Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING

So., 20 Desember 1998 00:00

TYD EN DIE KLEIN KAROO
Ferdi Greyling

Ek het die son ge-eet
wat groen druppels
aan die wingerd hang.

Blou vibreer die land
tot teen die berge
wat in die noorde klop.

Die huise hier
is baksteenskepe
wat dobber op dae.

Snags bo die veld
kolk die sterre
strome in die tyd.

Anderkant, by Calitzdorp,
het tyd lank reeds sy groen gety
deur die bruin grond gedruk.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hardekoolvuur!

So., 20 Desember 1998 00:00

Soos Gloudina elders opmerk, die meeste ouens is by die see. Dok
Sarel en die Manne ook, maar hy het nie nagelaat om 'n Kersverhaal
te vertel nie!

In die nuwe jaar vertel hy 'n Nuwejaarsverhaal by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage7.htm

Geseënde Kersfees, en mag die Voorspoed van die Nuwejaar julle
verveel!

Groete

Henri Burger

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re : Help - Afrikaanse Internetterme

So., 20 Desember 1998 00:00

Hello Danie

Probeer een van die volgende 2 lyste...

http://www.afrikaans.com/index6.html#Rekenaarterminologie

http://www.oocities.org/Wellesley/5897/le06.html

Ek hoop dit help!

Groete

Fanie Fourie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse spellingkontrole

So., 20 Desember 1998 00:00

Ek sou graag die Afrikaanse versie van Word 97 se spellingkontrole hê.
Kan iemand my die files opstuur?

M.S.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Afrikaanse spellingkontrole

So., 20 Desember 1998 00:00

Menashe Sharon wrote in message ...
> Ek sou graag die Afrikaanse versie van Word 97 se spellingkontrole hê.
> Kan iemand my die files opstuur?
>
> M.S.
>

Menashe,

Besoek "Die Knoop" by www.dieknoop.co.za.
Hierdie WebWerf het 'n verwysing na plekke waar jy die
Afrikaanse Speltoetser vir Word 97 kan bekom.

Vriendelike groete,

Willie Pretorius
ePos : WPret...@csi.com
Rotterdam, NL

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Briefie vir oom kaspaas

So., 20 Desember 1998 00:00

hallo oom kaspaas,

dis die laaste keer lat ek skryf die jaar. ons ry woensdag na my
oupa se see toe. ma' dis nie so lekker soos oom dink nie. my pa sit
net die hele dag met 'n ver kyker op die stoep en syp. hy sê hy
kyk vir die dol fyne, ma' niemand glo hom nie.

my ma sê sy oge gaan nog ytval van vir die top lus mysies kyk. hy
stry. hy sê hy kyk dol fyne. ek weet nie wat sien hy aan top lus
mysies nie. vir my lyk dit hille maak net die bybiekies honger. my
ma sê hille maak my pa ook honger.

ek weet ook nie van dol fyne nie. ek ken dol honde. soos die een wat
oom mal anneries gebyt het voor hy dood is. sy eie hond wat hy nie wou
lat inspyt het nie oor die vee arts te veel vra. toe moes die antie
hom later aan die katel vas maak lat hy haar nie kan byt nie. toe
vrek hy oor hy nie kan byt nie.

honne raak dol as meer katte hille byt. ek het nog nooit 'n meer kat
by die see gesien nie, so ek weet nie hoe raak 'n fyn dol nie. miskien
byt die haaije hille.

koebaai oom kaspaas, as oom nie so baie soos my pa syp nie, sal oom
lekker krismis en niewe jaar hou. moenie lat die antie die bybiekies
honger maak nie.

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Nkosi Jesu" deur Edith Hugo Bosman

Sa., 19 Desember 1998 00:00

INKOSI JESU

Soos Maria haar Seun vertroetel het
druk ek my kindjie aan my bors.
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Ek voel sy lewe en sy krag
en sy asemhaling stil en sag,
O Inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Ek hoor my mense sing hul lied,
O inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Die ruising van die vaal ou gras
wieg Hom sag in lieflike drome,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Die kafferboom hef sy arms omhoog,
vol van lof vir U alleen,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
O gee ons krag, o gee ons hoop,
maar boweal U liefde,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.

(teks: Rae Tomlin. Musiek: Edith Hugo Bosman.)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Saamrygeleentheid: Pretoria => Kaapstad => Pretoria

Sa., 19 Desember 1998 00:00

Saamrygeleentheid. Pretoria na kaapstad en terug op Dins 22 Des 1998.
Terug: So by 28 Des 1998

Help petrol betaal, jy kan ook vanaf Kaapstad inklim terug Gauteng toe. Plek
vir een persoon plus bagasie. My voertuig het 'n lugversorger !

Kontak:
grov� erasmus
Tel: 083-656-6546
011-783-4823 (w)
08365...@sms.co.za (Geen HTML pos)

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SA beeld in buiteland

Vr., 18 Desember 1998 00:00

Baie jare het ons in SA gesit en gehoor hoe SA swart gesmeer word in
die buitelandse pers maar self is ons nie die kans gegun om dit te
hoor of te sien nie. Moderne media maak dit nou moontlik om self
eerstehands te luister na hoe daar oor SA berig word.

Gaan kyk op die Net by

http://www.npr.org/programs/morning/archives/1998/981216.me. html

en soek die paragraaf:

South Africa's Zulu Memorial -- Host Bob Edwards talks with Phillip
Van Niekirk, Johannesburg's Mail and Guardian newspaper about the
new Zulu memorial being unveiled in South Africa today. (3:25)

Emigrasie & buiteland | 0 kommentare

FEESBOODSKAPPE PER SMS

Vr., 18 Desember 1998 00:00

Het jy dit al oorweeg om tydens Kersfees en Nuwejaar
goeie wense aan vriende en familie per SMS te stuur??
Gaan loer by: http://www.vdb.co.za/sms oor hoe om dit te doen.
Indien jy nie weet wat 'n SMS is nie, skryf aan my by:
sms....@vdb.co.za.
Noem my sommer SMS.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1288  1289  1290  1291  1292  1293  1294  1295  1296  1297  1298  1299  1300  1301  1302  1303    »]
Tyd nou: Do. Jun. 04 16:45:07 UTC 2026