Hierdie is 'n opgesomde weergawe van 'n toespraak wat Dene Smuts van
die DP vandeesweek gemaak het.
Daar is 'n breë gevoel dat baie wit Suid-Afrikaners vervreemd voel van
die nuwe swart regeerde staat weens die amptelike beleid oor sake soos
regstellende aksie en gelykstelling in die onderwys.
Maar dit is 'n hopeloos oppervlakkige analise.
Blankes - NP-ondersteuners, dus die meeste wittes - word aktief
vervreem van die nuwe orde deur die ou establishment.
Dit is belangrik om sorgvuldig te kyk na die bronne van die
verwarring.
Begin Maart het Die Burger sy nou reeds beroemde Oorgawe-hoofartikel geskryf nadat mnr. F.W. de Klerk die besonder
swak gekose woorde soewereiniteit en selfbeskikking gebruik het
om te verduidelik wat hy en sy party prysgegee het om 'n vreedsame
(maar uiters onvermydelike) oorgang te bewerkstellig.
Wat hulle natuurlik prysgegee het, was hoegenaamd nie soewereiniteit of
selfbeskikking nie, maar mag. Al was dit onvermydelik, was dit baie om
prys te gee. De Klerk sal altyd almal se bewondering verdien vir die groot
vernuf en styl waarmee hy die ou establishment die nuwe orde ingelei
het.
Verdrukking van 'n meerderheid deur 'n ras-minderheid is egter nie
selfbeskikking nie. Om verdrukking prys te gee, is hoegenaamd nie
oorgawe nie.e
Oorgawe van wat? Van ongeregtigheid. Van arme tragiese geraamtes
wat opgegrawe word.
Oorgawe aan wat?
Aan geregtigheid, aan gelykberegtiging onder 'n beregbare handves van
menseregte wat verseker dat die nuwe regering nooit weer in die naam
van groepregte, soewereiniteit en selfbeskikking ander mense kan laat
opsluit, folter en agteraf verbrand of begrawe nie, hoe wetend of
onwetend ook al.
Hier, ondanks al die historiese waarskynlikhede daarteen, is uit dooie
punt en skikking 'n moderne, ryp en liberale grondwet gebore waarin
individuele vryheid en gelykheid voor die reg - die enigste ware
beskerming - verskans is. So verskans is dit dat die howe wat wag hou
oor die regte onafhanklik is, dat die Parlement aan 'n verskeidenheid
partye, groot en klein wat elke denkbare groep verteenwoordig,
ingevolge
die stelsel van proporsionele verteenwoordiging 'n harde, hoorbare
stem
gee in 'n kader wat openlikheid en die deelname van die sameweling op
'n
unieke wyse moontlik maak.
Niemand het die liberale demokrasie ooit ernstig opgeneem nie. Nie die
ou kieserskorps nie (vra die DP) en nie die bevrydingsbewegings in hul
meer sosialistiese dae nie. Tog, hier U�s ons: 'n liberale,
grondwetlike
demokrasie, volkome in pas met die groot regte-gebaseerde
demokrasiee en sommer heelwat meer gevorderd as lande soos
Brittanje.
Oorgawe? Wat is oorgegee? Wie het wat verloor? Ek sal u vertel wie
het presies wat verloor en dan besluit u of u gewen of verloor het.
'n Klein groep eens magtige wit mans, waarskynlik almal Broeders,
verwar - doelbewus of andersins Y hul eie politieke ondergang met die
ondergang van nie Afrikaans nie (die is uiteindelik vry en
opbloeiend),
maar met die ondergang van Afrikanerskap, hul ou politieke
konstruksie.
Omdat hulle hul mag gegrond het op die uitbuiting van Afrikanerskap,
grond hulle hul huidige magteloosheidskrisis op dit wat hulle ervaar
of kies
om te projekteer as die ondergang van AfrikanerZidentiteit in die nuwe
orde.
Dit bring my by die liberale stemme wat tans die NP-kiesers verwar wat
'n nuwe tuiste soek.
Prof. Hermann Giliomee hou aan om die nuwe grondwetlike bestel te
verdoem omdat dit nie die verdeelde samelewing in beton giet nie.
Omdat
'n swart meerderheid altyd, solank as wat dit aanhou om en bloc te
stem,
die algemene verkiesing sal wen, glo Giliomee ons moet 'n kiesstelsel
en/of 'n grondwetlike reeling hê wat sal regkry wat die NP onder P.W.
Botha probeer het: om wit mag te deel sonder om dit te verloor.
Dit alles word gereeld voorgehou as 'n kulturele vraag, waarvan die
logiese konsekwensie volgens Giliomee iets moet wees soos Belgie se
afsonderlike Vlaamse parlement wat funksioneer saam met die groter
staat
in wat grondwetlik bekend staan as korporatiewe federalisme.
In 'n land met elf tale kan dit nie werk nie, veral waar niemand
buiten die
Afrikaners wat die Vryheidsfront steun, so iets wil hê nie. Daar is
geen
moontlikheid om dit te bereik nie selfs al wil almal dit he.
Giliomee mors sy asem en gee aan 'n verskeidenheid van verkrampte
kommentators van die Afrikaanse lobby valse ammunisie vir die argument
dat minderheidsregte nie in die Grondwet beskerm word nie.
Afrikaans is geen minderheid nie. Dit is die derde grootste taal, een
van
drie wat noemenswaardig groot is. Jy kan nie jou brood aan albei kante
gebotter hê deur aanhoudend aan die wêreld te vertel hoe baie mense
Afrikaans praat, maar dan gelyktydig minderheidsregte op te eis nie.
Spaar ons die gevurkte tong. Dit is die wit minderheid, die
verkramptes
en Hermann Giliomee wat meningspeilings van wit sentiment gebruik om
argumente te steun dat dit onmoontlik is om 'n gevoel van nasieskap te
bereik. Uiteindelik is dit 'n wit veto wat hulle wil he.
Dit is 'n nuwe soort apartheid wat hulle wil he. Ek dink sommige van
hulle is regtig ongelukkig. Beswaard. Om alles te vererger, artikuleer
die
Suid-Afrikaanse Instituut van Rasse-aangeleenthede iets wat klink soos
'n
verdediging van die ou apartheidsbewind in die konteks van die WVK.
Geen wonder die mense is verward nie!
Laat ons ons geskiedenis integreer. Dis net in die mate dat ons saam
geskiedenis maak, dat ons 'n gesamentlike identiteitZ en nasiesin kan
hê.
Ons maak almal saam geskiedenis van 1990 af. In Kempton Park en in
Kaapstad.
Adam, die Griekwa-digter, se weergawe van 1 Korinthiers 13
uit "Broerse" van Hans du Plessis):
Al sal ek die tale van mense en van ingelse praat,
maar ek het die liefde geloop ruil vir die haat,
dan het ek net 'n raaslike paraffienblik gekom raak.
Al was ek so slim lat ek nuwe goeterse kan maak,
maar ek het die Jirre se liefde buite in die son gelat l^e,
dan is ek niks, hoor wat ek hierdie vandag vir jou sê.
Al gee ek my hele bokke weg, net om die eer te h^e,
dan sal al hierdie dinge my nou nog niks gepetaal het nie
as ek nie die liefde uit die jimmel kan geloop haal het nie.
Die regte liefde die se bek is nooit nie dik nie,
jy sien hom nie skinder nie en jy hoor hom nie klik nie,
hy skrywe die kwaad ook nie in boekietjies op nie.
Haar edele (Dr ???) Zuma, agbare (???) minister van gesondheid reken vigs
versprei vinniger onder armes omdat hulle nie bevoorreg is om te gaan fliek
of te gaan swem nie. Gevolglik word hulle geforseer om seks te beoefen en
daarom versprei HIV vinniger onder hierdie klas burgers.
Julle daar oorsee, dink julle nog om terug te keer na die Godsverlate plek
? Kyk net watse onnosele stellings maak ons nuwe leiers. Wat van nog 'n
Sarafina om geld te in vir swembaddens en flieks vir die armes ?
On 14 Apr 1997 19:44:05 GMT, "meg1093c" <e...@megaweb.co.za> wrote:
<<>enige nuwe voorstelle om die euwel
>met hand en vuurwapen en knopkierie teen te staan?>>>
Gee bietjie meer hulpbronne aan die polisie dat hulle die bendes vang.
Hou hulle dan in die tronk.
En sit die wat hulle toelaat om te ontsnap ook in die tronk saam met
hulle.
Gaan na die tuisblad en kliek op Potpourri en jy's daar.
Laai die ding af en druk dit vir Ma, dan sal sy lekker besig
wees om dit te voltooi en jou uitlos dat jy lekker op die
Net se golwe kan ry. Later sal Ma dan vir jou 'n drukkie gee.
Een van die mooi dae gaan 'n maatskappy hier
in die Ottawa-rivier probeer om goud te herwin wat
oorspronklik in Suid-Afrika uit die grond gehaal is.
En dit nogal in die rivier net benede Parliament Hill.
Niemand sal jou kwalik neem as jy agterdogtig is
oor hierdie storie, en dink dis net weer een van daardie
goud-"scams" waarvoor Kanadese beroemd is. (Soos
byvoorbeeld die Bre-X vonds onlangs in Indonesiëe
se Busang-streek van die "grootste goudneerslag in
die wereld.") Maar hierdie Suid-Afrikaanse goud in
die Ottawa-rivier het 'n meer nugtere verklaring. Ek
haal aan uit "Macleans":
"The story begins in 1911, when the Royal Canadian
Mint, which has its main gold refining plant on a
cliff above the Ottawa River overlooking the Parlia-
ment Buildings, began to handle gold on a large
scale. The mint's capacity had to be drastically in-
creased during the First World War when South
Africa decided to have its bullion bound for the
Bank of England processed in Ottawa.... The Mint
eventually became the largest gold refinery in the
Western Hemisphere - but not the cleanest...up until
1972 there was not that much reason to guard every
minute particle of gold, because the price was only
$35 dollars an ounce or less...."
Die maatskappy wat die reg gekry het om modder uit die
rivier op te skep en daarin vir goud te soek, sal glo in
die nabye toekoms daarmee begin, noudat die ys op die
rivier omtrent gesmelt is. Die vraag in my kop is net:
Moet die Suid-Afrikaanse regering miskien belangstel in
hierdie goud, deel waarvan tog eintlik hulle s'n is?
Gisteraand het ons in Ottawa ook nog ander goud
uit Suid-Afrika ontgin. Die koor "Soweto Sings" het 'n
uitvoering hier gegee. (Hulle was vantevore bekend as die
Soweto Teachersê Choir.) Dit het my sommer weer ver
laat verlang. Die koor het " Oh, Canada" veel beter
gesing as wat Kanadese ooit kan hoop om dit te sing. Ek
dink hulle het die woorde " we stand on guard for thee"
met veel meer insig gesing as ons, want hulle weet waaroor
dit gaan.
wanneer dit reen moet daar eikebome wees
om diepte en donkerte aan die reen te gee
en so die dag volmaak te maak -- 'n dag
dan om in die bed te klim met 'n appel
en 'n meisie --
'n langhaarmeisie want die vag soos spinnekopbloei
moet teen die laken bly skitter --
en heeldag hou julle die vrug wandelende
en vry tussen julle
sonder om met die hande daaraan te raak
veral sonder om dit te laat val uit die boom --
op en af langs al die kontoere
nou sy aan sy dan dy op dy
naand gly-gly gestut op die elmboëe
met die reenvrug altyd tussen jou en my
(oppas vir die kraters!) --
so hou jy die ou gebeente disselklop