Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Sprokie van die Spikkelkoei" deur D.J. OPPERMAN

Vr., 23 Januarie 1998 00:00

SPROKIE VAN DIE SPIKKELKOEI
D.J.Opperman

Uit holtes van 'n boom
het kuddes vee gekom,
toe kies my broer
die spikkelkoei vir hom.

Ek stoot hom oor'n krans,
hy val in 'n mik,
toe het 'n kraai
op die spikkelkoei gaan sit.

Smeer vet aan 'n klip,
korrel fyn, moenie kwes,
toe sak 'n duisend vere
noord, suid, oos, wes -

sak 'n duisend kraaie
oor die bloed, oor die klip...
O waar sal ek skuil
teen die stippels wat pik.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Skeef ...

Vr., 23 Januarie 1998 00:00

Raakgevat, Ferdi, ons is almal subjektief, Gloudina ook ...!

>
> As haar sieninge vir jou speef is, lei dit logies dat jou sieninge
> natuurlik ook..... (voltooi dit maar self).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

jopie

Vr., 23 Januarie 1998 00:00

ek stem saam......dit is sekerlik deel van die nuwe deursigtigheid.
selfde soos Sarafina,Trevor Tutu, BMW's van Mpumalanga ens,ens.........
ek dink ons is die eerste land wat 'n tronk voël vir 'n presedent het.....
sag gestel......daar het 'n klomp mense gevrek by nelson se bom.....maar hy
word GOD gemaak..

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

jopie

Vr., 23 Januarie 1998 00:00

ek stem saam......dit is sekerlik deel van die nuwe deursigtigheid.
selfde soos Sarafina,Trevor Tutu, BMW's van Mpumalanga ens,ens.........
ek dink ons is die eerste land wat 'n tronk voël vir 'n presedent het.....
sag gestel......daar het 'n klomp mense gevrek by nelson se bom.....maar hy
word GOD gemaak..

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: jopie

Vr., 23 Januarie 1998 00:00

Watter bom was dit? Nog nooit van gehoor nie.

Spy wrote in message <6aa0rf$f...@news1.saix.net
> ......daar het 'n klomp mense gevrek by nelson se bom.....
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Misdaadsyfers (Re: Die realiteite van hongersnood)

Do., 22 Januarie 1998 00:00

Hallo daar Lou, Ferdi, Gloudina en almal.

Miskien sal die volgende syfers julle belangstelling prikkel. As enigeen self wil
gaan kyk, hierdie is die URL:
http://www.saps.org.za/8_crimeinfo/497/introduc.htm

Ek vra om verskoning vir die engels, maar die SAPD se webblad is net in engels.

Begin aanhaling:

With regard to reported cases of murder, South Africa occupies a fourth
position. Only Honduras, Namibia and Swaziland reported
higher murder ratios
in 1994 than South Africa in 1997.

As far as reported cases of rape are concerned, South
Africa finds itself in an
undisputed first place.

South Africa occupies an eleventh position as far as
reported cases of robbery
with aggravating circumstances are concerned.

South Africa also occupies an eleventh position with
regard to reported cases of
serious assault.

In the case of property related crime, South Africa is in
a much better position,
for example occupying a 27th position as far as reported
cases of breaking and
entering (housebreaking) are concerned.

Einde van aanhaling

Ek dink bg spreek vanself. Moenie net my woord daarvoor neem nie, gaan kyk self na
die webblad en maak jou eie gevolgtrekkings.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

randse, afrikaanse, universiteit

Do., 22 Januarie 1998 00:00

Ons het dit altyd die broederbondkampus genoem, in die dae toe die
broeders nog sterk gestaan het, tydens hulle heyday in die vroee tagtigs.

Die Randse Afrikaanse Universiteit is nou 'n paradoksale titel, 'n
instelling wat grootoog die werklikhede om hom vanagter die agt voet
elektriese heining en gewapende wagte met hul groen berets dophou.

Gelukkig werk my ou studentekaart nog toe ek dit vir die wag by die hek
wys.

Die kampus het gerek vandat ek laas daar was, saam is ons besig om
middeljarig ronder te raak. Dit tref my dat die nuwe geboue nie een die
kenmerkende strak, grys beton-argitektuur van die broeder-era dra nie.

In die geboue is dit duidelik: dis nie meer die Randse, _Afrikaanse_
Universiteit hierdie nie.

Dis bont hier.

Al wat nog oorgebly het van die homogene, mono-talige studentemenigte van
destyds is blou jeans en t-hemde. Ek dink terug aan die rumoerige
massavergaderings oor die voorgestelde 15% kwota bruin studente. Bruin,
want swart was verbode, soos die Mandela posters wat Carl Niehaus probeer
opsit het. Deesdae is RAU die voorkeurkampus van die refugees van
apartheid se bosuniversiteite.

Dis anders hier.

Daar's 'n Vodacom winkel hier.

Die kaf is weg, vervang deur 'n labirint van sitkamers vir die massas
dagstudente.

Ek loop vas in 'n nuwe aanbouing wat lyk soos 'n mini shopping mall,
kompleet met Steers, Wimpy, en 'n Spar. Wat 'n verbetering, nou kan die
koshuisstudente hul koffievoorraad op die kampus koop.

Mooimeisiesfontein is nog hier, in die middel van die grys laer. Om hom
sit die paartjies nog steeds mekaar en vrylesse gee.

Vakke is nie meer net biblioteekkunde of biologie nie. Promosie-plakkate,
daar om die nuwejaar se aanwins eerstejaars te canvas, praat van
"Informatika en inligtingstudies -- leer van push tegnologie en web
bladsye" en "Ontwikkelingsfisiologie -- Aids, basiese
gemeenskapsgesondheid en kliniekbestuur."

Ek stap by 'n gesig wat ek herken verby -- 'n wysbegeertedosent, nog
steeds op sy pos. Sy hare is dunner, sy oe strakker, en sy pak klere hang
sakkerig aan hom.

Ek kry my duplikaatstel uitslae waarvoor ek gekom het by
studenteregistrasies, A-ring vlak drie. Dis als net in Afrikaans geskryf.

Party dinge, soos jeans, neem langer om te verander.

Want dit is mos, after all, die randse, afrikaanse, universiteit.

-------------------==== Posted via Deja News ====-----------------------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet

Onderwys & opvoeding | 2 kommentare

Re: Help to pensioners: Eastern Cape

Wo., 21 Januarie 1998 00:00

Net 'n woord van advies ... jou gekose naam is nie normaal op die Net nie.
Ek probeer nie snaaks wees nie, ek stel voor jy verander dit. Dis die tipe
naam wat 'n opgeskote dogtertjie sou gebruik.

Secret Squirrel wrote in message ...
>>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: mense wat se "afrikaanses", is vlak

Wo., 21 Januarie 1998 00:00

Nee Juffrou. Ek stem hy spel swak, maar "donder" sou meer gepas gewees het
... omdat die woord nooit anders as "donner" uitgespreek behoort te word
nie. Assimilasie, jy weet >:-)

André wrote in message ...
> Tipiese antwoord van 'n onderwyser!
>
> @igs.net wrote in message ...
>> "Spy" writes: > ek lees "mine Kampf"......van HITLER
>>>
>>> wat de doner het dit met jou uit te waai oor wat ek lees....
>>
>>
>> Spy ken ook nie Duits nie! Dis "Mein Kampf", Spy.
>> Enige Afrikaner sal weet hoe om "mein" te spel.
>> Hoekom lees jy Mein Kampf. Spy? Wil jy bietjie
>> by Hitler gaan leer? Ken jy die geskiedenis, Spy?
>> Weet jy hoe Hitler aan sy einde gekom het? Arme
>> ou Spy, jy is aan die verkeerde kant van die
>> geskiedenis. Soos alle neo-nazis is.
>>
>> Gloudina
>>
>> PS: 'n mens skryf dit as "donner" en nie "doner"
>> nie. Het jou Afrikaanse juffrou nie vir jou geleer
>> dat jy twee konsonante moet skryf as jy die vokaal
>> kort wil hou nie? As jy dit "doner" skryf, dan
>> sal mens dit "do-oner" uitspreek, Spy, jou ou donner.
>>
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Kaapstad '76 " deur FERDI GREYLING

Di., 20 Januarie 1998 00:00

KAAPSTAD '76
Ferdi Greyling

die polisie met haelgewere
die man wat die R1-koeël in sy heup gekry het
en die bergies wat aande
met hul dronk gatte bergop trek
as die aandster in die hemel hang

gebreekte mense Jesus
jy was gebreek
en toe jy aan die kruis gepraat het
was dit om te sê hoe die skerwe jou sny in die kop
en toe het jy heel geword die derde dag
en gesê dat almal wat gebreek is
in jou heel sal word

Jesus van die polisie
en die bergies
en hulle wat bitter en brandend is
is jy toe uiteindelik
bybel toe verban
waar jy in die woestyn van Judea
bladsye en bladsye afstap
en in slothoofstukke opvaar
na kaarte agter in die bybel toe?

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1453  1454  1455  1456  1457  1458  1459  1460  1461  1462  1463  1464  1465  1466  1467  1468    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 22:31:56 UTC 2026