Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Ek hou van Blou" deur A.D. KEET

Do., 29 Januarie 1998 00:00

EK HOU VAN BLOU
A.D.Keet

O vra my nie my liefde,
Ek het dit weggegee
Aan 'n kleine koringblommetjie
En aan die grote see.

Ek hou van bloue blomme,
ék Aanbid die hemelblou,
En jou oë vermy dit kon ek nie -
Ek min hul meer dan jou.

Prosa & poësie | 0 kommentare

F.W se Manewales!

Do., 29 Januarie 1998 00:00

Goeie genade wat gaan deesdae met F.W aan? Kan jy nou glo dat hy sy eie
Marike nou so vir 'n Griekse vrou wil los. Al die jare het ons vir hom
gestem & nou vang hy nog sulke dinge aan. As die man se vrou(Marike) dood
was kon 'n mens dit nog verstaan, maar sy leef en hulle is glad nie eens
geskei nie. Nou ja, ek praat nie eens van die Griekse vrou en haar man
nie(albei nog steeds getroud) Eintlik 'n skande as jy die storie so sou
opsom.

Sekerlik geen wonder hy het uit die politiek bedank nie, al sê hy dit(die
verhouding)is nie die rede nie!

Vriende & Vriendinne; wat is julle mening? Onthou, ons praat nie nou van
Bill Clinton nie & ook nie van Oom P.W nie maar van ene F.W de Klerk!!! is
dit waar dat alle hoë bome die meeste wind vang?

Tot wederom & Groete uit die Baai
Mooi Bly!
Hein (he...@hinet.co.za)

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Verw: 309 Boodskappe, almal gelees se hulle

Do., 29 Januarie 1998 00:00

Hoekom skryf Black Squirel en @vigs nie maar net sommer direk aan mekaar
nie ?-Vra maar net

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: R 5m robbery

Do., 29 Januarie 1998 00:00

"JAN!TOR" wrote:

> Julle weet wat die ergste is, is die apatie wat ek voel. Ek kan myself nie
> kry om opgewonde te raak selfs wanneer daar 'n paar van die rowers in
> hegtenis geneem is nie.
>
> Dit gaan hulle nie baie lank neem om weer te onsnap nie. Al wanneer ek tot
> 'n mate dink dat daar iets positiefs plaasvind, is wanneer daar van die
> rowers sterf. Siek nê.
>
> Francois

nee nie siek nie..BRING TERUG DIE DOODSTRAF

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Een Vlaming ontdekt Afrikaans

Do., 29 Januarie 1998 00:00

Ik heb met grote verwondering jullie teksten gelezen.
Het doet mij goed dat het Afrikaans leeft. Op de televisie hoor je alleen
Engels.
Geef het Afrikaans niet op !

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Beskaafde Mandela

Wo., 28 Januarie 1998 00:00

> Prys eerder al die Stamhoofde en Konings soos Mandela, dat hulle nie doen
> wat ENIGE ander koning met sy vyand sou gedoen het nie. DIT is beskaafdheid.
> DIT hou die kiem van hoop vir ons Geliefde, Suid-Afrika.
>
Wolfie, jy gooi jou net te wyd, vrees ek. Dis NET Mandela wat die
beskaafdheid dra wat jy van skryf en hy gaan nie meer te lank aan bewind
wees nie. As ons hom tog maar kon kloon ... !

Johan

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: One Lie too many from the White House...

Wo., 28 Januarie 1998 00:00

Wat 'n klomp dribbel! Die arme Jan het werklik verbale diaree!

Sy onderwerp is vir my interesant want ek woon nou self in die VSA, maar
nie eers Clinton skryf sulke lang speeche nie!

Wat wil jy sê, Jan. Of as jy dan so baie weet, moet jy dalk hier voor die
hof jou feite kom oopmaak ...?!?

Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Waatlemoen" uit "Kroniek van Kristien" deur D.J. OPPERMAN

Wo., 28 Januarie 1998 00:00

WAATLEMOEN (uit "Kroniek van Kristien.")
D.J. Opperman

In die tyd van geestelike dronkenskap
is haar lyf gevul met die rooi sap
wat van die geel son en die soet fontein
in haar liggaam gis en borrel soos jong wyn;
en daarvan het sy uitermate groot geswel
sodat haar lyf verby haar lede wel
en sy, volkome deur haarself omsluit,
net kommer oor: "Wat kom daar uit my uit?
In die groot honger is die kwaad
gesaai reeds met die strooiing van die saad
wat ek vermenigvuldig wek in my."
Sy voel in haar hoe roer die rye:
"Is die pitte swart of bruin of wit?"
Dan het sy om haar sondes weer gebid.
Sy word ten volste van die groot verwag
en weet nou breek die uur aan van die slag,
en op 'n warm somerdag het sy gedwee
haar met die loop van die vrugwaters oorgegee...
en half verstrooi sien sy hoe om haar staan
wit, bruin en swart, 'n halwe maan,
en onbesorg eet hulle skyf na skyf
die wyn en brood van haar bros lyf.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re:PW Botha, Quote van die week,(jaar? dekade?)

Di., 27 Januarie 1998 00:00

Ja, Oom PW is in ie Boere Oorlog getemper. Hy staan nie 'n tree terug nie.
Kyk net hoe jammerlik draai Pik, FW en die ander. Hulle tree soos tipiese
politisie op, terwyl Oom PW soos 'n taatsman optree.

EK probeer glad nie vir hom keer nie, maar hy staan pa vir wat hy gesê en
gedoen het.

Waar is die leiers vir die Afrikaner? Gaan die ANC, en hul gesante
uiteindelik dit regkry om dit te blus wat ons ons as volk teen die magtige
Brittanje laat opstaan het?

Apartheid was 'n onding, maar wat het dit Suid-Afrika gebied? Ons land is
die enigste ligpunt in Afrika. Buiten miskien vir Botswana, is ons die
enigste relatief suksesvolle land in Afrika. Ons buurstate is 'n gemors.
Mosambiek, Zimbabwe, verder noord. Ons kontinent is 'n gemors.

Suid-Afrika gaan nooit met lande soos die VSA, Europa of die tier lande kan
kompeteer nie, maar waar is ons verwysings raamwerk. Ons moet ongelukkig
teen wil en dank ons met ons onmiddelike bure vergelyk.

Oom PW was aan bewind van DIE APARTHEID STAAT vir baie jare, en die beste
wat die ANC kan doen is om hom hof toe te vat vir 'n "minor political
offence".

Oom PW is oud, halstarrig, en ja dalk selfs kens, maar hy vat nie kak nie,
en hanteer die ANC met die disrespek wat hulle toekom.Ek hou veral van sy
standpunt om in ons moedertaal getuienis af te lê. So 'n bek kort jem.

Ons moet besef dat sy saak uiteindelik dalk die begin is om die selfrespek
wat lamsakke soos FW en Pik van ons laat wegkorodeer, terug te gee. Onthou
vir die " underdog" is dit nie die tien beenbreek houe wat hy ontvang wat,
wat tel nie, eerder die enkele bloed neus wat hy die reus toedien.

Seblief, kommentaar, sarkasme en trane word waardeer.
Francois

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Hongersnood, aan Gloudientjie met liefde

Di., 27 Januarie 1998 00:00

Liewe Gloudina,
Dankie vir die taal teregwysiging, maar gelukkig het daar 'n taal bevryding
saam met die politieke bevryding gekom. Dit maak half 'n mens se dag om al
die verskillende taalvorme te kan hoor en geniet.

Maar kom ons bly by die onderwerp: Die verval van openbare dienste. Dit is
tragies dat die armstes van arm eventueel ook die prys vir die WENNERS moet
uithaal en wys. Nooit in die geskiedenis van hierdie land het die
VERLOORDERS ooit so 'n prys verwag nie. Dit gaan in die komende maande weer
gebeur. En weer. En weer.

Ja, soos alle blanke VERLOORDERS in hierdie land, dra ek die sondes van
die vadere, soos besoek aan die kinders tot in die derde en vierde geslag.
Ons betaal hard aan die prys van apartheid. So ook het ons 'n nuwe
geleentheid gekry om weer te help bou aan ons geliefde land.

So sal die sondes van die WENNERS ook besoek word aan die nageslagte,
alhoewel hul kollektiewe amnestie in die waarheidskommissie hulle tans laat
rustig slaap.

Soos wat alle mense, bewustelik of onbewistelik, voordeel getrek het uit
apartheid, so het alle ondersteuners van die vryheidsvegters bewustelik of
onbewustelik, voordeel getrek uit hulle verlede: die bankrowe, moorde,
"necklacing", verkragtings, gruwlike marteling, onmenslike hongersnood en
lewensomstandighede van die opleidingskampe elders in Afrika.

Elke wenner blyk 'n paar geraamtes in die kas te he.

Die nuwe regering is deur ons ingestem, en word daar weer eens van ons
verwag om te jubel oor die meegaande gruwels wat daarmee saamgaan. Ons
skryf dus maar weer almal aan hierdie stuk geskiedenis ook. Let wel: ons
speel die bal, Gloudina is die toeskouer wat huil en jubel as die span
daaronder wen of verloor. Haar deelname: 'n paar vingers op 'n sleutelbord,
in die skaduwee van 'n baie verre land en 'n kruisie op 'n verkiesing vorm.

T.o.v die WENNERS en VERLOORDERS. Engel, jy is so ver verwyderd van die
S.A. realitieit, dat ons nie eers jou kos vir jou met 'n kettie kan inskiet
nie. 'n Bietjie binne inligting:
S.A. is stil-stil die enigste land ooit, in die geskiedenis van hierdie
heel-al , wat 'n rewolusie gestuit het, en dit boon-op met 'n vreedsame
verkiesing afgesluit het.

Nee, engeltjie, ek vertel jou nou 'n bietjie binne inligting. Dis nie Griet
se wensdenkery nie. In die geheim, is vele CIA-, Britse- en andere Westerse
lande se intelligensie amptenare vir opleiding Suid-Afrika toe gestuur.
Verskeie jare is dit gedoen. Die prestasie oortref die van Rusland en
Amerika kollektief.
( Gloudientjie, maak tog maar my ou spelfoutjies vir my reg, baie dankie
byvoorbaat.)

Die einddoel van die aksie was nie om die land Blank te hou nie, maar wel
om juis net dit te laat gebeur wat wel gebeur het, nl. 'n vreedsame oorgang
na 'n nuwe toekoms. Dit maak van ons WENNERS, skat. Maar om jou nou nie te
veel te ontstel nie, sal ons maar jou VERLOORDERS wees, hoor. Groetnis.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1451  1452  1453  1454  1455  1456  1457  1458  1459  1460  1461  1462  1463  1464  1465  1466    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 02:27:35 UTC 2026