Ag nee ou Kakkies. Hierdie is jou tipe nuusgroep. Jy kla en neul dan net
so baie.
kakkies wrote in article
...
> Jis julle narre!
>
> Ek is terug na twee weke van rus. Die ontstellende ding is dat, noudat
> ek weer vir die eerste keer in 'n langerige ruk na hierdie nuusgroep
> kyk, dit voel asof ek net uit was vir ete. Niks het verander nie.
> Dieselfde ou geneul of wensdenkery.
>
> Koos probeer steeds by elke gesprekkie 'n eiertjie lê met sy
> kwasi-intellektuele opmerkings. Hou jou maar by die rugby.
>
> En jy Izak (gediggie) Bouwer. Het jy en Gloudina werklik 'n
> stimulerende lewe?
>
> En Leendert: wat wil jy nou eintlik sê? Is jy en Koos nie maar net een
> en dieselfde nie?
>
>
> So tokkel maar voort my volk, so al op die een snaar. Wees tog maar
> net bewus van die totale irrelevansie van die Afrikaner, behalwe as
> dit by historiese belang kom. Kerm en verlang maar lekker voort vanuit
> julle knus en sagte kussings. Om julle is die wêreld aan die verander.
>
>
>
> Groete
>
>
> kakkies
>
lig, liggies
dryf glinster op water
glim gladde waterblad tot waar
wind rimpels fluister terwyl dagbreek
nader oor glimmende water
golfies rimpel ligter later
die glimlag van die maan
vergaan
dagbreekbriesie
bring 'n koue rilling waar
biesies kniediep in die water
staan luister na die wind wat
tintelend sy weg deur blare baan
verby nonnetjieseend wat saggies gly
oor rimpelwater na waar riete
ritsel in die wind vinke
skinder sonnetjie
blink op eendeveer
as donker
baber diep onder draai uit duister
boontoe gly na ligter
water met wind en riet nog rimpels
saai voor hy terug na dieptes
daal en glinsterson gladweg weer
oor nonnetjieswater straal
son en riet en nonnetjie
wind en water weet dit nie
- dis alles, alles Debussy
>> beweer dat die ou Veiligheidspolisie in die laat tagtigerjare 'n
>> soortgelyke dwelmprojek gehad het waarin onder meer Mandrax teen
>> politieke vyande gebruik is."
>>
>
> Let op na die woorde: bestaan glo, na bewering, voorts - - beweer, verneem
>
> Hmm, so hoekom sukkel ek dan 'n bietjie om die storie te sluk? Ongelukkig
gaan
Ek dink die kwantum sprong in denke is nie so groot as jy onthou dat 'n
eks-generaal onlangs met sakke vol dwelms getrap is nie.
Vrye weekblad het destyds op die harde manier uitgevind met die storie van
Lothar Neethling dat jy liefs maar moet insit "beweer" en "volgens bronne"
anders sleep hierdie blikskottels, met hul onbeperkte staatshulp om
regskostes te dek jou hof toe, big time.
Ten minste haal hierdie details die pers. Ek wonder altyd hoeveel ander
stories wat joernaliste opdiep nooit geplaas word nie want volgens die
bestuur is dit te veel van 'n risiko, of nie in belang van die
adverteerders en ideologiese vennote nie.
Ek hoor dat Hulle nou Doringdraad om Nuweland gespan het om te keer dat die
WP nie meer so van die Veld af gespeel word nie. EK wonder net????? IS
DIT WAAR:
Natal het ook blykbaar Miljoene rande aan Noord Transvaal betaal om teen
hulle te verloor in die Curriebeker Finaal.. Wat se die kenners......
NAAS bly BAAS
Noord Transvaler in die OOs Kaap.
Al daai ouens wat nie vir Noord Nransvaal steun nie, is nie so Dom nie,
hulle het net `n bietjie baie om te leer.
Idioom: AGTEROS KOM OOK IN DIE KRAAL
"Toemaar, moenie moed opgee nie. Agteros kom ook
in die kraal."
Literally, the ox at the back (walking behind the others)
or a back ox in the span of oxen pulling the wagon,
will also get to the corral. In other words, don't despair
if you are going slowly.
Toemaar: Don't worry. Never mind.
Agter: behind
Kraal: an enclosure, pen or fold for farm animals.
From early Dutch "koraal"
from Portuguese "curral/corral."
The word ékraalê has several meanings in Afrikaans:
(1) corral
(2) bead kraal/krale/kraaltjie
(3) A village or settlement occupied by an
indigenous tribe, or a cluster of huts
occupied by one family or "clan."
Gratis bladsye vir Afrikaanse skrywers by http://www.boekwinkel.co.za
Skrywers kan hier hul boeke adverteer en lesers kan hier na nuwe
leesstof soek.
Besoek gerus die nuweling en gee kommentaar asseblief.
Herman Steyn
Ek is baie lief om met ouens (en ouenesse) te korrespondeer. Indien jy lus
is om aan my te skryf, belowe ek jou ek sal terug skryf. Ons kan oor enige
ding onder die son gesels, behalwe politiek - ek is te dom daarvoor.
Gooi vir my 'n nota in my "posbus" dm...@pixie.co.za
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet
Jan Pierewiet, staan stil.
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet,
Jan Pierewiet, staan stil.
Goeie môre my vrou,
hier's 'n soentjie vir jou,
Goeie more my man,
daar is koffie in die kan.
Staan stil : stand still, do not move
Goeie môre: Good morning
my vrou : my wife
soentjie : little kiss soen/soene/soentjie
kan : can, coffee pot
"Pierewiet" comes from the French "pirouette."
This song may have come to the Cape via the
speakers of Dutch, heavily influenced by their
French neighbours. Or it might have been
brought to the new continent by the French
Huguenots, arriving in 1688. The French were
never more than 17 percent of the population of
the Cape. Almost at once the Dutch rulers tried
to discourage them from talking French only.By
1726 practically all Huguenots could speak Dutch.
Yet at the end of the nineteenth century, when
people started wondering about the origin of
Afrikaans, there were numerous people that claimed
that French had quite an influence on the develop-
ment of Afrikaans. (For instance S. J. Du Toit)
Even as late as the forties of this century there were
academics indicating considerable influence. It is
now generally accepted that French influence on
the development of Afrikaans grammar was really
very small.
There is a monument to commemorate the French
Huguenots in the town of Franshoek (hoek : corner.)
Ons vertel vir mekaar kostelike se-goed wat deur kinders kwytgeraak is,
soos:
Die jonge Gerrit was 'n spaarsamige kerel, want dit is mos 'n deug, so se
Oupa. Seker daarom dat hy vir Oupa wil kom beindruk. "Oupa, Oupa weet, my
spaarvarkie is al vol. Hy is propvol. Om die waarheid te se hy is
prop-prop-propvol!!!"
"O ja?" antwoord oupa.
"Ja, Oupa, so vol lat ek nie eers nog 'n sent kan inkry nie. Ek kan hom
skaars optel so swaar is hy! Jig ........en as hy dalk p'rongeluk op Oupa
se toon val, sal Oupa gil soos 'n hoender."