Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN

Sa., 05 Desember 1998 00:00

Sonneblom
Jeanne Goosen

jy is stil soos 'n vrou wat borduur
as ek na jou roep draai jy jou gesig na die son
ek het jou lief en die dae duisel die afgronde binne
tussen twee berigte skryf ek jou neer jou sagte mond
en die grashalms van jou asemhaling
jy groei soos 'n sonneblom groei
planmatig
jy omvat my met blare van son en speke
sodat ek my naam vergeet ek woon in 'n voorportaal
'n plek waar stillewes woon
jy is die verlatenheid van alle landskappe
en onklaar gedigte

Prosa & poësie | 0 kommentare

Dimitri

Vr., 04 Desember 1998 00:00

Opsoek na iets te lese noudie aand laat, kom ek weer af op die boek "A
new illustrated history of South Africa" saamgestel deur Cameron en
Spies, uitgegee deur Human & Rousseau (1991)

Ek lees toe weer van die rise and fall van HF Verwoerd. In die boek word
genoem dat Verwoerd se sluipmoordenaar, Dimitri Tsafendas later
kranksinnig verklaar is. Ek het 'n search op die net gedoen om te sien
of ek Tsafendas se lot kon naspeur in die jare na die sluipmoord, maar
daar word bloot na hom verwys. Nie 'n jota of 'n titel oor sy lot nie.
Dit lyk asof die man in die niet verdwyn het.

Wat het van die man geword? Lewe hy nog? Wat het met David Pratt gebeur,
die ryk Transvaalse boer wat Verwoerd in 1960 twee keer in die kop
geskiet het met die opening van die Randse Paasskou? Ook oor hom is daar
nie woord te rep nie..

Alwyn

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Mandela en die voortvlugtende moffie

Vr., 04 Desember 1998 00:00

Har har, wie het gesê dit is nie 'n lekker land hierdie nie! Dit klink my
Parks reken dit is nie 'n kriminele oortreding in SA nie so die ou is
veilig.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: World Socialist Web Site: A letter from South Africa

Vr., 04 Desember 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes: >
> internat...@videotron.ca wrote in message

> ...
>> Taken from the World Socialist Web Site of the International Committee
>> of the Fourth International (ICFI): http://www.wsws.org
>>
>> A letter from South Africa
>>
>> 3 December 1998
>>
>> Dear Sir,
>>
>> I congratulate you for the informative site you maintain.
>> Newspapers in South Africa are generally bad.
>
> Snaaks. Die linksetjies se goed kan mens net so op ou Frikkie-hulle se
> website plaas - dit lyk presies dieselfde as die ver-regsetjies s'n.
>
> Nie die eerste keer dat dit my opval nie. Seker maar omdat die Rideau so
> sterk in hulle almal is.
>
> Ek sien juis "internationalist" skryf ook uit Kanada.
>
> Groete, Leendert

En jy, my liewe Leendert, is te dom om
te sien dat die hele ding 'n fake opset
is. Dit moet lyk asof dit van 'n
"linkse" sosialistiese punt af kom,
maar die brief is geskryf deur 'n
verregse in SA, en word gemanipuleer
vir neo-nazi gewin uit Kanada, heel
waarskynlik van Alberta, wat 'n nes
van neo-nazis is. Hulle was in die
verlede verantwoordelik vir sommige
van die befondsing van skin heads in
Duitsland, en stuur heelwaarskynlik
geld SA toe. Waar kry Fred Rundle sy
geld vandaan?

Die varkie op die Rideau.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

briefie vir antie pieghie

Vr., 04 Desember 1998 00:00

antie pieghie van die rydio skryf:

> En hierdie oom sal vir jou pa se om
> die TV te verkoop. Miskien moet jy daardie
> klein wit en swart enetjie in die slaapkamer
> wegsteek teen daardie tyd dat Oom Leendert
> se senuwees so aangetas het dat hy wel die
> groot TV verkoop en permanent sit en suip.
> Hoe is sy senuwees deesdae? Voor die groot
> wedstryd op Twickenham? Jy weet,Hennerietjie,
> selfs ons koerantmense hier in Kanada praat
> van die wedstryd - hoe as die Springbokke
> dit wen, hulle 'n rekord gaan opstel.

hallo antie pighie,

my pa se sening wees is klaar. yntlik was hille klaar want hy het begin syp
toe hy by die hys kom nous hy ytgepaas. hy warrie oor die rakbie, ma' hy sê
dit behoort beter te gaan want die skyds regter is nie weer 'n walvis nie. ek
weet nie of hy betyds gaan wakker word vir die rakbie nie. ek dink die tie
wie is vylig.

> Dit
> lyk vir my deesdae, noudat Oom Mandela so
> agter die Springbokke staan, nou doen hulle
> beter as ooit vantevore. Dis ook nie meer
> as reg nie. Wie wil nou teen all blacks
> speel.

dis 'n goeie vraag, antie. my pa sê antie moet daai vraag vir oon stief sweet
nie loop vra. my pa sê oom stief het laas week gesê hy is gat vol lat die
springbokke so wit is. vir my lyk hille groen. my pa sê dit smaak hom oom
stief wil hê die springbokke moet nou die ál bleks wees. en wie wil teen
hille speel. my pa sê hy dink oom stief gaan die springbokke hof toe vat oor
hulle witgeit.

hies 'n ander outjie wat kriekket speel, oom kaija im tienie. hy kon die sy
soen nog nie een paaltjie vat nie. oom loe lekkie jors sê hy moet vir syd
afrika speel. oom pet simkoks vat 'n klomp paaltjies teen die wes indies ma'
hille sê hy is te oud. vir staan antie dit. ek ok nie.

koebaai antie op die otte wa rivier. ek ken 'n osse wa en 'n perde kar maar
het nog nooit van 'n vark wa gehoor nie.

hennerietjie

>
> Tannie Piggy, langs die Ottawa-rivier, wat
> seker nooit hierdie jaar gaan vries nie.
>
>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

briefie vir oom leen dit

Vr., 04 Desember 1998 00:00

oom leen dit van oos trim skryf:

> Hierdie oom wil jou vandag waarsku teen party anties wat party dinge praat
> met jong seuns op die internet.

hallo oom leen dit!

ek is so bly oom skryf vir my, nou hoef ek nie meer vir oorle oom kaspaas
te skryf nie. oom rie jan sê hy laaik dit niks lat ek vir dooije mense
skryf nie. seker bang ek begin glasie speel of voor vader geeste aanbid. ma'
dis goed lat die groot mense nog warrie oor ons kinners.

> Maar jy weet, Hennerietjie, jy kan jou pa ook maar vra. Die gevaarlikste is
> die anties

ek het met my pa gepraat, oom. hy sê ek kan maar praat met daai antie. hy sê
'n mens kan sien sy is hoog geleerd soos oom. hy sê tussen jille het jille
meer grate as 'n baarber.

ek het hom vir tel wat die antie gesê het van kon tand en mense van die rig
gering. hy sê sy is reg. 'n mens moenie met kon tand naby hille kom nie. hille
vat dit. kor ripsie sê hy. vir al in oom poema lankal sê hy.

yntlik laaik ek daai antie van kan na da, oom. om lat sy in ka na da bly. my
pa sê as dit krismis is het hulle r�rag sneeu. hie by onssien ons sneeu net
op krismis kaarte. as da sneeu is het hille r�ragge vader krismisse ook want
sy slee kan da ry. ek dink nie hille vader krismis stink na brannewyn nie.

die ander goed wat oom skryf vir staan ek nie. jille maak my deer mekaar. die
antie sê sy is op die rydio. oom sê sy is langs die rydio. eers het ek gedink
sy is soos antie esmei, ma' nou smaak dit my sy lyster ok ma' net.

my pa sê oom se kinners gaan nie skool nie. hy sê oom se kinners is te stout
nou hou oom hille by die hys lat oom hille kan neek want die skool mag nie.

koebaai oom leen dit

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"In Memoriam: Strooi" deur MARLISE JOUBERT

Vr., 04 Desember 1998 00:00

In memoriam: Strooi
Marlise Joubert

Sonder die veld se geur

van wit lelies in 'n vuis

of die trae note van gesang en gebed

sonder 'n graf of 'n woord van eerbetoon

sterf hy op die vaal handdoek

op 'n skoongeskropte tafel

eerloos

en ek onthou Lucebert:

alles van waarde is weerloos

sonder 'n sug en sonder protes

sterf hy

stil en donker terwyl die bloed

oor die lip bly stoot bly stoot

terwyl die pyn die gapende wond verlaat

en elke pupil al groter rek

om verlossing in te laat

terwyl my kind se hand

die troetelkop bly troos bly troos

en ek onthou Lucebert:

alles van waarde is weerloos

sonder dat hy weet dat ons hom groet

word sy lyfie riemslap onder die naald

lê die swart pels in 'n boog gestol

half verleë die wit sokkies

van sy pote oor mekaar gevou

die bors se wit ster

gevlek en rou

en ek onthou van Lucebert

so moes ek hom verlaat

sonder 'n lied of die veld se geur

en ek onthou terwyl ek huil

teësinnig teen die misreën op die ruit

my vingers om die stuur geklem en koud

dat ook hy, ja, tog,

soos 'n mens van waarde was

'n keelronde warmte kon gee

met kromgeskuur teen jou kuit

of sysaglyf op jou voet kon pas

weerloos in sy dierlikheid

en onvoorwaardelik elke dag

veertien jaar lank

getrou op ons tuiskoms kon wag

Prosa & poësie | 0 kommentare

briefie vir oom riaan

Vr., 04 Desember 1998 00:00

hallo oom rie jaan

ek voel jammer vir oom. oor oom se skouer so seer is. ek hoop hy is gou beter
want dit smaak my hy is vir oom soos 'n seer tant. my pa sê dit klink vir hom
soos poust tamatiese dip pressie. ek het nie geweet dit kan 'n mens se skouer
so seer maak nie.

het oom gesien wat hille vir lede week in die soe wêtin geskryf het. ek het ok
nie nou pla dit my niks nie. miskien moet oom die selfde probeer.

koebaai oom, ek hoop die skouer is gou beter. anders moet oom prouzek probeer.
my pa sê dit help vir seer skouers, tande en as jou vrou jou gelos het. dit
help nie vir rakbie nie. net brannewyn help.

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mark Twain en andere plus KANADA

Vr., 04 Desember 1998 00:00

Tweekeer het iemand nou al Mark Twain se lae dunk van Rhodes genoem maar die
besonderse woorde deur Twain het blykbaar in die vergetelheid geraak.

'n Boek saamgestel deur Nancy McPhee, "The Book of Insults" (ISBN : 0 7088
1907 9) - werp so bietjie lig. Twain het reageer op kritiek oor sy
onverdraagsaamheid teenoor Rhodes met die volgende :

"I admire him, I frankly confess it; and when his time comes I shall buy a
piece of the rope as a keepsake"

Mark Twain was eintlik skreeusnaaks maar somtyds was daar so 'n sweempie
pessimisme te bespeur soos blyk uit sommige van sy toesprake :

"When some men discharge an obligation, you can
hear the report for miles around.
*
I am not an editor of a newspaper and shall allways
try to do the right and be good so that God will not make
me one.
*
Man is the only animal that blushes. Or needs to.
*
Such is the human race. Often it does seem a pity
that Noah and his party didn't miss the boat."

Sy afkeer van die amptenary was legendaries :

"Fleas can be taught nearly anything that a
Congressman can.
*
It could probably be shown by facts and figures that
there is no distincttively American criminal class
except Congress.
*
In the first place God made idiots ; this was for
practice ; then He made school boards"

Selfs sy vriende was nie veilig as Mark Twain iemand 'n poets wou bak nie.
Hier loop William Howells deur :

"To the Editor:
I would like to know what kind of goddamn government
this is that discriminates between two common carriers
and makes a goddamn railroad charge everybody
equal and lets a goddamn man charge any goddamn price
he wants to for his goddamn opera box.
W.D. HOWELSS

Howells, it is an outrage the way the government is
acting so I sent this complaint to the N.Y.Times with
your name signed because it would have more weight.
MARK"

Die "flamers" in die nuusgroepe moenie dink hulle is met iets uniek besig
nie - John Wilkes (1727-1797) was 'n ou wat op sy voete kon dink en vuur met
vuur kon antwoord. Uit die Engelse parlement van daardie jare :

"The Earl of Sandwich : Egad sir, I do not know whether
you will die on the gallows or of the pox.

John Wilkes : That will depend, my Lord, on whether I embrace your
principles or your mistress."

Wat is 'n "flamer" in Afrikaans ?? Asynfontein ?? Vlambek ??
Nee, nee, dis NIE 'n suurgat nie - hulle is 'n ander subspesie. Die
vlambek word afgelei vanuit die lugmagbenaming vir die Mirage en Impala
drywers - hulle is vlamgatte.

Die versoeking is net te groot - ek MOET met iets oor Kanada afsluit uit
dieselfde boek :

Oor die weer in Kanada :

"I no longer wonder the elegant arts are unknown here;
the rigour of the climate suspends the very powers of
the understanding : what then must become of those of
the imagination ?.... Genius will never mount high
where the faculties of the mind are benumbed half the year"
Frances Brooke (1745-1789)

In vergelyking met ander lande :

Canada could have enjoyed :
English government,
French culture,
and American know-how.

Instead it ended up with :
English know-how,
French government,
and American culture.

John Robert Colombo - 1965

Al Capone (1899-1947)
"I don't even know what street Canada is on."

Gegroet
(Oom) Hans

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Mark Twain en andere plus KANADA

Vr., 04 Desember 1998 00:00

"Hans" writes:

>
> Al Capone (1899-1947)
> "I don't even know what street Canada is on."

Ja, en kyk wat het met hom
gebeur.

Die drie Kanadese sangeresse:
Shania Twain
Celine Dion
Alanis Morisette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1291  1292  1293  1294  1295  1296  1297  1298  1299  1300  1301  1302  1303  1304  1305  1306    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 15:19:04 UTC 2026