Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Uit "Die Ballade van die Bloeddorstige Jagter" van G.A. WATERMEYER

Vr., 25 Desember 1998 00:00

Uit "Ballade van die Bloeddorstige Jagter"
G.A. Watermeyer

Die geelkapel se kronkels lê
drie sirkels om die maan.
Met watter woede sal die wind
teen middernag sy tentseil slaan?

Koor van die verminkte diere:

Ons was die hoefslag teen die grond,
die vlerkslag teen die lug;
maar al wat lenig was het jy
in kronkels van die pyn ontwrig.

Wilde-kanarie:
Ek kelk die sonlig in my keel
en rym die rondebessie ryp;
met kinderhand het hy, het hy
die fluite uit ons bors gegryp.

Steenbokkie:
Hy het my op die sesde dag
laat dartel uit Sy hand;
en sewe mane spartel ek
die breekbeen oor die sand.

Valk:
Die speerpunt van die wind was ek,
geel ster wat in die daglig skiet;
sy nyd het my getref en so
laat bondel in die riet.

Olifant-trop:
Ons wat die sterkstes is gaan stil
verby die koedoe en die kelkie-wyn;
maar dreun die oerwoud oop en stort
die stamme in ons pyn.

Duif:
Hy het my swaar van Hom laat gaan
omdat my oë van Hom was,
maar watter boodskap spartel ek
hier afkop in die gras?

Luiperd:
Ek is die drinker van die bloed,
die ding wat donker loop,
maar ruk alleen vir eie dors
die polsing van die slagaar oop.

Kraai:
Met hierdie snawel het ek self
Elia in die grot gevoed,
vereffen jy jou skuld, o mens,
met moordslag en met lammerbloed...?

Koor:
Was dit Sy wil, was dit Sy wens?
Ons daag jou wat die heerser was.
Die peulboom sidder in sy stam
en bitter buig die gras.

Jagter:
Bo die trompette van die wind
hoor ek die vlakte kreun,
en teen my skene styg en skuim
dit wat nie uit die wolke reën...

Prosa & poësie | 0 kommentare

'n Afrikaanse Snuffelaar vir Kersfees :)

Do., 24 Desember 1998 00:00

Wat is die uitkom wann 'n duitse mens wat slegs Engels praat 'n
Afrikaans e-pos skryf? Chaos! ;)

Ek mak dit kort: ons het vir you die eerste Afrikaanse snuffelaar
ontwikkel - Opera 3.50.

ftp://ftp.is.co.za/networking/info-service/www/clients/opera /o350za32.exe

32bit - 1.3MB (Win95/98/NT4)

ftp://ftp.is.co.za/networking/info-service/www/clients/opera /o350za16.exe

16bit - 1.4MB (Win3.1, NT3.51)

Hierie version is nie 100% nie; dar existeer enige duplikat koortpaie,
mar jy can check dit out. Ons sal dit mit die offisiele "launch"
redigeer(?) .

Die Homepage is by

http://www.operasoftware.com/rsa/index.html

mar dit is og nie 100% up-to-date nie. Die offisielle "Launch" sal in
Januarie wes met 'n bitjie PR en Bemarkeering(?).

Geez, English is easier. Folks, please download this little marvel and
send us your feedback. If you like it, tell your friends, if you
don't, check our english version (http://www.operasoftware.com/) or
tell me.

Oh, features:

-----------------------------------------------------------
Current available version: Opera 3.50
-----------------------------------------------------------

* Support for Sun Java Plug-in
* Cascading Style Sheets (CSS1, parts of CSS2)
* Java-Script; compatible with Netscape 3.0
(Can be turned on/off).
* SSL 2.0, 3.0 and TLS 1.0 support (128 bit),
* Netscape Plug-ins
* File Upload
* Server Push
* Customizable button bar
* User definable tool bar buttons (GIF, BMP, XBM & JPG)
* Multilevel hotlist (Bookmarks) with multiple sort options
* Simple access to Cache, Download, Global History and Plug-In
window
* Forms: also includes predefined values for filling in forms
* Newsgroups: For online reading only (secure news also supported).
* Email: send mail only, mailboxes for outgoing mails present - a
link to external email applications exists
* Frames: (Can be turned on and off).
* Logging: (Can be turned on and off).
* Proxies: supported but no URL proxies yet.
* Cookies: can be turned it off. No selection possible.
* Multiple Windows
* Individual configuration per window
* Many user/document toggles
* Zoom
* And a lot more!

Baaie dankie en Geseënde Kersfees aan almal en 'n Voorspoedige
Nuwejaar.

Helmar (everything)
helmar (at) operasoftware.com

en

Gavin (Translator)
gavin (at) operasoftware.com

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Now this is cool,ek vertel jou!

Do., 24 Desember 1998 00:00

Do you want to recieve a mailing each week containing jokes,tips,cool
sites,history events,top ten stuff and more.
It's free, it's email based, and it's from here right in south Africa. Even
send in stuff for other members to see and advertise your stuff.

Click Here:
mailto:dim...@global.co.za?subject=SendMeMoreInfo

Wil jy elke week 'n email gebaseerde,gratis, brief ontvang wat als
insluit:Grappe , wenke,Geskiedenis,top tien en meer.
Dis reg hier uit Suid Afrika!

Editions in English only,though!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Kerstyd in die laer" deur JOUBERO MALHERBE

Do., 24 Desember 1998 00:00

KERSTYD IN DIE LAER
Joubero Malherbe

O dapper kindjie van jare heen,
het julle ook Kersfees gevier?
Met bonte blomme en sterre-reën
'n wilde klein boompie versier?
Vanuit die laer klink daar 'n lied;
eerbiedig kniel hul neer.
O Heer, laat hier u wil geskied,
skenk liefde en vrede hul weer.

O kinders van die veld so wyd,
wat het jul vir Kersfees gekry?
'n Lap-pop mooi met kappie wat tuit,
'n waentjie met ossies van klei.
Vir Jesus sal julle dit graag wou skenk,
maar skenk jul lewens teer.
Met Kerstyd wil ons dan gedenk,
jul offers met liefde waardeer.

(Uit die F.A.K. Volksangbundel)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: practical joke (Vir igs)

Wo., 23 Desember 1998 00:00

mervyn wrote:
>
>
>
> Shaughnessy Cohen, a female Canadian politician recently died of a
> severe aneurism on the floor of the House of Commons in Ottawa, the
> first Canadian parliamentarian ever to actually keel over dead while
> at her desk. In discussing her life, one newsman wrote that she had a
> wicked sense of humor.
>
>
>
> Once, before the federal Finance Minister got on his feet to give a
> televised budget speech, she filled his water glass with straight
> gin.
>
> You gotta like a gal like that.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

` Kursus: Inleiding tot Fotografie `

Di., 22 Desember 1998 00:00

Kursus - Inleiding tot fotografie (Korrespondensie kursus sowel as formele
klasse).

Vir meer inligting asook aansoekvorms, stuur e-mail aan kon...@memo.absa.co.za

Kersgroete aan een en almal

---Markus[Kondor Photographic}---

Stokperdjies & kunsvlyt | 0 kommentare

Leendert

Di., 22 Desember 1998 00:00

Waar's Leendert? Hierdie groep begin nou so effe vervelig word.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gesëende Kersfees

Di., 22 Desember 1998 00:00

Geseënde Kersfees aan almal en 'n Voorspoedige Nuwejaar.

--
Julie
Visit my website: http://www.bigfoot.com/~gotravel
Page me: http://wwp.mirabilis.com/1624030
For my always up-to-date contact information:
http://www.planetall.com/main.asp?cid=1263596

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kersfees

Di., 22 Desember 1998 00:00

Ek wil almal op die NG 'n Geseënde Kersfees toewens. Ek hoop dat die
bo-natuurlike Vrede van Christus aan almal mildelik geskenk sal word,
waar jy jou ook al bevind.

Dankie vir almal wat my iets omtrent menswees geleer het die afgelope
jaar - soms om my self te probeer verbeter en soms hoe om nie op te
tree nie. Vir laasgenoemde handjievol, ek hou nie kwadegevoelens nie.
Ek het net 'n versoek dat ons almal probeer kommunikeer asof ons
persoonlik self van aangesig tot aangesig met elke persoon praat en
dieselfde respek sal betoon.

Gloudina, dankie vir die volgehoue effort wat jy insit met die
gedigte - meeste is baie mooi - en die wat nie vir my mooi is nie, kan
toegeskryf word aan persoonlike smaak.

Ons het eergister en gister ons eerste sneeu van die winter gekry en
temperature het getuimel van bo vriespunt af tot by -20°C vandag. Met
die wind in ag geneem sal ons aanvoelbare temperatuur more minder as
-40°C wees (-50�F). Die hele Minnesota is sommer weer in 'n gemaklike
bui noudat die weer normaal is en almal die winter kan begin geniet.

Onsself ry Donderdag af Illinois toe na familie toe en sal eers in die
volgende week terugkom.

Goed gaan aan almal!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Stille Nag

Ma., 21 Desember 1998 00:00

       STILLE  NAG

Stille nag, heilige nag.
Alles rus, eensaam wag
slegs Maria, geseënde vrou,
by haar kindjie met Josef so trou;
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!

Stille nag, heilige nag.
Oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor,
eers deur herders, dan verder gehoor.
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!

Stille nag, heilige nag.
Jesuskind, vriend’lik lag,
liefde teer uit u god’like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!

Musiek & liriek | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1287  1288  1289  1290  1291  1292  1293  1294  1295  1296  1297  1298  1299  1300  1301  1302    »]
Tyd nou: Do. Jun. 04 15:45:07 UTC 2026