Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Nog 'n gedig van my
Nog 'n gedig van my [boodskap #30228] Vr, 28 April 2000 00:00
Navsec  is tans af-lyn  Navsec
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir die reaksie op my gedig. Ek weet ek is nie n Ingrid Jonker of
Totuis nie maar ek is bly dat iemand iets daarin kon vind.
nog een vir die wat wil lees.

Paaie

As dit eers verby is wie se dis verby?
Jy het eens my hart verbly...
Dit was altyd jy en net jy.
Was ek n siener sou ek dalk sien,
Sou ek wou sien wat ek reeds weet?

Aande van angssweet was jy daar?
Weet jy wat in my brein is...
Kan jy wil jy sal jy ooit verstaan?
Dit wat is en nooit sal vergaan?

Dwaal ek in paaie van verlede tyd
- het-
mis ek paaie van toekoms,
- dit wat kon wees-
of moes?

Verwyte, spyte kom dit nog...
Hoe lank nog?
Dwaal ek in paaie van verlede tyd?
Klitsgrasse van onthou,
Brandnetels van vergeet,
Sekelbosse vir my leed,
Hoe kon ek myself toelaat om jou te vergeet?
Liefde is n kanker wat jou van binne af vreet...

F
Vorige onderwerp: "Slampamperliedjies" deur Louis Leipoldt
Volgende onderwerp: 'n Gedig vir wie ookal betekenis daarin kan vind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:54:11 MGT 2024