Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wie de fok is die Louis?

Do., 24 April 1997 00:00

Dis die eerste keer dat ek die nuusgroep bekyk, maar het nog nooit iemand
op enige ander nuusgroep gesien wat soeveel op alles te se het nie. Ek moes
dit net se.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Die land van ons...

Do., 24 April 1997 00:00

Ek stem saam met sekere gedagtes in die NG dat daar darem klippe rond
trek en meestal ou koeie uitgegrawe word. (Ja, Ja - ek weet die NG gaan
eintlik oor argumentering ens...)
Ek wil 'n paar opinies hê oor hoekom mense dit nog hier (SA) geniet en
hier bly en hoekom hulle nog semi-gelukkig is.

Ek wil graag 'n paar van my ligpunte probeer oordra:

Die gevoel as jy wakker word op 'n Sondag en die lug is so blou soos dit
net op die Hoëveld kan wees.
Die klank van 'n donderstorm en die reuk van reën na 'n snikhete
Desember middag.
Die oop pad tussen Kakamas en Pofadder wat so reguit in die niet verdwyn
met die smaak van droë vye wat jy in Kakamas gekoop op jou tong.
Tietiesbaai in buite-seisoen. Jy in jou tent 15 meter van die see af.
Die oom by die hek wat jou oupa verlangs geken het. Jy gesels met hom
soos ou vriende. Kreef vars uit die see met rooiwyn.
Die reuk van braaivleis.
Afrikaanse drama in die Statusteater.
Vrydag middae op Hatfield Square saam met jou vriende.
Die koue van winter in jou gesig as jy fietsry saam met ou vriende.
Witwyn en snoek op Onrus.
Die vibe in Rockey straat.
Piekniek met 'n stryk kwartet in die Botaniese tuin.
Hamburgers op die sypaadjie voor Varsity Bakkery.
Kerkbasaar met mense wat jou al ken van voor jy gebore is.
Om in 'n skoolkys vas te loop na julle mekaar 10 jaar laas gesien het.
Om in Afrikaans te vloek.

Genoeg vir nou.
Ek het nog baie.

Groete
mich

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Boggom en Voertsek

Do., 24 April 1997 00:00

Dankie aan Koos en Izak Bouwer. Dit was nogal heel nostalgies om dit weer
te lees na al die jare. Mmm Koos, miskien moet ek daai verse boek op
kersvader se lysie sit.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

ET se boep in die boep

Wo., 23 April 1997 00:00

Ek sien die AWB leier, Eugene Terre'Blanche sal dalk binnekort moet sit.
Omdat hy 'n arme swart ou se harsings papgeslaan het.
En hy vertel op TV nuus, dat God die landdros moet genadig wees want dié
uitspraak sal in elke afrikaner huis weerklink. Selfs Boerestaatparty leier
Robert van Tonder waarsku dat iets "verskrikliks" gaan gebeur as "Meneer"
Terre'Blanche moet sit.

Wie dink hierdie ou is hy after all? Wie is die handjievol wat hom nog
volg?
Hoe durf hy my naam, as Afrikaner, so gat maak met sy optrede.
Vir enige iemand met 'n IK hoër as 80 is hy lagwekkend.

Net daarna sien ek hoe sing 'n klompie, een nogal 'n dominee, die Stem
terwyl Dr Verwoerd se borsbeeld voor die ou Verwoerd hospitaal in Pta
verwyder word.

As ek ooit enige simpatie vir die saak van die regse vleuel gehad het, het
dit soos water in 'n drein verdwyn danksy Terre'blance en sy militante
trawante en die wat steeds nie vir Dr Verwoerd in die verlede kan laat nie.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: ET se boep in die boep

Wo., 23 April 1997 00:00

On 23 Apr 1997 19:11:01 GMT, "Leon Jacobs"
wrote:

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vredefort - Matriek 1979

Wo., 23 April 1997 00:00

Is hier enigiemand in hierdie nuusgroep wat dalk in 1979 gematrikuleer het
van Vredefort Hoerskool?

Onderwys & opvoeding | 1 kommentaar

Re: Koos du Plessis ( was Jopie Adam tema liedjie)

Wo., 23 April 1997 00:00

"Die Vierde Horison" (Inhuis 1995) is een van my gunstelinge, veral "Die Huistoepad". Hier
is die lirieke, vir die wat dit nie ken nie:

die huistoepad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor maar jou oë bly nat
en jy loop maar jy weet jy't die koers vergeet
lê die huistoepad tussen hoop en weet

maar die huistoepad is 'n donkerpad
dis 'n opdraendpad dis 'n dronkaardspad
dis 'n rowerspad en 'n konkelpad
want die huistoepad is 'n kronkelpad

die huistoepad is 'n ware pad
maar 'n nare en vol gevarepad
dis 'n sloop-maarpad en 'n stroop-maarpad
want die huistoepad is 'n hoop-maarpad

die huistoepad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor maar jou oë bly nat
en jy weet en jy weet jy is lank vergeet
lê die huistoepad tussen hoop en weet

en die huistoepad is 'n somber pad
dis 'n dink -en 'n peins -en 'n wonderpad
dis 'n sukkel -en beur -en 'n strompelpad
want die huistoepad is 'n kronkelpad

die huistoepad is 'n hartseer pad
dis 'n enkelpad dis 'n swart leë pad
dis 'n snags alleen deur die hoop loop pad
want die huistoepad is 'n doodlooppad


(Musiek en lirieke deur Koos Du Plessis)

------------- (So gepraat van slaggate en moeilike paaie .... )

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Opdrag" deur INGRID JONKER

Wo., 23 April 1997 00:00

OPDRAG
Ingrid Jonker

Wat kan ek nou nog vir jou sê-
My bitter liefde is uiteindlik verby,
En net jou sterre-o"e uit die duister
Skyn hierdie oomblik nog naby.

Wat wil jy nou nog van my he^,
Eerdat die laaste gloed uitbrand?
Ek weet alleen ons siele bly
Nog hierdie oomblik diep verwant.

Ek kan jou fluisterend vertel
Die eindtoon van die helder lied
Van jeug en liefde is gemeng
Met skemeringe van verdriet.

Ek kan my laaste woorde gee,
My laaste trane en my laaste leed.
Dan sal ek, na die oomblik, selfs,
Hart van my hart, selfs jou vergeet!

Naweekpos, Julie 1954.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Any Afrikaans RealAudio Programs?

Wo., 23 April 1997 00:00

Hello, any Afrikaans RealAudio out there? I sure would like to hear some.
Thanks

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Boggom en Voetsek

Di., 22 April 1997 00:00

Ek het kleintyd die gedig te lese gekry, maar al wat ek kan onthou is:
Boggom en Voetsek het saam geswerwe
Waar die Hantam berg hom strek

Hoor toe noudie dag Dawid Kramer sing van Boggom en Voetsek. Het iemand
dalk die tyd/lus om dit vir my te stuur?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1527  1528  1529  1530  1531  1532  1533  1534  1535  1536  1537  1538  1539  1540  1541  1542    »]
Tyd nou: Do. Mei 21 02:58:09 UTC 2026