Meander's Blauwe Route is weer aangepast.
Volg bij Meander, op http://meander.italics.net , de Blauwe
Route door op de blauwe pijl op de voorpagina te klikken.
Vanaf de blauwe pijl voert de route nu langs de verhalen,
gedichten en het artikel van mei. Dit zijn :
- Tenslotte, gedicht van Rob Korfage
(Meander's "Gedicht van de Maand")
- Verlepte bloemen, Rik waar ben je, gedicht van
Petra Else Jekel
- Zagen, verhaal van Petra Oomen
- Fosbury Flop, ongebundeld gedicht van Gerrit Krol
- Het spelletje, verhaal van Esnirido
- Psychedelisch behangpapier, gedicht van Pasquino
- Historische stadswandeling, gedicht van Bellfoort
- Cloaca, verhaal van Roy van den Burg
- Infinitief, artikel van Rutger Cornets de Groot.
Meer gedichten, verhalen en artikelen in het vervolg van de
Blauwe Route. En nog veel meer in het archief.
En elke week gedichten (en meer) in de Meanderkrant op Zondag, een
literair e-zine met meer dan 2500 abonnees. Neem een gratis abonnement
door een bericht te sturen aan majo...@oudenaarden.nl met als
inhoud: subscribe meander-l (Let op: het laatste teken is de letter l
van lijst.)
Haai Gloudina, waar's jou Boerneef dan nou?! Seressekaroo = Ceres se Karoo,
maw as jy by Ceres verby deur die Koue Bokkeveld op na Sutherland en die
Roggeveldberge toe uit. Tewens, hy staan ook so betiteld op die 1:250000
kaartreeks van SA ("Ceres Karoo") In "Boplaas" gee Boerneef 'n goeie
beskrywing van hoe hulle met die skape getrek het ("Oor Swartrug") na hulle
plaas in hierdie einste Ceres Karoo (ek hou meer van Seressekaroo!). Jy kan
op die kaarte 'n hele klomp name eien wat hy daar gebruik, en sodoende sy
hele roete volg. In "Op die flottina" (Agter Kafferkraalsekop) skryf hy:
"...dis 'n rympie van 'n kind 'n seressekaro se kind wat in sy bedjie lê en
huil..."
Ek sien nou in my Reader's Digest Atlas (wat hierdie hele reeks kaarte in
het) dat die Tankwakaroo eintlik noord van die Ceres Karoo sit, terwyl die
Moordenaarskaroo noord van die pad tussen Matjiesfontein, Laingsburg en
LeeuGamka lê, omtrent tot by Sutherland.
Waar die naam Moor'naarskarroo vandaan kom, weet ek nie - jy sal iemand soos
Abraham de Vries moet vra.
Maar daai einste Karoo is seker wat ek die meeste gemis het in Londen:
daardie v�r-v�r bewerige horison met die ylblou lug soos 'n groot koepel om
jou, met snags se somtyds snerpende koue met die sterre wat so naby lyk, jy
kan aan hulle vat.
Dries Venter
@home.com wrote in message ...
T de Wet wrote:
> En die Moor'naarskaroo is net soos jy daar sê. So 'n myl of tien sal jou
> seker vergewe word!
> Dries Venter wrote in message
>>
>> Die Moor'naarskarroo lê daar noordwes van 'n lyn tussen Laingsburg en (ek
>> dink) Merweville, sê maar in so 'n driehoek na Sutherland se kant toe.
>> Suidwes van h'om lê die Tankwakarroo, om die Doringrivier na Ceres se kant
>> toe - Boerneef se Seressekarroo.
Maar nie een van julle vertel vir my waar dienaam "Moordenaarskaroo" vandaan
kom
nie.
Waar kom die naam "Seressekaroo" vandaan?
Die !k word soos die Xhosa "q" uitgespreek, die / word soos die Xhosa
"c" uitgespreek, en die // word soos die Xhosa "x" uitgespreek. Die x
word soos 'n afrikaanse "g" uitgespreek, en die e: is bloot 'n lang e,
ook soos die Xhosa "e".
Dis nou van hulp vir mense wat die Xhosa klanke ken.
Vir ongexhoseerdes... 'n !k is 'n tong wat vassuig aan die middel van
die verhemelte, 'n / is 'n tong wat vassuig aan die voorpunt van die
verhemelte net agter die voortande, en 'n // is 'n tong wat aan die kant
in die kies vassuig.
Ek dink net dit is eronies dat die wit boere in Zim. vrede probeer maak.
Nog nie een van hulle het opgetree teen die besetters nie ,behalwe in
selfverdediging. Dan is daar nog altyd mense wat die besetters goedpraat.Ek
kyk die ander dag op die nuus hoe die besseters een plaashuis aanval en toe
die mense nie daar was nie hulle toe maar die diere doodslaan.Maar sulke
optrede word nog altyd goed gepraat.AS dit die boere was wat die besetters
se diere doodgemaak het sou hulle uitgekryt gewees het as barbare.
My eerste keer wat ek een van my gedigte pos. Hoop iemand vind iets daarin.
F
Jy, altyd jy.
As ek vra waarom?
Wie sal antwoord.
As ek vra hoekom?
Waar sal ek die antwoord vind?
Hoekom kan dinge nie net eenvoudig onskuldig wees nie.
Wie sal kan antwoord of luister?
Almal kan afbreek maar wie kan bou?
Almal kan klipe gooi, maar wie is sonder sonde -
wat die eerste rots kan slinger?
Ek is wat ek is,
Gevorm in die smeltoond van die lewe.
'n skerpioen sonder 'n angel bly steeds 'n skerpioen
'n kus besprinkel met die dwelm van liefde
bly steeds 'n kus.
Niks is meer hartseer as 'n glas wyn
-alleen nie-
rooiwyn is nie rooiwyn sonder jou nie.
Ek het gevind en verloor.
Ek het vinnig en diep lief gehad,
Ek het 'n vol lewe gehad,
Maar alleen bly alleen...
Jy was is steeds my ware noord,
My anker, my lewenslyn.
My naelstring vas aan die baarmoeder van lewe,
Wat my voed met liefde.
Ek asem jou in jy blaas my uit
op die venster van die verlede.
Wasem is al wat ons is,
Dit kondenseer en loop in hartseer trane
Krinkel kronkel weg van ons af.
Jy ken my rouste rou,
My seerste seer.
My swere van gister en my snye van nou.
Jy lag vir my ek ween oor jou.
Hoekom nou?
As ek vra waarom?
Wie sal antwoord.
As ek vra hoekom?
Waar sal ek die antwoord vind?
Dankie vir die reaksie op my gedig. Ek weet ek is nie n Ingrid Jonker of
Totuis nie maar ek is bly dat iemand iets daarin kon vind.
nog een vir die wat wil lees.
Paaie
As dit eers verby is wie se dis verby?
Jy het eens my hart verbly...
Dit was altyd jy en net jy.
Was ek n siener sou ek dalk sien,
Sou ek wou sien wat ek reeds weet?
Aande van angssweet was jy daar?
Weet jy wat in my brein is...
Kan jy wil jy sal jy ooit verstaan?
Dit wat is en nooit sal vergaan?
Dwaal ek in paaie van verlede tyd
- het-
mis ek paaie van toekoms,
- dit wat kon wees-
of moes?
Verwyte, spyte kom dit nog...
Hoe lank nog?
Dwaal ek in paaie van verlede tyd?
Klitsgrasse van onthou,
Brandnetels van vergeet,
Sekelbosse vir my leed,
Hoe kon ek myself toelaat om jou te vergeet?
Liefde is n kanker wat jou van binne af vreet...