|Sonder om enigsins afbreuk te doen aan ons wonderlike kultuurskat, hoekom word
|gedigte in hierdie nuusgroep gepos? Skynbaar lok dit nie juis bespreking uit
|nie. Buiten dat die individu wat die bepaalde gedig gepos het beter kan voel,
Sy het baie keer nodig om beter te voel, sy is so maklike teiken vir almal om af
te skiet - in daai lig verrig dit dus 'n reuse taak!
|lyk dit nie of enige iemand juis omgee oor die massa gedigte in hierdie
|nuusgroep nie.
Man, daar's nou en dan nogal 'n mooi een en nou en dan nogal kommentaar op. Ek
lees ook nie almal reg deur nie - net die wat van begin af met my praat.
|
|Dit dra dan ook nie by tot die dikwels stimulerende debat wat in hierdie groep
|plaasvind nie en ook nie tot Leendert en Gloudina "famous" vuurgevegte nie.
Jy moet haar vra om weer al die "dye trek dye aan" gedigte te pos, dan sien jy
hoe trek die dye vonke aan!
|
|So, why?
|
Why not?
Toe Madam Rose dekades gelede voorspel dat die NP die mag
aan 'n Swart regering gaan oorhandig, het baie mense gedink
sy is mal. Ook het sy voorspel sekere mense sal nie daarvan
hou nie, maar as hulle na God toe terugkeer, sal God hulle
beskerm. Daarom het ek Vandag en 2000 jaar gelede geskryf.
Johanna Brandt, 'n Boerespioen in die 2e Anglo-Boere
oorlog, het voorspel dat die Mistieke gaan herlewe teen die
draai van die eeu. Dit beteken die bestudering en herlewing
in die geestelike aspek van menswees.
Volgens my is dit die New Age. Is al daarmee besig vanaf
1980. Wil net hiermee bekend maak dat ek glad nie 'n MI /
NI projek is nie, maar dat ek eerlik is dat ek New Age is,
en nie doekies omdraai nie. Ek bekyk dus die Bybel, en
andere godsdienste vanuit die New Age denkrigting.
Glad nie hier om die New Age in mense se kele af te druk
nie. Vir my verklaar dit net baie onverklaarbares in ons
geestelike en sosiale samelewing. My idee van 'n Geestelike
Eenheids Beweging is Eenheid in God, vir alle gelowe in SA.
Want daar is net Een God.
'n Mens kan net 'n ander oordeel as jy sy hele lewe in sy
skoene gestap het. Die pad vorentoe wyk ek nou af van
Siener, want daar is ander metodes van oorlewing. U op u
manier, en ek op my manier. Andere het gedroom om te doen
wat ek gedoen het, maar niemand het nie, ek het.
U weet nie wat aangaan nie? Lees gerus die boek Job. Die
oue word vervang met 'n beter nuwe, net as ons as mense in
die geloof in God vasklou. 1 Kor 12: ons het almal
verskillende gawes. 1 Kor 13: aan die einde bly net geloof,
hoop en liefde oor. Maar die belangrikste is die liefde.
Geld laat miskien die wereld draai. Maar liefde maak die
draai baie makliker.
Pragtige TV advertensie van 'n Bank in SA. Die punt is dat
dat ons in 'n pragtige paradys bly, en ons moet saamwerk om
dit so te hou, en te verbeter. Maar daar is andere wat ons
paradys wil h^e. Ons vyande is dieselfde, wat ons beide
gebonde wil hou. Daarom is die ketting nie net so swak soos
die swakste skakel nie, maar ook so sterk as die sterkste
skakel (Kahlil Gibran). Sal voortaan poog om die regte
belegging te maak, in die gees van "co-accountability".
> Ek is nie in staat om vir jou te vertel wat "God" kan en nie kan doennie.=
> Ek is nie
> so seker dat ek "God" kan definieer nie.
Maar laat haar uit oor die geloof van ander, wat glo dat hulle God wel
(kan) ken:
> Ek is veral
> versigtig wanneer ek met Protestante oor "God" praat, want hulle het
> gewoonlik baie nou omskrewe riglyne waarbinne "God" moet
> opereer, anders is hy skielik nie meer "God" nie.
Sy sal sekerlik (soos gewoonlik) nie die stelling hierbo staaf met
enige voorbeelde of argument nie.
(Vae en ongedefinieerde beswaddering is Gloudina se sterk punt. Sodra
sy spesifiek raak, loop sy haar vas - soos onlangs weer met haar
beweringe oor die behandeling van swartmense op die kampus van
Stellenbosch.)
> Maar om jou vraag
> te antwoord, daar is baie verskillende maniere waarop mense dwarsoor
> die wereld voel dat hulle vergifnis van hulle "sondes" kan kry.
Toegegee. Daar is ook mense wat "voel" dat sonde nie bestaan nie, of
hoogstens 'n erg relatiewe begrip is - soos jou aanhalingstekens by
"sonde" impliseer.
> In die
> Christelike tradisie is die aksent op die "gevoel" - daar is ander
> tradisies wat baie meer aksent plaas op die wil of die intellek.
Die stelling hierbo demonstreer 'n kru en bevooroordeelde onkunde oor
"die Christelike tradisie". Net soos die stelling heel bo 'n growwe en
bevooroordeelde onkunde oor die protestantse Godsbegrip demonstreer.
Wat 'n mens wel hieruit kan aflei, is veel aangaande die godsdienstige
tradisie en die Godsbegrip waarin Gloudina self (volgens haar) as kind
geskool is. Ek het tevore gewys op die reste van soetsappige en
peitistiese "bybelstories" in haar vooroordele. Die uitlatings hierbo
versterk hierdie indruk aanmerklik.
Die feit dat Gloudina haar kettery as "christelik" kan voorhou
demonstreer natuurlik die gevolge van peitisme binne die Kerk self.
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
>> Per definisie - as jy glo dat God die enige God is en dat jou sondes
>> deur Jesus Christus se Kruisiging, dood en opstanding vergewe is, dan
>> glo jy dat ander 'godsdienste' verkeerd is. Die twee is nie versoenbaar
>> nie en is uitsluitend - of jy glo in die Christelike leer of glo jy ook
>> in dat daar ander gode is.
>
> Nee, Lou, jy is verkeerd as jy konstateer dat enige persoon watglo dat
> sondes deur Christus se kruisiging en opstanding vergewe is,
> per definisie moet glo dat ander godsdienste "verkeerd" is.
Dis is, natuurlik, ook nie wat Lou beweer het nie. Sy stelling staan
onder die verdere kwalifikasie: "As jy glo dat God die enige God
is...". Daarvolgens is Lou se aanvanklike stelling inderdaad korrek.
> Al wat
> die Christen moet glo, met sy hele hart en siel, is dat daar vergifnis is
> in die liefdedaad wat Christus betoon het deur sy lewe af te lê vir
> die sondes van die mensdom. In hierdie geloofsdaad is sy redding.
Wat "die Christen" glo is saamgevat in uitsprake soos die
geloofsbelydenisse van Nicea, van Westminster, die Apostoliese
geloofsbelydenis, en etlike ander alternatiewe formulerings wat deur
die eeue en nog steeds deur die Kerk in sy verskillende vorme
(insluitende die kerke van Rome en van Constantinopel) aanvaar is en
word. Hulle is heelwat meer omvattend as wat jy hier te kenne gee.
> In ander dade in ander "godsdienste" is daar redding vir die siel.
Die geloofsbelydenis van Gloudina tel, so ver ek weet, nie onder die
belydenisskrifte van enige bekende Christelike kerk nie. In die ou dae
sou ons gesê het dit is kettery.
My indruk (vir wat dit werd is) is dat die geloofsbelydenis van
Gloudina 'n tipiese voorbeeld is van 'n godsdiens wat die mens sentraal
stel, en wat gode skep om te voldoen aan die behoeftes van die mens.
As mens dit sou vergelyk met die ortodokse (ortodoks in sy klassieke en
nie-sektariese betekenis) Christelike geloofbelydenisse, is daar 'n
wesenlike verskil - lg gaan uit van die standpunt dat God sentraal
staan, en die mens geskep het tot Sy eer.
Dit lyk dus vir my nie verstandig om Gloudina se gesag te aanvaar oor
die inhoud van Christelike geloof nie.
> As jy anders glo, speel jy politiek met die Christelike boodskap
> van caritas.
As ek jy was, sou ek dit aan Christene oorlaat om hul uit te laat oor
die inhoud van hul geloof, Gloudina. Ook oor die inhoud van die begrip
"caritas".
Vriendelike groete, Leendert
Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Almal van ons onthou tog seker van die koddige en (meestal raak) sêgoed van
ons ouma's/oupa's ouers, ens.?
As ons as kinders inge-chip het in grootmense se geselskap, het ouma altyd
gesê: "Ag nee toe! Muismis uit die peper uit!"
Nog een: "Hy is so stokstyf dat as jy op sy voorkop druk, dan druk sy gat 'n
'nought' op die sypaadjie" (So stug en styf en 'proper')
Nog een: "Moenie aan 'n dooie hond skop nie" Menende: moenie aan iets krap
wat jou in 'n verleentheid kan stel nie.
HL wrote in message ...
> Ek ondervind nogal dat ouens met 'n Rambo houding t.o.v. wapens min
> selfvertroue het.
So 'n "Rambo" outjie WAS verloof aan my suster se dogter. Altyd sy 357
magnum aan die sy gedra en gereeld sy "draw" ge-oefen. Eendag te vinnig
ge-"draw" en die skoot het sy juwele weggevat.
Einde van die verlowing.
> Manne met 'n voorliefde vir sportmotors is (volgens een
> van my vrou se tydskrifte) onder bedeeld. :-))
Of hulle kan dit bloot bekostig ook !! Sal wat wil gee om 'n 3 liter
Austin Healy te kan restoureer, Selfs ook van die ouer MG's.
Die manier om verdagte statisitek aan te spreek is om te demonstreer op
watter wyse dit verkeerd is.
Korrek. Die enigste ding wat dit gaan laat verdwyn is 'n doeltreffende
polisiediens, geregshowe wat funksioneer, en 'n strafstelsel
("korrektiewe" stelsel, as jy wil), wat misdaad 'n onaantreklike opsie
maak.
Aangesien al drie hierdie elemente in SA ontbreek, is burgers effektief
van hulself afhanklik om hul fundamentele reg op lewe en vryheid te
handhaaf. Wanneer jy hulle nog die vermoë probeer ontsê om hierdie
regte uit te oefen, sal hulle nie ophou om hulself te beskerm nie.
Hulle sal dit bloot op onwettige wyses doen.
Al wat jy bereik, is om wetsgehoorsame burgers in misdadigers te omskep
met 'n pennestreep.