RICARDO, QUIEN TENGA UNA IDEA, SIQUIERA SOMERA O SUPERFICIAL, DE LAS RIQUEZAS NATURALES, O RECURSOS NATURALES DE QUE DISPONE LA ARGENTINA...SE PREGUNTARA' COMO ES POSIBLE QUE EXISTA SEMEJANTE SITUACION DE
DESEMPLEO,DETERIORO SOCIAL Y LA NEGLIGENCIA OFICIAL
DE QUIENES DEBEN TENER COMO MAYOR Y PRIMERA MISION
VELAR POR EL BIEN PUBLICO Y EL PROGRESO SOCIO--ECONOMICO DE ESE PAIS.
ricardo a gonzalez skryf in boodskap news:20000717094805.24159.00000310@ng-fm1.aol.com...
> -------
> Datos de deterioro social preocupan a gobierno argentino
>
> Julio 16, 2000 Actualizado: 4:27 PM EDT (2027 GMT)
>
> BUENOS AIRES -- El gobierno del presidente Fernando de la Rúa se apresta esta
> semana a apurar el "trago amargo" de la nueva cifra oficial sobre el desempleo,
> que habría aumentado a más del 15,5%, un punto por encima de la última medición
> de octubre.
>
> A ese preocupante informe se agregan datos que indican creciente malestar en la
> población por la persistencia de la recesión económica que comenzó hace dos
> años. El diario La Nación reveló una encuesta de la empresa Gallup, según la
> cual al 21% de los argentinos les gustaría buscar mejores horizontes fuera de
> este país.
> El mismo diario informó el domingo que la clase media, antaño pujante en
> Argentina y cuya gravitación singularizó a este país dentro de América Latina,
> es hoy el sector social más golpeado por la crisis. Un sondeo entre sus
> componentes reveló que siete de cada diez personas se vieron obligadas a
> disminuir su consumo durante el primer semestre de este año.
>
> El gobierno de De la Rúa no cesa de invocar la pesada herencia recibida de la
> anterior administración peronista del ex presidente Carlos Menem y recordar que
> está en el poder hace apenas siete meses. Pero aunque los observadores
> reconocen la justicia de ese argumento, parece cada vez menos convincente para
> una opinión pública fatigada por un largo período de crisis.
>
> Según todas las encuestas, las dos principales promesas que le valieron al
> presidente De la Rúa la victoria electoral fueron modificar los programas
> económico-sociales de Menem y erradicar el clima de corrupción que rodeaba al
> anterior gobierno.
>
> Los sondeos indican que si bien hay generalizada confianza en la honorabilidad
> del presidente, también se advierte desazón por la lentitud en producirse
> cambios en los programas económicos. De la Rúa, además, puso en vigor un
> riguroso programa de austeridad, que comprendió rebaja de sueldos a la mitad de
> los agentes estatales, que le ha granjeado la hostilidad del movimiento
> sindical.
>
> El desempleo es el más grave problema social que enfrenta Argentina y un tema
> que la Alianza gobernante se comprometió a enfrentar en la campaña previa a las
> elecciones presidenciales del pasado octubre.
>
> El jueves la oficina gubernamental de estadísticas y censos brindará el informe
> oficial, que según el ministro de Economía José Luis Machinea oscila en el
> 15,5% y que algunos analistas creen que podría estar muy cerca del 16%.
>
> El gobierno ha explicado que la caída del desempleo se producirá cuando haya
> reactivación económica, pero las estimaciones iniciales de que este año la
> economía crecería un 4%, se han reducido ahora a la mitad.
>
> Machinea dijo que hay indicadores económicos favorables, especialmente por el
> aumento de las exportaciones y el incremento de las inversiones extranjeras,
> pero son logros que todavía no advierten el común de los argentinos.
>
> Según un estudio del Instituto de Estado y Participación, organismo técnico
> privado, aunque la economía argentina creciera a un ritmo anual del 5% en el
> 2008 el desempleo seguiría estando por encima del 12%.
>
> Este preocupante panorama hizo que el ex presidente Raúl Alfonsín advirtiera el
> pasado jueves a su correligionario De la Rúa, que el gobierno enfrenta el
> riesgo de perder las elecciones legislativas del año próximo, lo cual le
> asestaría un demoledor golpe político. En el 2001 se renovará la mitad de la
> cámara de diputados y la totalidad del Senado.
>
> (Con información de Associated Press)
>
> Charlas:
> Serie especial: "Mujeres argentinas"
> Lunes 17 de julio a las 2 p.m. hora de Buenos Aires, charla con, Hebe de
> Bonafini, activista de Derechos Humanos.
>
> ------------------------------------------------------------ --------------
> ------
> TITULARES:
>
>
> MUNDO:
> Mueren decenas de personas en un accidente de avión en el este de la India
> Manifestación de 150.000 israelíes contra Barak en Tel Aviv
>
> LATINOAMERICA:
> Presidente electo de México vislumbra estrechos vínculos con EEUU
> Los Reyes de España visitan en Bolivia el cerro de Potosí, otrora fuente de
> incalculable riqueza
>
> EE.UU./CANADA:
> Un tornado deja por lo menos nueve muertos en Canadá
> Bush está a punto de elegir compañero de fórmula
>
> ECONOMIA:
> ¿Fujimori cambia las reglas económicas en Perú?
> El gobierno dominicano paga a una empresa de EE.UU. para que no deje el país a
> oscuras
>
> DEPORTES:
> México derrota a Panamá con gol en los últimos minutos
> Pantani gana etapa del Tour pero Armstrong continúa de líder
>
> TECNOLOGIA:
> Aprueban nuevos sufijos para los sitios de Internet
> Conócete a ti mismo, por Internet
>
> SALUD:
> ¿Quién se atreve a vivir 100 años?
> El tomate podría ayudar a combatir enfermedades cardiovasculares
>
>
>
> ------------------------------------------------------------ --------------
> ------
>
> [Arriba]
>
> Copyright 2000 Cable News Network, Inc.
> Una compañía de Time Warner
> Derechos Reservados
> Términos sobre el suministro de esta información
> Lea nuestras normas sobre privacidad
>
>
>
> 1. Waarom aanvaar ons Mbeki & Mandela se ondersteuning aan die despoot
> Mugabe? Is daar geen aksie wat ons as belastingbetalers kan neem in die
> verband nie?
> 2. Waarom aanvaar ons omgekeerde rassisme gelate - my kinders moet oorsee
> gaan om werk te kry terwyl onbevoegde in verantwoordelike posisies oingedruk
> word terwyl ek (belastingbetaler) daarvoor betaal?
> 3. Waarom aanvaar ons dat substandaard besluite en verrotte menatliteite op
> ons afgewing word?
> Hoe lank nog.....
>
* * * * *
Omdat Hansie, die witman 'n liberalis is. Omdat die witman om een of ander
onverklaarbare rede skaam is vir sy witvel. Omdat die witman slegs by die
bure en kollegas sowel as nuusgroepe kla en hoop dat iemand anders dit sal
regmaak. Dat iemand anders dit met die persone betrokke sal opneem.
Het jy al agtergekom dat mense in 'n geselsskap hard praat en die woord
'swart' fluister? En dan rondkyk wie het hulle gehoor? En dan snaaks na my
kyk wanneer ek hulle uitlag.
'n Sprekende voorbeeld hiervan is die nuwe wetgewing wat bepaal dat
huiseienaars in die nabye toekoms eiendomsbelasting in verhouding met die
koopprys van die eiendom sal betaal. Wat dit belaglik hoog gaan maak. Wat
somtyds selfs die verband sal oorskry. Dat selfs boere sal eiendomsbelasting
betaal selfs al het hulle 'n misoes gehad (oops nou dink ek vir die eerste
keer daaraan dat dit geld vir die mynwerker sowel as die advokaat. Vir die
predikant 'n die straatveër- want almal kan misoeste hê).
So julle moet nie alleen voel nie boere!
Wat van komende April se wet wat bepaal dat eienaars van 'n tweede eiendom
belas word op die wins (na verkoop natuurlik) selfs al is die eiendom met
klaarbelaste geld gekoop.
Uh uh Hannes, dit is waarom die Mandela's en Mbeki's (sowel as die kie's
natuurlik) hand om die nek is met hulle kommunistiese vriende baljaar. Op
jou vraag oor mbeki se ondersteuning van mugabe, besef jy dat hy mugabe
(dink nie hulle verdien hoofletters nie) nie wou kritiseer oor oor die boere
se plase nie totdat England skeef na hom gekyk het? Sal jy dit waag om 'n
plaas hier te koop?
skryf in boodskap news:39731533.4F22863E@home.com...
> On July 17, 1900 the Globe and Mail reported that
> after marching through Pretoria, the Canadian Mounted
> Rifles were selected to assist in the movement to round
> up Boer General Botha's forces.
>
Die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die
Witwatersrand (Wits) gaan binnekort sluit. Die taalaktivis Dan Roodt, 'n
oudstudent van die departement, gee hier sy mening oor wat hiertoe gelei het
en watter optrede die situasie kon voorkom het.
Die nuus dat Wits se departement Afrikaans en Nederlands finaal gesluit
word, word allerweë gelate aanvaar. Die houding is: Wat sal wees, sal wees.
Dis 'n teken van die tye. Afrikaans kwyn, dus sal Afrikaanse departemente
ook doodgaan.
As iemand wat lank Afrikaans en Nederlands aan Wits gestudeer het en nou sit
met 'n doktorsgraad wat min of meer dieselfde waarde het as roebelnote met
tsaar Nikolaas se kop daarop ná die 1917-revolusie, kan ek nie help om te
dink hoe anders dit kon gewees het nie. Of liewer: hoe anders dit steeds kan
wees nie.
Myns insiens sluit die departement nie weens die tye, daardie "iets in die
lug" nie, maar omdat sekere mense intellektueel gefaal het.
In 1994 het die departement my genooi na 'n simposium oor "Afrikaans uit die
doofpot". Dit was egter duidelik dat die meeste lede van die departement
besig was om Afri kaans 'n die doofpot te plaas. Hulle is as 't ware
gekoloniseer deur die omliggende politieke korrektheid ingevolge waarvan
Afrikaans "oorbodig" was, maar gered kon word deur 'n stywe dosis feminisme
en Wits-marxisme.
(Wits-marxisme is 'n soort plaasjapie-weergawe van die Britse ekwivalent,
wat sigself berus het op swak vertalings van Franse, Duitse en Italiaanse
skrywers, waarvan die meeste al hul eie idees gerepudieer het.)
Prof. Gerrit Olivier, huidige departementshoof wat volgens 'n koerantberig
die "Afrikaner sal wees wat die laaste Afrikaanse ligte by Wits afskakel",
is tans op 'n sabbatsreis. Die kaptein sink dus nie saam met sy skip nie.
Die ironie van die saak is dat Wits nou, soos in die verlede, Afrikaans
nodig het. My pa, wat in die jare veertig onder C.M. van den Heever aan die
departement gestudeer het, het my vertel alle B.A.-studente het destyds
Afrikaans geneem.
In my dae by Wits het Afrikaans die deur tot die modernisme vir
Engelssprekende studente geopen. Hul algemene indruk is verwoord deur een
student wat sowel Engels as Afrikaans as hoofvak gehad het, wat gemeen het
Afrikaanse romans was "ultra-avant garde".
Engels het mense gevolg ter wille van die klassieke; Afrikaans om die
moderne en eietydse.
Hoewel Wits nie meer veel van sy tradisionele studente uit Johannesburg se
welvarende Engelssprekende gemeenskap trek nie - blykbaar verkies hulle nou
die "Rand Afrikaans University" - is daar tog 'n hele nuwe gemeenskap van
swart en Indiërstudente, asook 'n paar oorblywende wittes, wat myns insiens
wel 'n behoefte het om Suid-Afrika se voorste letterkunde te ontdek.
Maar wie gaan dit doseer, of die nodige geesdrif wek waar mense van die
onlangse verlede - die "Stellenbosse groepie" - gefaal het?
Die mislukking van die departement is des te meer skreiend omdat dit in die
jare sewentig en tagtig so 'n brandpunt van vooruitstrewende denke en
letterkunde was.
Hoewel Ernst van Heerden meestal homself gedoseer het en studente dikwels
moes luister na uitgerekte outobiografiese alleensprake, was daar tog 'n
ontvanklikheid vir nuwe perspektiewe op letterkunde by John Miles en veral
Ampie Coetzee.
Ernst Lindenberg was van die ou skool wat letterkunde op 'n Engelse "prac
crit"-manier benader het, maar het tog 'n goeie kennis van die Nederlandse
Vijftigers met studente kon deel. Sy vrou, Anita Lindenberg, wat tragies
vroeg dood is weens kanker, was 'n groot kenner van die eietydse prosa. Sy
was verreweg een van die gewildste dosente.
Wat die departement egter tekort geskiet het aan teoretici, het 'n aantal
begeesterde studente bygedra, asook die "eksterne lid", die boekhan delaar
Markus de Jong, wat met sy veeltalige rusteloosheid en invoer van toentertyd
abstruise Franse werke ons belangstelling geprikkel het.
Daar was baie lang koffiedrinksessies met Markus waartydens die
avant-garde-tradisie van die Sesti gers opgevolg sou word met 'n nuwe
beweging wat ek destyds die "nullers" genoem het, maar wat weens sensuur en
die groeiende politisering en verarming van ons letterkunde nooit werklik
aan die gang gekom het nie.
Nietemin het Johan van Wyk en Elza Miles 'n aantal agitprop-pamflette met
poësie en tekeninge die lig laat sien, waarvan die meeste terstond verbode
verklaar is deur die destydse sensors. Ek en my vrou, Karin Konsentrasiekamp
(gebore Bredenkamp), toe nog saamwonend, het die blaadjie Taaldoos laat druk
deur die Universiteitsdrukkery, en ook dit is verbied.
Lindenberg, Miles en Coetzee het die sogenaamde "samisjdat-uitgewer" van
daardie jare, Taurus, gevestig. Daarsonder sou vele nuwe en eksperimentele
werke nie die lig gesien het nie, asook dié van André Brink wat ná die
verbod op Kennis van die Aand toenemend by dié aweregse uitgewer begin
verskyn het.
Daar was ook die aktiwiteite van die kunstenaar en alternatiewe
filmregisseur Chris Pretorius, wat twee films gemaak het, Die Moord en
Angsst.
Die verdere manewales van die "nullers" of die "Wits-punk-beweging", wat 'n
mens dit ookal wil noem, is onlangs nagevors deur Juanita van Rensburg by
wyse van 'n meestersverhandeling.
In 1985 het die Jong Turke van die departement, te wete ekself en die digter
Johan van Wyk, die Universiteit van Durban-Westville se departement
Afrikaans op horings geneem en ongehoorde dinge met die studie van
letterkunde aangevang.
Ek onthou dat ek met die tweedejaarsklas 'n Lacaniaanse ontleding of
psigoanalise van 'n roman deur die populêre skryfster Ena Murray gedoen het.
Toe ek tydens 'n besoek aan Johannesburg dit aan Olivier noem, was hy heel
geskok.
Toe reeds kon 'n mens sien dat konformisme in die departement by Wits besig
was om die opwinding waarvoor 'n groepie studente en dosente saam met De
Jong gesorg het, besig was om te taan en dat die "Stellenbosse manier van
doen" voortaan sou posvat.
Politieke korrektheid en konformisme was uiteindelik die dood in die pot.
Die onlangse professore en dosente in Afrikaans kon sowel die opbloei van
die literêre teorie na die Franse model wat die afgelope sowat twintig jaar
ook Amerikaanse kampusse stormenderhand verower het, as die politieke
veranderings in Suid-Afrika nie hanteer nie.
Pleks van voort te bou op die rol van voorloper en vernuwer wat dit eens
gehad het, het die departement verval in versigtige na-apery met betrekking
tot die heersende gemeenplase oor Afrikaans en Afrikaners.
Dit skeel min dat Afrikaans op soveel plekke in die buiteland gedoseer word
as ons nie ons anderstalige medeburgers in ons taal en letterkunde kan laat
belang stel nie.
Wits is die ideale plek om 'n intellektuele en literêre teenoffensief teen
die huidige akademiese verval van Afrikaans te begin.
Dit sou egter 'n groot mate van verbeelding, kennis en durf verg om die
situasie om te keer en om veral aan die anderstalige student wat
gebombardeer word met stereotipes en wanopvattinge aangaande Afrikaans, te
toon dat dié taal by verre die interessantste inheemse literêre tradisie
voortgebring het.
Ons het alles in Afrikaans, van Ena Murray tot Etienne Leroux, van agitprop
en die werkersklasteater van klerewerksters uit die jare dertig, tot T.T.
Cloete se sterk Christelike poësie.
Afrikaans by Wits sou net kon herleef in die hande van 'n ware intellektueel
wat die taal en sy tradisie op allerlei maniere sou kon bemark, bevorder en
teen alle verwagtinge in weer kon laat bloei soos dit in die verlede by tye
die geval was.
Dit sou onortodokse metodes verg en selfs polemieke met die intellektuele
verteenwoordigers van die huidige orde, by Wits of elders. Hy sou tegelyk
literator, filosoof, taalaktivis en entrepreneur moes wees.
So iemand sien ek egter nie eens in die verskiet nie.
Dr. Dan Roodt was van 1975 tot 1994 'n ingeskrewe student aan Wits waar hy
benewens sy studies in vergelykende letterkunde meestal aan die departement
Afrikaans en Nederlands gestudeer het.
Die laaste gesprek in hierdie trant wat ek op die nuusgroep onthou was met
ene helaas heengegane "sizwe".
LeswinLaubscher skryf in boodskap news:20000717113359.15089.00000626@ng-fz1.news.cs.com...
> In 'n parallele nuusdraad voer van oostrum aan dat die kerk se posisie jeens
> Galileo "wetenskaplik" meer gewig dra. Ter ondersteuning kwoteer van oostrum
> Feyerabend.
Korrek. Feyerabend het juis getoon dat, volgens gangbare reëls van
wetenskaplike bewysvoering - en die paradigma van "daar is net een waarheid"
(die standpunt wat Ferdi inneem as hy verklaar "10 000 priesters was
verkeerd") ons die Kerk se standpunt gelyk moet gee.
> Aanvanklik was hierdie stelling verwarrend, en wel om twee redes.
> Eerstens, die kerk se posisie was geskoei op Aristotel en Ptolemy - en
> daadwerklik filosofiese wetenskap met 'n goeie snars metafisika. Galileo, dan,
> laat val twee objekte met verskillende massas vanaf die leunende Pisa, en bewys
> eerstens dat Aristotel verkeerd was ten opsigte van spoed proporsioneel tot
> massa - 'n goeie eksperiment in die wetenskaplike tradisie, sou ek sê.
'n Tradisie wat in Galileo se tyd nog nie so goed gevestig was nie. Dit was
nog heel vreemd om 'n idee te toets aan die werklikheid. As gevolg van die
Platoniese (nie Aristoteliaanse) klem op die prioriteit van die idee (logos)
met die waargenome werklikheid as gebroke skadu van die suiwer idee.
> En dan,
> wanneer hy met sy teleskoop vind dat die fases van Venus en getye slegs
> verduidelik kan word aan die hand van die Kopernikaanse model, kla kardinaal
> Bellarmine hom aan (ten spyte van die feit dat die kerk se sensors toestemming
> gegee het vir die publikasie van galileo se boek - Dialogue on the Tides).
Bellarmine se klagstaat behels juis die volledige, goedberedeneerde
argument, gebou op die vereiste van bewysvoering. Feyerabend haal dit iewers
volledig aan.
> Die
> inkwisisie was die gevolg. Nou, Galileo het die Kopernikaanse model
> voorgestaan, maar meer as dit - hy het passievol geargumenteer dat die
> wetenskap nie onderwerp word aan dogma nie. Ek kan nie verstaan hoedat 'n
> persoon wat so duidelik die gees van die enlightenment wetenskap verpersoonlik
> het, die persoon wat argumenteer dat fisika op meting en observasie moet berus,
> en nie metafisika nie, die persoon wat die basis lê vir Newton, nie as sodanig
> deur van oostrum erken word nie.
Want, soos Feyerabend aantoon, het Galileo se eie data nie in daardie
stadium sy gevolgrekkings ondersteun nie. Dit was Bellarmine se argument.
Dat Copernicus se kosmologie nie voldoende deur Galileo se metings
ondersteun word om Ptolemeus se kosmologie omver te werp nie. Galileo het
dus nie sy eie beginsel van empiriese toegepas nie, maar 'n nuwe kosmologie
verkondig wat bloot 'n ander, ongegronde "dogma" was.
Want dogma volgens Ptolemeus se model is inderdaad gegrond op waarnemeing en
meting. Die model se wiskundig beskrywing is empiries bevestig deur eeue se
suksesvolle voorspellings van astronomiese verskynsels en eeue se
suksesvolle navigasie aan die hand daarvan. Net soos Newton se model eeue
lank suksesvol die waarneembare fisiese verskynsels beskryf het.
> Ah, miskien is dit metodologie - van oostrum
> sê tog immers dat die vlekke op galileo se son, maar bloot vuil kolle was op sy
> teleskoop.
> Maar hier kom die tweede probleem in: Feyerabend. Die manier waarop van
> oostrum Feyerabend voorhou is dan sê strydend met alles waarvoor hy gestaan het
> in sy laaste jare
My bydrae het nie gegaan oor Feyerabend nie. Dit het gegaan daaroor dat
Feyerabend getoon het dat Galileo 'n swendelaar was wat empiriese meting
voorgehou het as die enigste aanvaarbare bron van kennis, terwyl hy wou hê
dat die Kerk sy kosmologie moes aanvaar _sonder_ toereikende empiriese
gronde. Miskien verstaan jy nie heeltemal wat Feyerabend se standpunt oor
Galileo was nie - in meer werke as net in "Against Method".
> (toegegee, daar was 'n tyd toe hy as Popper se student die
> "wetenskaplike" metode aangestaan het soos in van oostrum se falsifieerbare
> wetenskap).
'n Valsifikasiemodel sou Galileo die voordeel van die twyfel moes gee. Dit
sou vereis dat ons Galileo se teorie aanvaar, of ten minste as "moontlik
waar" aanvaar totdat dit vals bewys is. Miskien verstaan jy nie heeltemal
die implikasies van valsifikasie nie. Of dalk het jy Popper aan die stert
beet.
> Maar Feyerabend word immers onthou vir sy anti-wetenskap, vir sy
> boek �gainst method", vir sy posisie ter ondersteuning van wetenskaplike
> revolusies a la Kuhn.
Kuhn se revolusionêre wetenskap is allesbehalwe "anti-wetenskap".
Inteendeel. En dit is allesbehalwe "anti-valsifikasie". Inteendeel. Al wat
Kuhn getoon het is dat wetenskaplike denke nie so logies en metodies is as
wat ons graag wil dink nie. In elk geval nie revolusionêre wetenskaplike
denke nie. "Ordinary science" miskien wel. En laat ons nie vergeet nie: In
Kuhn se boek is "gewone" wetenskap net so belangrik as "revolusionêre"
wetenskap. Gewonde wetenskap is noodsaaklik om die implikasies van
revolusionêre wetenskap te deurgrond en die grond voor te berei vir die
volgende revulusie. Miskien verstaan jy Kuhn nie so goed soos jy dink nie.
> Ek trek toe my kopie van Against Method nader, en lees
> weer die hoofstuk oor Galileo daarin. Feyerabend se argument is dan dat
> Galileo, ten spyte van wetenskaplike claims, ook op retoriek, teorie,
> propoganda staatgemaak het om sy heliosentriese posisie te bevorder - maar
> Feyerabend IS TEN GUNSTE HIERVAN. Inderdaad, hy argumenteer dat Galileo juis
> Kuhn se wetenskaplike revolusie en die paradigmaskuif ondersteun.
Korrek. Feyerabend is ten gunste van meervoudige maniere van ken. Hy erken
byvoorbeeld ook die _wetenskaplike_ geldigheid van magiese praktyke in
Afrika. Maar hy wys daarop dat Galileo _nie_ hierdie standpunt gehandhaaf
het nie. Galileo se standpunt was dat daar en een waarheid is - syne.
Bellarmine het geredeneer dat Galileo wel reg mag wees, maar dat hy dit nog
nie goed genoeg bewys het om die geosentriese kosmologie te verwerp nie.
Buite Bellarmine om het die kerkreg bepaal dat die dogma in daardie geval
nie verander mag word nie, en dat die gelowiges Galileo se idees moes
verwerp totdat die teenoorgestelde getoon word. Galileo was dus die
dogmatiese een, en dit is wat Feyerabend aantoon.
Feyerabend was _gekant_ teen die arrogansie van Galileo se standpunt dat
daar net een waarheid geken kan word, soos dit ook in die moderne Westerse
samelewing manifesteer - tot groot nadeel van die lede van daardie
samelewing self.
Soos dit manifesteer in Ferdi se standpunt "10 000 priesters was verkeerd".
> Logiese
> Empirisiste en Popper se Kritiese Rasionalisme INHIBEER wetenskaplike
> vooruitgang, maar Galileo se "epistemological tricks", en teoretiese
> vertrekpunt BEVORDER wetenskap in Feyerabend se konsep van teoretiese
> pluralisme.
Ek dink jy laat na om te onderskei tussen Popper se kritiese rasionalisme en
logiese empirisme. Dit is juis logiese empiriste wat Popper uitskel vir sy
"irrasionaliteit".
En nee. Ek dink nie Feyerabend se teoretiese pluralisme is enigsins
teenstrydig met Popper se kritiese rasionalisme nie. Popper lê juis klem op
die noodsaaklikheid van wat hy "vrye variasie" noem as voorvereiste vir
skeppende denke (wetenskaplik of andersins).
> Dit blyk dus dat van oostrum in die tradisie van Torquemada oneerlik smous met
> Feyerabend (en selektif kwoteer terwyl hy die vinger swaai oor presies hierdie
> tegniek), óf dat hy nie Feyerabend volledig gelees het en/of verstaan het nie.
> Ek hoop dis die laaste alternatief.
Nog 'n alternatief: laubscher het 'n meer oppervlakkige begrip van
Feyerabend, Kuhn en Popper as wat hy reken.
(En nee. Ek het nie 'n handige kopie van "Against Method" om nader te sleep
nie. Ek het dit ten minste vyf jaar gelede laas gelees.)
In 'n parallele nuusdraad voer van oostrum aan dat die kerk se posisie jeens
Galileo "wetenskaplik" meer gewig dra. Ter ondersteuning kwoteer van oostrum
Feyerabend. Aanvanklik was hierdie stelling verwarrend, en wel om twee redes.
Eerstens, die kerk se posisie was geskoei op Aristotel en Ptolemy - en
daadwerklik filosofiese wetenskap met 'n goeie snars metafisika. Galileo, dan,
laat val twee objekte met verskillende massas vanaf die leunende Pisa, en bewys
eerstens dat Aristotel verkeerd was ten opsigte van spoed proporsioneel tot
massa - 'n goeie eksperiment in die wetenskaplike tradisie, sou ek sê. En dan,
wanneer hy met sy teleskoop vind dat die fases van Venus en getye slegs
verduidelik kan word aan die hand van die Kopernikaanse model, kla kardinaal
Bellarmine hom aan (ten spyte van die feit dat die kerk se sensors toestemming
gegee het vir die publikasie van galileo se boek - Dialogue on the Tides). Die
inkwisisie was die gevolg. Nou, Galileo het die Kopernikaanse model
voorgestaan, maar meer as dit - hy het passievol geargumenteer dat die
wetenskap nie onderwerp word aan dogma nie. Ek kan nie verstaan hoedat 'n
persoon wat so duidelik die gees van die enlightenment wetenskap verpersoonlik
het, die persoon wat argumenteer dat fisika op meting en observasie moet berus,
en nie metafisika nie, die persoon wat die basis lê vir Newton, nie as sodanig
deur van oostrum erken word nie. Ah, miskien is dit metodologie - van oostrum
sê tog immers dat die vlekke op galileo se son, maar bloot vuil kolle was op sy
teleskoop.
Maar hier kom die tweede probleem in: Feyerabend. Die manier waarop van
oostrum Feyerabend voorhou is dan só strydend met alles waarvoor hy gestaan het
in sy laaste jare (toegegee, daar was 'n tyd toe hy as Popper se student die
"wetenskaplike" metode aangestaan het soos in van oostrum se falsifieerbare
wetenskap). Maar Feyerabend word immers onthou vir sy anti-wetenskap, vir sy
boek Ãgainst method", vir sy posisie ter ondersteuning van wetenskaplike
revolusies a la Kuhn. Ek trek toe my kopie van Against Method nader, en lees
weer die hoofstuk oor Galileo daarin. Feyerabend se argument is dan dat
Galileo, ten spyte van wetenskaplike claims, ook op retoriek, teorie,
propoganda staatgemaak het om sy heliosentriese posisie te bevorder - maar
Feyerabend IS TEN GUNSTE HIERVAN. Inderdaad, hy argumenteer dat Galileo juis
Kuhn se wetenskaplike revolusie en die paradigmaskuif ondersteun. Logiese
Empirisiste en Popper se Kritiese Rasionalisme INHIBEER wetenskaplike
vooruitgang, maar Galileo se "epistemological tricks", en teoretiese
vertrekpunt BEVORDER wetenskap in Feyerabend se konsep van teoretiese
pluralisme.
Dit blyk dus dat van oostrum in die tradisie van Torquemada oneerlik smous met
Feyerabend (en selektif kwoteer terwyl hy die vinger swaai oor presies hierdie
tegniek), óf dat hy nie Feyerabend volledig gelees het en/of verstaan het nie.
Ek hoop dis die laaste alternatief.
NS: Indien jy hierop reageer, doen asseblief so in die volgende dag sodat ek
kans het vir 'n reaksie aangesien ek vir tien dae op vakansie gaan (waar daar
geen rekenaars is nie - goddank).
skryf in boodskap news:39735CBD.20584A2D@home.com...
LeswinLaubscher wrote:
> Dit blyk dus dat van oostrum in die tradisie van Torquemada oneerlik smous met
> Feyerabend (en selektief kwoteer terwyl hy die vinger swaai oor presies hierdie
> tegniek), óf dat hy nie Feyerabend volledig gelees het en/of verstaan het
nie.
Ek weer, dink dis die eerste. Hy is in die
tradisie van Torquemada.
Gloudina
Water persentasie van die _goeie, bewerkbare_ landbougrond is nou weer in
wit hande, Gloudina?
Tussen hakies. Net oor die grens, in Mosambiek, lê amper tien keer soveel
goeie bewerkbare landbougrond as wat in SA beskikbaar is. Snaaks genoeg, is
die beweging oor die grens van onwettige immigrante weg van daardie goeie
grond af na die plek waar die goeie grond alles in wit hande is. Nou hoe rym
dit?
Ek is nog steeds gekonfuse oor die wit-grondbesit syfers wat Gloudina so
maklik rond gooi. alle syfers bewys dat dit ongegrond is, nogtans dring
sy daarop (al kan sy dit nie bewys nie)
So, kom ons speel 'what ifs':
Ons doen dit in twee fases. Fase 1) voor 1994 Fase 2) na 1994
So, sê nou die syfers wat die akte kantoor voorbring is korrek en die
regering is korrek dat hulle nog nie eintlik grond bedeling toegepas het
nie so, die syfers kan dieselfde bly) dan vind ons in fase 1) dat daar
twee lande was a) SA en b) die tuislande.
Wat ons dan het in a) is:
i) Landbou - 24.5%
ii) Staat en maatskappy - 50%
iii) Bosbou - 3.5%
iv) Natuurbewaring - 1,5%
v) Dorpsgebied - 15,5%
vi) Ander - 1,5%
En, kom ons aanvaar dat die tuisland dieselfde verhoudings gehad het.
So, wat was dan die verskil? SA het behoort aan wittes en die Tuislande
aan swartes.
Nou moet ons begin vergelyk. Nerens kom daar syfers voor wat die 86%
aanduie nie.
Kom ons kyk nou na 1994. Ons het aanvaar dat daar geen geen grond
oorgegee is aan swartes nie.
i) So, daar is geen verandering van landbou vergelykende syfers is nie
behalwe, die swart boere van die Tuislande is ingelyf in die syfers.
ii) Die land word nou regeer deur 'n swart regering en die staats
gedeelte (plus die gedeelte van die Tuislande) val onder 'n swart
'eienaar' Baie van die besighede word nou 'n mengsel of suiwer 'swart'
besighede. Die vergelykende syfers is nog dieselfde
iii) Bosbou syfers bly nog dieselfde behalwe dit nou 'n swart 'eienaar
het.
iv) Natuurbewaring syfers is soos Bosbou met dieselfde 'eienaars'
v) Dorpsgebied is presies net soos Bosbou en Natuurbewaring
vi) Ander - wie weet. So, kom ons aanvaar dit is buitelandse belegings
deur Europa - so, wit.
Nou dat ons alle syfers het vind ons dat swartes ten minste nou 71,5%
plus die swart plaase) of so 73% in die hande van swartes is.
So, waar kom dan die 86% in wit hande dan verdaan? Dit kan wees dat die
gedeelte van landbou die syfers bevat. Baie onwaarskynlik. Vandag
bestaan meeste plase uit maatskappye en om die eienaars gedeelte
(aandeelhouers) uit die maatskappy naam te kry is nie so maklik nie. Dit
word wel gereggestreer by die akte kantoor maar, ras is nie maklik om
uit die syfers te trek nie. So, waar dan??? Waar???
So, wat is nie in ag geneem nie? Kom, help soek. Waar is die 86%
Sien dit help - julle het gehelp. Ek het geweet dit sal help om te vra.
Baie dankie aan almal wat bygedra het. Die antwoord? Wat is die
verhouding tussen die ou SA (wat wit was) en die Tuislande (wat swart
was)? Die Tuislande is 14% van die oppervlakte van SA. En, siedaar - die
syfer het 'n baas (al is dit nie meer van toepassing nie). Ten minstens
het dit 'n baas. Ek wonder net wie dit wil opeis.
Kan enige een vir my dalk sê waar ek die apokriewe boeke in die hande kan
kry? Ek kon nog net een tot dusver kry en sal graag die ander (is dit
twaalf altesaam?) wil lees.
Ek weet hier word baie st***t gepraat .....
maar asseblief
moet nie julle e-pos in htm skryf of
aanhangsels in htm
stuur nie.
Ek het vanoggend die KAKsiekte gekry en het
toe die
nodige medisyne van www.gardenet.co.za
afgelaai,
daar is egter 2 lêers en die Microsoft pil
(q240308.exe)
moes ek eerste sluk, die KAKcleaner.exe
pilletjie tweede.
So ek vra mooi, as jy nie permanenet geblok
wil word deur
lesers nie stel ek voor dat jy sommer nou na
die root van C:\
gaan en kyk of jy nie die 'Hidden File'
KAK.htm daar het nie.
Jy sal dit egter nie sien as jou rekenaar
gestel is om nie die
'hidden files' te sien nie.
Wat jy ook sommer nou kan doen is om
TOOLS/OPTIONS/SIGNATURES
te gaan kyk want daar sal jy sien of die lêer
wat die probleem
veroorsaak in die root van C:\ lê.
Groete aan die wat ek nog nie geblok het nie.
;-)
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
So lyk die klein @#%$*
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~