Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n pêrel aan die weskus

Wo., 02 Desember 1998 00:00

Perth – beautiful, beautiful Perth.

Die stad koester teen die oewers van die Swan Rivier en skuil in die
omhelsing van Kings Park, 'n lower groen park teen 'n heuweltjie aan die
westekant van die stad.

As jy teen laat aand jou weg vind na Kings Park toe en rustig gaan sit
op een van die bankies, kan jy jouself regmaak vir een van die mees
asemrowende panoramas wat hom ooit voor jou oog sal afspeel.
Die majestieuse Swan wat skielik die stad sien en dan sy bors uitstoot
om te pronk – die dun lopie wat in die hartland van westelike Australië
begin, strek skielik sy oewers twee kilometers van mekaar af wat jou
aan 'n meer herinder, eerder as 'n rivier. Terwyl die son op die
westerkim huiwer maak Perth hom gereed vir die skouspel. Hier en daar
flikker 'n liggie aan en dan nog een en dan nog een., totdat die son
maar bes gee en gaan rus.

Die kraaie bêre hul treurig kerm-skree geluide, en die Freemantle dokter
waai die twee en veertig grade van jou gesig af weg. En siedaar… ‘n
pragtige stad omhang met pêrel liggies verrys uit die donker. Die
motorligte op die Southern bypass wissel mekaar af in 'n kleurspel van
wit en rooi strepe, en geleidelik buig hulle ook die knieg voor die
grote stad en die stilte daal neer.

En daar sit jy… mesmerized. Die ferries linger lui-lui van oewer tot
oewer, hul liggies oordadig geprojekteer op die water wat dit skommel en
rondgooi. En dis moeilik om te glo dat jy werklik daar is, en dat dit
nie als net 'n fairy tale is nie.

En êrens in Northbridge en Hay Street Mall skud die naguile in die
disko's en kroeë hul vere reg , vasbeslote om te keer dat die hartklop
van Perth nie gaan staan nie…

Alwyn

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: 'n prel aan die weskus

Wo., 02 Desember 1998 00:00

Dankie vir daai beskrywing, daar moet baie in 'n stad soos Perth steek om al
die SA's oor die jare heen soontoe te getrek het.

Daar word baie vertel van Sydney en Brisbane (en met reg so), maar Perth
klink soos 'n onontdekte juweel.

Vertel gerus nog.

Alwyn Nel wrote in message
366416B7.7993DFDC@netship.net...
> Perth beautiful, beautiful Perth.
>
>
> Alwyn
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Die reis na die einde van die somer" deur FERDI GREYLING

Wo., 02 Desember 1998 00:00

DIE REIS NA DIE EINDE VAN DIE SOMER
Ferdi Greyling

Groen en bruin
lê die Outenikwa-berge in die verte
- tussen rooi heuwels op regs
en droë klipkoppies na links.
Hierdie pad draai soos 'n slang
voor ons uit deur die voetheuwels
en dan op na die berg toe.
Ons ry op die slang se rug
ons ry uit die Klein-Karoo
ons ry die berg uit - see toe.
Oor die berg
en warm en soet lê Oudtshoorn
agter ons en in die geheue.
Ons ry op die slang se rug.
Ons ry see toe waar die dae
soos branders op die sand val
en tyd in strome maal,
blou by Mosselbaai,
en talle skulpe uitspoel op die strand.
Kalksteenhuise van dooie seediere
wat kleure blits in die son
en droë klonte see op boekrakke lê.
So het ons gery op die slang se rug
tot by hierdie huis langs die see,
hier waar die lug begin kantel.
Op die einde van die vakansie
manifesteer die see se strome
onvermydelik in 'n barometer wat val.
Toe het ons kil bewus geword
van simmetriese blokke ys
soos slangtande so wit,
wat onverstaanbaar kompleks
laag op laag lê
in die verre suide,
waar Antarktika wiskundig tier.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Boodskap vir die nederlande

Di., 01 Desember 1998 00:00

Hallo daar almal!

Dankie vir al die info oor wat ek te wagte gaan wees in Kaasland.

Terloops Gideon, jy moet snel skryf want ek het nog geen pos ontvang nie as jy
persentjies wil hê...

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Daardie tyd van die jaar....

Di., 01 Desember 1998 00:00

On Tue, 1 Dec 1998 12:15:33 +0200, "Hans"
said the following:

|This is a multi-part message in MIME format.
|
|------=_NextPart_000_0007_01BE1D24.4BCB5EC0
|Content-Type: text/plain;
| charset="iso-8859-1"
|Content-Transfer-Encoding: 7bit
|
|Aan julle almal - my beste wense met 1998 se feesseisoen,
|en mag 1999 op die NG positief en in 'n goeie gees verloop.
|
|Vir die wat 'n klankkaart het, sluit ek heel ongemanierd nou 'n .mid
|in.
|
|Dankie aan aan die kubervriende vir 'n aangename jaar.
|
|(Oom) Hans
|
|------=_NextPart_000_0007_01BE1D24.4BCB5EC0
|Content-Type: audio/mid;
| name="merrychristmas.mid"
|Content-Transfer-Encoding: base64
|Content-Disposition: attachment;
| filename="merrychristmas.mid"
|
|TVRoZAAAAAYAAAABAGBNVHJrAACaswD/Ax1XZSBXaXNoIFlvdSBBIE1lcnJ 5IENocmlzdG1hcwD/
|AhooQykxOTkxIFJvbGFuZCBDb3Jwb3JhdGlvbgD/WAQDAhgIAP9RAwST4AD wCkEQQhJAAH8AQfcw

Nou vra ek as b groot hulp van iemand wat Free Agent ken:

Ek het hierdie boodskap in sy geheel so ontvang en wil nou graag die
mid file save sodat ek elders na hom kan luister. Hoe maak ek..??

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG

Di., 01 Desember 1998 00:00

GIGUE VAN DIE ROTVANGER
Antjie Krog

jy loop met 'n silwer fluit deur die nag
met jou mond vorm jy vreemde note
met jou vingers maak jy valdeure oor die gaatjies
met jou oë kyk jy ver voor jou uit
na waar die lied vandaan kom
ek het geweet jy sou kom
daarom het ek na jou gesoek
soggens as die son fluit-fluit met die voetpad oor die berge kom
hande in die broeksak
kitaar oor die skouer
daarom het ek na jou gesoek
snags as die poeierige mot haar eiers oor die lug lê
en die stad soos kole onder 'n seeppot bly gloei
soos 'n bruid het ek my klaargemaak vir jou:
my hare gewas in vlokke sjampanje en dou
my liggaam ingevryf met olies en neute en geprikte roosmaryn
ek het woorde na jou vernoem
met klei jou lag probeer namaak
ek het stories opgemaak om jou te vertel as jy kom
want ek het geweet jy sal kom
by jou is ek sonder herkoms of toekoms of kompleks
by jou is ek 'n oomblik, 'n vonk
by jou is ek onbewus of ek hartseer is oor jou
en of ek hartseer is oor myself
en of ek al ooit in my lewe hartseer was
daarom het ek vir jou gewag
want ek het geweet jy sal kom
maar ek het nie geweet dat jy sou kom terwyl dit donkermaan is nie
ek het ook nie geweet van die fluit nie
ek het net die note gehoor
en onbewus van dagbreek of skemer
het ek opgestaan om jou lied vir altyd te volg.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: 'n pêrel aan die weskus

Di., 01 Desember 1998 00:00

Alwyn Nel writes:

� beautiful, beautiful Perth.
>
> Die stad koester teen die oewers van die Swan Rivier en skuil in die
> omhelsing van Kings Park, 'n lower groen park teen 'n heuweltjie aan die
> westekant van die stad.

>
> Die kraaie bêre hul treurig kerm-skree geluide, en die Freemantle dokter
> waai die twee en veertig grade van jou gesig af weg.

> En daar sit jy� mesmerized. Die ferries linger lui-lui van oewer tot
> oewer, hul liggies oordadig geprojekteer op die water wat dit skommel en
> rondgooi. En dis moeilik om te glo dat jy werklik daar is, en dat dit
> nie als net 'n fairy tale is nie.

> Alwyn


Dankie, Alwyn. Ons het die afgelope tyd, toe
John Glenn op is in die ruimte in, so baie
fotos van Perth gesien met die ligte aan in die
nag, dat 'n mens 'n band met Perth voel. Het
mense hulle eie huisligte ook daardie tyd
aangelos?

Wat is die "Freemantle dokter"? Iets soos die
Kaapse dokter?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Morfologie

Ma., 30 November 1998 00:00

Komen in het Afrikaans de uitgangen -erik en -(e)ling nog veel voor om
zelfstanige naamwoorden af te leiden uit bijvoegelijke naamwoorden? Een
collega uit Zuid-Afrika kende alleen "swakkeling" en "stommerik".
Hoeveel meer zijn er nog? (Nederlandse voorbeelden: beroerling (van
"beroerd"), slappeling, dommerik, slechterik,naieveling etc.)
Komen ling-afleidingen van zelfstandige naamwoorden ook voor?
(dorpeling, stedeling) of van werkwoorden (leerling, beschermeling,
vluchteling)?

Henno Brandsma

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Morfologie

Ma., 30 November 1998 00:00

Is "stouterik" 'n korrekte Afrikaanse woord ?

Hilda.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Ek het bederf geraak" deur MARLISE JOUBERT

Ma., 30 November 1998 00:00

EK HET BEDERF GERAAK
-Marlise Joubert -

(- 'n verwerking
van "Jy is ver vandag" deur Marlise Joubert uit
"Domus".)

jy is ver vandag
asof jy nooit bestaan het nie
so bedrywig tussen engele
toegespin in klanke van jou vel

ek het bederf geraak
aan jou trosse ryp woorde se proe
daarom onthou ek kringe van jou tong
en vou my verhemelte sy duiwe-vlerke oop
verlangend omdat dit jy is en omdat jy
goed is soos nuwe bloed uit druiwe loop

(klink die wolke daar
soos neutedoppe teenmekaar
is daar foto's op jou rekenaar
of 'n vers oor 'n begin
reen dit snags oor die bome
en wie tap water vir die voëls
op some van jou tuin?)

ek het bederf geraak met jou
en vandag se afstand word oorbrug
asof jy reeds bloeisels dons
op my bed versamel en 'n sug
van soene op my mond invou

ek het so bederf geraak
en met die lente in die wentel
van my liggaamstaal
skuifel ek teen jou aan
beminde
aromaties met 'n tros note
wat droewig sing
in boorde van jou keel

(kopiereg deur Marlise Joubert)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1293  1294  1295  1296  1297  1298  1299  1300  1301  1302  1303  1304  1305  1306  1307  1308    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 30 03:35:44 UTC 2026