In article Herstigte Nasionale Party/ Die Afrikaner writes:
> From: Herstigte Nasionale Party/ Die Afrikaner
> Subject: Die Afrikaner: Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing
> Date: Fri, 24 May 1996 23:13:51 -0700
> Uittreksel vanuit Die Afrikaner van 24 - 30 Mei 1996. Die Afrikaner is die
> lyfblad van die Herstigte Nasionale Party (HNP).
> DIE jaar 1999 word al belangriker as 'n teikendatum vir die
> herlewing van Afrikanernasionalisme, het mnr. Jaap Marais laat
> blyk tydens die afgelope Hoofbestuursvergadering van die HNP op
> Saterdag 18 Mei in Pretoria. Mnr. Marais het daarop gewys dat
> die bedreiging vir die Afrikaner nie net op daardie stadium sy
> hoogtepunt gaan bereik nie, maar ook dat die herdenking van die
> uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog 'n besliste uitwerking op
> die loop van gebeure gaan hê.
> Daar is reeds aanduidings dat die ANC-Zoeloe-botsing teen
> daardie jaar sy toppunt gaan bereik, die volgende kommunistiese
> verkiesing moet in daardie jaar plaasvind, en die aanduidings is
> dat die vervolging deur die Tutu-kommissie ook teen daardie tyd
> sy hoogtepunt gaan bereik. Die aangepaste tydskale dui daarop
> dat die Tutu-kommissie nie sy werk binne die bestemde tyd van 18
> maande afgehandel sal hê nie, dit is reeds tot twee jaar verleng,
> en dit sal ook die jaar daarna voortgesit moet word. Dan is dit
> die jaar 1999.
> Die HNP het aangedui dat 1999 die einde van die eerste
> driejaar-plan is om te ywer vir die herwinning van die Afrikaner
> se vryheid. Dit is dus veral vir die Afrikaner 'n hoogtepunt-
> jaar waartydens hy sal moet bewys dat dit hom erns is om dit wat
> hy verloor het, weer terug te wen.
> Mnr. Marais was baie stellig daaroor dat die Afrikaner sal moet
> terugvat dit wat van hom geroof is die afgelope paar jaar.
> 1999 gaan die jaar van die groot botsing wees. Die ANC het
> reeds aanduidings gegee dat dit binne hulle beplanning lê om
> vanuit hulle perspektief die uitbreek van die Tweede
> Vryheidsoorlog te herdenk, en sodoende die inisiatief uit die
> hande van die Afrikaner te neem. Die Britse regering sal hierby
> betrek word, en dit het net een doel: die Afrikaner sal in die
> beskuldigdebank geplaas word. Dit sal 'n tweeledige uitwerking
> hê. Eerstens sal die Afrikaner verantwoordelik gehou word vir
> die uitbreek van die oorlog in 1899. Sodoende sal die Britte
> verontskuldig word. Tweedens sal die Afrikaner in 1999 in die
> beskuldigdebank geplaas word vir sy optrede teen Swartes "tydens
> die jare van apartheid". Dit is juis in hierdie verband dat die
> Tutu-kommissie so 'n deurslaggewende rol moet speel - die
> Afrikaner moet met 'n skuldkompleks opgesaal word wat hom
> magteloos sal laat om op te tree, terwyl die Afrikaner se naam
> soos in die verlede sleg gemaak word in die buiteland as die
> sogenaamde groot onderdrukker van die Swarte.
> Dit is juis teen hierdie sielkundige aanslag dat die HNP die
> Afrikaner sal moet waarsku, en hom trots maak op sy geskiedenis
> en sy heldedom. Die Afrikaner sal teen 1999 'n nuwe besieling
> uit 'n epochmakende fase van sy geskiedenis moet put wat hom moet
> inspireer om die stryd voort te sit teen die magte wat
> wederregtelik oor hom regeer.
> Daar is geen ander party wat op hierdie stadium leiding in
> Afrikaner-geledere kan neem nie. Die NP se kapitulasie voor die
> ANC oor die Grondwet en die verdeeldheid in sy geledere oor sy
> uittrede uit die RNE mag hom nog meer kragteloos as tevore. Die
> VF is nooit bedoel as 'n permanente opposisieparty nie. Sy rol
> is ook uitgespeel toe hy Mandela gehelp het om 'n vreedsame
> oorgang na 'n nuwe bedeling te verseker. Sy vreemde
> bondgenootskappe, soos met Idasa wys op sy verraderlike aard, en
> veral die rol wat Tienie Groenewald gespeel het om die Afrikaner
> uit te verkoop, vervreem hierdie party van die Afrikaner. Die
> KP is in so 'n moeilike posisie na die onthullings in adv. Piet
> Pretorius se boek, Volksverraad, dat dit net nog 'n fase geword
> het in die totale induiestorting van hierdie party. Daar is tans
> net 'n handjievol oor van sy oorspronklike ondersteuners, en na
> die verskyning van die boek het hulle ook nou bedenkinge oor
> hulle leiers.
> Die groot probleem vandag is dat die KP sowel as die AVF gestig
> is om die NP se program te laat vlot. Agter die stigting van
> hierdie organisasies sit Toekomsgesprek wat ge�nfiltreer is deur
> sowel NI as die Afrikaner (Broeder)bond.
> In die lig van al hierdie gebeure weet die HNP nie wie om te
> vertrou nie. Die HNP sal vanuit sy beginselbasis moet hard werk
> om van die R5 miljoen Stryd en Versetfonds 'n sukses te maak en
> die verset teen die kommunistiese ANC-regime tot 'n hoogtepunt
> op te bou.
> Mnr. Marais het daarop gewys dat die doel van die Afrikaner se
> vyand is om hom te vernietig. Hierteen sal die Afrikaner hom
> moet verset. Die enigste middel wat hy daartoe het, is die
> beginselbasis van die HNP. 1999 is die sleutel tot alle verset,
> en alles wat die HNP aanpak, moet hiermee rekening hou, aldus
> mnr. Marais.
Ons posbediener was af vir 'n tyd; en nou is ek afgegooi van die Afrikaanse
poslys.
Kan iemand groot ASSEBLIEF vir my laat weet hoe (en waar) teken 'n mens weer
aan? Ek sal dit waardeer indien dit vir my per e-pos gestuur kan word; dan
weet ek ek het dit.
Ek het grootgeword op die walle van die Oranje-rivier.
Om by my sekondere skool te kom, moes ek vir vier jaar
tien myl met die skoolbus tussen Marchand en Kakamas
ry. Net verby Alheit het die pad deur 'n land vol lusern
gegaan. Vir omtrent twee weke elke jaar het daar groot wit
voels in die lusernland gewei. Die voels was regtig groot.
Geil lusern staan in alle geval omtrent twee voet hoog. Die
voels het met omtrent helfte van die lyf bokant die lusern
uitgesteek. As ons skoolbus nader aan die lusernland gekom
het, het ons altyd opgehou praat en net stil gesit en kyk na
die groot voels. Daarna was ons nog 'n ruk stil.
Hierdie voels het nie op enige van die ander lusernlande
op die Kakamas-nedersetting verskyn nie. Ons het ook nie
geweet wat die voels se naam was nie. Iemand het eendag
gese hy het gehoor dat hulle miskien "sprinkaanvoels" is.
Die naam het vir ons niks beteken nie.
Dis eers jare later, toe ek lees dat ooievaars naby George
oorwinter, dat ek begin wonder het of die groot wit voels
ooievaars was. Het die ooievaars die hele afstand van Europa
gekom om in Suid-Afrika te oorwinter, en was daardie lusern-
land een van die voedingstasies op hul migrasiepad?
Ek weet nie of die voels dit in my kop gesit het nie, maar
ek het altyd 'n intense begeerte gehad om van noord na suid
oor die Oranje te vlieg. Elke keer as ons op een van ons rare
besoeke uit Kanada na Suid-Afrika begin vlieg oor Namibia,
het ek die vliegtuig probeer dwing om suid te swenk sodat
ek vir eenkeer in my lewe kan sien hoe lyk die groen loop van
die Oranje met al sy groot eilande daar na die suide.
Die Oranje sit baie diep in die bewussyn van enigiemand
wat daarlangs grootgeword het. In Andre Brink se boek, wat
ek in Engels as "A Chain of Voices" gelees het, was ek bein-
druk deur die manier waarop hy die Oranje-rivier 'n rol laat
speel het: sommige van die werkers op die wit plase in die
suide het daarvandaan gekom. Ander karakters, soos slawe,
het begeer om van hul meesters te ontvlug en dan noordwaarts
te gaan na die Groot Rivier, wat vir hulle simbool was van 'n
plek waar die witman hulle nie sou kon bykom nie. Min het
hulle geweet dat geen plek veilig was nie.
Greetings all,
I am wondering if anyone could point me toward materials from which I
could learn some Afrikaans (esp. if it includes recordings, such as
CDs or cassette tapes). I have searched the WWW and found very little
more than short on-line phrasebooks. I have studied a great deal of
German (though not recently) so materials for German-speakers who
wish to learn Afrikaans (if such exists) would also likely be useful.
A reply to my email address (below) would be tremendously appreciated.
Thanks in advance,
S. Ratcliff
------------------------------------------------------------ -------
Stephen J. Ratcliff Stephen.J...@mail.middlebury.edu
Dept. of Physics
iddlebury College
iddlebury, VT 05753-6151 USA
------------------------------------------------------------ -------
Ons wil dié winter bietjie gaan somersklere dra
by Tshipise naby Messina agter die Soutpansberg.
Weet iemand van enige besienswaardighede of aktiwiteite
in die gebied of net anderkant die grens?
Dit lyk my die naaste interessante plek in Zimbabwe
is die ruïnes self. Dis bietjie ver. Ek wil graag
dieselfde dag nog terugkeer na die ou Transvaal.
Ek is 'n Suid-Afrikaner wat met 'n Israeli getroud is en in Israel
woon. Ons soek dringend inligting oor hoe ons 'n baba van
Suid-Afrika (van enige kleur) kan aanneem.
nir...@netvision.net.il
Allereerst mijn verontschuldigingen voor het feit dat ik dit in het
Nederlands schrijf: ik beheers het Afrikaans onvoldoende om erin te
kunnen schrijven. Dan het volgende: op grond van berichten die ik in
deze nieuwsgroep gelezen heb krijg ik enigszins de indruk dat
Nederland en Nederlanders niet zo geliefd zijn bij Afrikaners. Is deze
indruk correct? Zo ja, kan iemand mij dan vertellen of er specifieke
oorzaken aan te wijzen zijn van deze aversie?
Ik sugereer dat je een boek Nederland en de Afrikaners leest, door prof
G.J. Schutte, gaat 't over de zogenaamde mythen van stamverwantschap en
ook over de waarheden ervan. Van bijzondere interest is misschien het
hoofdstukje over "Hollanderhaat" tijdens het einde van de negentiendc
eeuw!
The 9th volume of the Scripta Africana series is so rare that it is not
even available in all the major libraries.
It contains the intelligence reports on the 2nd Anglo Boer War of two
American military attaches - one travelled with the Boer forces and the
other with the British. The war is, therefore seen from both sides by
highly trained observers. This makes the book highly unusual and will be
welcomed by all collectors.
'Boer War Operations' was originally published at the beginning of the
century by the US Government. Its full title was Boer Operations of the
British Army and Allied operations in China and Manchuria.
The two authors were Captain SLH Slocum of the 8th Cavalry and Capt Carl
Reichman of the 7th Infantry. Slocum linked with generals Buller and
French in SOuth Africa's Northern Natal, was at the Relief of Kimberley
and the march to Pretoria.
Reichmann's intelligence reports give one the most detailed descriptions
ever published and begins with the evolution of the Boer military system.
For further details on this volume and others mail me or visit http://peliz.sprintlink.co.za/~ospsa and look under 'Latest Arrivals' -
Books for Collectors.
Ek is baie jammer dat ek so grof teen hierdie Amerikaner geword het, in
antwoord op joune flames verklaar ek hier 'n paar puntjies:-
Ek is Suid-Afrikaner met Engels, Iers, Fries en Schotse afkoms.
Ek het nie vir 'n baie lange tyd in Suid-Afrika gewoon nie.
Ek woon en studeer in Nederland en praat tamlik goed Nederlands daarom
kan my Afrikaans ('tuurlik) 'n bietjie verhollansd en verengelsd blyk,
maar ek denk dat my taalgebruik so sleg is nie met die ondersteuning dat
ek nooit die taal op skool geleer het en aleen afrikaans met 'n paar
familielede en my pa, af-en-toe, praat!
Nou, in Engels vir die Amerikaner.
I am sorry for reacting for your message in such an acidic manner, but I
was in a "slegte bui" after having got in an argument the selfsame day
with an American. This American lectured me on the wrongs of South-Africa
in view of the African population and said I quote: "I WON'T PERSONALLY
BE HAPPY WITH SOUTH AFRICA UNTIL SHE MENDS HER WAYS IN A MANNER THAT'S
CONVINCING TO THE REST OF THE WORLD." with regard to Afrikaans he was
most scathing and said that he would be quite happy to see "THE LANGUAGE
OF APARTHEID",the language of "THE OPPRESSORS"diminish. As you can
understand I was quite annoyed at what wrongly or rightly is seen by the
rest of the world as a "typical" American attitude.
If you are genuinely interested in MY country I would be most happy to
provide any insight, opinions, views or information that you wish. But I
would just like to ask you, How prevalent are these opinions towards
South Africa in the United States?
Vir die res van die groep laat ek verskoning vra en kan julle nie 'n
bietjie geduldig wees nie ten aansien van iemand wat lank uit die land
gewees is maar wat probeer sy beste om die taal te hou, die kultuur nie
te verlies nie en die mense te help.
Ek is nie 'n volkstater nie want ek weet dat eindlik dit nie 'n werklike
iee is nie maar ek wou weet wat die opinies met betrekking tot die
Volkstaat in Suid Afrika was. Ook stel ek voor dat selfs as iets uit die
mode is beteken dit dat dit altyd onwerklik is?