Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hardekoolvuur

Vr., 27 November 1998 00:00

Met Hans van walvisbaai wat laas aangedui het dat hy gaan visvang by
Wlotzkasbaken, ontstaan die vraag hoe opwindend so 'n visvang ekspedisie aan
die Namibiese kus kan verloop.

Laat vriend Billy jou vertel by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage7.htm

Groete

Henri

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Squirrel - die AWB PRO?!

Vr., 27 November 1998 00:00

Wie is squirrel?
Sy paadjie loop iets in die lyn:

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Squirrel - die AWB PRO?!

Vr., 27 November 1998 00:00

Ferdi Greyling wrote in message ...
>
> Wie is squirrel?

Wie gee om wie squirrel is? (Nie ek nie)

Wie behoort om te gee wie squirrel is? (My opinie - niemand nie)

Die persoon soek reaksie deur sy (manlik - neem ek aan) offensiewe bydraes.

Moenie dit gee nie. Squirrels is knaagdiere.

Bees.
Ruimteskip aarde

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

F.A.K.-Volksangbundel

Vr., 27 November 1998 00:00

Ek besit 2 F.A.K.-Volksangbundels derde- of Eeufeesuitgawe uitgegee deur
Firma J.H.de Bussy- Pretoria en H.A.U.M. v/h Jacques Dusseau&Co. -Kaapstad
in 1940.
Is daar dalk iemand wat belang stel om een te koop? Laat weet! Ons kan dit
saambring oor 2 weke.
Groete uit Vlaanderen

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Waar de hel moet ek registreer??

Do., 26 November 1998 00:00

Hmm - nou net uitgevind daar is 'n URL http://www.elections.org.za/ waar
jy kan sien waar jy moet registreer. Maar voor julle te bly word - dit
is of baie besig sommige van die blaaie werk nie. :)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Kobus Jordaan

Do., 26 November 1998 00:00

On 24 Nov 1998 16:17:44 GMT, "Beauchamps" wrote:

|Qui connait Kobus Jordaan qui fait du trading ?

Net as jou maag seer is, andersinds in duiwelsdrek beter.....

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hmmm, Gaap, Snork.

Do., 26 November 1998 00:00

Nee wat

Die nuusgroep is soos die nag. Hoe meer ek hier lees hoe, hoe minder kan ek
my oë oophou.

Almal het 'n eiertjie te lê, en soos julle weet is 'n opinie soos 'n
asshole, almal het een.

Party van julle beskou julle self as intelektuele reuse wat met gesag oor
enige onderwerp kan praat, en gebruik gemiddeld een uiters simpel "beter"
Afrikaanse woord per sin.

Julle hou julle self so snobisties, veral teen sekere persone, asof julle
die elite van die groep is ------ die ouens met die BMW's en Mercs.

Maar ek is seker in die werklikheid sit jy jou gat af en soek deur die
verklarende woordeboek en die HAT na jou "suiwer Afrikaanse woorde" en jy ry
'n VW Kewer of 'n Mazda 323. Jy bethoort tien teen een aan die NG kerk, waar
jy 'n ouderling is. Jy maak dood seker al jou bure sien jy is by elke oggend
diens, en ry 'n ompad huistoe sodat die mense nie sien jy koop op 'n Sondag
drank vir die middag braai nie.

Op die Internet is 'n persoon gesigloos. Net die ding vir baie mense om dan
te probeer wees wat jy nie kan wees in die normale lewe nie.

Intelektuele reuse ???, Nee wat die meeste van julle klink meer soos 'n paar
staatsdiens klerke, en of middelvlak bestuur ouens wat belangrik op die
internet kan klink agv die gesigloosheid, maar as top bestuur vergaderings
hou, sit daar 'n ander ou op "jou" stoel.

** Trek die skoen aan as dit jou pas **

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Europa toe met vrou en kjind, wat doen vroulief?

Do., 26 November 1998 00:00

Hallo Almal

Ek beweeg oor 1.5 weke vir 'n onbepaalde tydperk Nederland toe. Ek wil net
graag van ander siele wat tans in anner dele vannie wêreld is hoor wat hul
vrouens doen ommie tyd om te kry.

Terloops, ek skryf Gautengse foenetiese Afrikaans. Vir die mense wat
taalfoute wil regstel.

Ek neem aan vroulief bly tuis? My vroutjielief kom eers middel januarie so
ek sal graag van anner manne en dames wil hoor van wat aangaan en hoe
vroulief die "koue" en "aaklige weer" beleef.

Groetnis - tot later dan.
Mike Erasmus.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Kavorkian

Wo., 25 November 1998 00:00

Ek hoor die knaap gaan nou weer aangekla word vir moord - wat dink
julle ouens van hom en sy idees?

Ek weet dit kan misbruik word, maar ek dink mense moet kan kies om
hulle lewe te be-eindig AS HULLE BAIE SIEK IS EN LEI.

Ek besef darem ook alle gevalle is nie swart en wit nie - soos wanneer
iemand so siek word dat hy nie meer self kan aandui dat hy wil sterf
nie.

Ek en my vrou het 'n verstandhouding dat ons nie onnodig kunsmatig aan
die lewe gehou wil word nie. Maar ek het so twee jaar terug met my
ouma se laaste siekbed gesien hoe moeilik selfs so voorafbesluite sak
kan wees.

Ek dink wel ou Kevorkian bereik wat hy beoog en daarin steun ek sy
punt ten volle: dis hoog tyd dat hierdie sake meer breedvoerig deur
mense bespreek word op die openbare forum sodat mense hulle eie minds
kan opmaak.
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

brief vir oom kaspaas

Wo., 25 November 1998 00:00

hallo oom kaspaas,

ek soek dit nie lat oom soos 'n walvis maak en net elke nou en dan kop bo
water steek nie. lyk my oom is bang om met my te praat.

ons is besig met ik samen, nou kan ek nie so baie skryf nie. as ek nie deer
kom nie, moet ek vir nog 'n jaar sikkel om my pa met sap a se hys werk te
help. laf rassie sal dit nie maak nie, want hy help nooit sy pa met sy hys
werk nie.

ma' ons skryf nie ik samen nie, oom, dis als mond links. gister was swaar,
want ons moes praat oor in sekte. oom weet self wat se moeilike goed in sekte
is. slimpiet het gepraat oor groente torre. toe wil juffrou weet wat vreet
hille. toe sê slimpiet sy pa se ver domde tamaties. toe sê juffrou hy is
slim. onder skyding sê sy.

toe praat ek oor vrigte torre. sys ma' stoepid want toe wil sy weet wat vreet
hulle. toe sê ek my pa se bleddie pôpos. sy sê ek is ok slim. ok 'n onder
skyding sê sy.

toe is dit laf rassie se beert. hy sê hy ken 'n wie bra tor. toe wil juffrou
weet wat vreet 'n wie bra tor. laf rassie sê hy weet self nie, ma' sy sissie
sê die ding vreet bettries. ek dink hy praat nonsies want al wat ek ken wat
bettries vreet is tjester ons bokser want hy vreet alles. my pa sê hy sal sy
ye dinges ok vreet.

toe word juffrou se gesig rooi en sy sê sies. laf rassie sê wie bra torre is
gevaarlike insekte, want een het sy sissie se voor tande yt gestamp. hy sê sy
is blont soos juffrou. toe word juffrou kwaat en sê laf rassie moet na mineer
se kan toor toe gaan lat hy onder skyding kan tref tussen goed en kwaat.

toes mineer woerent. hy sê laf rassie kan sy stêre dank lat lyf straf af
geskaf is. ek dink sy stêre moet ook sy stêre dank. ma' laf rassie gaan dit
nie maak nie, oom. en dan gaan sy stêre niks help nie, want sy pa gaan sy
stêre se velle af trek. sy pa laaik nie van sap a hys werk nie, en lyf straf
is nie by sy hys af geskaf nie.

koebaai oom kaspaas, oppas vir wie bra torre.

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1295  1296  1297  1298  1299  1300  1301  1302  1303  1304  1305  1306  1307  1308  1309  1310    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 20:00:12 UTC 2026