Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig vir wie ookal betekenis daarin kan vind
'n Gedig vir wie ookal betekenis daarin kan vind [boodskap #30235 is 'n antwoord op boodskap #30236] Vr, 28 April 2000 00:00
Navsec  is tans af-lyn  Navsec
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Junior Lid
My eerste keer wat ek een van my gedigte pos. Hoop iemand vind iets daarin.
F

Jy, altyd jy.

As ek vra waarom?
Wie sal antwoord.
As ek vra hoekom?
Waar sal ek die antwoord vind?
Hoekom kan dinge nie net eenvoudig onskuldig wees nie.
Wie sal kan antwoord of luister?

Almal kan afbreek maar wie kan bou?
Almal kan klipe gooi, maar wie is sonder sonde -
wat die eerste rots kan slinger?

Ek is wat ek is,
Gevorm in die smeltoond van die lewe.
'n skerpioen sonder 'n angel bly steeds 'n skerpioen
'n kus besprinkel met die dwelm van liefde
bly steeds 'n kus.

Niks is meer hartseer as 'n glas wyn
-alleen nie-
rooiwyn is nie rooiwyn sonder jou nie.
Ek het gevind en verloor.
Ek het vinnig en diep lief gehad,
Ek het 'n vol lewe gehad,
Maar alleen bly alleen...

Jy was is steeds my ware noord,
My anker, my lewenslyn.
My naelstring vas aan die baarmoeder van lewe,
Wat my voed met liefde.
Ek asem jou in jy blaas my uit
op die venster van die verlede.
Wasem is al wat ons is,
Dit kondenseer en loop in hartseer trane
Krinkel kronkel weg van ons af.

Jy ken my rouste rou,
My seerste seer.
My swere van gister en my snye van nou.
Jy lag vir my ek ween oor jou.
Hoekom nou?

As ek vra waarom?
Wie sal antwoord.
As ek vra hoekom?
Waar sal ek die antwoord vind?

F
Re: n gedig vir wie ookal betekenis daarin kan vind [boodskap #30236 is 'n antwoord op boodskap #30235] Vr, 28 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

f wrote:

> My eerste keer wat ek een van my gedigte pos. Hoop iemand vind iets daarin.
> F

> Ek asem jou in jy blaas my uit
> op die venster van die verlede.

Vir my die beste reels.Dankie dat jy die gedig aan ons toevertrou.Ek sal meer
verwelkom.

Gloudina
Vorige onderwerp: Nog 'n gedig van my
Volgende onderwerp: "Scriba van Egipte" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 00:59:34 MGT 2024