Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Leeu en Tarzan

Wed, 25 August 1999 00:00

Pragtige TV advertensie van 'n Bank in SA. Die punt is dat
dat ons in 'n pragtige paradys bly, en ons moet saamwerk om
dit so te hou, en te verbeter. Maar daar is andere wat ons
paradys wil h^e. Ons vyande is dieselfde, wat ons beide
gebonde wil hou. Daarom is die ketting nie net so swak soos
die swakste skakel nie, maar ook so sterk as die sterkste
skakel (Kahlil Gibran). Sal voortaan poog om die regte
belegging te maak, in die gees van "co-accountability".

Persevere to Preserve our Paradise.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die vrug van peitisme

Tue, 24 August 1999 00:00

Gloudina verklaar dat sy God nie (kan) ken nie:

> Ek is nie in staat om vir jou te vertel wat "God" kan en nie kan doennie.=
> Ek is nie
> so seker dat ek "God" kan definieer nie.

Maar laat haar uit oor die geloof van ander, wat glo dat hulle God wel
(kan) ken:

> Ek is veral
> versigtig wanneer ek met Protestante oor "God" praat, want hulle het
> gewoonlik baie nou omskrewe riglyne waarbinne "God" moet
> opereer, anders is hy skielik nie meer "God" nie.

Sy sal sekerlik (soos gewoonlik) nie die stelling hierbo staaf met
enige voorbeelde of argument nie.

(Vae en ongedefinieerde beswaddering is Gloudina se sterk punt. Sodra
sy spesifiek raak, loop sy haar vas - soos onlangs weer met haar
beweringe oor die behandeling van swartmense op die kampus van
Stellenbosch.)

> Maar om jou vraag
> te antwoord, daar is baie verskillende maniere waarop mense dwarsoor
> die wereld voel dat hulle vergifnis van hulle "sondes" kan kry.

Toegegee. Daar is ook mense wat "voel" dat sonde nie bestaan nie, of
hoogstens 'n erg relatiewe begrip is - soos jou aanhalingstekens by
"sonde" impliseer.

> In die
> Christelike tradisie is die aksent op die "gevoel" - daar is ander
> tradisies wat baie meer aksent plaas op die wil of die intellek.

Die stelling hierbo demonstreer 'n kru en bevooroordeelde onkunde oor
"die Christelike tradisie". Net soos die stelling heel bo 'n growwe en
bevooroordeelde onkunde oor die protestantse Godsbegrip demonstreer.

Wat 'n mens wel hieruit kan aflei, is veel aangaande die godsdienstige
tradisie en die Godsbegrip waarin Gloudina self (volgens haar) as kind
geskool is. Ek het tevore gewys op die reste van soetsappige en
peitistiese "bybelstories" in haar vooroordele. Die uitlatings hierbo
versterk hierdie indruk aanmerklik.

Die feit dat Gloudina haar kettery as "christelik" kan voorhou
demonstreer natuurlik die gevolge van peitisme binne die Kerk self.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Die geloofsbelydenis van Gloudina

Tue, 24 August 1999 00:00

Gloudina antwoord op Lou:

>> Per definisie - as jy glo dat God die enige God is en dat jou sondes
>> deur Jesus Christus se Kruisiging, dood en opstanding vergewe is, dan
>> glo jy dat ander 'godsdienste' verkeerd is. Die twee is nie versoenbaar
>> nie en is uitsluitend - of jy glo in die Christelike leer of glo jy ook
>> in dat daar ander gode is.
>
> Nee, Lou, jy is verkeerd as jy konstateer dat enige persoon watglo dat
> sondes deur Christus se kruisiging en opstanding vergewe is,
> per definisie moet glo dat ander godsdienste "verkeerd" is.

Dis is, natuurlik, ook nie wat Lou beweer het nie. Sy stelling staan
onder die verdere kwalifikasie: "As jy glo dat God die enige God
is...". Daarvolgens is Lou se aanvanklike stelling inderdaad korrek.

> Al wat
> die Christen moet glo, met sy hele hart en siel, is dat daar vergifnis is
> in die liefdedaad wat Christus betoon het deur sy lewe af te lê vir
> die sondes van die mensdom. In hierdie geloofsdaad is sy redding.

Wat "die Christen" glo is saamgevat in uitsprake soos die
geloofsbelydenisse van Nicea, van Westminster, die Apostoliese
geloofsbelydenis, en etlike ander alternatiewe formulerings wat deur
die eeue en nog steeds deur die Kerk in sy verskillende vorme
(insluitende die kerke van Rome en van Constantinopel) aanvaar is en
word. Hulle is heelwat meer omvattend as wat jy hier te kenne gee.

> In ander dade in ander "godsdienste" is daar redding vir die siel.

Die geloofsbelydenis van Gloudina tel, so ver ek weet, nie onder die
belydenisskrifte van enige bekende Christelike kerk nie. In die ou dae
sou ons gesê het dit is kettery.

My indruk (vir wat dit werd is) is dat die geloofsbelydenis van
Gloudina 'n tipiese voorbeeld is van 'n godsdiens wat die mens sentraal
stel, en wat gode skep om te voldoen aan die behoeftes van die mens.

As mens dit sou vergelyk met die ortodokse (ortodoks in sy klassieke en
nie-sektariese betekenis) Christelike geloofbelydenisse, is daar 'n
wesenlike verskil - lg gaan uit van die standpunt dat God sentraal
staan, en die mens geskep het tot Sy eer.

Dit lyk dus vir my nie verstandig om Gloudina se gesag te aanvaar oor
die inhoud van Christelike geloof nie.

> As jy anders glo, speel jy politiek met die Christelike boodskap
> van caritas.

As ek jy was, sou ek dit aan Christene oorlaat om hul uit te laat oor
die inhoud van hul geloof, Gloudina. Ook oor die inhoud van die begrip
"caritas".

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Oumense se sêgoed

Tue, 24 August 1999 00:00

Almal van ons onthou tog seker van die koddige en (meestal raak) sêgoed van
ons ouma's/oupa's ouers, ens.?

As ons as kinders inge-chip het in grootmense se geselskap, het ouma altyd
gesê: "Ag nee toe! Muismis uit die peper uit!"
Nog een: "Hy is so stokstyf dat as jy op sy voorkop druk, dan druk sy gat 'n
'nought' op die sypaadjie" (So stug en styf en 'proper')

Nog een: "Moenie aan 'n dooie hond skop nie" Menende: moenie aan iets krap
wat jou in 'n verleentheid kan stel nie.

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

Re: Vuurwapens - en klein ongelukkies

Tue, 24 August 1999 00:00

HL wrote in message ...
> Ek ondervind nogal dat ouens met 'n Rambo houding t.o.v. wapens min
> selfvertroue het.

So 'n "Rambo" outjie WAS verloof aan my suster se dogter. Altyd sy 357
magnum aan die sy gedra en gereeld sy "draw" ge-oefen. Eendag te vinnig
ge-"draw" en die skoot het sy juwele weggevat.

Einde van die verlowing.

> Manne met 'n voorliefde vir sportmotors is (volgens een
> van my vrou se tydskrifte) onder bedeeld. :-))

Of hulle kan dit bloot bekostig ook !! Sal wat wil gee om 'n 3 liter
Austin Healy te kan restoureer, Selfs ook van die ouer MG's.

Omie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vuurwapens

Tue, 24 August 1999 00:00

Simon Vat-'n-Kans skryf:



Die manier om verdagte statisitek aan te spreek is om te demonstreer op
watter wyse dit verkeerd is.



Korrek. Die enigste ding wat dit gaan laat verdwyn is 'n doeltreffende
polisiediens, geregshowe wat funksioneer, en 'n strafstelsel
("korrektiewe" stelsel, as jy wil), wat misdaad 'n onaantreklike opsie
maak.

Aangesien al drie hierdie elemente in SA ontbreek, is burgers effektief
van hulself afhanklik om hul fundamentele reg op lewe en vryheid te
handhaaf. Wanneer jy hulle nog die vermoë probeer ontsê om hierdie
regte uit te oefen, sal hulle nie ophou om hulself te beskerm nie.
Hulle sal dit bloot op onwettige wyses doen.

Al wat jy bereik, is om wetsgehoorsame burgers in misdadigers te omskep
met 'n pennestreep.

Veiligheid & wapens | 7 kommentare

Heuning likeur resep

Mon, 23 August 1999 00:00

Enige iemand vir my 'n heunning likeur resep?

Ek het so twee jaar terug 'n bottel in Vredendal gekoop - blykbaar
gemaak van Heuning en Mampoer - lekker man - met 'n goeie skop.

Kos & resepte | 1 kommentaar

Millenium Blues - M. van Biljon

Mon, 23 August 1999 00:00

MILLENIUM BLUES - Deur Madeleine van Biljon

Die meee...llium maak my klaar, klaar, klaar.
Die meee...llium maak my naar, naar, naar.
Die millenium maak my op, op, op.
Oor millenium kruip ek in my dop.
Wil nie paartie nie, wil nie drank drink,
Wil met niemand in die straat rinkink.
Wil van geeneen se voorbodes weet
Nog minder van hul vreesbevange kreet.
Dis ook waar van vuurwerk en balonne
En diereliefhebbers se verskrikte honne.
Kompers wat begin te lol
Moet wegbly van my besond're kol
So ook mense vol verdriete
Want almal bewe soos riete
Omdat die son twyfelloos sal stilstaan
Wanneer die millenium verbygaan.
O, red my van die simpel mense
Vol onsin en ook sonder grense.
Ek gaan my toevou in 'n wolkombers
En swetend op my tande kners.
Tot met die slag van middernag
Ek verlos word van die sware vrag
Van: wat doen jy met mee-llennium
Wat kom daar met mee-llennium
Die land brand met millennium,
Draai soos 'n tol, wip soos 'n bal
Skud een en ander, dalk almal.
Omdat die ou kalender draai
Is ons almal skielik in ons maai.
Hoera, hoera, millennium, mee-llennium!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

David Ike teorie:Waar of vals?

Mon, 23 August 1999 00:00

Wanneer ek skryf dat hulle laer as fondamente neig, bedoel
ek dit nie beledigend nie, maar dat hulle glo tonnels
grawe, ens. Dit is alles baseer op Jon King se boek. Die
feit van die saak is niemand weet wat na +- 2012 gaan
gebeur nie. Ek verstaan alle profesiee stop daar. 'n Mens
kan die tonnelgrawery verstaan as gevolg daarvan. Met die
woord ons wat ek hier gebruik, bedoel ek alle mense op
aarde, ongeag etnisiteit, kultuur, geloof, geslag, ens.

Vir Einstein is gevra van WW4. Hy het beantwoord, dat al
wat hy weet WW4 nie sal bestaan nie. Want WW3 sal alles
vernietig - mens, dier, plant, rose, alles. Weereens is die
tonnelgrawery nodig, indien dit wel so uitwerk.

Dit impliseer dus dat Siener se boek nie net vir Afrikaners
geskrywe is nie, maar vir alle volkere in SA, indien enige
waarheid daarin steek. Dit maak dit dus baie moeilik om te
verduidelik. Vergelyk die boek Job in die Bybel, met 1 Kor
12 en 1 Kor 13. En sluit alle mense in, want ons almal glo
in Een God.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: "Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH

Mon, 23 August 1999 00:00

In article ,
reisiger wrote:
> Reisiger reis om na normaal terug te keer, te leer hoe om
> weer mens te wees, want in Afrika leef ons in isolasie,
> verwyderd, en sukkel om maar net weer mens te wees.

Wie is "ons" ?

> In die
> proses van inskakeling sukkel ons, want die ondertone
> herrinner ons aan die negatiewe.

Wie is "ons" ?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    1172  1173  1174  1175  1176  1177  1178  1179  1180  1181  1182  1183  1184  1185  1186  1187    »]
Tyd nou: Sat Jan 18 19:15:45 UTC 2025