Onlangs is twee werklik onkundige uitlatings oor onderskeidelik evolusie en
die koolstof-14 toets in hierdie gespreksgroep gemaak. Dit het my laat wonder
hoeveel Afrikaners deesdae evolusie as 'n feit aanvaar. Ek besef dat hierdie
groep nou nie juis 'n statisties betekenisvolle populasie van die Afrikaner is
nie, maar ek sal nogtans graag wil weet wat die algemene opinie "daar buite"
is. Dink deelnemers dat evolusie grotendeels aanvaar word, of andersom, en
wat is die rede(s) vir hierdie opinie(s)? Is publikasies deur diegene wat
deur ons evolusioniste bestempel word as "kreasioniste" die rede vir die
verwerping van evolusie? Ek sou nogal graag wou weet, indien moontlik.
Groete,
Leon Retief,
Bellville
Verstaan-
geen pad is ooit te ver vir my nie.
Die weer is altyd reg,
en as daar kreef vir brekfis is, ook okay.
Partykeer is ek verlore, ander vas,
mens kan soms nie sê wat die verskil is nie.
Soms het ek 'n lang baard sonder skoene,
nou dra ek mooi klere en ek groet almal.
Ek soek na 'n coffeeshop met 'n view
partykeer soek ek na liefde.
Ek verander nou die draadloos se stasie,
my musieksmaak raak oud.
Ek sit my oor teen die kassie,
my vinger op die vibrasie.
Ek tik teen die ruit om middernag.
Ek soek 'n coffeeshop met 'n view
partykeer soek ek na stilte.
Soms kan ek in my slaap onthou
op watter lughawe ek laas was,
waar ek 'n milkshake gedrink het,
geld uigegee het, of vriende onthaal het
maar dis nie eintlik belangrik nie.
Ek soek na 'n coffeeshop met 'n view
partykeer soek ek na kerse.
Nou't ek bye leer sê met 'n smile
en ek weet dis nie nodig om te verstaan nie.
Langs elke pad is 'n wensfontein oop vir almal
na-ure, of as jy moet oorslaap vir 'n aand.
Ek sit in 'n coffeeshop met 'n view
ek lees feeverhale.
> Leendert skryf:
> =20
>> Soos ek die voorgestelde klousule lees, verwys dit na spraak wat
>> _immanente_ geweld, ens op grond van ras, ens aanmoedig.
>>
>> Dit beperk die trefkrag daarvan - en verhoed dat Albie Sachs se boek
>> verban moet word :-)))
> =20
> Ek het nie die voorgestelde teks voor my nie, maar selfs met so 'n
> bewoording maak dit nie vir my veel sin nie. Hoekom word slegs sekere
> kategorië uitgesonder? Wat van spraak wat geweld op grond van
> politieke verskille aanhits? Mens sou tog dink dat dit ons grootste
> probleem tans is.
> =20
> Die punt wat ek probeer maak is dat die verbod op "haatspraak" op slegs
> sekere gronde bv. ras, geloof, geslag, nie sin maak nie. Indien die
> staat sekere vorms van spraak wil verbied omdat daar vrese vir geweld
> is, sal 'n klousule wat "aanhitsing tot openbare geweld" - punt, meer
> sin maak. Ek vrees dat sake uiteindelik met die voorgestelde klousule
> teen haatspraak soos met regstellende aksie beleide wêreldwyd sal
> verloop, waar situasies ontstaan waar die retoriek en werklikheid nie
> met mekaar ooreenstem nie.
[daar volg etlike pertinente insigte oor regstellende aksie nav Sowell]
> So sal ons sien dat die definisie van haatspraak, en die gronde waarop
> dit nie toelaatbaar sal wees nie, uitgebrei sal word op 'n wyse wat
> die staat bevoordeel en individuele vryheid inperk. Ons kan dit nie
> aan die "goeie bedoelings" van die opstellers van die bepaalde klousule
> oorlaat nie.
> =20
> Die Duitse grondwet het blykbaar 'n klousule wat vryheid van spraak
> verabsoluteer, maar nou hoor ons by Frank dat dit selfs daar beperk
> word op wyses wat vir die Amerikaners onaanvaarbaar sou wees.
In die goeie ou dae, voor boeke vol wetgewing in Engeland Dicey se
negatiewe vryheid van spraak ongedaan gemaak het, is 'n klassieke
uitspraak gelewer deur die QBD per ene Field J. Die saak was BEATTY v
GILBANKS (1882) 9 QBD 308. Die Salvation Army het oor 'n periode van 'n
aantal weke 'n paar optogte in die strate gehou, met vlae en musiek en so=
aan, en op elke geleentheid was daar 'n oproer en het gevegte tussen die
Salvation Army en die "Skeleton Army" uitgebreek - "free fight, great
uproar, blows, tumult, stone throwing and disorder ensued." Die publiek
het die polisie gevra om die besigheid stop te sit. Die owerhede laat
weet toe per kennisgewing dat "all persons are to abstain from assembling=
to the disturbance of the public peace in the public streets". Die
Salvation army wou niks weet nie. Optog. Sersant: "gehoorsaam die
kennisgewing". Beatty: "Nee." Arrestasie en skuldvonnis vir
"breaching Her Majesty's peace".
Field J: "The finding of the justices amounts to this, that a man may be
convicted for doing a lawful act if he knows that his doing it may cause
another to do an unlawful act. There is no authority for such a proposition=
."
Daardie benadering bestaan nie meer in Engeland nie - wetgewing wat
"insulting, abusive or threatening" taal verbied as sulke taal tot
wanorde kan lei, het die hof in JORDAN v BURGOYNE [1963] 2 QB 744 laat
besluit dat die spreker sy gehoor moet "neem soos hy hulle kry" - as hulle=
"hooligans" is, dan is dit sy probleem.
Die Europese menseregtekomissie het 'n aansoek van die hand gewys
van 'n groep genaamd "Christians against Racism and
Fascism", nadat die Britse polisie hulle optog verbied het, omdat die
polisie (juistelik) geweld verwag het. Die Komissie: "The procession
would not have been peaceful having regard to the possible activities of
opponents and extremists".
Teen sulke owerheidsoptrede haal ek die woorde van Black J aan, in sy
minderheidsuitspraak in FEINER v NEW YORK (1951) 71 Sct 303, waar 'n
seepkisopruier gearresteer is nadat
die polisie hom drie keer moes vra om op te hou en een van die toeskouers=
gemaan het "if you don't remove that S.O.B., I will":
"The end result here... is to approve a simple and readily available
technique by which cities and states can with impunity subject all
speeches, political or otherwise, on streets or elsewhere, to the
supervision and censorship of the local police. I will have no part or
parcel in this holding which I view as a long step toward totalitarian
authority." Regter Black het bygevoeg dat die polisie eerder die man moes=
beskerm het, en aggressie van die toeskouers moes straf. Die
meerderheidsuitspraak het egter die vonnis bevestig. (Feiner was besig
om te vertel hoe swartes moes opruk en hulle regte moes afdwing, en
dat President Truman 'n "bum" was. Die toeskouers het nie saamgestem nie.)
aar selfs die "fighting words"-uitsondering op vryheid van spraak -
"words which by their very utterance inflict injury or tend to incite an
immediate breach of the peace" (CHAPLINSKY [1942] 315 US 568) - was nie
genoeg om 'n "opstoking"-klousule, wat spesifiek op rassisme gebasseer was,
grondwetlik toelaatbaar te maak nie. 'n Nazi opmars, met swastikas en
vlae en al, deur 'n Joodse dorp, mog nie deur 'n plaaslike wet, wat
rassistiese opstokery verbied het, gestop word nie (COLLIN v SMITH [1978]=
578 F2d 1198): "It is perfectly clear that the state may not make
criminal the peaceful expression of unpopular views". En in RAV v ST PAUL=
was die feit dat die betrokke haat-opstookwet ook op 'n spesifieke
oortuiging
(rassisme) gemik was, genoeg om die wet ongrondwetlik te verklaar, en
skuldvonnisse vir die brand van 'n kruis deur 'n aaklige gespuis buite
swartmense se huis nietig te verklaar.
Miskien moeilik vir meeste mense om te sluk. Maar, soos die hof in COLLIN=
tereg opgemerk het: "It is, after all, in part the fact that our
constitutional system protects minorities unpopular at a particular time
or place from governmental harassment and intimidation that distinguishes=
life in this country from life under the Third Reich".
Jammer Duitsland en Suid-Afrika, wat die les baie meer benodig, wou dit
nie leer nie.
Ek wonder of die feit dat ek my mening lig - dat die haatwet moet weg -
"grondwetsvyandig" is, en wat die straf eendag daarvoor sal wees. Sal
publisering van Amerikaanse hooggeregshofuitsprake ook "grondwetsvyandig"=
wees? Hopelik het die regering nog nie die Bevolkingsregistrasiewet en
die Suppression of Communism Act verloor nie, want die bewoording hoort
heel nuttig te wees vir nuwe doeleindes - 'n strepie hier, 'n strepie
daar, en siedaar, ou swaer, ons stop die hele lot in die tronk.
'n Tyd gelede het ek hier genoem dat daar by http://www.cs.cmu.edu/~dougb/ident.html
'n taal-herkenner is en dat die baas daarvan (Doug Beeferman) gewillig is om
Afrikaans by te voeg op sy lys van kandidaat tale. Hy benodig egter 100 k
skoon teks om sy stelsel te leer.
Hiermee my dank aan die poslyslede vir hul voorstelle van Afrikaanse teks op
die internet. Daar was verskeie weergawes van voorstelle oor die gebruik
van vorige poslys artikels, waaronder "Die Versamelde Werke van Renier en
Leendert". Daar was ook rigtingwysers na Afrikaans tekste op web-blaaie.
Aangesien geen een van hierdie voorstelle die ideale oplossing gebied het
nie, het ek besef dat ek die 100 k teks uit verskillende bronne sou moes
versamel. Dit het elk geval gehelp dat html teks aanvaarbaar sou wees.
Ek het toe begin om poslys artikels op te gaar. Eers het ek gedink om 'n
samehangende dokument oor die debatte rondom rekenaar virusse en lewe saam
te stel, maar het besef dat dit onrealisties sou wees. Ek het toe
verskillende artikels met 'n redelike stuk teks gebruik en ge"eindig met 'n
mengelslaai van onderwerpe soos:
opstapeling van nie's
binnekamergesprekke in 'n kroeg en op 'n seepkis
oorbluffende potjiesLatyn
tikfoute in e-pos
privaatskole
rooihoed in die kerk
en, les bes, die vrae van "moet ek" of "moet ek nie" met die Ozafrikaner
perthspektief van "hoekom ek het" . As ek maar net geweet het van al die
weerlig- en donderweer-woorde wat aan't kom was, sou ek langer aangehou het
met my versameling. :-)
In die uiteindelike dokument het ek alle skrywername uitgehaal. Die
internet skryfstyl is ook effens geredigeer ten gunste van meer volsinne.
En, natuurlik, die dokument is (met groot moeite) deur 'n speltoetser gewurg.
Hierdie nota is om te sê dat ek die dokument aan Doug Beeferman gestuur het
en dat ek hom na 'n aantal Afrikaans web-blaaie verwys het. Wanneer daar
verdere vordering met die insluiting van Afrikaans by die taal-herkenner is,
sal ek laat weet.
new...@icon.co.za wrote:
>
> Is daar enige statistieke beskikbaar oor die huidige bevolkings samestelling van Australie. As gevolg van apartheid is daar relatiewe goeie sensus statistieke
>
> Gert van Eeden.
Jammer Julius, man. Ja, ek het eintlik so gedink (dat dit die vertalings
was waarna jy verwys het, maar was toe skielik nie meer so seker nie). Is
julle mense nou al weer wakker daar down under of wat?
Terloops, Duits sê Donnerwetter, wat nog meer direk met die
weerstoestande te doen het as "donder". In Duits kan mens ook oor die
algemeen "Scheisse" gebruik in kringe waar jy nie sal droom om "shit" of
"kak" te gebruik nie - as 'n uitdrukking, nie letterlik nie, moet ek
byvoeg - e..oeps, ek bedoel 'n woord (my hartlike omverskoning aan die
gemeentes en
kindertjies wat lekker saamlees, maar dis ernstige dinge hierdie).
Daar's 'n vreeslike oulike boek van 'n ou Professor van my, Geoffrey
Hughes, wat "Oaths in Time" heet, wat die etimologie van al die Engelse
vloekwoorde nagaan. Miskien moet die woordboumanne vir ons 'n boek
uitbring met die titel "Die Wet van Transvaal".
Die plaaslike koerant hier in Queensland het n klein beriggie amper
weggesteek. Dit was nie eers op TV of Radio nie. Ek wonder hoekom dit
doodgeswyg word? Hier is dit:
"Mandela Beaten"
Johannesburg: President Nelson Mandela was physically attacked several
times by his former wife, Winnie, during their tumultuous marriage, which
ended in divorce on Tuesday, City Press newspaper said yesterday. "A
bodyguard stepped in on one occasion and drew a firearm, saying he would not
allow his president to be humiliated" the paper said.
Rowwe meid die Winnie! Nelson moet bly wees sy kon nie vuurhotjies in die
hande kry nie!
OK - sorry oor die M woord maar ek kon dit nie help nie. Sy het amper vir
Nelson ge-Thunder.
Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
Hendrik en Gerhard verwys na Italië se regering wat so dikwels
verander, maar geen groot opskuddings veroorsaak nie. My gunsteling is
nog steeds Switserland, waar die meeste Switsers nie eens weet wie die
Staatspresident is nie. Hulle gee eenvoudig nie veel om nie, aangesien
hy bloot die voorsitter van 'n uitvoerende komitee is, wat buitendien
elke twee jaar vervang word - 'n grondwetlike bepaling. Aangesien die
vernaamste politieke besluite op kantonale- en gemeenskapsvlak gemaak
word, is die politici in die sentrale regering se doen en late van min
belang vir die deursnee Switser. As hulle 'n bietjie te magsbehep raak,
soos politici geneig is om te doen - Switserse politici synde geen
uitsondering nie - word hulle gou deur 'n referendum of inisiatief in
die bek geruk.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
we looking out for immigrationpeople from belgium or the Netherlands in yr
country and also speaking the Dutch language
pls by return yr email
regards
Alex