Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Lezen

Ma., 15 April 1996 00:00

At 23:03 14-04-96 SAT, I wrote:
> Nieuwe media en nieuwe wetten
> -----------------------------
> Jawel, wij stapje voor stapje. En elk stapje kan de laatste
> zijn.
>
Daar hoort natuurlijk het woord '_lezen_' bij: wij lezen
stapje voor stapje.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Erediens in Afrikaans

Ma., 15 April 1996 00:00

Geluk met die erediens in Afrikaans Paul! Dit lyk my julle het n lewenvatbare Afrikaans
gemeenskap daar in Perth. Ek sou graag wou kom inloer een Sondag as dit nie was dat Perth nader
aan NSA as aan Brisbane was nie :-)

Voorspoed.
--
Snail Mail: 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211 Australia
E-Mail : jbe...@onthenet.com.au
URL : http://www.onthenet.com.au/~jbergh
Phone : 61 7 559 60462 Fax: 61 7 336 81599

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

TV, seks, geweld.

Ma., 15 April 1996 00:00

Na aanleiding van Bernhard, Leendert en Hendrik se boodskappe (hoekom het
ek nie die "stiekem"-boodskap ontvang nie?):

TELEVISIE:

Telivisie skep eiesoortige probleme wat inhoud-regulasie betref.
Eerstens: solank die uitsaai-spektrum minder kan akkommodeer as wat
kan en wil uitsaai, sal staatsregulering deur lisensievoorwaardes
regverdigbaar bly. Die lisensie om uit te saai behels dan die voorreg om
'n openbare gerief te gebruik, en die gemeenskap het seggenskap deur
demokratiese regulasie en belasting. Dit geld natuurlik a fortiori vir
uitsaaistasies wat staatsondersteuning geniet. Selfs kabel-stasies moet
byvoorbeeld die munisipale eiendom gebruik, of paaie moet oopgekap word
om die kabels te l^e. Lisensies is dan weens skaarsheid regverdigbaar, en
met lisensies kom regulasie van inhoud.

Tweedens: Die moontlikheid van ongewensde blootstelling aan materiaal wat
aanstoot gee, is vir 'n openbare uitsaaiwese (privaat of nie) baie groter.
Natuurlik kan mens die tv-stel dadelik afskakel, maar sonder
waarskuwingspligte is dit dan ook nie moontlik nie. Dan kom die
jeug-probleem by. Alhoewel dit vryheidsprobleme skep vir die staat om te
besluit wat kinders mag sien, eerder as om dit aan die ouers oor te laat,
is daar twee feite wat moeilik weggepraat word:

1. Meeste ouers sou graag die staat se ondersteuning hê om hulle kinders
van onwenslike materiaal weg te hou.
2. Menige kinders se ouers stel net nie belang daarin om hulle kinders
van skadelike ervarings weg te hou nie, wat nog te sê van blootstelling
aan seksuele kykstof.

Ek besef dat hierdie feite my teenkanting teen internet-sensuur aantas,
maar ek voel dat die internet nie dieselfde "openbare" karakter besit as
die TV nie.

SEKS EN GEWELD

Hendrik verstaan nie die beheptheid met seks relatief tot geweld nie. Dis
'n ingewikkelde saak, maar ek sal 'n paar gedagtes daaromtrent opper:

Die seksbehepteid en relatiewe toleransie wat geweld betref, is 'n
fenomeen wat Suid-Afrika byvoorbeeld van Brittanje skei. In die donkerste
dae van ons sensuur-regime, is rolprente in Suid-Afrika as "All Ages"
vrygestel, of met 2-10 ouderdomsbeperkings, wat in Brittanje verban,
geknip, of met 16 of 18 beperkings weens geweld gereguleer is. Op daardie
stadium het 'n naakte bors 'n 2-18 beperking in ons rolprentteaters
behels, en meer as een bors vir meer as 'n flitsie, sommer 'n 2-21
beperking.

Brittanje (teenoor Amerika en Kanada) se definisie van "obscenity", sluit
byvoorbeeld ook geweld, of selfs dwelmhandel, in: "An article shall be
deemed to be obscene if its effect... is, if taken as a whole, such as to
tend to deprave and corrupt persons who are likely... to read, see or
hear... it". "Kundiges" mag dan getuienis lewer oor die kuns-meriete van
die item om dit as "in die openbare belang" te verskoon.

Die wet maak ook voorsiening vir die sensuur van video's wat die volgende
uitbeeld: "mutilation or torture of, or other acts of gross violence
towards, humans or animals", mits dit "to any significant extent" die
geval is.

SEKS EN KINDERS

Hoe dit ookal sy, die wêreld het nog altyd gemeen dat die
uitbeelding van eksplisiete seks 'n kind meer ernstige psigiese skade
aandoen as gruwelike geweld, middelmatige seks meer as middelmatige
geweld, en seks as konsep meer as geweld as konsep. Dit word natuurlik
ook betwis, maar ek meen daar steek iets in. 'n Kind kan homself die aakligste
geweldstonele voorstel, sonder om dit uitgebeeld te siene te kry. Maar
blootstelling, op 'n onsensitiewe manier, aan die konsep van seks, of dan
aan eksplisiete sekstonele, tref die kinderpsige soos 'n bom.

Seks behels sulke eienaardige sielkundige taboes in die samelewing -
skaamdele, ekskresie, ensovoorts - dat die ontwikkeling van 'n kind se
konsep van seksualitiet 'n ontsettend sensitiewe probleem is. Miskien is
die feit dat 'n wanontwikkeling in hierdie opsig 'n gruwelike onreg is om
'n kind aan te doen, verantwoordelik vir die ekstra sensitiwiteit t.o.v.
seks.

Groete, Frank

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Re: TV, seks, geweld.

Ma., 15 April 1996 00:00

On Mon, 15 Apr 1996, Leendert van Oostrum wrote:

>> Ek besef dat hierdie feite my teenkanting teen internet-sensuur
>> aantas, maar ek voel dat die internet nie dieselfde "openbare"
>> karakter besit as die TV nie.
>
> Ek volg nie hoe jy tussen die twee onderskei nie.

[knip weldeurdagte idees]

Die staat se seggenskap-argumente weens spektrumskaarsheid en openbare
gerief geld hoegenaamd nie vir die internet nie. Die internet is 'n
"common carrier", soos 'n telefoonnetwerk, of die poskantoor, wat
toevallig 'n "oop" karakter besit.

Verder besit televisie unieke eienskappe wat sy rol in die gemeenskap
betref. Dit is die invloedrykste nuusmedium. Dit dra openbare nuuskanale,
al word daar hoeveel privaat-, of kabelkanale ook uitgesaai. Dit is
deels hoekom die Amerikaners kabelkanale dwing om publieke uitsaaikanale
toegang tot die kabel te gee - die voortbestaan van openbare
televisiekanale is 'n staatsbelang dringend genoeg vir die Amerikaners om
die dwangmaatstawwe grondwetlik goed te keur: *Turner Broadcasting v FCC
[27 Junie 1994].

'n Ouer het minder regverdiging om daarop aan te dring dat die staat die
internet "skoon" hou, as dat die staat die televisie "skoon" hou. Die
feit dat meer en meer mense die internet begin gebruik, beteken nie dat
die meerderheid mag bepaal watter boodskappe andere vir enige iemand wat
belangstel mag en nie mag stuur nie. Dis veel billiker om aan die
bekommerde ouer te sê: hou jou kind dan van die internet weg - moenie
vir hom 'n modem koop nie, of hou toesig oor sy gebruik van jou modem -
as om vir die ouer te sê: moenie 'n televisie koop as jy bang is nie. Om
iets te "download" moet mens spesifiek daarna soek. Toegang tot die
internet kan maklik van ander rekenaargebruike geskei word.

Miskien is die Amerikaanse "splitsing" waarna Bernhard verwys glad nie so
'n slegte idee nie. As die splitsing sou beteken dat daar darem 'n deel
van die internet is wat totaal oopbly, dan is daar nie inmenging met
volwasse outonomie nie, en ouers kan die rekenaars aan hulle kinders
oorlaat sonder om benoud te wees. Die v-skyfie is myns insiens glad nie
'n slegte idee nie. Dit het met sensuur redelik min te make. Dit versterk
bloot die eienaar van 'n tv-stel se eiendomsmag. Moet dus entoesiasties
deur vryheidsgesindes aanvaar word :-). As dit die skeiding van totale
vryheid vir diegene wat vryheid soek, en ordentlike beheer vir diegene
wat ordentlike beheer soek, kan bewerkstellig, dan is dit 'n groot stap
in die rigting van outonomie en weg van sensuur af.

Groete
Frank

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wat gaan aan?

Ma., 15 April 1996 00:00

Mense wat iets weet oor die poslys: wat gaan aan?

Ek het 'n paar boodskappe van Bernhard ("stiekem" en die een oor die WP)
slegs tweedehands deur aangehaalde stukke in replieke ontvang. Nou kry ek
'n repliek op 'n boodskap wat ek gestuur het, maar nie ontvang het nie -
van Bernhard (oor Petronius bosluis). Ek weet nie of my repliek op Eric
se "Response op BB" deurgekom het nie, want ek het dit nie ontvang nie.
Ek merk dat mense se boodskappe twee keer deurkom, wat beteken dat hulle
hulle eie boodskappe nie ontvang nie.

Die probleem het al voorheen opgeduik (Reinier was op 'n kol 'n
slagoffer). Is daar andere wat hulle eie boodskappe nie ontvang nie, of
agterkom dat daar boodskappe rondvlieg wat ander ontvang en hulle nie?

Gmpf
Frank

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Response voor BB

Ma., 15 April 1996 00:00

Bernard skrijf:

>> Ik zelf heb zo'n driehonderd non-fictie boeken in mijn
>> boeken-kasten staan. Vele ervan zijn naslag-werken.

Ek het eenmaal 'n ou geken wat oor enige litere^re werk kon saampraat....
Dit het my be"indruk, tot ek agtergekom het dat hy net die flaptekste gelees
het!
(Die boeke het almal ook op in sy 'boeken-kasten' gestaan...) :->

Hendrik


**************************************************

"Mel's Space Programme"

**************************************************

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Vervolg kinderbescherming op Internet

Ma., 15 April 1996 00:00

Vervolg Kinderbescherming op Internet
-------------------------------------

Gezien onze discussie zullen jullie ook wel
ge-interesseerd zijn in het volgende bericht.

Bernhard Bezemer

1. JUSTITIE VERKLAART DEMI MOORE TABOE
Een vertegenwoordiger van justitie heeft voor de rechtbank
toegegeven dat het onwaarschijnlijk is dat netsurfers `per
ongeluk` onfatsoenlijk materiaal onder ogen krijgen. De
vertegenwoordiger demonstreerde de toegankelijkheid van
`onfatsoenlijk materiaal` in de zaak die door
burgerrechtengroepen is aangespannen tegen de Communications
Decency Act, de censuurwet voor Internet die in de Verenigde
Staten is aangenomen door het Congres.
Volgens de vertegenwoordiger is het `onfatsoenlijk
materiaal` eenvoudig ontoegankelijk te maken met behulp van
programma`s als SurfWatch, een soort digitale klaar-over
voor de elektronische snelweg die kinderen de toegang tot
erotische informatie ontzegt. Een getuige die door de
overheid was opgeroepen, dr. Dan Olsen, gaf na verhoor door
de advocaat van de burgerrechtenorganisaties toe dat zijn
idee om Internet in tweeen te splitsen het voor ouders
onmogelijk maakt zelf te bepalen wat kinderen wel of niet
mogen zien. Een dergelijke `ouder-censuur` is onder meer
mogelijk door PICS, Platform for Internet Content
Selection, een systeem dat met gradaties werkt waardoor
ouders zelf kunnen bepalen in welke mate hun kinderen
erotiek mogen zien.
Tijdens de zaak kwamen de problemen aan de orde als de
overheid dat laatste gaat bepalen. De rechters wilden weten
of een plaatje op een safe sex-site dat toont hoe een
condoom om een penis gedaan moet worden, onder
`onfatsoenlijk materiaal` valt. De
overheidsvertegenwoordiger stelde dat die informatie niet
onder de censuur valt maar de aanbieder wel waarschuwingen
zou moeten aanbrengen. Vervolgens werd gevraagd wat hij vond
van een - veel minder expliciete - naaktfoto van de acht
maanden zwangere actrice Demi Moore zoals die ooit op de
cover van het blad Vanity Fair verscheen. Hij meldde dat de
CDA daar wel op van toepassing is omdat het een beeld `voor
de lol` is. Desgevraagd tekende hij wel aan dat de morele
standaarden per staat kunnen verschillen en dat New York
wellicht soepeler is dan Minnesota, zo valt te lezen in een
verslag in alt.censorship.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vulgaatbalk

Ma., 15 April 1996 00:00

Die boodskappe kom in snaakse volgordes aan. Dit lyk asof kortes vinniger
deurkom as langes, en party verdwyn soos spreekwoordelike mis voor die
son. Ek het 'n boodskap gestuur as repliek op Eric se vraag i.v.m. die
Latyn-aanhaling wat Bernhard by sy lys aanhalings van Middel- en
Oudnederlandse variasies van Matt 7:5 gevoeg het. Die boodskap het oor
Petronius se styl gehandel. Toe wou ek weet of iemand die
Vulgaat-weergawe van Bernhard se versie had. Nou het ek tog die moeite
gedoen om die Vulgaatteks op die internet te "download". Graag wil ek
darem maar dit met Bernhard en Eric deel:

Hypocrita eice primum trabem de oculo tuo et tunc videbis eiecere
festucam de oculo fratris tui.

Huigelaar, verwyder eers die BALK (boom!) uit jou [eie] oog en dan sal jy
sien om die STROOITJIE (riet, takkie, neteligheid) uit jou broer se oog te
verwyder.

Wat vir my ontsaglik interessant is omtrent die Petronius aanhaling (oor
luise en bosluise) is dat die sintaksis van daardie aanhaling redelik
sterk met Matt 7:3 ooreenstem (Ek het ongelukkig net 'n Engelse
Gideonsbybel hier: Why do you look at the speck of sawdust in your
brother's eye and pay no attention to the plank in your own eye?)

Die Latyn ("vides" en "non vides") stem met die Petronius-aanhaling van
Bernhard ooreen.

Petronius se datums word bietjie betwis, maar het beslis die laaste deel
van die eerste eeu NC gedek. Die Vulgaat is natuurlik middeleeus.
Petronius was geen Christen nie - op daardie stadium was die Christene 'n
groep wat die Keiser as 'n oorlas beskou het, weens vredesversteurende
moontlikhede. Hoe Petronius 'n teksie kon skryf wat so naby aan die
Vulgaat-teks van Mat 7:3 kom, weet nugter alleen. Ek sal beslis die mense
wat beter weet hieroor uitvra. Het enige iemand enige idees? Kan dit wees
dat dit 'n algemene aforisme was in Tiberius se tyd??

Groete
Frank

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bijbelse splinter

So., 14 April 1996 00:00

De bijbelse splinter en zijn bronnen
------------------------------------

Flauw hoor, je opmerking over de grote W.P. als mijn
bijbel. Ben jij zo'n allrounder, dat je alles uit je hoofd
weet? Of dat je over 'e'en of meer naslag-werken beschikt
betreffende alle mogelijke onderwerpen?
Ik zelf heb zo'n driehonderd non-fictie boeken in mijn
boeken-kasten staan. Vele ervan zijn naslag-werken. Of als
zodanig te gebruiken, doordat zij beschikken over indexen,
registers, bibliografie-en en dergelijke. Wat niet wegneemt
dat mijn grote W.P. voor mij een inderdaad een belangrijke
bron is.
Terzijde, graag gedaan hoor, dat stukje research naar
'frans-tiek'. Je dank-betuigingen waren echt niet nodig.
Ik schreef al dat ook ik het wilde weten.
Nu de splinter-anthologie. Die heb ik natuurlijk niet
uit de grote W.P. Het uit twee boeken bestaande
wetenschappelijk werk heb ik als eens eerder genoemd*. Het
geeft geen jaartallen, maar bronnen. En dat op een nogal
ingewikkelde wijze. Ik zal een poging doen:

1. Zeer waarschijnlijk Statenbijbel. "Ende wat" etc.
2. Reyn. II, 4792. "Sulc siet" etc.
3. Idem , Hs. 71. "Wat siestu" etc.
4. Con. Somme, 402. "Dese sien" etc.
(Brederoo I, 190, vs. 2753; II, 142; enz.)
5. Villiers, 119; Wander I, 223; IV, 729; fri. "Hy sjucht" etc.
6. Petron. 57. "In alio peduclum" etc.

Graag gedaan.

Bernhard Bezemer

* Prof.dr. F.A. Stoett: Nederlandsche Spreekwoorden, Spreekwijzen,
Uitdrukkingen en Gezegden, naar hun oorsprong en beteekenis
verklaard door (auteur), vijfde druk. Zutphen: W.J. Thieme & Cie,
CMXLIII.
(Ondanks deze datum heb ik de boeken een paar jaar geleden
als een volledig nieuwe herdruk in een boekhandel alhier gekocht).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oud-Nederlandse splinter

So., 14 April 1996 00:00

De splinter in het oud-Nederlandse varianten
--------------------------------------------

At 20:31 13-04-96 SAT, I wrote:
>
> "Huichelaar, doe eerst de balk uit uw oog weg, dan
> zult gij scherp kunnen zien om de splinter uit het oog
> van uw broeder weg te doen." (Mattheus 7:5).

Het vers dat vooraf gaat aan bovenstaande bijbel-tekst
(Matth. 7:3) heb ik ook in de taal van de Statenbijbel.
Vinden jullie, Afrikaners, nu dat de taal van de Statenbijbel
dichter bij het Afrikaans staat dan het huidige Nederlands?
Zoals onder meer hierboven verwoord.

"Ende wat siet gy den splinter die in de ooge uwes
broeders is, maar den balck die in uwe ooge is en merckt gy
niet?"

Nog een versie uit de Nederlandse oudheid:
"Sulc siet in eens anders oghe een stro, die selve in
sijn oghe een balc heeft.

Of:
"Wat siestu een caf in eens~ anders oghe ende en siestu
niet enen balc in dijns selfs".

Of:
"Dese sien wel een caf in eens anders oghe, mer niet een
balc in haers selfs oghe".

En als laatste:
"Hy sjucht de splinter yn oaremans each, mar de balke yn
syn eigen each net". (Ik meen dat dit oud-Fries is).

Bernhard Bezemer

P.S.
Speciaal voor FraNk: "In alio peduclum vides, in te
ricinum non vides".

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1623  1624  1625  1626  1627  1628  1629  1630  1631  1632  1633  1634  1635  1636  1637  1638    »]
Tyd nou: So. Mei 31 18:46:26 UTC 2026