Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Afrikaner 28 Junie 1996 Blanke onderwysers na swart skole

Sa., 29 Junie 1996 00:00

'n Berig vanuit die Afrikaner, mondstuk van die Herstigte Nasionale Party van
Suid-Afrika.

Meer berigte te sien by

http://www.hnp.org.za/afrikaner

*********************************************************

Blanke onderwysers na Swart skole

DIE beleid van "herontplooiing" van onderwysers hou ernstige
implikasies in vir Blanke onderwysers. Dit word nou openlik
erken dat hulle na Swart skole gestuur kan word om die
wanstaltige verhouding tussen onderwyser en leerlinge in Blanke
en Swart skole op gelyke voet te bring.
Die groot fout wat gemaak word, is dat die hele onderwyskwessie
vanuit 'n ideologiese hoek hanteer word - presies dit waarvan
hulle die vorige regering beskuldig het! Die gevolg is dat nie
die belang van die kind vooropgestel word nie, maar die
kortsigtige ideologiese mikpunte van die regime. Dit word weer
gegooi oor die boeg van "regstelling" van die "foute van die
verlede", terwyl onderwysbelange en belange van die
onderwysersgroep hoegenaamd nie in aanmerking geneem word nie.
Die beskikbaarstelling van pakkette vir onderwysers wat die
beroep onder die huidige omstandighede wil verlaat, is die eerste
stap om van Blanke onderwysers ontslae te raak. Dit is veral die
ouer garde met die beter kwalifikasies en die jare ondervinding
wat op hierdie wyse uitgeskakel word. Wanneer hierdie fase
voltooi is, sal herontplooiing van onderwysers aan die beurt kom.
Die eerste stap sal wees om 'n balans te bewerkstellig tussen
skole waar groot getalle onderwysers pakkette geneem het, en
skole waar net 'n paar hierdie opsie uitgeoefen het.
Maar daarna sal die verskuiwing van Blanke onderwysers na
lokasies aangepak word om die wanverhouding in Blanke en
Nieblanke skole aan te spreek.
Die groepe wat veral hierdeur geraak sal word, is die
onderwysers wat die minste jare diens by skole het. Dit sluit
in jong onderwysers, of onderwysers wat lank by die huis gebly
het om eers hulle kinders van die hand af te kry. Die probleem
is dat dit juis hierdie groep onderwysers is wat ook nog sit met
jong kinders by die huis, en vir wie herontplooiing buite hulle
gebiede groot ontwrigting sal veroorsaak. Dit is byvoorbeeld
ondenkbaar dat hier van verplasings sprake kan wees.
Die veiligheidsaspek is egter die grootste bron van kommer.
Om veral van jong onderwyseresse te verwag om dag-in-dag-uit
hulle lewens te waag om lokasies binne te gaan om skool te hou,
is meer as wat van enige redelike mens verwag kan word. Daar is
al groot probleme as net van onderwyseresse verwag word om vir
'n dag na die lokasie te gaan om 'n kursus by te woon. Van die
mans van die onderwyseresse weier prontuit om toestemming te
verleen dat hulle vrouens sodanige kursusse bywoon.
Hoe dit sal gaan as van hulle verag word om daagliks daar te
gaan skoolhou, sal nog gesien moet word.
Ook die onsekerheid waarmee die huidige onderwyssituasie besig
is om hom af te speel, veroorsaak groot onrus in Blanke
onderwysgeledere. Dit lˆ ook ten grondslag daarvan dat daar
skoon uit paniek meer onderwysers om pakkette aansoek doen as wat
onder normale omstandighede die geval kan wees. Enige onderwyser
wat 'n pakket aanvaar, mag nooit weer by 'n provinsiale skool
skoolhou nie. Dit is een van die departementele voorwaardes.
By die regime is daar 'n groot ongevoeligheid aangaande die
hele aangeleentheid. Sowel Sibusiso Bengu as Mary Metcalfe het
geen begrip vir die vrese van die onderwysers wat met die nuwe
bedeling gekonfronteer word nie. Metcalfe het reeds aangedui dat
die Onderwysdepartement die finale sˆ sal hˆ of pakkette
toegestaan kan word of nie. Indien te veel aansoeke ontvang
word, sal die Departement die reg voorbehou om te besluit of
hulle dit kan toestaan aldan nie. Daar bestaan by Metcalfe reeds
die vrees dat onderwysers in groot getalle vir pakkette aansoek
doen omdat hulle vrees dat hulle na lokasies herontplooi sal
word.
Om die getalleverhouding van 1:35 by ho‰rskole en 1:40 by
laerskole te bewerkstellig, sal nie minder nie as 3 122
onderwysers na ander skole gestuur moet word in die PWV-gebied
alleen.
In groot gebiede soos die PWV sal onderwysers geskuif kan word
tot skole wat van hul huise bereikbaar is. Op die platteland kan
dit maklik beteken dat onderwysers van een dorp na 'n ander
verplaas moet word. 

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Polisie bieg oor bomme

Vr., 28 Junie 1996 00:00

In die pers vanoggend:
'n Groep voormalige top-offisiere van die SA Weermag sowel as die SA
Polisie het erken die twee magte was verantwoordelik vir 'n reeks
skendings van menseregte, sommige van die dade is destyds deur hulle
aan die ANC toegeskryf.
Die erkennings is volgens berigte vervat in 'n brief aan die
Waarheidskommissie.
Hulle het daarmee waarskynlik hul voorneme te kenne gegee om met
die kommissie te wil saamwerk om die verlede te ontrafel en om
kwytskelding van vervolging te kry.
Die erkennings bied vir die eerste keer ook sekerheid oor die
destydse ontploffing by die Raad van Kerke se hoofkantoor Khotso
House in Johannesburg.
Die bom was volgens die erkenning deur die magte geplant.
Die moorde op die drie leiers van PE se swart civic-organisasie
Pebco in 1985 is ook klaarblyklik onder die meer as twintig skendings
wat erken word.
Ook 'n bom-ontploffing by 'n kragsentrale in Randburg waarvoor die ANC
geblameer is, word glo erken as 'n daad van die magte.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DAVID KRAMER FAN CLUB

Do., 27 Junie 1996 00:00

David Kramer se "Meisie sonner Sokkies" is vir my
die mees vreugdevolle, die mees opheffende lied wat ek
in 'n lang tyd nog gehoor het. Om 'n man so te hoor sing,
is 'n verheerliking, nie net van die vrou nie, maar ook
van viriele manlikheid self.

MEISIE SONNER SOKKIES

Iewers hier binne in my bokkie
Klop my ou hart nes 'n toktokkie
Ek droom van 'n warm Kersfeesdag
En my meisiekind sonner haar sokkies

Nes 'n bicycle sonner sy klokkie
Nes 'n lollipop sonner sy stokkie
Nes 'n hoenderhaan met sy kop afgekap
Hardloop ek agter my bokkie
Waai windjie waai
Die dae gaan verby
More kom daar 'n groot geluk
Dan staan sy o dan staan sy
Hier langs my

Bokkie ek willie vir jou jokkie
Of jy my lief het weet ek okkie
Ek droom van jou voor die Sending kerk
in jou wit hoed en jou rooi rokkie

Bokkie mettie blou doek op jou koppie
Die klokkie in my hart wil okkie stoppie
Vanaand sing ek soos 'n bok wat bler
Want die verlange hou nooit oppie
Waai windjie waai
Die dae gaan verby
More kom daar 'n groot geluk
Dan staan sy o dan staan sy
Hier langs my

Gelukkige meisie met die blou kopdoek. Soveel helder energie-
gewende sensuele woorde. Beelde uit 'n suiwer suid-afrikaanse
grond, onbeswaar deur sosio-politieke spanninge. Wat 'n man,
wat so kan sing! En wat 'n goeie "band." Wat ek wil weet, is wie
maak daardie geluide diep uit die midderif uit so nou en dan?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Polisie plant bom: deel 2

Wo., 26 Junie 1996 00:00

In opvolg op die erkenning deur senior polisie- en weermag-offisiere
dat hulle verantwoordelik was vir die bom by Khotso-huis in Jhb in
1988, die volgende: Shirley Gunn wat destyds deur hulle aangehou is
vir 60 dae omdat sy "daarvan verdink is" dat sy die bom geplant het,
wil 'n saak maak teen hulle.
Net soos sommige deelnemers op die groep aanvaar sy ook nie die
Waarheidskommissie nie. Sy bevind haar (saam met die kritici op die
groep) hier in die geselskap van die PAC en Azapo.
Sy is waarskynlik nie baie goed behandel in daardie 60 dae nie.
Nou erken die polisie en weermag HULLE het die bom geplant en dit op
die ANC en op me. Gunn geblameer.
Dit toon die dilemma van die Waarheidskommissie.
As die WK funksioneer soos hy veronderstel is, dan kry die
polisiemanne en die weermaglede kwytskelding en is die verlede verby -
nadat ons daarvan gehoor het.
Die alternatief is dat die WK ontbind word (waarskynlik onder
toejuiging van sommige van die deelnemers van die forum), maar dan
gaan me. Gunn die generaals en 'n klomp ander mense hof toe vat. En
dan gaan sit daardie bomplanters in die tronk vir lank.
En daar is baie mense soos me. Gunn.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nederlanders! Is Afrikaans Kombuistaal?

Di., 25 Junie 1996 00:00

My opinie:
Afrikaans is 'n tegnies gebreklike taal waar in elke tweede sin na anglesismes
gegryp moet work so dat mens 'n gesprek wat redelik relefant (!) is
aan die gang kan hou.

Ek weet nie watter toekoms daar vir afrikaans is nie. Sal mense dit in twintig
jare wil praat? Sal dit soos die 1600 verskillende tale van Indie: onder die
historiese mat gevee word? Heel moontlik. Hierdie tale het die selfde in
gemeen met Afrikaans: Hulle is nutteloos in 'n tegnologiese wêreld.

Groete,

Gerrit Hoekstra
Engeland

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: South African Airways and Apartheid

Ma., 24 Junie 1996 00:00

Obviously is Telkom (via us) paying for all the efforts of this gent.

Lees mooi Stephan, hierdie is 'n Afrikaanse groep !

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

wie kan help us....

So., 23 Junie 1996 00:00

wie kan help us an adressen van Hollandse clubs en verenigingen? en ook goede
webs (www) voor immigranten?
dank u,
Alex Goossens, BTV Stichting
http://www.worldaccess.nl/~btv
++++

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Soek VISUAL BASIC 3.0

Sa., 22 Junie 1996 00:00

Het iemand dalk 'n Visual Basic 3.0 program wat hy wil verkoop?

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Die Afrikaner: Ratte-saak eindig by eenheidsaksie

Sa., 22 Junie 1996 00:00

Uitreksel vanuit die nuutste uitgawe van Die Afrikaner, mondstuk van die
Herstigte Nasionale Party.

Meer berigte by http://www.hnp.org.za/afrikaner/junie3

************************************************************ *******

Ratte-saak eindig by eenheidsaksie

DIE aksie verlede Saterdag in Pretoria om aan te dring op die
onvoorwaardelike vrylating van kmdt. Willem Ratte het uitgeloop
op 'n aandrang op eenheid tussen die verskillende partye wat
daarby betrokke is.
Onder leiding van kol. Dawid Grobbelaar het die vergadering in
die stadsaal van Pretoria as opdrag aanvaar om die komitee wat
die verrigtinge gere‰l het "uit te bou tot volkseendragtigheid
en saamsnoerende organisasie". Daar word erken dat die
organisasies wat aan die aksie deelgeneem het, en "in spanning
en verdeeldheid verstrik is" steeds bly voortbestaan, maar deur
die aksie is hulle ingebind in 'n plegtige onderneming om in
eendragtigheid die vryheid van die volk na te streef. Daardeur
moet die volk uit die "moeras van neerslagtigheid en
verdeeldheid" opgehef word.
Daar is reeds sprake van vaste organisasie wat aan hierdie idee
gegee moet word, en daar word verwys na "komitees van sewe" wat
landwyd op die been gebring moet word.
Toe die Afrikaner-Volksfront in 1993 partye wou saamgebind het
in 'n vaste struktuur met 'n eie organisasie met ledewerwing en
inskryf van lidmaatskap het dit tot groot onmin gelei. Dit sou
beteken dat lede van politieke partye gelyktydig aan twee
politieke organisasies met uiteenlopende beginselstandpunte sou
behoort, en het daartoe gelei dat die HNP hom nie hieraan wou
bind nie.
Benewens die strewe om kmdt. Willem Ratte uit die gevangenis
bevry te kry, is daar nog geen aanduiding wat die grondslag is
van die nuwe eendragtigheid waarna gestreef word nie.
Tydens die verrigtinge in die stadsaal is die leiers van
verskillende partye wat teenwoordig was, gevra om na die verhoog
te kom om 'n "Plegtige onderneming" te onderteken. Dit is
onderteken deur dr. Ferdi Hartzenberg, mnr. Eugene Terre'Blanche
en mnr. Robert van Tonder. Die onderneming lui: "Ek ondersteun
en strewe eendragtiglik saam met my volk na vryheid en
volwaardige selfbeskikkingsreg vir ons volk in ons eie vaderland
sodat ons as volk diensbaar kan wees aan God Drie-enig." Die HNP
was besig met 'n Dagbestuursvergadering, en die leiersfigure van
die HNP was nie teenwoordig nie. Daar is onderneem om die stuk
voor die vergadering aan die HNP te laat toekom, maar dit het nie
plaasgevind nie. Die gevolg is dat die HNP nog nie die
onderneming onder o‰ gehad het nie, en dus ook nie geleentheid
gehad het om dit te bespreek nie.
Die verrigtinge in die stadsaal is deur 2 000 mense bygewoon.
Kol. Dawid Grobbelaar het die leiding geneem, en slegs die sewe
lede van die re‰lingskomitee van die "Red Willem Ratte-aksie" was
op die verhoog. Daardeur is gepoog om nie aan die geleentheid
'n politieke kleur te gee nie. Al die leiers van partye en
kultuurorganisasies het in die gehoor stelling ingeneem, en hulle
is slegs na die verhoog geroep om die onderneming te onderteken.
Daarna het 'n optog na die Sentraal Gevangenis in
Potgieterstraat plaasgevind. Daar is 'n bakkie met luidsprekers
voor die tronk getrek, en het die politieke leiers geleentheid
gehad om in 'n kort boodskap die skare toe te spreek.
Vervolgens is kol. Grobbelaar, mnr. Bert van Rensburg en dr.
Willie Snyman as afvaardiging toegelaat om kmdt. Ratte in die
tronk te besoek. Terwyl dit plaasgevind het, het die skare
saamgesing. Met die terugkeer van die afvaardiging het hulle
gerapporteer dat kmdt. Ratte te kenne gegee het dat hy nie sal
swig nie.
Brig. Peet Joubert, wat nie 'n uniform aangehad het nie, het
die petisie vir die vrylating van kmdt. Ratte in ontvangs geneem.
Toe dit geblyk het dat Nelson Mandela nie sou opdaag nie, en
kmdt. Ratte nie vrygelaat sou word nie, het kol. Grobbelaar laat
blyk dat die stryd voortgesit sou word. Hulle het daardie middag
die Prokureur-generaal gaan spreek, maar dit het ook nie die
gewenste uitwerking gehad nie.
Intussen het Mandela nogmaals laat blyk dat kmdt. Ratte nie
vrygelaat sal word nie, en het beswaar aangeteken teen die
"beledigende" trant waarin die eis aan hom gestel is.
Die saak is besig om voort te sloer, en op hierdie stadium wil
dit voorkom of daar nie vordering kan wees nie, aangesien
Justisie slegs bereid is om oorweging aan die saak te gee indien
kmdt. Ratte aansoek doen om borg. Hy weier volstrek om dit te
doen, aangesien dit heeltemal indruis met sy beskouinge wat hy
van meet af aan duidelik te kenne gegee het.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Afrikaner: Mandela al erger in knyp oor lakse ministers

Sa., 22 Junie 1996 00:00

Vanuit die nuutste uitgawe van Die Afrikaner, mondstuk van die Herstigte
Nasionale Party.

Meer berigte by http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ************
Mandela al erger in knyp oor lakse ministers

ONBEVOEGDHEID EN ONBEKWAAMHEID slaan nou soos masels oral in die
ANC uit. Die feit dat Nelson Mandela persoonlik tot die
verdediging van ministers kom wat allerwe‰ veroordeel word vir
korrupsie en 'n onvermo‰ om hulle werk te verrig, dui daarop dat
dit nie by hom of die ANC erns is om probleme in sy administrasie
streng aan te spreek en hierdie euwels met wortel en tak uit te
roei nie.
Nkosazana Zuma is al maandelank voor die vuurpeloton van
openbare veroordeling oor Sarafina II, terwyl Stella Sigcau uit
eie geledere van korrupsie beskuldig word as sou sy omkoopgeld
van Sol Kerzner ontvang het vir die oprig van dobbelhuise in die
Transkei. Dit het tot 'n openbare rusie tussen haar en Bantu
Holomisa ontwikkel, en Holomisa moet nou voor 'n dissiplinˆre
komitee verskyn, maar van stappe teen Sigcau is daar geen sprake
nie.
Intussen het ook Sibusisu Bengu lelik skeefgetrap toe hy nie
eers teenwoordig was toe deurslaggewende vrae aan hom oor die
onderwys behandel moes word. Daar is voor die tyd met hom
ooreengekom om doodseker te maak dat hy wel teenwoordig sou wees.
Ten spyte van al die pogings wat aangewend is om hom teenwoordig
te kry, het hy hom daaraan afgevee en was glad nie eers in die
parlement teenwoordig toe die saak hanteer moes word nie.
Al wat Nelson Mandela kon uitkry ter verdediging van Zuma, is:
"She's a good woman!"
Hierdie onmin oor ministers wat nie hulle werk doen nie, en
selfs beskuldigings dat hulle nie in staat is om hulle werk te
doen nie, volg op 'n lang rekord van onbekwaamheid en
onbevoegdheid.
Ministers wat voorheen in die gedrang was omdat hulle nie
opgewasse was vir hulle taak nie, is Jay Naidoo wie se HOP 'n
algehele mislukking is, en nou onder Thabo Mbeki geplaas is, Joe
Slovo wie se begrafnis meer gekos het as die geld wat bestee is
om huise vir Swartes te bou, Sankie Nkondo, sy opvolger, wat ook
nog nie die huisbouprogram aan die gang kon kry nie, Mac Maharaj
wat nie die taxi-geweld kan hokslaan nie, Sydney Mufamadi, wat
hoegenaamd nie daartoe in staat was om wet en orde in die land
te handhaaf nie en veroorsaak het dat misdaad heeltemal hande
uitgeruk het, Alfred Nzo wat eenvoudig te oud is vir sy
portefeulje en die een blaps na die ander maak ten opsigte van
verhoudinge met terroristeleiers soos Fidel Castro, Mohammar
Gadafi en Jassar Arafat, Derek Hanekom wat 'n aktiewe beleid voer
om die Blanke boer van die plaas te verwyder om te vervang met
parasitiese Swartes wat geen bydrae tot die landbou sal kan lewer
nie, Gatsha Buthelezi wat verantwoordelik is vir die toespoeling
van Suid-Afrika deur die ergste pornografie uit die rioolslote
van die wˆreld, die ineenstorting van die Weermag onder Joe
Modise, die Regstelsel onder Dullah Omar, die wegkalwing van die
staatsdiens onder Zola Skweyiya, en les bes, die ontslag van Abe
Williams omdat hy sy vingers in die geldlaaie van Welsyn gehad
het. Daarby kom nog die mislukkings van die twee vise-
presidente, Thabo Mbeki wat alles wat hy aanraak in mislukking
laat verval, en mnr. FW de Klerk, wat meer tyd in die buiteland
deurbring as in sy kantoor in sy eie land.
Daar is nog talle ander voorbeelde van onbevoegdheid waardeur
aangetoon kan word dat die land vinnig besig is om in duie te
stort, en dat Mandela en sy regime nie in staat is om enigiets
daaraan te doen nie.
Waar daar verwag kan word dat 'n president sal ingryp wanneer
dinge skeefloop, gebeur die teenoorgestelde. Daar is geen poging
om dissipline in die ANC te herstel nie. Die uitlatings van
Mandela dat die mense wat van onbekwaamheid en korrupsie
beskuldig word, slegs hulle werk doen, is seker die beste
aanduiding tot dusver dat daar geen wil bestaan om die
landsadministrasie op 'n gesonde grondslag te plaas nie, en dui
alles daarop dat die finale ineenstorting moet volg, en dat daar
teen 'n verhaasde spoed op die afgrond afgestuur word.
Die feit dat Mandela die korrupsie en onbevoegdheid van sy
ministers kondoneer, beteken dat ook sy aansien wat hy onverdiend
geniet, daarmee heen is.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614  1615  1616  1617  1618  1619  1620  1621  1622    »]
Tyd nou: Ma. Jul. 06 09:29:54 UTC 2026