>> AT : Ja, dit breek 'n mens se hart om te dink - eers die
>> amper halfeeu van die apartheids-era, waarin almal tog
>> eintlik diep ongemaklik gevoel het. En nou weer 'n nuwe
>> bedeling wat dinge blykbaar swaar maak vir mense.
> Gloudina, moenie geskenk pakkies stuur nie. Ons kan derem hier vir
> die ander sorg. Doen liewers iets anders wat veel meer belangrik is.
> Stoei dat waarheid en geregtigheid sal seevier.
Begin sommer met Martha Olckers, Nasionale Party minister van Onderswys in die
Wes-Kaap.
Die onderwyswetsontwerp wat sy so pas voorgestel het bepaal onder andere:
KINDERS MET SPESIALE ONDERWYSBEHOEFTES
Olckers se departementshoof mag, as hy vermoed dat 'n kind spesiale
onderwysbehoeftes (liggaamlike, verstandelike of gedragsbehoeftes) het, sonder
'n lasbrief die kind laat ondersoek (sielkundig of medies) om te bepaal of die
kind sulke behoeftes het - sonder die toestemming van die kind of sy ouers en
selfs teen hulle wil - Art 42.
Hy mag die kind na 'n skool vir spesiale onderwys laat neem in ooreenstemming
met sy oordeel van die kind se behoeftes, sonder 'n lasbrief en sonder die
toestemming van die kind of sy ouers, en selfs teen hulle wil. Spesiale
onderwys sluit in sielkundige, mediese, tandheelkunige, paramediese en
terapeutiese behandeling van so 'n kind, insluitende die utivoer van operasies
sonder die toestemming van die kind of sy ouers of selfs teen hulle wil. Art
44 gelees saam met Art 1.
LET OP:
Hierdie magte kan gedelegeer word na enige werknemer van die
onderwysdepartement.
Die betrokke amptenaar kan optree op grond van niks meer as 'n _vermoede_
(suspicion) nie.
Selfs 'n maatskaplike werker of 'n distriksgeneesheer het nie sulke magte nie.
Sulke optrede behoort nooit sonder 'n hofbevel geneem te word as dit teen die
wil van die kind of sy ouers is nie.
MAGTE VAN 'N SKOOLBYWONINGSBEAMPTE (LAMMERVANGER)
Hierdie amptenaar mag, as hy vermoed dat 'n skoolpligtige kind op enige
perseel tenwoordig is, sonder 'n lasbrief die perseel betree. Hy mag enige
persoon sonder 'n lasbrief ondervra en 'n skoolpligtige kind sonder lasbrief
aanhou en aan 'n skoolhoof oorhandig (Art 11). Hy is nie aanpreeklik vir enige
skade of verlies wat deur sy optrede veroorsaak word nie.
LET OP:
Hierdie magte kan gedelegeer word na enige werknemer van die
onderwysdepartement.
Die betrokke amptenaar kan optree op grond van niks meer as 'n _vermoede_
(suspicion) nie. Hy mag _enige_ perseel, hetsy bordeel, internetsalon
(pragtige woord, AT!), video-arkade, privaatwoonhuis of kerk so betree, met
geweld indien nodig.
Onder apartheid het selfs polisiebeamtes nie sulke magte gehad nie.
'n Maatskaplike werker kan 'n kind wat in onmiddelike gevaar verkeer verwyder,
maar moet binne ure die kondonasie van 'n hof verkry vir die optrede.
Hier gaan dit nie oor kinders wat in gevaar is nie - daarvoor is die kinderwet
daar (en die gemenereg maak ook voorsiening daarvoor). Dit gaan oor niks
anders as bloot of 'n kind in 'n staatsgoedgekeurde skool is of nie.
KONTEKS
Twee jaar gelede het die magsbehepte Mary Metcalfe net sulke bepalings in haar
onderwyswetsontwerp vir Gauteng gehad. Die publiek (gewaarsku deur
tuisskolers) het 'n helse keel opgesit, die NP in Gauteng het die maksimum
nut uit die lawaai gehaal en die bepalings is afgeskaal tot iets wat amper
aanvaarbaar is.
Nou kom die NP in die Weskaap met voorstelle wat nog erger is as Metcalfe se
aanvanklike voorstelle.
UITDAGING
Die nuusgroeplesers wat soveel lawaai maak oor menseregte:
Hier word die mees fundamentele regte van kinders, hul reg op waardigheid,
privaatheid, persoonlike sekuriteit en vryheid op die mees blatante manier
denkbaar bedreig.
Nie om hulle teen dreigende of onmiddelike gevaar te beskerm nie - daarvoor
bestaan die kinderwet en die gemenereg laat ook daarvoor toe. Maar bloot om te
verseker dat hulle in 'n staatsgoedgekeurde skool kom. Iets wat deur gewone
geregtelike optrede gedoen kan word, met sanksies waarvoor die wet in elk
geval in ander bepalings voorsiening maak.
Skoolbywoning word hier behandel asof dit 'n saak van uiterste dringendheid
is, soveel so dat daar nie genoeg tyd is om op die gewone manier 'n lasbrief
te kry nie soos wat gedoen moet word om moordenaars, verkragters,
dwelmhandelaars ens aan te keer.
Maak nou lawaai vir die regte van kinders.
Skryf aan Olckers by faksnommer (Kaapstad 021) 403 6536 en vryf haar dit onder
die neus.
Die wetsontwerp is die Weskaapse Provinsiale Konsep Wetsontwerp op
Skoolonderwys 1997, gepubliseer in Buitengewone Provinsiale Koerant 5106 van
Vrydag 24 Januarie 1997.
Kom ons kyk of die Suid-Afrikaners in die Diaspora ook bietjie lawaai kan
maak. Skryf vir Olckers, maar skryf sommer vir 'n paar van ons plaaslike
koerante ook. En skryf vir die SA Hoëkommissaris of Ambassadeur in die land
waar jy is. Vertel hulle presies wat jy dink van Olckers se idees oor
kinderregte in die NSA.
Vir die die klomp slapgatte wat nie hul taal reg gebruik nie
die volgende:
ê = alt 136
é = alt 130
ë = alt 137
è = alt 138 ....
dit is: druk die 'alt' sleutel in en hou dit ingedruk terwyl
die syfers 136 (of 130 of 137 ..) op die numeriese
sleutelbord gedruk word. Maak seker die 'Num lock' liggie
brand.
Asseblief: e^ is nie korrekte Afrikaans nie!
En as jou nuusleser nie hierdie karakters ondersteun nie,
kry 'n ander een. Hierdie is gedoen met FreeAgent, beide
Internet explorer en Nestcape navigator se nuuslesers
ondersteun ook hierdie formaat
Vir ander karakters: eksperimenteer met alt!
äáàëêéèïíöôóüûú
Sommige mense in SA beweer dat as apartheid in 1950 die nekslag
toegedien is, sou ons dalk nou nie so probleem gehad het met 'n
onopgevoede massa en 3e wêreld standaarde nie.
Ek stem nie mooi saam daarmee nie, alhoewel ek apartheid in beginsel
afkeur. Vanaf die 1940's af was daar verskeie "bevrydings" oorloë in
Afrika. En die "vryheidsvegters" was almal deur die kommuniste geteun
= kommunistiese denkrigting en sosialisme.
Indien SA in 1950 'n demokrasie was - my stelling - sou ons ook oorval
gewees het deur radikale kommuniste met propagande en al. En heel
waarskynlik ook nog 'n mini burgeroorloggie, soos in alle alnder
afrika lande van die 1950 to laat 1980's. En toeka al 'n 3e wêreld
land gewees het. Apartheid het mense se menswaardigheid weggeneem.
Feit.
Maar, apartheid het infrastruktuur, skole, paaie en WERK geskep.
Alles wat vandag ontbreek in die hedendaagse Afrika.
Natuurlik gaan vele mense my HAAT vir wat ek nou wil seg maar ek dink
die Afrikaanssprekende persoon is, soos die inheemse swart mense meer
gebonde aan die land. Die Engelse het orals in Afrika ingestorm, hul
Fortuin gemaak en as die weer sleg raak, terug gevlug Engeland toe.
Die Afrikaner het SA as sy moederland aangeneem en Nederland
afgeskryf.. Terwyl die Engele nog STEEDS heimwee het oor Engeland.
Die Afrikaner het apartheid geskep om homself op te hef uit die
armoedige toestande. Dit was deel van hul liefde en toegewydhyd vir
Suid-Afrika en sy mense. Dit was egter die verkeerde manier.
LEENDERT: Dankie dat jy eerlik geantwoord het
en gesê het jy verkies liewer die Bhengu-bedeling
as die Verwoerd-bedeling. Snaaks genoeg, ek het
verwag dat jy dit sou sê. ( Terloops, wat is die
regte spelling? Sommige mense sê Bengu, sommige
sê Bhengu.) Kan jy nou die volgende vir my doen:
Maak 'n lys van tien dinge waar jy dink dat Bengu
(jou spelling) menseregte skaad. Sit die ergste eerste.
Ek soek informasie.
REINIER: Baie baie welkom op die nuusgroep. Het
gehoop om jou naam eendag op hierdie nuusgroep te
sien. Baie dankie ook vir Giliomee se presidentsrede.
Ek het dit met belangstelling gelees. Ek sit nie in die
land nie, en behoort daarom eintlik nie uitsprake te
maak nie. Maar ek wil tog die volgende vir jou sê:
Ek is dankbaar dat daar nie moord en doodslag en
bloedvergieting in SA was in die oorgang van 'n vir
my fascistiese regime na 'n nuwe bedeling nie. En
ek is eintlik bly dat die vriende van my wat altyd
probeer wegskram het van praat, wanneer ek sekere
dinge aanroer, nou sien watter teelaarde hulle swye
veroorsaak het - persoonlike lyfartse van presidente
wat dwelm-middels maak on the side, mense wat in
gangland-moorde doodgeskiet word omdat hulle te
veel geweet het. Ek het die kop van hierdie dinge al
sien uitsteek toe ek nog in SA was. 'n Prinsipaal wat
op sy eie besluit om twee vakke in Afrikaans te begin
onderrig. Dan gaan sit hy en skryf die werkboeke vir
die twee vakke in Afrikaans en verkoop dit aan die
studente in die skool. Later, soos vader soos seun, word
sy seun voor die hof gedaag (nog in die apartheidsjare)
omdat hy oor 'n miljoen rand rofweg verduister het met
kontrakte vir "posters" wat nooit afgelewer is nie. Dis
hierdie soort rot wat begin het en gegroei het, omdat
ons geweier het om ons monde oop te maak en te praat.
Ek het die land uit gegaan. Meeste mense in die land wou
niks weet nie. Behalwe mense soos Beyers Naude (hy is
onder huisarres geplaas) en Bram Fischer (hy is in die
tronk dood) en nog sommige ander. Geen wonder ons
het of ons bekke gehou of uit die land gevlug nie. En
ek hoop dat wat die Waarheidskommissie nou openbaar,
wat ookal hul metodes of motiewe, vir ons moet leer om
NOOIT NOOIT weer te maak of ons niks sien, as daar
onreg gepleeg word nie.
Kan jy miskien vir my verduidelik wat Alister Sparks
aandui as Bengu se "crimes against humanity."
AT : Ja, dit breek 'n mens se hart om te dink - eers die
amper halfeeu van die apartheids-era, waarin almal tog
eintlik diep ongemaklik gevoel het. En nou weer 'n nuwe
bedeling wat dinge blykbaar swaar maak vir mense. Ek
fantaseer soms oor wat SA kon gewees het aan die einde
van die twintigste eeu as 'n regime met diepe respek vir
menseregte en geregtigheid die eerste sou gewees het om
'n era sonder rasse-diskriminasie aan die suidpunt van
Afrika in te lui en so vir die hele wereld te wys wat ware
Christelike gemeenskapswaardes is. In plaas daarvan het
ons 'n nagmerrie gekry, 'n nagmerrie wat seker nou ook
nog voortduur, volgens sommige. At, skryf weer oor
Wente. Is dit hulle invloed wat van die huidige Nederland
so 'n verdraagame plek maak?
Maar mense, ek wil nou vir julle iets anders sê: Ek
begin mos nou de Kat kry. En sover ek kan sien, is die
land darem nog in een stuk: die huise! die resepte! die
nuwe swanky boekwinkels! die ryk Afrikaners en hul
"dialed in" leefwyse! ( Dis nou 'n uitdrukking wat ek
geleer het van my seun wat op die oomblik in Kaapstad
studeer- sy observasie van hoe een van sy familielede is!)
So ek is darem nog nie op die punt om te begin "care
packets" stuur aan julle daar in SA nie. En hier breek
hulle ook maar in, en hulle steel en hulle moor. En as
julle nou wil weet wie die "corner" het op kla, kom hier
na Ontario, waar selfs die ondersteuners van die Harris
provinsiale regering vir hulle eie party kritiseer.
My name is Carolyn Moore. I am a university student currently
enrolled in an Afrikaans class. I have spent some time in South
Africa before so I've had some first hand experience with the peoples
and cultures of South Africa but I would like to know some individual
views and perceptions of the Afrikaans language. I would appreciate
any feedback you can give me on this subject to the following:
My name is Carolyn Moore. I am a university student currently
enrolled in an Afrikaans class. I have spent some time in South
Africa before so I've had some first hand experience with the peoples
and cultures of South Africa but I would like to know some individual
views and perceptions of the Afrikaans language. I would appreciate
any feedback you can give me on this subject to the following:
Jy vra ek moet na jou jong borste kyk
wat vol en vas en plooiloos soos 'n duif
se krop nog span en julle vergelyk.
Ja, ek proe snags die soetheid van die druif
in jou en al jou wysheid is 'n tent
tussen die wind en my; maar in die verre
jare toe ek eensaam was en onbekend
onder miljoene wat nou volg, en sterre
met die waarheid inflikker op my oë
maar ek nog skaam was vir my woord, het sy
eerste en jare lank alleen geglo
dat ek geroepe is... Tog, hoe kan jy,
nog nie gerimpel of geryp deur pyn,
ooit weet die soetste druif is half rosyn.
> Die weermag onder die vorige bestel?
>
> Uit Beeld.
>
> "Suid-Afrika se chemiese en biologiese program bestaan glo minstens
> sedert 1976.
> "Die dweld Mandrax is na bewering kort nadat die
> Soweto-opstande van 1976 begin het, op groot skaal op groot skaal
> onder swart leerlinge versprei om hulle weerstand af te breek en hulle
> "gedienstig" te maak.
> "Beeld verneem dat dit 'n projek van die ou Weermag se
> Militere Intelligensie (MI) was. Daar is gister voorts aan Beeld
> beweer dat die ou Veiligheidspolisie in die laat tagtigerjare 'n
> soortgelyke dwelmprojek gehad het waarin onder meer Mandrax teen
> politieke vyande gebruik is."
>
Let op na die woorde: bestaan glo, na bewering, voorts - - beweer, verneem
Hmm, so hoekom sukkel ek dan 'n bietjie om die storie te sluk? Ongelukkig gaan
die woorde verlore met die al riem telegramme wat oor die berig versprei sal
word. Volgende sal die nuusberig oor die radio dit as 'n feit berig.
Miskien is dit ook hoekom mense 'n probleem het met die TRC.
Ongesubstansieerde aanklagte word gemaak, maar nooit regtig bewys nie.
Cheers
Lou
PS: Kan Beeld nie bietjie iets aan hulle web blad doen nie, om elke dag
daardie Adobe Acrobat formaat leer af te laai is 'n pyn. Sien bv. die
Business Day, en Star se web blaaie.