Hoe gaan dit met humor in die Nuwe Suid Afrika ????
Die laaste keer wat ek 'n VannerMerwe grap gehoor het was van iemand
op reis hier in Australie:
Gehoor Vannermerwe het emigreer na Australie toe ?
Ja, toe hy in Australie aankom het die gemiddelde I.K. van altwee lande
onmiddelik gestyg.
Wil julle nie dalk 'n egte (Suid) Afrikaanse grappie pos nie?
'n Van der Merwe grap, 'n sêding of so, 'n wilde definisie...
Ek sal dit baie waardeer, en ek is seker ander ook.
Toevallig val een my by wat ek jare gelede gehoor het.
Dis een wat Fanus Rautenbach blykbaar oor die radio vertel het:
Hy is toe daaroor geskors. (of dit nou waar is weet ek nie):
Van der Merwe en sy pasgetroude vrou ry teen Sir Lowry's pas uit.
Halfpad teen die pas op gaan hul kar staan.
Hulle klim toe uit om te stoot.
Toe hulle terugkom is die kar weg...
Toe ek in die weermag was, was daar baie slim sêgoed (skeltaal)
Bv: "TROEP:Ek steek my R1 deur jou ore en ry jou soos
'n Harley Davidson rond!"
"TROEP:Skud jou kop dat jou ore jou kan wakkerklap!"
ens.
Kan julle nog sulkes onthou?
(Ek het die bestes vergeet). Die meeste was natuurlik uiters kru.
Daar is baie goeie grappe waar die Afrikaanse taal ter sprake kom.
('n misinterpretasie van Afr/Eng of so, Tok-tok grappies)
Tok-tok. Wie is daar?
Fanta. "Fanta" wie?
Dis van-te veel eet dat jy so lyk...
Ander oor die Transvaals/Kaapse provinsialisme?
(is daar nou nuwe grappies oor Gauteng?)
Of Matie/Tukkie grappies. Boer,skot,engelsman grappies ?
Iets wat die unieke Suid Afrikaanse situasie goed vasvang ? oor Madiba?
Ek werk by 'n Tegniese Kollege waar ek wetenskap doseer, maar ek kan
dit nie meer hou nie! Al die Afrikaners is permanent suurgat.
Niemand lag nie. Almal lyk net neerslagtig.
Komplimente vir goeie werk? Moenie my laat lag nie.
Ons TV moet weer begin met programme soos biltong & pot roast
of enigiets waar die regte malles ons kan vermaak.
Ek het 'n behoefte daaraan om te lag.
> pigf...@icon.co.za wrote:
>
> (ek hou van hierdie ou se adres, pig farmer. Is jy 'n mielieboer?)
>
>> land se simbole. ek het myself nou al vir 'n ruk besig gehou met die
>> aktiwiteit om Pepsi advertensies te skryf vir die New Generation.
>>
>> Ek werk aan Pepsi ads vir die boere.
>
> Wat my de moer in maak is die afrikaanse advertensies op radiostasies
> waar die dj's te grênt is om afrikaans te praat. Luister na Radio 5, of
> wat hulle hulself ookal nou noem. HOekom is daar afrikaanse advertensies,
> maar niks afrikaanse musiek nie?
>
> Hoop iemand van sabc.co.za lees hierdie nuusgroep.
>
> As jy nou wil weet wie is die afrikaner luister "iets vir iets" so
> middeloggend op Afrikaanse stereo. Dis 'n inbelradioprogram waar mense
> goed te ruil aanbied. Karavane, nissan bakkie enjins, elvis
> plateversamelings, and stukkies grond naby Hermanus.
>
> werda, charl.
"Hoor, Hoor" vir Iets vir Iets. Die beste program op die lug. Al wat ek wil
weet is hoekom die program laas Saterdag kort geknip was weens die rugby. Kon
die SAUK nie eerder die program oor kaas gelos het nie? Of hoe se ek nou.
<<>Ek doen 'n beroep op my mede volksgenote,
>Moenie jul TV lisensie betaal nie.....>>>>>
Een of twee punte:
1. Ek glo alle Suid-Afrikaners (dus ook die mense in die townships)
moet hul dienstegelde betaal.
2. Ek glo alle Suid-Afrikaners moet hulle belasting betaal.
3. Ek glo as jy TV kyk, onderwerp jy jou aan die struktuur wat die
staat daarvoor stel. As dit beteken jy moet lisensie-geld betaal,
moet jy dit betaal of van jou TV ontslae raak.
Ek betaal my lisensiegeld.
4. Die nuwe SABC is beter as die ou SAUK.
Daar is minder Afrikaans, maar die goeie Afrikaanse reekse het in
die jare tagtig al begin verdwyn.
Oorgeklankte twak het ek nog nooit gekyk nie.
Daar is deesdae baie wat ek op SABC se dienste kyk. Van uitstekende
Britse reekse, tot goeie flieks en die week nog die Olimpiese
Spele.
Ek kyk. Ek betaal.
(Anders as jy en jou sielsgenote in die townships wat nie wil
dienstegelde betaal nie.)
> Die Rainbow vlag.
> Selulere telefone.
> Ingevoerde bier.
> Oorsee besoeke ( veral as dit per ongeluk saamval met die olimpiese spele :)
> ).
> BMW's.
> Pespsi (he he he).
> 'Spring Water' in 'n bottel.
Jy weet dis die nuwe sa want:
** Jou tuinjong praat Frans.
** Daar's mense met cardboard signs wat geld by verkeersligte vra.
** Jy word nie meer vir kampe opgeroep nie. (Dis nou die mans).
** Daar's meer curios op die vlooimarkte van Ghana en Senegal af as van Zoeland en Venda.
** Daar's meer swart gesinne in die Hypermarket op 'n Saterdagoggend as wittes.
** Alle motorradios is die "slip in" soort, of het 'n verwyderbare gesig.
** Daar's nou 'n casino in elke voorstad.
** SABC wys 'n movie waarin iemand sê shit en dit word nie gebliep nie.
** Coca Cola het kompetisie.
In baie opsigte is hierie groep nessie platteland. en dis nie net omdat hy op
'n twee-dimensionele oppervlak fungeer nie. (jou screen, stjoepit). ek sien
die bottelstoor beginne kop uitsteek. (KYK: Drinks anyone?)
Al wat nog kort is dat die NG Kerk 'n gemeente hier oopmaak, hulle afstig,
twis opsplit en weer afstig.
(Dan noem ons die middelste wit deel van jou screen Kerkstraat.)
'n laaste gedagte, hou op om die Taal op Coke-blikke te soek en drink Pepsi.
Al proe dit nie so lekker in jou klippies nie is dit ten menste PC.
In Article, writes:
> Path: hermes.is.co.za!news
> From: d...@eastcoast.co.za (DCE)
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Re: Platteland
> Date: 29 Jul 1996 18:26:29 GMT
> Organization: DCE
> Lines: 25
> Message-ID:
> References:
> NNTP-Posting-Host: sl07.eastcoast.co.za
> Mime-Version: 1.0
> Content-Type: Text/Plain; charset=US-ASCII
> X-Newsreader: WinVN 0.99.7
>
> In article ,
> pigf...@icon.co.za says...
>>
>>
>> In baie opsigte is hierie groep nessie platteland. en dis nie net omdat hy op
>> 'n twee-dimensionele oppervlak fungeer nie. (jou screen, stjoepit). ek sien
>> die bottelstoor beginne kop uitsteek. (KYK: Drinks anyone?)
>>
>> Al wat nog kort is dat die NG Kerk 'n gemeente hier oopmaak, hulle afstig,
>> twis opsplit en weer afstig.
>>
>> (Dan noem ons die middelste wit deel van jou screen Kerkstraat.)
>>
>> 'n laaste gedagte, hou op om die Taal op Coke-blikke te soek en drink Pepsi.
>> Al proe dit nie so lekker in jou klippies nie is dit ten menste PC.
>>
>>
> Is dit nie waar nie, is dit ten minste PC, verduidelik asb
>
> At
>
Wel At, ek reken as die Afrikaner maniere soek om in tune te word met hierdie
nuwe land en sy realiteite, moet hy homself begin identifiseer met die nuwe
land se simbole. ek het myself nou al vir 'n ruk besig gehou met die
aktiwiteit om Pepsi advertensies te skryf vir die New Generation.
Afrikaanse digters het hulle in die verlede gereeld tot beskrywing van
landskap gewend.
Dit is waarskynlik een van die standhoudendste temas in die Afrikaanse
digkuns.
Van die beter pogings - so vroeg soos Leipoldt se Boggom en Voertsek -
het die landskap se inherente eienskappe gebruik om ook op die
menslike toestand kommentaar te lewer.
So het hulle met die gedigte dus uitgestyg bokant 'n blote beskrywing
van omgewing.
Die jongste in die tradisie is Tom Gouws met sy uitstekende gedig:
villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,
kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
in geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug.
hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier
waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande. net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug.
hierdie landskap le^ voue van geel papier
in die belee" kleur van perkament. elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
hierdie landskap le^ voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
Tom Gouws.
Uit sy nuwe bundel troglodiet (Human en Rousseau)
In D.J. Opperman se werk is daar dikwels die
tema van skuld, skuldig wees, die nodigheid om
om vergifnis te vra. Hier volg so 'n gedig:
BESKULDIGDE
Die fluitjie blaas, ek word deur swart omring
en na vuishoue van verset
as my polse in blink boeie wring
noem een nog die gereg en wet!
Heftig wou ek my onskuld eers omskryf
maar die vervolger het toe koel
'n vlekkie van sy toga afgevryf
en ek reeds skuldiger gevoel;
nog meer toe ek die ander sake hoor
en die omstandighede ook oorweeg,
my hart het van geboorte af gemoor
en elke misdaad saam gepleeg.
"Ek vra die hof nie wat die aanklag is
met dag en datum van misdade;
ek wag net op die vonnis
en genade."
Hierdie gedig praat nog oor die angs en skuld
op persoonlike vlak.
Opperman sit egter dieselfde tema voort
in "Joernaal van Jorik," waar Jorik nou verteen-
woordiger word van die Afrikanervolk. Nie alleen
Manuel, die goddelike, vergesel hom in die duik-
boot waarmee hy by die moederstad aankom nie.
Daar is ook Dabor, wat grinnik wanneer Jorik bid
om redding.
Na die moederstad gaan Jorik die binneland in.
Sy beskrywing van die Natalse binneland word die
beskrywing van 'n jeug. Maar gou kom daar die
bewussyn van die korrupsie van die materialisme:
" Hy weet waar skuil die goud en antrasiet
Die rooi sinnaberstuk en die uraan"
Jorik word joernalis. Hy besef dat hy gebruik word:
gee ontspanning...
elke dag 'n mooi nooi en 'n moord
Hy besef ook dat hy in die proses dienskneg word
van "Die Sanhedrin met sigaar en blesse." Fyn roet
sif neer oor die vorige helderheid. Daar is dongas waar
Boesmans en sebras vantevore deur die gras kon stap.
Hy en sy nasie is 'n tipe van Judas:
My handelaars en rotte het die siel
hier in 'n bloed-en-bodem besigheid
om dertig silwerlinge so verniel...
Jorik kan nou net wonder: "O watter wraak sal daar nou
oor my kom?"
Vir Jorik eindig alles op 'n genadige noot. Wanneer
die dood hom kom haal, is dit Manuel wat beveel:
Kom in Sy naam.
Ek wat hier eenmaal in die tyd en vlees
ook was, neem jou in Sy genade saam.
Opperman het "Joernaal van Jorik" in die laatsomer van
1949 gepubliseer, voor dit duidelik geword het hoeveel
smart en ellende daardie dertig silwerlinge sou koop. 'n
Mens moet dus bly wees dat daar uiteindelik ook sprake
was van vergifnis.