Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rondzendlijsten Nederlandse taal en literatuur

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

De Meander-linkspagina op http://meander.italics.net/links/
heeft haar pagina met rondzendlijsten over en rond de Nederlandse
taal en literatuur onlangs volledig vernieuwd en uitgebreid. Op de
nieuwe Meander-rondzendlijstenpagina vindt u thans een aanbod van
om en bij de veertig rondzendlijsten over taal en literatuur,
naar ieders smaak: van de dagelijkse cartoon van Kamagurka tot de
nieuwsbrief over religieuze literatuur van Chroom-digitaal.

Bij elke lijst hebben wij vermeld hoe men zich kan abonneren, hoe
men zijn abonnement opnieuw kan opzeggen, wie de beheerder van de
lijst is en op welk e-mailadres u die lijstbeheerder kan bereiken
voor nadere uitleg.

Kent u nog lijsten die hier zouden bijhoren en die hier nog niet
vermeld zijn ? Stuur dan een bericht naar: gck...@casema.net

De rondzendlijstenpagina bereikt u via het openingsblad van de
Meander-linkspagina op http://meander.italics.net/links/ en kies daar
voor "Rondzendlijsten".

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Rondzendlijsten Nederlandse taal en literatuur

Sa., 21 Augustus 1999 00:00

On Sat, 21 Aug 1999 12:37:20 +0200, "Meander" wrote:

>
> De Meander-linkspagina op http://meander.italics.net/links/
> heeft haar pagina met rondzendlijsten over en rond de Nederlandse
> taal en literatuur onlangs volledig vernieuwd en uitgebreid.

Zolang KKees niet vermeld wordt, blijft het een 100% FOUT en onvolLEEDig
overzicht.

--
RJ/Z
"fa. besluipwespen"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nieu-Seeland

Vr., 20 Augustus 1999 00:00

En hier kom ek toe af op 'n nuusgroep in Afrikaans! En ek is so bly...en ek
begin lees en kan nie help om terug te verlang huis toe nie! Waar daar
actually dinge gebeur! Waar mense lief is vir iets (hier is dit wragtig net
RUGBY!) en waar mense opstaan vir wat hulle in glo!

Ek mis dit...ek mis hoe mense ALTYD oor politiek praat en altyd jare se
verskonings reg het om aanhou te baklei tot die einde!

Hou aan skryf - dit hou ons hier aan die einde van die wereld besig!

Liezel - Auckland, Nieu-Seeland

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

David Ike teorie:Waar of vals?

Vr., 20 Augustus 1999 00:00

David Ike se onlankse besoek aan SA het my weer laat wonder hoeveel waarheid
daar in sy idees steek.
Ek kan nog steeds nie verstaan waarom hierdie sg. "global elite" die wêreld
sal wil regeer tot op die punt dat elke persoon individueel beheer kan word
nie.
Dat hulle die wêreld wel manipuleer is sekerlik waar, maar is dit nie maar
bloot net om hulle eie belange te beskerm nie?
Is al hierdie siniste^re redes wat daaraan gekoppel word nie maar net die
produk van 'n baie vrugbare verbeelding nie?
Ek meen, die meneer homself maak darem 'n aardige fortuintjie uit sy boeke,
optredes ens.
Ek wonder maar net !

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Pierre du Plessis

Vr., 20 Augustus 1999 00:00

Ek merk daar is elke keer 'n 'file' aan jou pos geheg. Maak seker dat dit
nie 'n virus is nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Pierre du Plessis

Vr., 20 Augustus 1999 00:00

Shannon skryf in boodskap news:7pk3fj$26hl$2@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Ek merk daar is elke keer 'n 'file' aan jou pos geheg. Maak seker dat dit
> nie 'n virus is nie.
>

Die "file" is sy "besigheidskaart" ...

Julie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vuurwapenlisensies

Do., 19 Augustus 1999 00:00

Voorgestelde vereistes vir nuwe vuurwapenlisensies

1. Heraansoek vir lisensie teen R500-00 vir elke vuurwapen (hernubaar elke 5
of 10 jaar) Gelde is nie terugbetaalbaar by mislukking van aansoek.

2. Psigometriese toets moet afglê en geslaag word teen +- R300.00

3. Slaag teoretiese toets oor vuurwapen wet wat +- 150 bladsye se inligting
bevat.

4. Moet in besit wees van 'n sertifikaat van bevoegdheid om die wapen te
hanteer. (koste van kursus moet self gedra work)

5. Moet 'n ingeskrewe lid wees van 'n vuurwapen klub of vereniging

6. Die klubvoorsitter moet 'n jaarlikse verslag indien dat daar minstens aan
50% van die skietoefeninge/kompetisies deelgeneem is - indien nie,
aanbeveling dat lisensie terugetrek word.

7. Twee getuigskrifte van bure dat hulle nie beswaar het dat jy 'n vuurwapen
besit nie.

8. Lê eed af dat jy die vuurwapen net vir die doel waarvoor die lisensie
toegestaan is sal gebruik. (byvoorbeeld skyfskiet ens.)

9. Jy mag net in besit van 100 rondtes, doppe of punte op enige stadium
wees.

10. Vuurwapen mag net in SABS goedgekeurde kluis (+- R800 SABS sertifikaat
R400 geberg word en wat met haakboute teen twee mure en 'n vloer geanker
is en die

polisie moet dit inspekteer en goedkeur.

11. Wapen mag slegs op persoon gedra word na en van die skietbaan (nêrens
anders
nie)

12. Magasyn kapasiteit van wapen mag nie 9 rondtes oorskry nie en 'n
haelgeweer
mag nie 6 rondtes oorskry nie.

13. Wapen met looplengte van tussen 6 en 16 duim is onwettig

14. Haelgeweer met 'n pistool greep is onwettig

15. Alle wapens van militêre ontwerp is onwettig en kan nie gelisensieer
word nie. (bv
303, Colts, Lugers, Mauser K98 aksies, Berettas mod. 92 ens. nie
toelaatbaar nie
en word die eiendom van die staat

16. Alle ander wapens waarvoor lisensies geweier word moet binne 14 dae aan
'n
wapenhandelaar gelewer word vir herverkoop en as dit nie binne 'n
sekere tydperk
verkoop word nie word dit verbeurt verklaar en word dit ook die
eiendom van die
staat

17. Oor die algemeen sal slegs een gelisensieerde handwapen en een
gelisensieerde
jaggeweer per persoon toegelaat word INDIEN U WEL KWALIFISEER!

Volgens 'n studie van SAGA sal net 10% van huidige gelisensieerde
wapens
kwalifiseer vir herlisensiering.

Kontak u plaaslike wapenhandelaar so gou as moontlik, of SAGA (031
3861685)
of 'n Boerevereniging om u mening te laat geld.

Versprei die inligting en bespreek dit met u vriende as u die
voorgestelde
wetgewing wil teenstaan om die "wettige" wapeneienaar se regte te
beskerm.

Koeitjies & kalfies | 39 kommentare

Afrikaans gaan na die honde?

Wo., 18 Augustus 1999 00:00

Die volgende interessante nuusbrokkie het vanoggend in die pers
verskyn:

Die eerste tak van die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging
(ATKV) in Soweto is laas-naweek geopen. Die voorsitter, Elliot
"Boerseun" Mashinini (geen familie van Tsietsi Mashinini, die
studente-leier van die 1976 Soweto-opstand teen die geforseerde
gebruik van Afrikaans in swart skole nie) se doelstelling: Om
die liefde vir die Afrikaanse taal onder sy mense te versprei.
Die tak het reeds 23 lede.

Volgens berigte het Boerseun se passie vir die taal onstaan toe
'n Afrikaanse familie, met wie se kinders hy as kind gespeel het,
'n hond aan hom persent gegee het. Hy besluit toe om sy kennis
van die taal te verbeter, sodat hy die hond beter kon onderrig.

Ek het altyd al 'n suspisie gehad dat honde baie beter Afrikaans
kan verstaan as ander tale. Vat maar 'n woord soos "voetsek".

Swart Simon

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hardekoolvuur

Wo., 18 Augustus 1999 00:00

Vir diegene wat dalk gewonder het of die Hardekoolvuur uitgebrand het,
net 'n nota om te sê dat hy na 'n maand gede-MWeb is, en te siene is by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage7.htm

Groete

Henri

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Zip Disks 250mg

Wo., 18 Augustus 1999 00:00

Ek het vier 250mg Zip disks wat ek graag wil verkoop ,(want ek het die
verkeerdes gekoop)
Asseblief help my uit ,maak 'n aanbod

P.S Skies dat ek 'n advertensie hier moet sit

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1175  1176  1177  1178  1179  1180  1181  1182  1183  1184  1185  1186  1187  1188  1189  1190    »]
Tyd nou: So. Mei 31 21:43:05 UTC 2026