Ek droom van 'n pot vol goud
en 'n lekker kaal boud
My nagmerrie is 'n korporaal
wat my vir township-diens kom haal
Ja-nee.
Die geleerdes, hoor ek, seg die mens se drome is Taalloos
en kleurloos.
So mens droom nie in Afrikaans, Zoeloe of Xhosa nie.
Die lig val net in monochroom. So hy sal in swart en wit moet skiet.
En buitendien, ons almal droom maar oor dieselfde goed,
d.i. gebeure wat ons pla,angs gee,gevare,opwinding, seks ens.
Dit is slegs die konteks wat anders is.
En die konteks (veral in SA) is nie net iets abstraks in jou kop nie.
Nie as jy bv. in 'n sinkpondok in die Kaapse winterreën bly nie.
So jy hoef nie iemand se kop te lees om te weet
waaroor sy nagmerries gaan nie.
Ek lees ook dat mens baie droom as jy baie (veral vleis) geëet het.
Nou wonder ek of mense in Afrika regtig so baie droom ?
Ja en toe wen die bokke die Fijiane. Ten spyte van die feit dat die 'stem' nou
in ingels gesing word - met die wereld beker was dit Afrikaans en soos enige
iemand wat dit bygewoon het kan getuig - 'n Afrikaanse iemand bedoel ek - gee
dit jou hoendevleis as die manne almal saam in Afrikaans sing - ten spyte van
die feit dat die 'stem' nie eintlik meer feature as iets belangriks in meeste
van ons se lewens nie.
Ek lees gereeld die nuusgroep, maar deesdae maak ek soveel geld met al
die "money making schemes" dat ek nou voltyds besig is om my geld te tel.
Is hierdie mense wat sulke advertensies pos dan hulle hele lewe in 'n dwaal
of gebeur dit net soms. Waar was julle toe die ou vliegtuig speletjie in SA
heeltemal platgeval het?
Die boodskap van hierdie nota gaan heel moontlik verlore aangesien die
idiote wat hulle "geldmaak" stories hier adverteer nie eens Afrikaans kan
lees nie. Duidelik het hulle ook nie 'n idee oor hoe 'n ekonomie bestaan nie.
In die pakkie was daar diervet, wat baie lekker
geruik het. Hulle moes hul liggame daarmee in-
smeer. Hierdie storie is nie regtig 'n Pandora-
storie nie. Al wat dit in gemeen het, is dat nuus-
kierigheid iets is wat gestraf word van oertye af
en deur baie kulture. Dit het my goed laat voel
dat die Algonquins bereid was om toe te gee dat
mans ook pynlik nuuskierig kan wees.
Algonquins het mense bewonder wat geheime
ken en hulle bewaar. Glooskap se titel "Leuenaar"
was dus 'n groot kompliment. Hulle het geglo dat
Glooskap die mens geskep het. Daarna het hy in
die wereld rondgegaan om die slegte dinge, wat
sy broer Malsum gedoen het, ongedaan te maak.
Hy het ook 'n hele klomp ander reuse en slegte
wesens uitgeroei. Toe kon hy nie help om 'n bietjie
te spog nie. Een van die vroue wat na hom geluister
het, se toe : "Ek weet van iemand vir wie jy nie sal
kan oorwin nie... my baba, Wasis." Glooskap was
woedend dat sy hom so onderskat. Hy probeer toe
'n hele klomp dinge om die baba in sy mag te kry:
glimlag vir hom, steek sy arms na hom uit, maak die
geluid van voels. Maar al wat die baba se is " Goo
Goo." Toe word Glooskap kwaad en begin skreeu
op die baba, maar al wat die kind doen is om te huil
en dan aan te gaan om 'n stuk "maple" suiker te eet.
Uiteindelik, na verdere inkantasies, gee Glooskap
op en gaan woedend uit die hut en weg van daardie
plek. En dis daarom dat wanneer 'n babatjie "goo goo"
se, die Algonquins se dat die baba dink aan hoe maklik
Wasis vir Glooskap oorwin het.
Gloudina skryf oor Braam Fischer.
Laat my dink aan ons geestelike leiers ook.
Ons reken hulle nie, nie eers as hul voor ons staan nie.
Kyk net hoe het die Afrikaner vir Beyers Naude misken,
onder sy gat geskop...
Kyk, moet dit asseblief nie persoonlik opvat nie,
maar die Amerikaanse verkiesing verveel my tot
in die afgrond in. So ook Australiese politiek.
By gebrek aan enige politieke kwessie, word
"Political Corectness" in Australie verhewe tot alles.
Daar word gedurig geneul (deur 'n klein groepie
pseudo-liberales) oor "groen" kwessies,
feminisme en "spiritualisme" van die Aboriginees,
terwyl niemand iets doen aan enige daarvan nie.
(hulle die minste van almal).
Die meerderheid mense sit op hul gat en geen nie
om nie - hul grootse bekommernis is hoeveel bier
hul moet koop vir die volgende braai,
en wie die "footy" gewen het. (klink bekend ?)
Gelukkig (vir die joernaliste hier), is daar
nou 'n maljan wat mense geskiet het in Australie,
so hulle kan nou vir 'n rukkie oor iets gal afgaan.
Ek dink as jy in SA grootgeword het, is sulke
politiek maar vervelig (relatief gesproke).
In Australie gebeur elke maand niks, en dan
hou dit vir jare aan...
So ons word soms die Amerikaanse verkiesing opgedis by
gebrek aan iets anders.
As dit nie die aanloop tot die verkiesing is nie,
is dit die veldtog self, en dan die nabetragtig.
Amerika is lankal nie meer so belangrik soos wat hul
was nie. Met 'n verenigde Europa, 'n ekonomies sterk
Japan, 'n groeiende ekonomiese China, wie is die
Amerikaners nou eintlik ?
Ek hoop ek het sommige van julle nou lekker geterg.
Groete.
DAAR was die Man van die Oomblik: die een wat so ekstaties breed van
onder die bruin snor geglimlag het dat jy net pienk tandvleise en geel
tande met sulke swart (vrot?) plekkies gesien het.
(Die papiertjie van die sjokolade was nie meer daar nie. Iemand het
dit verwyder voor die ambulans se deure oopgemaak is. Al wat die
"volk" en die joernaliste dus kon sien, was die Man van die
Oomblik - minus die Bar One waaraan hy minute tevore nog gesmul het.
En dan was daar die klone. Verskeie van hulle. Maar dit was duidelik
dat daar iets êrens met die kloningsproses van die meeste van hulle
verkeerd gegaan het.
Soos die Golden Miles Bhudu-kloon: 'n verweerde kort gryserige
omietjie met ewe verweerde kettings om die nek gedrapeer.
Soos mnr. Bhudu, wat met sy stringe swaar kettings ter steun van
gevangenes betoog het in die dae toe die nuwe Suid-Afrika net so
wou-wou aanbreek, het sy nuwerwetse "Red!! Willem Ratte!
Volksoproep"-kloon blykbaar gemeen kettings is die in ding vir die
oomblik.
Hy wil die kettings om kmdt. Ratte se nek hang, het die omie
vertroulik gefluister. "Die man is so sterk soos 'n bees. Ek wil hê
hy moet die kettings so in sy hande vat en daar opstaan en dit so van
hom wegsmyt."
Dit het helaas nie gebeur nie. Toe die deure van die rooi ambulans
weer toegeslaan het onder die wit
opskrif "To the honour of God", het die Man van die Oomblik op sy
reis na wie-weet-waar straat af
verdwyn - sonder dat Golden Miles se kloon met sy kettings naby hom
kon kom.
^En dan was daar die country-konsert-kloon: so 'n maer dingetjie met
wit plastiek-kniestewels, 'n hemp met blink studs op elke denkbare
plek, stywe stretch jeans, styf gepermde krulle en styf gemaskara-de
oogwimpers onder potblou ooglede.
Die kloning kon dalk nog op 'n ander plek gewerk het, maar daar in die
straat voor die Pretoria-Sentraal-gevangenis was daar Saterdag nêrens
'n kitaar of 'n cowboy in sig nie en al wat die mense gesing het, was
"Die Stem" (vers een en vier) en "Laat Heer u seën op hom daal."
En dan was daar die kloon van die donder-en-bliksem-predikers: 'n omie
met wangvelle en 'n wysvinger wat vroeër met groot erns gebid het oor
die mikrofoon daar "aan die voete van die Voortrekkermonument".
Dis net jammer dat die "volk" op die trappe hul oe" vroom toegehou
het onder die gebed.
Die enigste mense wat gesien het hoe die omie se wangvelle van erns
bewe en sy wysvinger driftig die een en ander (aan God?) beduie, was
die groepie belangstellende Duitse toeriste bokant hulle op die
trappe. Op Duits het hul toergids - met 'n handswaai na die "volk"
daar onder - aan hulle verduidelik die Voortrekkermonument is "vir
die Boere 'n heilige tempel". (Hy het klaarblyklik nie besef die
saamtrek gaan om iemand wat 'n "Duitse Boer" deur sy aanhangers
genoem word nie.)
Maar as daar 'n prys toegeken moes word vir Kloon van die Dag, sou die
beoordelaars waarskynlik net twee letters gesê het: ET.
Soos 'n Eugene Terre'Blanche Merk l l (Korter Weergawe) het kol. Dawid
Grobbelaar, voorsitter van die Groep Vriende van Willem Ratte, hom
Saterdag bewys as 'n ontpoppende "demagoog van die volk".
Met die een knoop van die liggrys pak se baadjie vasgemaak oor die
boepie, bruin kuif en grys baard netjies gekam, sak-Bybel en dagboek
in die hand, het kol. Grobbelaar die "volk" by die tronk
á la Terre'Blanche op gevleuelde wieke van die woord probeer meevoer.
Terwyl die ambulans met "die legende Willem Ratte" weggesnel het,
het kol. Grobbelaar digterlik verklaar: "Ons gaan met Willem se naam
in ons harte vorentoe". Hierdie kwie-tansie vir 'n
R1`000 (kmdt. Ratte se borgtog) is u kwie-tansie. Ons sal dit in al
die volkskoerante, (pouse, klem) volkskoerante publiseer sodat u dit
kan uitknip en bewaar". Nou lê die pad smal en hard
vorentoe, (lang pouse) maar daardie pad loop onteenseglik na die
Boererepubliek!"
Die "volk" het gejuig en vlae geswaai, maar almal was skielik
haastig. Daar was in elk geval nog net sowat tweehonded van die
oorspronklike vyfhonderd stuks "volk" oor. Die Man van die Oomblik
was klaar weg. En die meeste van die res van Suid-Afrika, die orige
sowat dertig miljoen plus, het in elk geval nie eens geweet hy was
ooit daar nie.
Afrikaners het hulle deel van groot leiers in die laaste
honderd jaar gehad. Een van die grootste was Paul Kruger.
Op 28 Maart 1966 staan Bram Fischer voor die hof in Pretoria
en in sy verdediging haal hy die volgende woorde van Paul
Kruger aan:
"Met vertrouwen leggen wy onze saak open voor de
geheele wereld. Het zy wy overwinnen, het zy wy
sterven : de vryheid zal in Afrika ryzen als de zon uit
de morgenwolken."
Paul Kruger het hierdie woorde uitgespreek in Februarie 1881
in die Volksraad van die Oranje Vrystaat. Bram Fischer se in
sy verdediging dat hy deur sy dade, waarvoor hy lewenslange
tronkstraf gekry het, wou verhoed dat daar nog 'n vergeefse
vryheidsstryd op Suid-Afrikaanse bodem gestry sou word.
Bram Fischer, gebore in 1908, was 'n seun van 'n Regter-
president van die O.V.S., kleinseun van 'n eerste minister van
die O.V.S. Hy was 'n Rhodes Scholar. Hy was advokaat in die
Hoogverraadsaak 1956- 1960, en die Rivonia -hofsaak in 1963-
1964. In September 1964 is hy gearresteer omdat hy 'n kommu-
nis was. In sy verdediging voor die hof verduidelik hy hoekom
hy 'n kommunis geword het, en hoekom hy by die vryheidsstryd
aangesluit het. Hy verklaar in Engels: "In ons sense we Afrikaners
were the vanguard of this liberation movement in Africa. Of all
former colonies, we displayed the greatest resistance to imperial
conquest." Hy gaan aan: " I speak as an Afrikaner - something
sinister for the future of my people had happened..."
Bram Fischer het lewenslange gevangenisstraf gekry. In 1974,
toe hy siek was aan kanker, het die regering in Suid-Afrika geweier
om hom los te laat om te sterf by sy familie, ten spyte van versoeke
van oor die hele wereld. Hy het in Mei 1975 gesterf. Die outoriteite
het geweier om sy as aan sy familie te gee.
Dit is hoe die Afrikaner in die laaste deel van die twintigste eeu
somtyds blind was vir hulle ware leiers.