Reinier het 'n paar keer in sy boodskappe oor staatsinmenging na Sowell se
boek oor regstellende aksie verwys. 'n Titel met "Disaster", as ek dit
nie mis het nie. Nou wil ek graag die ding vind, en wil weet wat nou weer
die presiese titel was, en die datum van uitgawe. Ek weet hy het 'n rits
boeke oor regstellende aksie geskryf, een in 1975 (Affirmative Action
Reconsidered), en ek sien daars 'n 1990 boek met die titel Preferential
Politics: An International Perspective. Maar die Bodleian het blykbaar
nie die titel waarna Reinier verwys nie, wat ontsaglik eienaardig is,
behalwe as die ding vanjaar eers verskyn het, of voor 1988 (maar dan sou
die 1975 boek nie op die program gewees het nie).
Terloops, Reinier: ek het 'n paar artikels van John Gray oor Gerald Cohen
se marxistiese idees omtrent gelykheid gelees, wat baie goed was:
"Against Cohen on Proletarian Unfreedom" in E.F. Paul et al (eds)
CAPITALISM, Oxford: 1989, 77; "Marxian Freedom, Individual Liberty, and
the End of Alienation" in E.F. Paul et al (eds) MARXISM AND LIBERALISM,
Oxford: 1986, 160.
Ek het 'n seminaar hier oor Robert Nozick aangebied, en moes Cohen se
aanval op self-eiendom (selfbesitting) aanvat. Cohen se nuwe boek,
SELF-OWNERSHIP, FREEDOM AND EQUALITY Cambridge University Press 1995, is
ontsaglik goed. Cohen, 'n Marxman, verduidelik hoe die liberale aanvalle
op libertarisme die pot mis sit, omdat hulle die konsep van self-eiendom
nie met genoeg erns behandel nie. Cohen dui aan hoe tradisionele Marxiste
eintlik aan self-eiendom geheg is, omdat hulle begrip van uitbuiting
as sentrale steunpilaar op self-eindom rus. Dan probeer Cohen die begrip
onskadelik stel, omdat die begrip die vryheidsgesindes se idees net help.
Hy slaag gelukkig nie in sy poging nie. Maar sy boek is briljant, en baie
vermaaklik. Daars glo iets in die Oxford Journal of Legal Studies 1995
oor die hele debat, waarna ek nog moet kyk.
Die Sandel-boek oor liberalisme was reeds op my lys, maar die lys hou net
aan groei. Ek sal voor Julie 1997 die boek gelees kry. Wat Nozick betref,
is die volgende vryheidsgesinde kritiek op ANARCHY, STATE AND UTOPIA baie
insiggewend: Eric Mack, "Nozick on Unproductivity: The Unintended
Consequences" in J. Paul (ed) READING NOZICK, Totowa New Jersey, 1981;
Eric Mack, "Distributive Justice and the Tensions of Lockeanism",
(1983-4) SOCIAL PHILOSOPHY AND POLICY, 132.
Ek wil baie graag nog die Gray-boek oor Hayek lees. So baie boeke, so min
tyd.
Sommer met die intrapslag is daar inligting oor die nuutste boek deur
Sowell.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Frank vra:
> Reinier het 'n paar keer in sy boodskappe oor staatsinmenging na Sowell se
> boek oor regstellende aksie verwys. 'n Titel met "Disaster", as ek dit
> nie mis het nie. Nou wil ek graag die ding vind, en wil weet wat nou weer
> die presiese titel was, en die datum van uitgawe. Ek weet hy het 'n rits
> boeke oor regstellende aksie geskryf, een in 1975 (Affirmative Action
> Reconsidered), en ek sien daars 'n 1990 boek met die titel Preferential
> Politics: An International Perspective. Maar die Bodleian het blykbaar
> nie die titel waarna Reinier verwys nie, wat ontsaglik eienaardig is,
> behalwe as die ding vanjaar eers verskyn het, of voor 1988 (maar dan sou
> die 1975 boek nie op die program gewees het nie).
Jeff Zucker het die artikel vir my gestuur (dankie, Jeff). Hy het dit
in die 1989 uitgawe van Commentary gevind. Die titel is "'Affirmative
Action': A Worldwide Disaster". In die artikel verskyn die volgende
inligting:
"Thomas Sowell, senior fellow at the Hoover Institution, Stanford, is
the author of many books, including "A Conflict of Visions", "The
Economics and Politics of Race", "Ethnic America", and most recently,
"Choosing a College". The present essay (whose appearance here is made
possible by the Harry Elson Commentary Fund) is adapted from his new book,
"Preferential Policies: An International Perspective", to be published
next year by Morrow."
Don Caldwell haal ook vir Sowell se "Preferential Policies" aan in sy
hoofstuk oor regstellende aksie (Affirmative Action: Look Who's Racist
Now) in "No More Martyrs Now: Capitalism, Democracy and Ordinary
People" (Conrad Business Books, Johannesburg).
Ek het ook 'n rukkie gelede Laissez Faire Books se katalogus van Jeff
ontvang. Daarin verskyn enkele resensies van Sowell se boeke.
Jy kan dit ook op die World Wide Web besigtig by:
Dankie vir die inligting oor die ander boeke. My vryheidgesinde
navorsing is slegs 'n stokperdjie, dus moet ek jou versugting
deel oor soveel boeke, so min tyd.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
"Leendert van Oostrum" <OOS...@scientia.up.ac.za> wrote:
<<>Soos ek verstaan het Trevor Manuel se vorige ministerie iets te doen
>gehad met miseries soos hierdie.>>
Ek sien jy is op jou wetenskaplike beste.
As jy wil, kan ek gou 'n paar menings en gerugte op die boonste vloer
gaan haal en insit in die bespreking. Stel jy belang?
At 01:12 31-03-96 SAT, Frank wrote:
>
> TOE TYD WEER KOM
-------------------------------------------------------
Zoals ik al eerder schreef, vind ik jouw gedichten
behoren tot de categorie kreupel-verzen en Sinterklaas-
rijmen. Bestemd voor de welwillend toehorende
familiekring, goed gehumeurd bijeen achter zorgvuldig
gesloten buitendeuren. Met aan je ene zijde je
toegewijde vrouwtje, en aan je andere zijde je
liefhebbende moedertje.
Maar er is nog iets met jouw 'verzen'. Normaal
kan ik het Afrikaans redelijk lezen. Maar jij maakt
er al 'dichtend' zo'n bizarre woorden-brij van, dat
ik er met de beste wil niet uit kan komen. Voor mij
volstrekt onbegrijpelijke taal soms. Wel uniek, dat
wel, maar toch geen verrijking van de Afrikaanse
Letteren, naar mijn bescheiden mening.
Bernhard Bezemer
"Vaak dient het rijm slechts om de innerlijke
ongerijmdheid te bedekken." (Saitschick).
Toe tyd weer kom, toe sit ons met 'n land -
Te bowe gaan die plekkie die verstand -
Waar eeue saamspan om die gek te skeer,
En kolk en maal, en maal en kolk maar weer,
Wat saamgegooi het alle soorte mens
Soos malsiekjan se goeters in sy spens,
Wat eers gewoed het met die aardbolgal;
aar nou is almal slaansaknelsonmal.
In 1652 kom Oom Jan,
Wat lank moes soek om skeurbuik te verban,
By platbergbaai se strand met skepe aan
En kom en gaan en gaan en kom en gaan,
Tot dinge reed'lik goed begin te lyk
En Britse ogies suid begin te kyk;
Dan was daar nog 'n klomp van Frankryk ook
En binnekort begin die pot te kook.
Want Xhosa was daar, Zoeloe, Matabeel
En bruin en swart en pienk en bietjie geel,
Vir een ou plekkie was dit effens veel,
En graag wil mensdom nie met ander deel,
Dis bloed en spies en bom en haelgeweer
En vlaggies hys en stryk en hys hul weer;
Daar kom toe diamant met goud daarby,
En wragtig sal die storie end nooit kry.
Hoe lyk die plekkie nou, wil almal weet,
Nou dat daar blom wat demokrasie heet?
Nee wat, dit lyk asof daai demo-ding
Vir ons nog meer soos vantevore bring;
et kierie en met krom masjiengeweer
oor almal heerlik voort soos van weleer;
Dit lyk asof die bloed nou verder spat
En taxiboef kraai koning in die stad.
Die Koningin van daardie demo-ding
Het eers vir Stompie toe haar man bespring;
Haar man probeer wel vrede te bewaar,
aar sê bra min oor skiet op Zoeloeskaar;
Daars mense wat die setlaars wil verbrand,
En ander wat wil slag vir stukke land;
Die een wat gister nog Lenin siteer
Wil als wat beef nou graag privatiseer.
Daars baie honger en daars baie haat,
Daars baie wat die demo-ding verlaat,
Daars amnestie vir my en tronk vir jou,
Daars hordes wat veel eerder breek as bou,
Daars treine bloed en treine lekker sous,
Daars boeties wat vir bandjies poste smous,
Daars tannies wat swart kindertjies verbied,
Daars oompies wat swart kindertjies snags skiet.
Nou wonder ek, as wolf mens vir mens is,
Soos Hobbes vertel, of hoop vir ons spens is.
Daai eeue met hul maljan gekgeskeer
In hierdie land verbaas ons keer op keer;
Die mens is dwaas, die demokrasie dom,
Maar die wat beter weet bly blykbaar stom;
Waar mag van andere my altyd kwaal
Laat demo-ding my vryheid asemhaal.
Vrydag se koerant hier in OZ vertel dat Mandela ewe vriendelik vra dat
mense uit sy persoonlike finansies bly.
Alhoewel ek oortuig is dat Mandela die beste ding is wat met NSA kon
gebeur, wil dit nie sê dat mense hom n onvoorwaardelike kretiek vrye
lisensie mot gee nie. Die ding lyk tiepies Afrika-politiek.
Gegee die jaarlikse salaris van die eersteminister van OZ, sal dit 100
jaar neem om soveel in salaris te ontvang maar dan sal hy dit feitlik
als gebruik vir lewenskoste en slegs n persentasie daarvan kan spaar.
Indien die eerste minister van OZ geld uit ander bronne ontvang, sal
dit die onderwert van parlimente^re komisies wees en as in konflik met
sy amp beskou word.
Die afgelope week het ons hier in Ottawa gaan luister
na Generaal Georg Meiring, hoof van Suid-Afrika se
militere struktuur. Iets was so reg daar voor my: hierdie
ouerige breedgeskouerde Afrikaner in sy netjiese uniform,
en Billy Modise, nou aan die hoof van die SA diplomatiese
diens hier, 'n Twsana wat in Bloemfontein grootgeword
het. Twee seuns van my geboorteland, uiteindelik op gelyke
voet, uiteindelik besig om te werk vir hulle land.
Generaal Meiring verduidelik toe onder andere hoekom
hulle in Kanada is: hulle voel dat hulle baie van Kanada kan
leer. Die twee lande het omtrent dieselfde bevolking, en
Kanada het groot ondervinding in "peacekeeping", iets waarop
die SA militere struktuur hulle wil voorberei.
Dis toe dat ek besef: ek is nie meer Suid-Afrikaner nie.
Ek is Kanadees. Ek is trots om burger te wees (noual vir
23 jaar) van 'n land wat gerespekteer word in die wereld as
'n vredeliewende land, wat orals ingestoot word as die vrede
behou moet word. (Hulle raas in die Kanadese parlement as
daar weer 'n versoek kom, vra of ons dit kan bekostig, maar
as ons weer sien, dan gaan daar 'n regiment erens heen, met
Franse name as hulle in 'n Franssprekende area benodig word,
met Engelse en Franse name deurmekaar as Engels die voer-
taal gaan wees.)
Ek voel ge-eerd om saam te bly in 'n land waar daar talle
verskillende groepe mense bly wat al vir duisende en duisende
jare hier hulle tuiste maak: Inuit in die noorde, allerhande
"First Nations" groepe (ek weier om te dink aan hulle as Indiane,
net omdat 'n dom Europeer lank gelede gedink het hierdie
kontinent is Indie), en Metis (afstammelinge van die lokale
groepe en Franse voyageurs in die 17de en 18de eeue.)
Met die sogenaamde witmense hier het ek soms moeilikheid.
("Witmense?" vra ek vir my kinders toe hulle nog adolessente
was en met 'n storie inkom dat hulle witmense is. "Ek dink nie
julle is wit van kleur nie. Meer pienk en beige deurmekaar,
met sulke bruin kolletjies hier en daar.") Dit irriteer my as
'n sogenaamde witmens, wat 'n paar jaar gelede erens uit
Europa na Kanada geimmigreer het, vir 'n swart persoon hier
vra "En waar kom jy vandaan?" En dan is hierdie swartmens
se voorouers al 5 geslagte lank in Kanada (lank voor 1867 toe
Kanada gebore is) : mense wie se voorouers afstammelinge
is van slawe toe slawerny nog toegelaat was, slawe wat saam
met hulle meesters na Kanada toe gekom het na die Ameri-
kaanse Vryheidsoorlog omdat hulle nog onder Engeland wou
wees, swart mense wat op die "underground railway" hierheen
gevlug het uit die VSA, waar slawerny nog wettig was tot in
1863.
Ek is dus Kanadees. Ek hoort nie hier as ek nie my volle
energie en lojaliteit aan hierdie land kan gee nie. Ek hou ook
nie daarvan om as "chicken" beskou te word nie. (Ons het SA
kans gegee, vier jaar teruggegaan en daar gaan bly aan die einde
van die sestigerjare, en toe vir 'n tweede keer getrek.)
Maar ek beskou as die ware helde die mense wat nou in
Suid-Afrika bly, gedetermineerd om hulle land reg te ruk na
die jare van verwoesting wat deur apartheid aan alle strukture
gedoen is. En in die oe van die wereld is julle helde: mense
wat met grasie en intelligensie verklaar het: die dominansie
van witvelliges hou hier op, en behoort ook op te hou oor die
hele wereld. Nou is ek nie meer skaam om te se waar ek gebore
is as iemand vir my vra waar ek oorspronklik vandaan kom nie.
( Die Afrikaanse aksent gee dit elke keer weg!) Die woorde
"Suid-Afrika" en "Afrikaner" sit nou weer die vonkel in mense
se oe. Moet dit nooit vergeet nie.