetiese raskwessies gewentel, soos gesprekke in Duitsland in die 30s.
Toe kom die tier-kat-hond-vark besigheid, en boer-blankwees by. In jou
gesprekke met Joop het jy eers die blankwees in Europees laat verander,
en toe van Europees na "etnies-en-nie-noodwendig-ras-nie" beweeg. En
as ek dit nie mis het nie, was jou benadering tot dusver sterk eksklusief
- die tipe ding wat Potgietersrus aan die brand gehad het, en die
Afrikaner se pogings om kulturele voorregte te geniet dag vir dag meer
kelder. Jy hou nie van die "duistere motiewe" nie, so miskien is ek heel
verkeerd, maar ek dink nie so nie.

Ons kan nie help om meer "Europees" as "Afrikaan" te wees in ons waardes
nie. Maar ons kan, as ons wil, die kleinlikheid en lelikheid van die
eksklusiwiteit wat aan die "Taal-kultuur"-identiteit help bou het, erken,
en dan verwerp, en ordentlik ons plek in die Suid-Afrikaanse samelewing
inneem, om ons mede-Afrikaanssprekendes saam te laat staan vir die behoud
van gemene Afrikaanse dinge. Dis in elk geval ons enigste kans, en is die
moeite werd. Daarvoor hoef ons ook nie al die groot kosbaarhede van die
Boeregeskiedenis, en die Afrikanergeskiedenis, prys te gee nie. Maar
sonder inklusiwiteit sal ons niemand se respek verdien nie.

Droomideale? Nee wat. Ysterharde werklikheid. Ek weet nie eers mooi waar
dit alles vir ons gaan los nie. Ons, met ons Europese waardes, sit in
Afrika (ek op hierdie oomblik nie!), met 'n werkloosheidsyfer van 45%,
met armoede wat baie harde werk gaan kos om toe te stop voor dit ons
verswelg, en met mense wat met regverdiging ietsie uit die storie wil kry.
En 'n president waarvoor ons ons sterre kan dank.

Baai
Frank

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

wat dink julle?

Wo., 20 Maart 1996 00:00

I AM AT BRIGHAM YOUNG UNIVERSITY AND AM CURRENTLY ENROLLED IN AN
AFRIKAANS CLASS. WE HAVE TO RESEARCH SOMETHING ABOUT THE SOUTH AFRICAN
CULTURE.

THIS IS MY QUESTION FOR YOU:

DO YOU THINK THAT AFIKAANS SHOULD STILL BE REQUIRED AS A SECOND LANGUAGE
IN PRIMARY AND SECONDARY SCHOOL EDUCATION?

PLEASE SEND YOUR RESPONSES IN AFRIKAANS AS THIS WILL HELP ME WITH THE
'TAAL' SECTION OF THE ASSIGNMENT.

THANK-YOU FOR YOUR RESPONSES.

TRISHA THOMAS

(teth...@cougarnet.byu.edu)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Afrikaans Translation Please?

Wo., 20 Maart 1996 00:00

I recently received the following e-mail message in Afrikaans from
someone in South Africa. Unfortunately I don't have access to an
Afrikaans dictionary or I could probably piece together the meaning
myself. What little I have been able to "translate" doesn't appear too
friendly. I'm particularly interested in what a "bliksim" is. :-)

Could someone help me with a rough tranlation of this? Hopefully it's
nothing offensive. My apologies if it is.
************************************************************ *****************
Ek se my broe hoekom skryf jy dan nie?Dit lyk vir my as ek nie skryf
dan skryf jy ook nie.Tiepse Amerikaanse gedrag , julle dink mos die
wereld is in julle land ne.Jou bliksim!
************************************************************ ****************
Thanks in advance,


Thanks,
Gabe
"The Cartoonist in San Diego"
Martin
bord...@cts.com
http://www.cts.com/~borderln/

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 6 kommentare

Freek Bleek

Wo., 20 Maart 1996 00:00

Onse Freek wil die Blankbly laat lankbly;
Afrikaans se geskiedenis van Malei
Wil hy net vergeet
En met kat aan stert beet
Na Ossewabrandwag toe teruggly:

"O, Broeders, die ontug is op ons,
En dit gons van Die Bontheid se groep-bons;
Maar hier waar ek sit
Bly ons immermeer wit
In ons kwynende groepie van Net Ons."

Sterkte Freek
Frank

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Afrikaner naby New York

Wo., 20 Maart 1996 00:00

JC Claassen wrote:
>

> Chris Claassen, skakel gerus wanneer New York te veel raak vir jou.

Ons woon in die buitewyke van Philadelphia, sowat 75 myl Suid van New
York. Ons foonnommer is (610) 446-3749. Jy kan Afrikaans praat met Jan
(snr. Ekonomie), Thea,(Taalkunde) Jan (jnr.Rekenaar-ingenieurswese) of
Ella (Grafiese kuns). Ons sien uit na jou oproep.

Groete,

Jan Lange
>



--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Fundamentalistisch

Wo., 20 Maart 1996 00:00

FUNDAMENTALISTISCH
------------------

At 08:37 18-03-96 SAT, schrijft Reinier de Vos:

> Hmmm - weet nou nie na watter "fundamentalistiese" (die nuwe
> teologiese vloekwoord) Christene jy verwys nie, ... etc

At 09:25 19-03-96 Sat, schrijft Reinier de Vos:

> Die woord "fundamentalist" in die Christelike sin, het
> blykbaar sy oorsprong onder sekere Christelike teolo-e in
> 19de eeuse Engeland, waar daar 'n pleidooi gelewer is vir
> 'n terugkeer na "Biblical fundamentals". ... etc.

Als ik jou nu goed begrijp Reinier, maar verbeter me
alsjeblieft als ik me vergis, want de logica ontgaat mij
in hoge mate, is 'het nieuwe theologische vloekwoord',
zoals jij 'fundamentalistisch' op 18 maart omschrijft,
op 19 maart volgens jou opeens een woord dat stamt uit
het 19de eeuwse Engeland, en nog wel afkomstig van
"sekere Christelike teolo-e". ???

Bernhard Bezemer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Fundamentalistisch

Wo., 20 Maart 1996 00:00

Bernhard skryf:

> FUNDAMENTALISTISCH
> ------------------
>
> At 08:37 18-03-96 SAT, schrijft Reinier de Vos:
>
>> Hmmm - weet nou nie na watter "fundamentalistiese" (die nuwe
>> teologiese vloekwoord) Christene jy verwys nie, ... etc
>
> At 09:25 19-03-96 Sat, schrijft Reinier de Vos:
>
>> Die woord "fundamentalist" in die Christelike sin, het
>> blykbaar sy oorsprong onder sekere Christelike teolo-e in
>> 19de eeuse Engeland, waar daar 'n pleidooi gelewer is vir
>> 'n terugkeer na "Biblical fundamentals". ... etc.
>
> Als ik jou nu goed begrijp Reinier, maar verbeter me
> alsjeblieft als ik me vergis, want de logica ontgaat mij
> in hoge mate, is 'het nieuwe theologische vloekwoord',
> zoals jij 'fundamentalistisch' op 18 maart omschrijft,
> op 19 maart volgens jou opeens een woord dat stamt uit
> het 19de eeuwse Engeland, en nog wel afkomstig van
> "sekere Christelike teolo-e". ???

Die "nuwe teologiese vloekwoord" verwys na die sin waarin die woord
"fundamentalisties" deesdae in verband met godsdienste gebruik word.
Soos ek die saak verstaan, is dit 'n betreklik onlangse ontwikkeling.
Die oorspronklike, 19de eeuse betekenis staan nie meer in die moderne
(Amerikaanse?) sin van die woord nie, waar dit blykbaar eerder as 'n
soort karakterisering van mense met bepaalde deur godsdiens gekleurde
politieke oortuigings gebruik word. Selfs binne kerkgeledere word daar
deur "liberale" Christene ietwat neergesien op "fundamentaliste". My
uitleg hier is natuurlik ook 'n oorvereenvoudiging, en ek sal bly wees
om ander insigte te hoor.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Engelspraters

Wo., 20 Maart 1996 00:00

In article fe...@is.co.za (Koos) writes:

> MY probleem is dat almal vir MY vaagweg vreemd lyk........

Koos, is dit die vaagheid of die vreemdheid wat bodder?

Indien die eerste, count your blessings.

Indien nommer twee, vra die astroloe" vir 'n bietjie verheldering; ek sien
hulle't voorspel dat Oz die krieket sou wen...

g r o e t e . . . andre

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Cirkelredenering

Wo., 20 Maart 1996 00:00

CIRKELREDENERING
----------------

At 09:07 20-03-96 SAT, Reinier de Vos wrote:

> Die "nuwe teologiese vloekwoord" verwys na die sin waarin die woord
> "fundamentalisties" deesdae in verband met godsdienste gebruik word.
> Soos ek die saak verstaan, is dit 'n betreklik onlangse ontwikkeling.
> Die oorspronklike, 19de eeuse betekenis staan nie meer in die moderne
> (Amerikaanse?) sin van die woord nie, waar dit blykbaar eerder as 'n
> soort karakterisering van mense met bepaalde deur godsdiens gekleurde
> politieke oortuigings gebruik word.
------------------------------------------------------------ ------------

Reinier, jij en ik hebben over het fundamentalisme de
volgende schitterende redenering bij elkaar geschreven:

1) Ik schrijf over fundamentalistische Christenen.

2) Jij schrijft: Het nieuwe theologische vloekwoord.

3) Ik schrijf: Nee, dit woord komt van bijbelvaste Christenen uit
de U.S. of A.

4) Jij schrijft: Nee, het woord komt van de Engelse fundamentals uit
de 19de eeuw.

5) Ik schrijf: Nu begrijp ik je niet meer, is het nu een nieuw woord,
of is het een oud woord?

6) Jij schrijft: Het woord in zijn huidige (Amerikaanse?) betekenis
is een ander dan het woord uit de 19de eeuw.

7) En dan zijn we nu weer terug bij wat ik eerst met
fundamentalistisch bedoelde, en wat jij toen ook goed begreep, als
ik jou nu goed begrijp. Een cirkelredenering Descartes waardig!

Bernhard Bezemer


"Godt voeren in den mond, de valschheid in 't gemoedt."
(Joost van den Vondel, 1587-1679).

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1635  1636  1637  1638  1639  1640  1641  1642  1643  1644  1645  1646  1647  1648  1649  1650    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 07:41:26 UTC 2026