Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Renosters

So., 22 November 1998 00:00

Dagsê almal!

Ek het onlangs 'n berig oor renosters gekyk (CNN of BBC World). Hulle
het gesê dat die naam "White Rhino" of witrenoster deur 'n valse
vertaling van Nederlands tot Engels ontstaan het. Weet iemand daarvan?

Sover ek kan onthou het hulle gesê dat die woord "wyd" of "wijd"
daarvoor verantwoordelik is, en dat iemand dit as "white" vertaal het.
Is dit waar, of is daar 'n ander rede daarvoor dat die renosters "wit"
en "swart" genoem is?

Groete,

Thorsten

Ns: In Duits noem ons die witrenoster "Breitmaulnashorn"
(breedmuilrenoster), en die swartrenoster "Spitzmaulnashorn"
(spitsmuilrenoster).

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Nuwe aankomeling

So., 22 November 1998 00:00

Dag almal

Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!! Om 3H15 is ons
seun, Dante gebore in die Ziekenhuis in Lelystad. Hy weeg 3.615 Kg en ma en
seun is perdfris en gesond. Susan het die eerste pyne om 12H15 ondervind -
dus drie uur van begin tot einde. Die mees verassende aspek vir ons is dat
die datum wat by die eerste toetse wat gestel is die 22e November was en die
dokter het reg deur voet by stuk gehou dat dit so sal wees. Binne 15 minute
na die 22e begin het, begin die geboorte toe!

Groete uit die Laaglande

'n Blymoedige vader

-Gideon-

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Profiel van 'n 'afrikaner' emigrè

So., 22 November 1998 00:00

Dit het 'n graadjie verwerf so met die gehoer en gemoer saam.....
Dit noem elkander wetenskaplikes, ontwikkeldes, geleerdes.....
Dit dink die land en die wêreld skuld hulle nou iets......
Spoorweg- en ambagsouers is 'n skaam las, nie 'n bate.......
Kultuur en taal is verkwansel vir 'n potjie vreemde brousel....
Dit pontifikeer aan Afrikaners tuis vanuit die volksvreemde .....
Dit is altyd beterweterig, aanmatigend en smalend......
Dit gatkruip by nuutgevonde vreemde lojaliteite......
So moet dit bewys dat die Afrikaner in dit...dood is.....
So dink dit word 'n mens 'n burger onder vreemdes.....
Vermoor jou verlede, jou herkoms..... dan is jy weer nuut.....
O dwaas, hoe verfoeilik jou sotheid, hoe veragtelik jou verraad....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè'

So., 22 November 1998 00:00

From: Oom Kaspaas
Subject: Re: Profiel van 'afrikaner' emigr�
Date: Saturday, November 21, 1998 11:54 PM

Oom Kaspaas wrote in message ...
Dit het 'n graadjie verwerf so met die gehoer en gemoer saam.....
Dit noem elkander wetenskaplikes, ontwikkeldes, geleerdes.....
Dit dink die land en die wêreld skuld hulle nou iets......
Spoorweg- en ambagsouers is 'n skaam las, nie 'n bate.......
Kultuur en taal is verkwansel vir 'n potjie vreemde brousel....
Dit pontifikeer aan Afrikaners tuis vanuit die volksvreemde .....
Dit is altyd beterweterig, aanmatigend en smalend......
Dit gatkruip by nuutgevonde vreemde lojaliteite......
So moet dit bewys dat die Afrikaner in dit...dood is.....
So dink dit word 'n mens 'n burger onder vreemdes.....
Vermoor jou verlede, jou herkoms..... dan is jy weer nuut.....
O dwaas, hoe verfoeilik jou sotheid, hoe veragtelik jou verraad....

>

�

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Profiel van 'n Afrikaner 'Emigrè'

So., 22 November 1998 00:00

Nouja, jy het duidelik iemand in gedagte gehad toe jy koorsig die pen
opgeneem het. En ja, ek stem saam dat daar enkelinge is wat doen soos
wat jy storremend-woedend weergee. Maar jou kam is groot en hy skeer
wyd. Maar neem 'n oomblik en kies vir jouself. Of 'n Statistiek op
Sydney Mofomadi se "merder" lys of maar net nog 'n slagoffer van een of
ander vorm van "waulence". Dan word ek eerder 'n burger onder vreemdes
(met my ambag kwalifikasie), maar gatkruip- nooit!

Oom Kaspaas wrote:

> From: Oom Kaspaas
> Subject: Re: Profiel van 'afrikaner' emigrè
> Date: Saturday, November 21, 1998 11:54 PM
>
> Oom Kaspaas wrote in message ...
> Dit het 'n graadjie verwerf so met die gehoer en gemoer saam.....
> Dit noem elkander wetenskaplikes, ontwikkeldes, geleerdes.....
> Dit dink die land en die wêreld skuld hulle nou iets......
> Spoorweg- en ambagsouers is 'n skaam las, nie 'n bate.......
> Kultuur en taal is verkwansel vir 'n potjie vreemde brousel....
> Dit pontifikeer aan Afrikaners tuis vanuit die volksvreemde .....
> Dit is altyd beterweterig, aanmatigend en smalend......
> Dit gatkruip by nuutgevonde vreemde lojaliteite......
> So moet dit bewys dat die Afrikaner in dit...dood is.....
> So dink dit word 'n mens 'n burger onder vreemdes.....
> Vermoor jou verlede, jou herkoms..... dan is jy weer nuut.....
> O dwaas, hoe verfoeilik jou sotheid, hoe veragtelik jou verraad....
>
>>
>
> ½

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Door de bank genomen

So., 22 November 1998 00:00

In het Nederlands kennen we de uitdrukking "door de bank genomen", het
betekent zoiets als "in het algemeen" of "bijna altijd". Nu begreep ik van
Thorsten dat het Duits een vergelijkbare uitdrukking kent, "durch die Bank
weg", wat zoiets betekent als "geheel en al". Het lijkt mij aannemelijk dat
beide uitdrukkingen een zelfde oorsprong hebben.

Kent het Afrikaans een vergelijkbare uitdrukking? En kent iemand dan
misschien de herkomst?

Door de bank genomen lijken veel Afrikaanse uitdrukkingen op Nederlandse.

Groeten,
Arthur

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Maak julle nog Potjiekos

So., 22 November 1998 00:00

"Sluiper" wrote:
> Elke keer wanneer ek pakkies skaapnektjops hier in die supermark sien met
> vyf skywe vir net 99 Aussie sente (want dit is mos afval vleis hier) wonder
> ek of julle mense daar in SA nog potjiekos maak.

Ja, ons maak nog. Gaan kyk by my kulinêre tuisblad hoe 'n skaapnek pot gemaak
moet word:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage100.htm

> So ek wonder maar net of potjiekos nog mode is daar in the nuwe-SA? En wat
> kan ek doen om my geroesde potjie weer reg te kry.

Skuur hom maar net uit met skuurpapier en staalwol. Kook hom eenkeer goed met
aartappel skille, en smeer hom met kookolie.

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Kos & resepte | 2 kommentare

hallo oom kaspaas!

So., 22 November 1998 00:00

hallo oom kaspaas,

ek is so vir lig lat oom die lasarus triek getrek het. het oom gesien
hoe baie briewe het ek vir oom geskryf. ons het baie gewarrie oor oom
se wel stand.

gister was weer rakbie, oom. die keer het die bokke teen die anties
gespeel wat ooms is wat rokke dra. my pa sê hille speel met hille
doedel sakke. my ma sê ek mag nie, want ek sal hare op my hanne kry.
ek het gedog hulle gaan net bol speel, ma' toe hulle op draf toe dra
hulle nie eers rokke soos my pa gesê het nie. hy kan darem lieg. ek
was teleergesteld, want ek wou onder hulle rokke inkyk, ssos ons pety
maal by die skool maak.

oom hansie van die pênnel bieters het weer by my pa kom kyk. die keer
het hille niks gesyp nie. kan oom dit glo. hille het seker nog te veel
gewarrie oor die gym teen die walvisse. ma' die anties sonder rokke was
ok ma' moeilik, vir al in die eerste helfte.

ma' toe joostuisen eers in die tweede helfte gaan drik, toe is dit koebaai
met die anties, rokke of te not. net daarna gaan drik sny man ook. toe skree
oom hansie noord transvaal. toe rossou en skien stad ook druk toe skree my
pa wie pie. toe weet ek nie, want ek het niks gehoor of gesien of geryk nie.
miskien was dit die anties, ma' my pa sê op die ou end het hille lekker iets
anders gedoen, soos wanneer 'n mens klyn hysie toe gaan.

oom hansie vir tel toe 'n storie om my pa nog meer op te beer. hy sê die
paailit sê vir die mense in die vlieg tyg hulle moet reg maak die vlieg
tyg gaan in die see val. toe spring soufie loren op en hard loop klyn hysie
toe. toe sy trig kom het sy al haar bêngils en nek lisse aan gesit. sy sê toe
syt gehoor as 'n vlieg tyg val soek hille eerste vir die ryk mense. toe spring
viektorie prinsipil op. toe sy trig kom het sy haar beplak van die myk ap. sy
sê syt gehoor hille red eerste die mooi mense.

toe spring antie winnie man lê da op. toe sy trig kom is sy poeddel nakent. sy
sê syt gehoor as 'n vlieg tyg val soek hulle vir die blek boks tot hille hom
kry. oom hansie sê 'n mens moet in afrikaans vir taal. my pa sê daai boks van
'n gevalde vlieg tyg is oranje en nie blek nie. oom hansie sê sy slimgeit maak
lat hy stoepid is.

die reent het darrem op gehou, oom. nou kry ek raas oor ek met die baai siekil
in die modder rond ry.

koebaai oom kaspaas, oppas vir ooms wat anties is wat rokke dra.

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Werk 'n au pair in Holland

So., 22 November 1998 00:00

As jij dit intressant vind om as 'n au pair in Holland te gaan werk, kijk
na ...

http://www.taalentoken.demon.nl/apsun

--
Jos Verhagen
delo...@worldonline.nl

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

al weer 'n briefie vir oorle oom kaspaas

Sa., 21 November 1998 00:00

hallo oorle oom kaspaas,

hie reent dit nou al van lat ons van die wildsplaas af gekom het.
ek laaik dit niks, want 'n kind mag nie in die reent speel nie. my
ma sê ek sal kink hoes kry, en sy het nie wille als om op my bors te
sit soos wat my ouma met my pa gemaak het nie. my pa laaik dit. hy
sê die koeligiet is naais vir 'n babbalas wat 'n week aan hou.

nee, ek weet nie hoeveel nie oom. die bokser het my pa se reent meter
op gevreet. hyt eers 'n retriewer gehad, wiskie. hyt net hous paaips
gevreet, ma' toe oorle hy van oudgeit. my pa was hard seer, ma' hyt
gesê dis beter, want die rimmetiek was besig om wiskie op te vreet.
ek het al gesien hoe vreet 'n leeu 'n koedoe, en dis niks lekker om
lewendig op gevreet te word nie. toe kry my pa die bokser, tjester.

ons kan nie op sy rig ry soos met wiskie nie. my pa sê hys te bal
oorrig. ons moes hom kry want die skelms het te veel geword, en hille
skrik nie vir 'n retriewer wat sy stert vir hille waai nie.

ek hoop die reent hou nou op anners loop dit weer yt die miere yt soos
in ses en ne�ntag. toe was my pa weg saam met oom j�n hille om te gaan
syp vir die naweek. daai maand het sanien ses honderd millie meter gehad.
die helfte daar van oor die naweek. toe loop die water later yt die hys
se miere yt. my ma het nie meer drooë koerante en han doeke gehad toe my
pa sondag trig kom nie.

toe klym my pa van die vir sekering. toe kom die as sessor van jaansberg
af. so 'n regte wintie in 'n bee em wee. toe sê hy vir sy pel 'op vius lie
long stending demmeits. lek óf myntenins'. toe pluk my pa moer, oom. weet
oom hoe vinnag kan 'n bee em wee weg trek. toe lat my pa die prokkereer 'n
brief skryf vir die as sessor se werk. toe petaal hille. ok vir die lên
wat hy yt gespin het.

dit was net na die droogte toe die fanie boota dam dol leeg was. dis nou
die sanien dam want die mense laaik nie meer van oom fanie nie. daai tyd
toe ry ons fô baai fô wa die ouens altyd met hille bote gery het. sanien
kan nat word oom. dis hoekom die kapee altyd gesukkel het hie by ons.
hille was goed wa dit droog was en mense mielies geplant het. nou sukkel
ammal oral teen die a en see sê my pa.

ma' ek weet oom glo nie van drie honnert millie meter oor 'n na week nie.
my pa sê ons wêreld kan reent vat. behalwe nou die hyse. as dit so baie in
die vry staat reent vrek al die mense. hille is nie gewoont aan so baie
water nie. da sal nou nie so baie mere in die vry staat wees as in minne
souta nie. die jele vry staat sal onder water wees. die arreme vir woerd
dam ok.

koebaai oom kaspaas, stuur asseblief vir my parra voete.

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1297  1298  1299  1300  1301  1302  1303  1304  1305  1306  1307  1308  1309  1310  1311  1312    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 20:06:11 UTC 2026