Vir dié van julle wat blaaie vir die Web opstel met Afrikaanse inhoud, is
julle welkom om die "Afrikaans oppie Net" logo (netafrikaans.gif) te
gebruik wat julle kan kry by http://members.tripod.com/~vds/netafrikaans.html.
> Vraag ? Het Koos homself doodgemaak, weens depressie, of was dit
> natuurlike oorsake ? Wat die oorsaak ookal, ek dink Afrikaans het daar
> een van sy grootste geeste ( geen 'pun' bedoel nie) verloor.
>
> H-J
>
Jong, sover ek weet was dit maar 'n hartaanval. En ja, inderdaad, 'n
groot gees verlore. Ek moet nog die persoon ontmoet wat nie die radio
harder draai as Laurika sy "Kinders van die wind" sing.
Net 'n berig (uit de perd se bek) gekry van die volkssaamtrek tussen die
volstruise.
Miriam Makeba, Bierblikke en skokkende familiepotrette!
Kan iemand my meer vertel van die waternimfe?
Alreeds bedank
Xfiles
op paternoster waar donkies
ure lank lê en sigare rook
en osse soos kanaries fluit
tussen maagdelike madeliefies
wat fyntjies en wit
soos homoseksuele
oor broodrotse draf
waar mense snoek en patats
binne gate in hul gesigte steek
en blou seekomkommers
weggemoffel word van
wit huisies wat hande in die
heupe onder vermakerige
hoedjies van riet staan
hier marsjeer lelies
in spekkige swart sooirye
langs vet adamsvye
wat tussen kinders se tone
berus by die werklikheid
net op paternoster
ken hotnotstoontjies
nog hul tyd in hierdie
opgedonnerde wereld
en die dou op die huilbos
se bleek wange koggel parmantig
die stoeiende peerboom
in my voos ou lyf
Ek voel bekommerd. Ek voel bekommerd oor Stefan
Harms van Winnipeg. Hy het soos 'n groot speld verdwyn
van die nuusgroep af. Ek sou normaalweg dit toegeskryf
het aan luiheid of teveel werk of een of ander rede. Maar
Stefan bly in Winnipeg. Alle Kanadese is op die oomblik
ietwat bekommerd oor die mense daar. Die hele baie lang
winter is die mense van Winnipeg geteister deur talle
winterstorms, terwyl ons hier in Oos-Ontario 'n baie milde
winter gehad het. En net 'n week of so gelede toe kry hulle
weer 'n verskriklike swaar sneeustorm sommer hier in
April. Ek lees in die koerant dat die oogdokters bang is vir
skade aan die mense se oë, omdat hulle in die skerper son
hierdie tyd van die jaar teen so baie wit moet kyk.
Maar nou dreig daar 'n ander gevaar. Die Red River
vloei uit North Dakota en Minnesota noordwaarts na
Lake Winnipeg. Op die oomblik is daar verskriklike
vloedwaters en vloedskade veral in Fargo, Norh Dakota.
Almal wag nou om te sien wat gebeur as die vloedwaters
Kanadese gebied bereik. In baie gevalle word die grens
tussen die twee lande nou ietwat van 'n onbelangrikheid.
In Noyes, Minnesota het die Kanadese omtrent kontrole
oorgeneem. Daar is 'n gemeenskaplike dyk wat Noyes
en Emerson, Manitoba beskerm en die kontrole daarvan
is in Manitoba se hande. "Yeah, you could say we annex
them... When we close the dyke, they just become Cana-
dians. We'll maybe annex the place and not give it back"
sê die Emergency Measures Co-ordinator in Emerson
in vanoggend se "Globe and Mail."
Dus wonder ek nou : wat het van Stefan geword?
Dis nou die Stefan wat gesê het dat ons 'n kuberbundel
van idiome bymekaar moet maak. Miskien moet ons vir
hom "care packages" begin stuur. Maar tot ons meer
besonderhede uitgevind het, dink ek dis 'n goeie idee dat
ons almal saamspan en van ons geliefkoosde idiome pos
(met Engelse verduidelikings, asseblief, vir al die beginner-
studente van Afrikaans) om vir Stefan te wys dat ons aan
hom dink. Ek gaan sommer dadelik werk daarvan maak.
Het self lanklaas 'n idioom gepos.
Wanneer kom ons troudag, Gertjie, Gertjie?
Hoe's dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al, Gertjie, Gertjie;
dit is tyd dat ons gaan trou.
Glo tog, Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
nog langer aan jou sleeptou bly nie, bly nie.
Jy dink miskien ek kan nie dood nie, dood nie;
maar die jare gaan verby.
Words of unknown origin. Melody borrowed from
G.F. Root's "Just before the battle, Mother" which
was written during the American Civil War.
troudag: wedding day
verloof: engaged
tyd: time
trou: marry
nooit: never
nog langer aan jou sleeptou bly nie: still longer be
kept on a string by you. A "sleeptou" probably
refers to some technical term used by people who
inspan wagons with oxen.
kan nie dood nie: cannot die. The noun for "death" here
is also used as a verb. (Alternate word for "doodgaan"
is "sterwe" which is linguistically related to the English
word "starve" but is just a more dignified alternative to
"doodgaan." The word "starve" in Afrikaans would be
"hongerly, uithonger."
my jare: my years, the years of my life
gaan verby: go by, pass
This song has five verses. The conversation is between
a man called Jan, who is asking a girl named Gertjie
when she is going to agree to marry him. The girl does
not seem too enthusiastic, mentioning the fact that she
has heard rumours of his dallying with other girls. She
also mentions the names of men in her life. More-over,
she points out that a certain couple, formerly so in love,
have now split up. Eventually, despite his pleas for a
kiss, she tells him to forget her, because she wants to go
her own way.
Since only the first verse is well-known to most people,
I spent my entire life in confusion as to the gender of the
person who is talking, and the gender of the person who is
being addressed. "Gertjie" the dimunitive form of "Gert"
is as far as I know exclusively used in SA for males. So
I grew up thinking that the somebody proposing here was
either a girl talking to a man, or a man talking to another
man. Thus I was subtly prepared for the sexual revolution
at the end of the 20th century.
Hallo,
Stel enige iemand hier belang in Whitewater rafting. Ek reel uitstappe na
gewilde plekke in die Kaap. Die duur van so 'n uitstap is vanaf een dag tot
vier dae, afhangende van die omgewing. Ek probeer dit gewoonlik reel oor
naweke. Dit is regtig groot pret en is 'n absolute wegbreek uit die Gewone....
Kontak my as jy sou belangstel !
Groete ou Grote!
Gerhard
--
'Die herinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'