Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Scriba van Egipte" deur D.J. OPPERMAN
"Scriba van Egipte" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #30275] Ma, 01 Mei 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Scriba van Egipte
D.J. Opperman

Waarom met apemasker my misken
as ek die digkuns heilig tot bedryf
en Nyl en papperasse met die pen
vir gode onpartydig wil beskryf;
as ek deur drif en keuse van my woord
bewys: Ek is een oomblik Potifar
se vrou met die japon en silwer koord
nalatig los, dan Josef wat verwar
van daardie dy en skemerende lies
wegvlug.
“Want jy, met iedereen se lot
té vereenselwig om ooit kans te kies,
poseer soms as 'n duiwel, soms 'n god,
maar swaai wellustig van die masker los
aan 'n liaan na dieptes van 'n bos.”
Vorige onderwerp: 'n Gedig vir wie ookal betekenis daarin kan vind
Volgende onderwerp: "Man met Horries" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:36:26 MGT 2024