Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Ratte se vrylating
Ratte se vrylating [boodskap #6681] Ma, 01 Julie 1996 00:00 na volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die volgende uitstekende stuk joernalistiek het vanoggend (Maandag) in
Beeld verskyn.

------------------------------------------------------------ ------------------------------------------------------------ ---

Deur Andriette Stofberge

DAAR was die Man van die Oomblik: die een wat so ekstaties breed van
onder die bruin snor geglimlag het dat jy net pienk tandvleise en geel
tande met sulke swart (vrot?) plekkies gesien het.

(Die papiertjie van die sjokolade was nie meer daar nie. Iemand het
dit verwyder voor die ambulans se deure oopgemaak is. Al wat die
"volk" en die joernaliste dus kon sien, was die Man van die
Oomblik - minus die Bar One waaraan hy minute tevore nog gesmul het.

En dan was daar die klone. Verskeie van hulle. Maar dit was duidelik
dat daar iets êrens met die kloningsproses van die meeste van hulle
verkeerd gegaan het.

Soos die Golden Miles Bhudu-kloon: 'n verweerde kort gryserige
omietjie met ewe verweerde kettings om die nek gedrapeer.

Soos mnr. Bhudu, wat met sy stringe swaar kettings ter steun van
gevangenes betoog het in die dae toe die nuwe Suid-Afrika net so
wou-wou aanbreek, het sy nuwerwetse "Red!! Willem Ratte!
Volksoproep"-kloon blykbaar gemeen kettings is die in ding vir die
oomblik.

Hy wil die kettings om kmdt. Ratte se nek hang, het die omie
vertroulik gefluister. "Die man is so sterk soos 'n bees. Ek wil hê
hy moet die kettings so in sy hande vat en daar opstaan en dit so van
hom wegsmyt."

Dit het helaas nie gebeur nie. Toe die deure van die rooi ambulans
weer toegeslaan het onder die wit
opskrif "To the honour of God", het die Man van die Oomblik op sy
reis na wie-weet-waar straat af
verdwyn - sonder dat Golden Miles se kloon met sy kettings naby hom
kon kom.

^En dan was daar die country-konsert-kloon: so 'n maer dingetjie met
wit plastiek-kniestewels, 'n hemp met blink studs op elke denkbare
plek, stywe stretch jeans, styf gepermde krulle en styf gemaskara-de
oogwimpers onder potblou ooglede.

Die kloning kon dalk nog op 'n ander plek gewerk het, maar daar in die
straat voor die Pretoria-Sentraal-gevangenis was daar Saterdag nêrens
'n kitaar of 'n cowboy in sig nie en al wat die mense gesing het, was
"Die Stem" (vers een en vier) en "Laat Heer u seën op hom daal."

En dan was daar die kloon van die donder-en-bliksem-predikers: 'n omie
met wangvelle en 'n wysvinger wat vroeër met groot erns gebid het oor
die mikrofoon daar "aan die voete van die Voortrekkermonument".

Dis net jammer dat die "volk" op die trappe hul oe" vroom toegehou
het onder die gebed.

Die enigste mense wat gesien het hoe die omie se wangvelle van erns
bewe en sy wysvinger driftig die een en ander (aan God?) beduie, was
die groepie belangstellende Duitse toeriste bokant hulle op die
trappe. Op Duits het hul toergids - met 'n handswaai na die "volk"
daar onder - aan hulle verduidelik die Voortrekkermonument is "vir
die Boere 'n heilige tempel". (Hy het klaarblyklik nie besef die
saamtrek gaan om iemand wat 'n "Duitse Boer" deur sy aanhangers
genoem word nie.)

Maar as daar 'n prys toegeken moes word vir Kloon van die Dag, sou die
beoordelaars waarskynlik net twee letters gesê het: ET.

Soos 'n Eugene Terre'Blanche Merk l l (Korter Weergawe) het kol. Dawid
Grobbelaar, voorsitter van die Groep Vriende van Willem Ratte, hom
Saterdag bewys as 'n ontpoppende "demagoog van die volk".

Met die een knoop van die liggrys pak se baadjie vasgemaak oor die
boepie, bruin kuif en grys baard netjies gekam, sak-Bybel en dagboek
in die hand, het kol. Grobbelaar die "volk" by die tronk
á la Terre'Blanche op gevleuelde wieke van die woord probeer meevoer.

Terwyl die ambulans met "die legende Willem Ratte" weggesnel het,
het kol. Grobbelaar digterlik verklaar: "Ons gaan met Willem se naam
in ons harte vorentoe". Hierdie kwie-tansie vir 'n
R1`000 (kmdt. Ratte se borgtog) is u kwie-tansie. Ons sal dit in al
die volkskoerante, (pouse, klem) volkskoerante publiseer sodat u dit
kan uitknip en bewaar". Nou lê die pad smal en hard
vorentoe, (lang pouse) maar daardie pad loop onteenseglik na die
Boererepubliek!"

Die "volk" het gejuig en vlae geswaai, maar almal was skielik
haastig. Daar was in elk geval nog net sowat tweehonded van die
oorspronklike vyfhonderd stuks "volk" oor. Die Man van die Oomblik
was klaar weg. En die meeste van die res van Suid-Afrika, die orige
sowat dertig miljoen plus, het in elk geval nie eens geweet hy was
ooit daar nie.
Re: Ratte se vrylating [boodskap #6692 is 'n antwoord op boodskap #6681] Wo, 03 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>
> ------------------------------------------------------------ ------------
---------------------------------------------------

>
> Die "volk" het gejuig en vlae geswaai, maar almal was skielik
> haastig. Daar was in elk geval nog net sowat tweehonded van die
> oorspronklike vyfhonderd stuks "volk" oor. Die Man van die Oomblik
> was klaar weg. En die meeste van die res van Suid-Afrika, die orige
> sowat dertig miljoen plus, het in elk geval nie eens geweet hy was
> ooit daar nie.

Kan iemand vir my se wie Ratte is en wat hy gedoen het, en hoekom
hy so 'n snaakse on-Afrikaanse naam het.

Gloudina Bouwer
Re: Ratte se vrylating [boodskap #6696 is 'n antwoord op boodskap #6681] Do, 04 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wilhelm Nel  is tans af-lyn  Wilhelm Nel
Boodskappe: 12
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In , iz...@igs.net (Izak Bouwer) writes:
> Kan iemand vir my se wie Ratte is en wat hy gedoen het, en hoekom
> hy so 'n snaakse on-Afrikaanse naam het.
>
> Gloudina Bouwer
>
Gaan loer op

http://www.webcom.com/~perspekt/subpages/spes/spes.shtml

Wilhelm
Re: Ratte se vrylating [boodskap #6701 is 'n antwoord op boodskap #6681] Vr, 05 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Van sy ondersteuners sal meer kan byvoeg.
Wat hy gedoen het (kortweg): Hy was 'n verkenner in die 32 Batteljon
in Angola. Dit is 'n battaljon wat deur Breyten Breytenbach se
soldaat-broer saamgestel is uit Angolese rebelle om teen die Angolese
regering te baklei.
Ratte is blykbaar nie 'n opgeleide "recce" in die SA Weermag nie, maar
het hom as 'n uitstekende soldaat in 32 Bataljon bewys - in
verkenner-hoedanigheid..
Net voor die verkiesing in begin '94 het hy en 'n klomp volgelinge 'n
museum in Pretoria, Fort Schanskop, "ingeneem" en beset. Klaarblyklik
in 'n poging om protes teen die demokratiese proses te demonstreer en
steun vir 'n etnies gegronde Afrikaners-staat te wys.
Skade is in die proses aangerig en die staat is uitgedaag.
Daarvoor is hy gevang, verhoor en tot 'n paar jaar tronkstraf
gevonnis.
In die hofsaak het hy geweier om die staat se geldigheid te erken.
In die tronk het hy geweier om tronk-kos te eet.
Dit was die hongerstaking.
Ratte self het, volgens wat ek weet, nooit 'n helder boodskap
uitgespel van waarvoor hy staan nie.
Dit lyk asof hy geweier het om te eet omdat hy wil he die ANC-regering
moet weggaan en in die bree waarskynlik omdat hy 'n etnies gegronde
Boere-staat ondersteun.
Volgende onderwerp: AWB PERSVERKLARING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 20:03:43 MGT 2024