My hart het nou sommer sag geword toe my dogtertjie van buitekant inkom en vir my 'n
handjievol Proteas persent gee wat sy in die tuin gaan pluk het. Ek sou baie graag een uitreik
aan elkeen van julle.
Díe Proteabos het ek sowat twaalf jaar gelede geplant, in 'n ou armoedige stukkie grond,
sanderige ouklip waar niks eintlik wou groei nie. Nou kry mens mos eksotiese plantsoorte,
soos orchidiëe ens., wat baie pamperlang nodig het, maar hierdie ou bos is vir my die mees
eksotiese, wat ook die dankbaarste is en die minste vra.
En hy hou aan aanhou, jaar na jaar. As mens dink hy gaan dit nie maak nie, dan staan hy die
volgende seisoen weer daar in al sy prag, swaar draend an al sy blomme. Deur reënvloede,
en haël, ryp en koue, hitte en droogte. Hy's selfs al in die middel deurgekraak. "It was the
best of times, it was the worst of times" maar van éen ding kan jy seker wees : wanneer die
tyd aanbreek is díe ou Neriifolia weer vol nuwe knoppies.
En hoe meer jy hom terugsny, hoe meer groei hy weer. En al was ek destyds nog dom wat
plante aanbetref, en het ek hom in 'n hoekie gedruk waar daar nêrens genoeg plek was vir sy
toekomstige groei nie, het hy my vergewe daarvoor. Hy's heel krom omdat hy weggedraai
het van die huismuur in sy pad, en die anderkantse muur nou oorstrek, en sy takke bo-op die
ou staalheiningtjie aan die anker kant gerus, tot die nou maar gaan lê het. Mens moet hom
net uitlos, om sy eie gang te gaan. Hy weet self waarnatoe.
Hy't alles oorwin, en van niks, so te sê, maak hy die pragtigste skeppings. Hy laat my baie
dink aan ons land se mense.
Klaasvakie wrote:
Hou op om aan verskonings te dink en doen eerder iets om die mense se
lewenswyses te verander.
Kort verweer:
Ek is al baie jare betrokke met community work in verskillende derde wereld
lande. Ek is ook consultant vir werkers in die veld wat juis gemoeid is met
attitude change. Bijvoorbeeld landboutegnieke.
n Exstra probleempie in juis een van die mees persoonlike aspekte, nl.
seksualiteit en die seksdaad self, was dat een van die pakkette wat een van
die organisaties gekry het om gratis uit te deel (natuurlik met die
eindelose technieke om mense so ver te kry om die kondome te gebruik), was
van die klein soort. N misrabele flop en baie moeilik om weer reg te stel.
Nie alle groepe praat so maklik en vry oor hulle intieme lewe nie en word
veral nie voorgeskryf hoe om hulle daar te gedra nie. Man vrou kwessies
moet zeer omslagtig benader word. Maar dit hoef ek jou nie vertel nie.
Dit is werklik moeilik om cultuur en houdingsveranderinge teweeg te bring.
Kyk maar in jouself. Ek weet dit van myself.
gegroet
Xfiles
Ek is terug op die nuusgroep. Vir die van julle wat nie my onthou nie,
ek is die een wat altyd kruip in die hoekie weg totdat iemand iets sleg
se oor die Amerikaners. Dan maak ek gewoonlik een of twee snide
comments, dan voel ek self sleg en lees nie die ng vir so 'n jaar of so.
Maar, nou die maand gaan ek weer Suid Afrika toe en ek wil my Afrikaans
'n bietjie oefen, so ek belowe ek sal probeer om nie onnosel te wees
nie.
Nou, ja. Ek het 'n vraag wat sin van humor betref. Dink julle dat die
Amerikaanse televisie rolprents snaaks is? Die meeste van hulle is
selfs vir my 'n bietjie flou, maar ek dink Seinfeld byvoorbeeld is
skreeu snaaks. Daar is altyd iets onverwagt wat my laat lag dae nadat
ek dit kyk. Die Simpson's is ook 'n gunstelling. Maar, dit voel vir my
of die meeste Suid Afrikaners verkies 'n anderste soort grappie - ek kan
nie my vinger daaraan sit nie, maar dalk kan iemand dit vir my
verduidelik.
'n Handvol gruis uit die Hantam -
My liewe, lekker Hantam-wyk!
'n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, ghnarrabos-blare!
Arm was ek gister, en nou is ek ryk.
Arm in herinnering, arm in verbeelding,
Arm in onthou van die vroeëer jare
Deurgebring in die Hantam-wyk.
'n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my, wat arm was, koning-ryk -
Ryk in herinnering, ryk in verbeelding,
Ryk in onthou van die vroeëer tyd
Toe die Hantam-wereld al die wereld
Vir my was in die vroeëer tyd.
'n Handvol gruis en gedroogde blare
Vertel so veel van die wonderjare
In my liewe lekker Hantam-wyk -
Waboom-blare, ghnarrabos-blare -
Arm eergister en nou skatryk!
> Ek lees al hoe meer in die pers hoe Afrikaner-sosialisme vergelyk word
> met Nazisme. Dit word soms heftig ontken, hoofsaaklik vanuit kringe
> bestaande uit mense wat die Afrikaner-nasionalisme aangehang het of
> steeds aanhang. Dan word die ontkenning baie ywerig nogal met
> akademiese argumentvoering gestaaf, want hierdie mense, so lyk dit, se
> grootste vrees in die nuwe Suid-Afrika is dat hulle tot verantwoording
> geroep sal word.
> Nou wonder ek net, diegene (die meeste mense in Suid-Afrika) wat aan
> die kortste ent getrek het weens Afrikaner-nasionalisme: hoekom is dit
> veral hul leiers wat aanvoer dat Apartheid soos Nazisme was?
> Se hulle so omdat hulle akademies tot so 'n gevolgtrekking gekom het,
> of se hulle so omdat die praktiese beoefening van Apartheid
> ooreenstemmings getoon het met die beoefening van Nazisme?
> Jopie
Of mense nou Apartheid met Nazisme wil vergelyk oftenie, die feit is dat
Apartheid en wat daarmee gepaard geggaan het (NG kerk was en is nog
steeds apart ven sy mede gelowiges, onderwysstelsel vir swartes was
derderangs, ens, ens.), mynsinsiens veel erger as Nazisme was.
Die bevoorregtes het die gerief gehad om bv. tot drie huise te besit
terwyl Swartes hul moer moes afbaklei om 'n blerrie ou padokkie te kan
oprig. Daarmee wil ek nie se dat individue (sp?) wat dit kon bekostig
dit nie moes doen, maar dat die Apartheids-regering doelbewus seker
gemaak het dat hul boeties grond moes besit.
Die letsels wat Apartheid nagelaat het sal seersekerlik by ons bly vir
'n lang ruk soos wat met Nazisme die geval is.
A
A
A
A
--
Thomas Jacobs - Computing Centre - Rhodes University - Grahamstown
Internet: cc...@hippo.ru.ac.za uucp: ..!uunet!m2xenix!quagga!hippo!cctj
Hiermee wil ek net 'n "e - ruiker" op die graf van klein Tamzyn Mendelowe
l^e. Sy is deur 'n onverskillige 14-jarige "joy rider" gedood terwyl sy op
'n grasperk gespeel het.
Got to say this - this NG is degenerating into a nursery rhyme corner,
where all postings are just stupid poems - from people who have no real
topics to discuss.
Come on now, throw away your potjiekos recipes and your silly poetry books
and lets discuss something worthwhile for a change.
Jean Pierre Botha (j...@iafrica.com) wrote:
: die pad infrastruktuur is nou krisis bestuur - die nuwe regering moet
: nou die kaiings uit die vuur krap.
ummm... jy meen seker kastaiings?
: Hiermee wil ek natuurlik geensins te kenne gee dat die nuwe regering
: hoegenaamd bevoeg is om enige kaiings uit te vuur te krap nie , hulle