Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Klein Karoo

So., 02 Junie 1996 00:00

Op my Web-blad (www.icon.co.za/~ferdig) kan 'n foto of wat van die
berg ook gesien word.



Droe Waterval
______________

In die Klein Karoo vertel ek my kinders
van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
Hier waar tyd
stadig uit die skerp lug
'n lewe om my gedrup het.
Hier was nagte soos koue yster
met die veraf klank van aankomende treine
spierwit velde ryp vroegoggend
om die huis
en my ma
wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
uitvind
in die nag
het die water 'n klein gletsertjie van ys
by die tuinslang uitgedrup
mense wat veraf in koerante sterf
die geweerskote plat letters op papier
name wat sag weerklink
tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
...Poqo...Mandela...
en aande in die agterkop gaan le^
op die beeld van bruin Hermaans die verwer
'n goeie man
wat bakhand voor die agterdeur
die see"ning van werk by ander met wit velle moes vra
skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
terwyl die rook van houtvure
vroegaand oor die blou dorp neersak
en net oor die berge die see
'n reuse blou woud vol gevare en geheime
waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
soos soet halfedelgesteentes
klonte baugainvilleas wat in die warmte
teen die dorp se bome gloei.

Ons ry oor die Swartberge
na waar die Groot Karoo wyd en oop le^.
Ek en my kinders.
Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
na die eggo's van my verlede.

Op die berg - uitgeplof deur vulkane
en geplooi deur gletsers -
staan ons soos ander toeriste
en kyk na:

Droe"waterval.

'n Mindere geologiese gebeurtenis;
swart oervlekke in strepe teen die rots.
Soos die skaduwee van water.
As jy lank genoeg na die klip staar,
kan jy jou verbeel.
Jy hoor water,
'n dun, verbrokkelde stroom
wat soos vloeibare koelte
in spattende eggo's val.

My kinders dink die naam Droe"waterval is snaaks.
Ek weet dis laf.
Donker vlekke op rots is nie water nie.

Ons klim in die kar en ry.
My kinders giggel om verveling te besweer.
Agter hulle oe", diep in die toekoms,
bruis hul dade reeds onkeerbaar oor dae.


(Kyk!
Hulle ry alleen uit oor die oop Karoo
en los my by die gevlekte rotse
van my berg!

Op die dun pad
na Beaufort-wes
en verder noord,
verby Zimbabwe
tot oorkant Olduvai
waar die horing van Afrika
afsplit in 'n nuwe land
ry hulle reeds!

Dit pla hulle nie
dat vroee" mens en dier
uit die tye van die groen Karoo,
vergete in die gestolde klippe le"
waarmee die dun pad gepak is!)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuusgroep

So., 02 Junie 1996 00:00

Ek dink dat hierdie nuusgroep moet bly sodat die Afrikaner kan wys dat
hy ook wil leef.

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

OPROEP AAN LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP

Sa., 01 Junie 1996 00:00

AAN AL DIE LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP

Hierdie nuusgroep is besig om dood te gaan weens gebrek
aan bydraes. Ek maak dus 'n ernstige beroep op mense om
hulle solidariteit met die nuusgroep te wys deur op die nuus-
groep te pos. Oorspronklik het meer as 200 mense gestem
vir die ontstaan van die nuusgroep. Waar is hulle? Maak nie
saak wat julle pos nie. Laat net jou naam verskyn sodat ons
kan sien dat daar wel mense is wat dink hierdie nuusgroep
is 'n goeie ding.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Voorstelling var nuwe SAW nuusgroep

Sa., 01 Junie 1996 00:00

Ek stel belang om 'n nuus groep te sig vir belangstellendes in the Suid
Afrikaanse Verdeedigingsmagte voor die verandering van die regeering in
1994. Ek is bewis dat daar verskei navorsers is wat in die onderwerp werk
wat nie kennis van mekaar dra nie, en ek sien groot voordele om inligting
en navorsing te koordineer. Om so 'n groep te stig moet ek wys dat daar
genoeg belangsteling is, en dus vra ek om belangstellendes 'n kontak met
my te tree.

Indien daar nie genoeg belangstelling is on 'n groep te stig, voel ek dat
dit die moeite werd sal wees om 'n poslys van belangstellendes te stig om
inligting te versprei deur gewoone e-pos.

Ek sal dit waardeur as belangstellendes my kan "e-mail" sodat ons nie
teveel ruimte in die nuusgroep gebruik nie, maar ek sal belang stel in
enige debat wat die artikel mag begin.

Verskoon asseblief my slordige Afrikaans wat ek seker al agteruit gegaan
het.

Baie Dankie.
Barry Fowler
------------------------------------------------------------ -----
sent...@tragedy.demon.co.uk
------------------------------------------------------------ -----

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vergelyking

Sa., 01 Junie 1996 00:00

Trappe van vergelyking in die NSA:

(1)bantoe, (2)tronk toe, (3) parlement toe

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Oproep aan nuusgroeplesers

Sa., 01 Junie 1996 00:00

AAN ALLE LESERS VAN HIERDIE NUUSGROEP

Daar is 'n Afrikaanse e-poslys wat in die verlede op hierdie
nuusgroep ingevoed was, en wat gelei het tot 'n interessante
mengsel van dinge. Omtrent 'n maand gelede is daardie ver-
binding verbreek. Sover ons kan agterkom, is dit gedoen om-
dat een persoon aan die lyseienaar geskryf het en gesê het hy
hou nie van die verbinding nie. Ek stel nou voor dat ons daar-
die skade ongedaan maak deur aan die lyseienaar te skryf met
die versoek: "Herstel asseblief die verbinding tussen die e-pos
lys en die nuusgroep."

Stuur jou e-pos aan die volgende adres:

fe...@beldin.sun.ac.za

en vertel aan Johan Ferreira wat jy dink

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Latin-3 Web Browsers

Sa., 01 Junie 1996 00:00

Which Web Browsers work with Latin-3? I can use Netscape here, but
the 10 options for Language Encoding only include Latin-1, Latin-2,
3 for Japanese, 2 for Korean and 3 for Chinese.

I think that Catalan, Afrikaans and Turkish are some of the languages
that use Latin-3, so this might be a FAQ ...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

N. P. van Wyk Louw as digter

Vr., 31 Mei 1996 00:00

As iemand my vra wie die twee grootste digters in Afrikaans
is, sou ek sonder om te skroom se dis Eugene Marais en D.J.
Opperman. Miskien sal ek vir N.P. van Wyk Louw die derde
plek gee, maar dan alleen na ek ook 'n hele paar ander kandidate
oorweeg het. Van Wyk Louw het teveel gedigte geskryf wat
na resepwerk klink. Ongelukkig is die Van Wyk Louw- resep
ook vir te lank in Afrikaans deur jonger digters gebruik om
digterlik te klink terwyl hulle eintlik nie iets nuuts het om te se
nie. Dit gese, dink ek tog dat N.P. van Wyk Louw 'n goeie
digter is, wat verskeie werklik groot gedigte geskryf het. Een
van die beste is "Beeld van 'n Jeug : Duif en Perd," 'n lang
gedig waarin hy meesterlik die gang van die westerse beskawing
invleg met wat op 'n middag op 'n plaaswerf gebeur.
Van Wyk Louw skryf ook op sy beste wanneer hy sonnette
skryf. Ek haal hier een aan uit "Vier gebede by Jaargetye in die
Boland Mei- Julie 1937."

VROEGHERFS

Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte more witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en ver was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

Nog 'n gedig wat my baie laat wonder wat Van Wyk
Louw in gedagte gehad het, is " O Wye en Droewe
Land." Dit klink vir my asof hy aan die begin van die
gedig pessimisties is oor roeping en die funksie van
die Afrikaner. Hy vra in die middel van die gedig:

Sal nooit 'n magtige skoonheid kom
....
en nooit in jou 'n daad geskied
wat opklink oor die aarde...

'n grootsheid van so suiwer glans,
dat mense in 'n verre land
wat van jou naam die melding hoor,
met wilde en helder oog sal staar
soos vroee vaarders in die nag
verslae gesien het kim bo kim
die nuwe, blom-groot sterre styg
op uit jou see se wit gevaar?

As hy nog lewendig was in die middel van die
laaste dekade van die twintigste eeu, sou hy tevrede
gewees het dat die Afrikaner wel oorgegaan het
tot daardie helder daad?

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 1 kommentaar

10-jarige soek Afrikaanse e-posmaatjie

Di., 28 Mei 1996 00:00

Hallo almal

Lida Meyer is 10 jaar oud en woon in Melkbosstrand. Sy is op soek na 'n
Internet-maatjie om in Afrikaans mee te korrespondeer.

Skryf gerus aan haar by d...@iafrica.com

Groete

Deon Meyer

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Afrikaner: Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing

Vr., 24 Mei 1996 00:00

Uittreksel vanuit Die Afrikaner van 24 - 30 Mei 1996. Die Afrikaner is die
lyfblad van die Herstigte Nasionale Party (HNP).

**********************************************************

Jaap Marais: 1999 jaar van beslissing

DIE jaar 1999 word al belangriker as 'n teikendatum vir die
herlewing van Afrikanernasionalisme, het mnr. Jaap Marais laat
blyk tydens die afgelope Hoofbestuursvergadering van die HNP op
Saterdag 18 Mei in Pretoria. Mnr. Marais het daarop gewys dat
die bedreiging vir die Afrikaner nie net op daardie stadium sy
hoogtepunt gaan bereik nie, maar ook dat die herdenking van die
uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog 'n besliste uitwerking op
die loop van gebeure gaan hˆ.
Daar is reeds aanduidings dat die ANC-Zoeloe-botsing teen
daardie jaar sy toppunt gaan bereik, die volgende kommunistiese
verkiesing moet in daardie jaar plaasvind, en die aanduidings is
dat die vervolging deur die Tutu-kommissie ook teen daardie tyd
sy hoogtepunt gaan bereik. Die aangepaste tydskale dui daarop
dat die Tutu-kommissie nie sy werk binne die bestemde tyd van 18
maande afgehandel sal hˆ nie, dit is reeds tot twee jaar verleng,
en dit sal ook die jaar daarna voortgesit moet word. Dan is dit
die jaar 1999.
Die HNP het aangedui dat 1999 die einde van die eerste
driejaar-plan is om te ywer vir die herwinning van die Afrikaner
se vryheid. Dit is dus veral vir die Afrikaner 'n hoogtepunt-
jaar waartydens hy sal moet bewys dat dit hom erns is om dit wat
hy verloor het, weer terug te wen.
Mnr. Marais was baie stellig daaroor dat die Afrikaner sal moet
terugvat dit wat van hom geroof is die afgelope paar jaar.
1999 gaan die jaar van die groot botsing wees. Die ANC het
reeds aanduidings gegee dat dit binne hulle beplanning lˆ om
vanuit hulle perspektief die uitbreek van die Tweede
Vryheidsoorlog te herdenk, en sodoende die inisiatief uit die
hande van die Afrikaner te neem. Die Britse regering sal hierby
betrek word, en dit het net een doel: die Afrikaner sal in die
beskuldigdebank geplaas word. Dit sal 'n tweeledige uitwerking
hˆ. Eerstens sal die Afrikaner verantwoordelik gehou word vir
die uitbreek van die oorlog in 1899. Sodoende sal die Britte
verontskuldig word. Tweedens sal die Afrikaner in 1999 in die
beskuldigdebank geplaas word vir sy optrede teen Swartes "tydens
die jare van apartheid". Dit is juis in hierdie verband dat die
Tutu-kommissie so 'n deurslaggewende rol moet speel - die
Afrikaner moet met 'n skuldkompleks opgesaal word wat hom
magteloos sal laat om op te tree, terwyl die Afrikaner se naam
soos in die verlede sleg gemaak word in die buiteland as die
sogenaamde groot onderdrukker van die Swarte.
Dit is juis teen hierdie sielkundige aanslag dat die HNP die
Afrikaner sal moet waarsku, en hom trots maak op sy geskiedenis
en sy heldedom. Die Afrikaner sal teen 1999 'n nuwe besieling
uit 'n epochmakende fase van sy geskiedenis moet put wat hom moet
inspireer om die stryd voort te sit teen die magte wat
wederregtelik oor hom regeer.
Daar is geen ander party wat op hierdie stadium leiding in
Afrikaner-geledere kan neem nie. Die NP se kapitulasie voor die
ANC oor die Grondwet en die verdeeldheid in sy geledere oor sy
uittrede uit die RNE mag hom nog meer kragteloos as tevore. Die
VF is nooit bedoel as 'n permanente opposisieparty nie. Sy rol
is ook uitgespeel toe hy Mandela gehelp het om 'n vreedsame
oorgang na 'n nuwe bedeling te verseker. Sy vreemde
bondgenootskappe, soos met Idasa wys op sy verraderlike aard, en
veral die rol wat Tienie Groenewald gespeel het om die Afrikaner
uit te verkoop, vervreem hierdie party van die Afrikaner. Die
KP is in so 'n moeilike posisie na die onthullings in adv. Piet
Pretorius se boek, Volksverraad, dat dit net nog 'n fase geword
het in die totale induiestorting van hierdie party. Daar is tans
net 'n handjievol oor van sy oorspronklike ondersteuners, en na
die verskyning van die boek het hulle ook nou bedenkinge oor
hulle leiers.
Die groot probleem vandag is dat die KP sowel as die AVF gestig
is om die NP se program te laat vlot. Agter die stigting van
hierdie organisasies sit Toekomsgesprek wat ge‹nfiltreer is deur
sowel NI as die Afrikaner (Broeder)bond.
In die lig van al hierdie gebeure weet die HNP nie wie om te
vertrou nie. Die HNP sal vanuit sy beginselbasis moet hard werk
om van die R5 miljoen Stryd en Versetfonds 'n sukses te maak en
die verset teen die kommunistiese ANC-regime tot 'n hoogtepunt
op te bou.
Mnr. Marais het daarop gewys dat die doel van die Afrikaner se
vyand is om hom te vernietig. Hierteen sal die Afrikaner hom
moet verset. Die enigste middel wat hy daartoe het, is die
beginselbasis van die HNP. 1999 is die sleutel tot alle verset,
en alles wat die HNP aanpak, moet hiermee rekening hou, aldus
mnr. Marais.

********************************************************

Redaksie, Die Afrikaner

Die toespraak waarvan hierdie berig melding maak is beskikbaar op
oudio-kasset. Die prys is R25-00.

Bestel vanaf: Die Hoofsekretaris, HNP, Posbus 1888, Pretoria, 0001

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1612  1613  1614  1615  1616  1617  1618  1619  1620  1621  1622  1623  1624  1625  1626  1627    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 02:17:55 UTC 2026